×
Atlantiese Oseaan

Die Atlantiese Oseaan is die wêreld se tweede grootste oseaan. Dit beslaan ongeveer een vyfde van die aarde se oppervlakte en lê tussen die ooskus van Noord- en Suid-Amerika en die weskus van Europa en Afrika. Die oseaan se naam, van Griekse mitologie verleen, beteken "See van Atlas".

Die Atlantiese Oseaan
Die eksklusiewe ekonomiese sone in die Atlantiese en Indiese Oseane

Die oseaan beslaan 'n verlengde, S-vormige kom wat in 'n noord-suid-rigting strek en is verdeel in die Noord-Atlantiese en Suid-Atlantiese oseane deur ewenaar-teëstrome by omtrent 8° Noord breedteligging. Dit word aan die weste afgesper deur Noord- en Suid-Amerika en Europa en Afrika aan die ooste. Verder word die Atlantiese Oseaan aan die Stille Oseaan verbind deur die Arktiese Oseaan aan die noorde en die Drake-deurgang, wat tussen Antarktika en Kaap Hoorn lê, aan die suide. 'n Mensgemaakte verbinding na die Stille Oseaan word deur die Panamakanaal verskaf. Aan die ooste word die skeidslyn tussen die Atlantiese en Indiese Oseaan getrek op die 20° Oos lengtelyn. Die skeiding tussen die Atlantiese en Arktiese Oseaan word deur 'n lyn vanaf Groenland tot die suidelike Svalbard tot die noordelike Noorweë gevorm.

Die Atlantiese Oseaan beslaan sowat 20% van die aarde se oppervlak en is die tweede grootste oseaan ter wêreld (naas die Stille Oseaan). Met die aanliggende seë beslaan dit 'n oppervlakte van sowat 106 450 000 km² sonder hulle het dit 'n oppervlakte van 82 362 000 km². Die landoppervlakte wat in die Atlantiese Oseaan dreineer is vier keer dié van die Stille of Indiese oseane. Die volume van die Atlantiese Oseaan met die aanliggende seë is 354 700 000 km³ en 323 600 000 km³ sonder hulle.

Die gemiddelde diepte van die oseaan, tesame met die aanliggende seë, is 3332 m sonder hulle is dit 3926 m. Die grootste diepte, 8 605 m (28 232 voet), is in die Puerto Rico-trog. Die wydte van die oseaan wissel van 2 848 km tussen Brasilië en Liberië, tot omtrent 4 830 km tussen die Verenigde State en Noord-Afrika.

Die oseaan het onreëlmatige kuslyne wat deur baie baaie, golwe en seë ingekeep word. Hulle sluit die Karibiese See, die Golf van Meksiko, die Golf van Sint-Lourens, die Middellandse See, die Swartsee, die Noordsee, die Oossee en die Noorweë-Groenland See in. Eilande in die oseaan sluit in Svalbard, Groenland, Ysland, Rockall, Groot-Brittanje, Ierland, Fernando de Noronha, die Asore, die Madeira-eilande, die Kanariese Eilande, die Kaap-Verdiese Eilande, Bermuda, Wes-Indië, Ascension-eiland, Sint Helena, Tristan da Cunha, die Falkland-eilande en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande.

Inhoud

Die Atlantiese Oseaan soos gesien vanaf die weskus van Ierland gesien.

Die grootste kenmerk van die bodemtopografie van die Atlantiese Oseaan is 'n groot onderwater bergreeks genaamd die Middel-Atlantiese Rif. Dit strek vanaf Ysland in die noorde tot ongeveer 58° suid breedteligging en bereik 'n maksimumwydte van ongeveer 1600 km. 'n Groot rifvallei loop langs die rif vir meeste van sy lengte. Die waterdiepte bo-oor die rif is minder as 2700 m in meeste plekke en verskeie bergspitse verrys bó die water en vorm eilande. Die Suid-Atlantiese Oseaan het 'n verdere onderwaterrif, genaamd die Walvisrif.

Die Middel-Atlantiese Rif skei die Atlantiese Oseaan in twee groot trôe, met dieptes wat gemiddeld tussen 3600 en 5485 m is. Dwarsriwwe wat loop tussen die vastelande en die Middel-Atlantiese Rif breek die oseaanvloer op in verskeie komme. Sommige van die groter komme sluit die Guiana, Noord-Amerikaanse, Kaap Verde en Kanariese komme in die Noord-Atlantiese oseaan in. Die grootste Suid-Atlantiese komme is die Angola, Kaapse, Argentinië en Brasilië-komme.

Die diep oseaanvloer is betreklik plat, alhoewel verskeie seeberge en 'n paar guyote ('n afgeplatte onderwater berg) bestaan. Verskeie dieptes of trôe word ook gevind in die oseaanvloer: Die Puerto Rico-trog, in die Noord-Atlantiese oseaan, is die diepste. In die Suid-Atlantiese oseaan bereik die Suid Sandwich-trog 'n diepte van 8428 m. 'n Derde groot trog, die Romanche-trog, is te vinde naby die ewenaar en bereik 'n diepte van sowat 7760 m. Die plate langs die rande van die vastelande vorm sowat 11% van die bodemtopografie. Verder sny 'n aantal diep kanale dwarsoor die kontinentale verrysing.

Oseaansedimente bestaan uit grondstowwe, (diep)seestowwe en sedimentgesteentes. Die grondstowwe, ook genoem terrigeendeposito's, bestaan uit sand, modder en klipdele wat deur erosie, verwering en vulkaniese aktiwiteit op land gevorm word en dan see toe gespoel word. Hierdie stowwe word grootliks op die kontinentale plate gevind en is die dikste by groot riviermonde of langs woestynkuste. Die (diep)seestowwe (of pelagiese deposito's), wat die oorblyfsels van organismes wat na die oseaanvloer gesink het bevat, sluit rooi kleie, die organismes Globigerina en pteropod, en silikahoudende slik in. Hulle beslaan meeste van die oseaanvloer, wissel in dikte van 60 m tot 3300 m en is die dikste in die samestromingsgordel en in opwellingsones. Die sedimentgesteentes, of outigeendeposito's, bestaan uit stowwe soos mangaanklont, en kom voor waar sedimentasie stadig vorder, of seestrome die deposito's sorteer.

Die soutgehalte van oppervlakwater in die oop oseaan wissel van 33 tot 37 dele per duisend, afwisselend van die breedteligging en seisoen. Alhoewel die minimum soutgehalte net noord van die ewenaar gevind word, word die laagste waardes in die algemeen by hoë breedteliggings en langs kuste met groot riviermonde gevind. Maksimum soutgraad word by sowat 25° noord breedteligging gevind. Die oppervlak se southeid word deur verdamping, neerslag, afvloei uit riviermondings en die smelt van see-ys beïnvloed.

Die watertemperatuur by die oppervlak, wat ook met breedteligging, stromingstelsel en seisoen wissel, vertoon die breedteverspreiding van sonenergie en wissel van minder as 2° tot 29 °C. Maksimumtemperature kom noord van die ewenaar voor en minimumwaardes word in die poolstreke gevind. In die middelbreedteliggings, die streek met die grootste temperatuurwisselings, kan waardes met tussen 7 en 8 °C wissel.

Die Atlantiese Oseaan bestaan uit vier groot watermassas. Die Noord- en Suid-Atlantiese sentrale waters maak die oppervlakwaters uit. Die sub-Antarktiese tussenwater strek tot dieptes van 1000 m en die Noord-Atlantiese diepwater strek só ver as 4000 m. Die Antarktiese bodemwater beslaan oseaankomme met dieptes groter as 4000 m.

As gevolg van Coriolis-kragte sirkuleer water in die Noord-Atlantiese oseaan kloksgewys, waar water anti-kloksgewys in die Suide sirkuleer. Die Suidelike getye in die oseaan is halfdaagliks, d.w.s. twee hooggetye kom binne elke 24 maanure voor. Die getye is 'n algemene golf wat van die suide na die noorde beweeg. In breedteliggings verder as 40° noord kom oos-wes-ossilasie voor.

Die klimaat van die Atlantiese Oseaan en die omliggende landgebiede word beïnvloed deur die oppervlaktemperatuur van die water en seestrome, asook deur die winde wat oor die water waai. As gevolg van die oseane se groot kapasiteit vir hitteretensie, is maritieme klimate gematigder en nie so blootgestel aan uiterse seisoenale veranderinge nie. Neerslag kan ook geskat word van die weerdata van die kus en die lugtemperatuur vanaf die watertemperatuur. Die oseane is die grootste bron van atmosferiese vogtigheid, wat verkry word deur verdamping. Klimaatsones verskil met die lengtegraad; die warmste klimaatsones strek oor die Atlantiese noorde van die ewenaar. Die koudste sones is in die hoër lengtegrade, met die koudste gebiede wat ooreenstem met dié wat met ys bedek is. Seestrome dra by tot klimaatbeheer deurdat dit warm en koue water vervoer na ander gebiede. Omliggende landgebiede word geaffekteer deur die winde wat afgekoel of verhit word wanneer dit oor hierdie strome waai. Die Gulf Stream, byvoorbeeld, verhit die atmosfeer van die Britse Eilande en noordwes Europa, en die koue seestrome dra by tot die dik mis langs die kus van noordoos Kanada en die noordwestelike kus van Afrika. Oor die algemeen neig die winde om vogtige en warm of koue lug oor die landgebiede te vervoer. Tropiese siklone ontwikkel in die suidelike deel van die Noord-Atlantiese oseaan.

Tropiese siklone ontwikkel langs die kus van Afrika naby Kaap Verde en beweeg weswaarts die Karibiese See binne; tropiese siklone kan voorkom van Mei tot Desember, maar is meer algemeen tussen Augustus en November. Storms is algemeen in die Noord-atlantiese streek gedurende die noordelike winters, wat dit moeilik en gevaarlik maak om die oseaan oor te steek.

Pangea en die kontinente wat daaruit ontstaan het.

Die Atlantiese Oseaan blyk die jongste van die wêreld se oseane te wees. Bewyse toon dat dit nie bestaan het voor 'n 100 miljoen jaar gelede nie, toe die kontinente wat gevorm het uit die opbreek van die superkontinent, Pangea, uitmekaar gedruk is deur die proses van seebodemvergroting. Die Atlantiese Oseaan is wyd verken seder die vroegste nedersettings opgerig is langs die kus. Die Wikings, Portugese en Christophorus Columbus is van die bekendste van die vroeë verkenners van die oseaan.

Ná Columbus het Europese ontdekkingsreise drasties toegeneem en baie handelsroetes is gevestig, met die gevolg dat die Atlantiese Oseaan die ruggraat geword het tussen Europa en die Amerikas (bekend as transatlantiese handel). Talle wetenskaplike verkennings is onderneem, insluitende dié van die Duitse Meteoorekspedisie, Columbia Universiteit se Lamont Geologiese Observatorium en die Amerikaanse Vloot se Hidrografiese Kantoor.

Die oseaan het ook noemenswaardige bydraes gemaak tot die ontwikkeling en ekonomieë van die lande rondom dit. Behalwe vir die groot transatlantiese vervoer- en kommunikasieroetes, bied die oseaan ook genoegsame petroleumneerslae in die sedimentêre gesteentes van die kontinentale riwwe en ook die wêreld se rykste visbronne, veral in die water om die kontinentale riwwe. Die belangrikste visspesies wat gevang word is Atlantiese kabeljou, skelvis, stokvis, haring en makriel. Die produktiefste areas sluit in die Grand Banks van Newfoundland, die rif-area van Nova Scotia, Georges-bank van Cape Cod, die Bahama-banke, die waters rondom Ysland, die Ierse See, die Doggersbank van die Noordsee en die Falkland-banke.

Palings, kreef en walvisse is ook al in groot hoeveelhede gevang. Al hierdie faktore saam in ag geneem, verhoog die kommersiële waarde van die Atlantiese Oseaan aansienlik. As gevolg van die bedreiging vir die oseaanomgewing deur olie, plastiese afval en die verbranding van toksiese afval op die see, bestaan 'n aantal internasionale ooreenkomste om sommige van die vorms van besoedeling te verminder.

Noemenswaardige togte in die 20ste eeu

  • In 1919 word die Amerikaanse Curtiss NC-4 die eerste vliegtuig wat die Atlantiese oseaan oorsteek (alhoewel dit 'n paar tussenlandings gemaak het op eilande langs die roete).
  • Later in 1919, het 'n Britse vliegtuig onder die beheer van twee mans bekend as Alcock en Brown die eerste ononderbroke transatlantiese vlug onderneem van Newfoundland na Ierland.
  • In 1921 het die Britte die eerste geword om die Atlantiese oseaan met 'n lugskip oor te steek.
  • In 1927 onderneem Charles Lindbergh die eerste solo ononderbroke transatlantiese vlug in 'n vliegtuig (tussen New York Stad en Parys).
  • Nadat sy vir 81 dae en 2 962 myl geroei het, het Tori Munden die eerste vrou geword wat die Atlantiese oseaan per roeiboot oorgesteek het op 3 Desember 1999. Sy was alleen toe sy Guadeloupe bereik, nadat sy vanaf die Kanariese Eilande vertrek het.

Die oseaan is 'n watermassa tussen Afrika, Europa, die Suidelike Oseaan en die Amerikas, met 0 00 N, 25 00 W as sy aardrykskundige koördinate. Die oseaan se totale oppervlak is 76 762 miljoen km²; dit sluit die Oossee, Swartsee, Karibiese See, Davisstraat, deel van die Drake Passage, Golf van Meksiko, Middellandse See, Noordsee, See van Noorweë en omtrent die hele Scotiasee en ander watermassas in. Altesaam is die oppervlak minder as 6,5 keer die grootte van die Verenigde State.

Die oppervlak is gewoonlik bedek met see-ys in die See van Labrador, Straat van Denemarke en die Oossee van Oktober tot Junie. 'n Kloksgewyse kolkbeweging van warm water bestaan in die noord-Atlantiese oseaan, terwyl 'n anti-kloksgewyse kolkbeweging van warm-water in die suid-Atlantiese oseaan bestaan. Die oseaanbodem word oorheers deur die Mid-Atlantiese Rif, 'n ruwe noord-suid middellyn vir die hele Atlantiese bekken, die eerste keer ontdek deur die Challenger Ekspedisie.

Hoogste en laagste punte

  • laagste punt: Milwaukee Deep in die Puerto Rico Trog -8 605 m
  • hoogste punt: seevlak 0 m

Natuurlike hulpbronne

Olie- en gasvelde, vis, soogdiere (robbe en walvisse), sand en gruis aggregate, poli-metaal nodules en edelgesteentes.

Natuurlike gevare

Ysberge is algemeen in die Davis Straat, Straat van Denemarke en die noordwestelike Atlantiese Oseaan vanaf Februarie tot Augustus en is selfs al sover suid gewaar as Bermuda en die Madeiraeilande; skepe is ook onderworpe aan vriesing in die ekstreme noordelike Atlantiese oseaan van Oktober tot Mei. Aanhoudende mis kan ook 'n maritieme gevaar wees vanaf Mei tot September, en so ook orkane noord van die ewenaar (Mei tot Desember).

Bedreigde marienespesies sluit in die manatee, robbe, seeleeus, skilpaaie, en walvisse; dryfnet visvang veroorsaak die dood van dolfyne, albatrosse en ander seevoëls, wat die afname in visgetalle versnel en bydra tot internasionale dispute. Munisipale slykbesoedeling langs die Amerikaanse ooskus, die suidkus van Brasilië, en oostelike Argentinië is ook onder die huidige omgewingsprobleme wat die Atlantiese oseaan in die gesig staar. Oliebesoedeling is ook 'n rede tot kommer, veral in gebiede soos die Karibiese See, die Golf van Meksiko, die Maracaibomeer, die Middellandse See en die Noordsee. Verder is daar ook besoedeling deur munisipale en industriële afval in die Oossee, Noordsee en die Middellandse See.

Belangrike wurgpunte sluit in die Dardanelles, die Straat van Gibraltar, toegang tot die Panama- en Suezkanale. Strategiese strate sluit in die Straat van Dover, die Floridastrate, Mona deurgang, "The Sound" (Oresund), en die Windward deurgang. Die ewenaar verdeel die Atlantiese Oseaan in die Noord-Atlantiese en die Suid-Atlantiese Oseaan (Voorheen bekend as die Ethiopiese Oseaan). Gedurende die Koue Oorlog was die sogenaamde Groenland-Ysland-VK-deurgang van uiterste strategiese belang, die seebodem in daardie gebied is uitgelê met uitgebreide hidrofoonstelsels om Sowjet-duikbote te monitor.

Die lande (gebiede in kursief) met 'n kuslyn aan die Atlantiese Oseaan (uitgesluit die Swart, Baltiese en Middellandse See) is:

Europa

Afrika

Suid-Amerika

Noord- en Sentraal-Amerika

Karibiese gebied

Die Noord-Oossee-kanaal in Duitsland en die Amerikaans-Kanadese Sint-Laurensrivier is twee belangrike waterweë.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Publikasie datum: September 03, 2021

atlantiese, oseaan, wêreld, tweede, grootste, oseaan, beslaan, ongeveer, vyfde, aarde, oppervlakte, tussen, ooskus, noord, suid, amerika, weskus, europa, afrika, oseaan, naam, griekse, mitologie, verleen, beteken, atlas, aarde, oseane, arktiese, oseaan, indies. Die Atlantiese Oseaan is die wereld se tweede grootste oseaan Dit beslaan ongeveer een vyfde van die aarde se oppervlakte en le tussen die ooskus van Noord en Suid Amerika en die weskus van Europa en Afrika 1 Die oseaan se naam van Griekse mitologie verleen beteken See van Atlas Die Atlantiese Oseaan Die Aarde se vyf OseaneAtlantiese Oseaan Arktiese Oseaan Indiese Oseaan Stille Oseaan Suidelike OseaanDie eksklusiewe ekonomiese sone in die Atlantiese en Indiese Oseane Die oseaan beslaan n verlengde S vormige kom wat in n noord suid rigting strek en is verdeel in die Noord Atlantiese en Suid Atlantiese oseane deur ewenaar teestrome by omtrent 8 Noord breedteligging Dit word aan die weste afgesper deur Noord en Suid Amerika en Europa en Afrika aan die ooste Verder word die Atlantiese Oseaan aan die Stille Oseaan verbind deur die Arktiese Oseaan aan die noorde en die Drake deurgang wat tussen Antarktika en Kaap Hoorn le aan die suide n Mensgemaakte verbinding na die Stille Oseaan word deur die Panamakanaal verskaf Aan die ooste word die skeidslyn tussen die Atlantiese en Indiese Oseaan getrek op die 20 Oos lengtelyn Die skeiding tussen die Atlantiese en Arktiese Oseaan word deur n lyn vanaf Groenland tot die suidelike Svalbard tot die noordelike Noorwee gevorm Die Atlantiese Oseaan beslaan sowat 20 van die aarde se oppervlak en is die tweede grootste oseaan ter wereld naas die Stille Oseaan Met die aanliggende see beslaan dit n oppervlakte van sowat 106 450 000 km sonder hulle het dit n oppervlakte van 82 362 000 km Die landoppervlakte wat in die Atlantiese Oseaan dreineer is vier keer die van die Stille of Indiese oseane Die volume van die Atlantiese Oseaan met die aanliggende see is 354 700 000 km en 323 600 000 km sonder hulle Die gemiddelde diepte van die oseaan tesame met die aanliggende see is 3332 m sonder hulle is dit 3926 m Die grootste diepte 8 605 m 28 232 voet is in die Puerto Rico trog Die wydte van die oseaan wissel van 2 848 km tussen Brasilie en Liberie tot omtrent 4 830 km tussen die Verenigde State en Noord Afrika Die oseaan het onreelmatige kuslyne wat deur baie baaie golwe en see ingekeep word Hulle sluit die Karibiese See die Golf van Meksiko die Golf van Sint Lourens die Middellandse See die Swartsee die Noordsee die Oossee en die Noorwee Groenland See in Eilande in die oseaan sluit in Svalbard Groenland Ysland Rockall Groot Brittanje Ierland Fernando de Noronha die Asore die Madeira eilande die Kanariese Eilande die Kaap Verdiese Eilande Bermuda Wes Indie Ascension eiland Sint Helena Tristan da Cunha die Falkland eilande en Suid Georgie en die Suidelike Sandwicheilande Inhoud 1 Oseaanbodem 2 Watereienskappe 3 Klimaat 4 Geskiedenis en ekonomie 4 1 Noemenswaardige togte in die 20ste eeu 5 Geografie 5 1 Hoogste en laagste punte 5 2 Natuurlike hulpbronne 5 3 Natuurlike gevare 6 Omgewing huidige probleme 7 Aardrykskunde nota 8 Aangrensende lande en gebiede 8 1 Europa 8 2 Afrika 8 3 Suid Amerika 8 4 Noord en Sentraal Amerika 8 4 1 Karibiese gebied 9 Belangrike hawens 10 Waterwee 11 Sien ook 12 Verwysings 13 Eksterne skakelsOseaanbodem Wysig Die Atlantiese Oseaan soos gesien vanaf die weskus van Ierland gesien Die grootste kenmerk van die bodemtopografie van die Atlantiese Oseaan is n groot onderwater bergreeks genaamd die Middel Atlantiese Rif Dit strek vanaf Ysland in die noorde tot ongeveer 58 suid breedteligging en bereik n maksimumwydte van ongeveer 1600 km n Groot rifvallei loop langs die rif vir meeste van sy lengte Die waterdiepte bo oor die rif is minder as 2700 m in meeste plekke en verskeie bergspitse verrys bo die water en vorm eilande Die Suid Atlantiese Oseaan het n verdere onderwaterrif genaamd die Walvisrif Die Middel Atlantiese Rif skei die Atlantiese Oseaan in twee groot troe met dieptes wat gemiddeld tussen 3600 en 5485 m is Dwarsriwwe wat loop tussen die vastelande en die Middel Atlantiese Rif breek die oseaanvloer op in verskeie komme Sommige van die groter komme sluit die Guiana Noord Amerikaanse Kaap Verde en Kanariese komme in die Noord Atlantiese oseaan in Die grootste Suid Atlantiese komme is die Angola Kaapse Argentinie en Brasilie komme Die diep oseaanvloer is betreklik plat alhoewel verskeie seeberge en n paar guyote n afgeplatte onderwater berg bestaan Verskeie dieptes of troe word ook gevind in die oseaanvloer Die Puerto Rico trog in die Noord Atlantiese oseaan is die diepste In die Suid Atlantiese oseaan bereik die Suid Sandwich trog n diepte van 8428 m n Derde groot trog die Romanche trog is te vinde naby die ewenaar en bereik n diepte van sowat 7760 m Die plate langs die rande van die vastelande vorm sowat 11 van die bodemtopografie Verder sny n aantal diep kanale dwarsoor die kontinentale verrysing Oseaansedimente bestaan uit grondstowwe diep seestowwe en sedimentgesteentes Die grondstowwe ook genoem terrigeendeposito s bestaan uit sand modder en klipdele wat deur erosie verwering en vulkaniese aktiwiteit op land gevorm word en dan see toe gespoel word Hierdie stowwe word grootliks op die kontinentale plate gevind en is die dikste by groot riviermonde of langs woestynkuste Die diep seestowwe of pelagiese deposito s wat die oorblyfsels van organismes wat na die oseaanvloer gesink het bevat sluit rooi kleie die organismes Globigerina en pteropod en silikahoudende slik in Hulle beslaan meeste van die oseaanvloer wissel in dikte van 60 m tot 3300 m en is die dikste in die samestromingsgordel en in opwellingsones Die sedimentgesteentes of outigeendeposito s bestaan uit stowwe soos mangaanklont en kom voor waar sedimentasie stadig vorder of seestrome die deposito s sorteer Watereienskappe WysigDie soutgehalte van oppervlakwater in die oop oseaan wissel van 33 tot 37 dele per duisend afwisselend van die breedteligging en seisoen Alhoewel die minimum soutgehalte net noord van die ewenaar gevind word word die laagste waardes in die algemeen by hoe breedteliggings en langs kuste met groot riviermonde gevind Maksimum soutgraad word by sowat 25 noord breedteligging gevind Die oppervlak se southeid word deur verdamping neerslag afvloei uit riviermondings en die smelt van see ys beinvloed Die watertemperatuur by die oppervlak wat ook met breedteligging stromingstelsel en seisoen wissel vertoon die breedteverspreiding van sonenergie en wissel van minder as 2 tot 29 C Maksimumtemperature kom noord van die ewenaar voor en minimumwaardes word in die poolstreke gevind In die middelbreedteliggings die streek met die grootste temperatuurwisselings kan waardes met tussen 7 en 8 C wissel Die Atlantiese Oseaan bestaan uit vier groot watermassas Die Noord en Suid Atlantiese sentrale waters maak die oppervlakwaters uit Die sub Antarktiese tussenwater strek tot dieptes van 1000 m en die Noord Atlantiese diepwater strek so ver as 4000 m Die Antarktiese bodemwater beslaan oseaankomme met dieptes groter as 4000 m As gevolg van Coriolis kragte sirkuleer water in die Noord Atlantiese oseaan kloksgewys waar water anti kloksgewys in die Suide sirkuleer Die Suidelike getye in die oseaan is halfdaagliks d w s twee hooggetye kom binne elke 24 maanure voor Die getye is n algemene golf wat van die suide na die noorde beweeg In breedteliggings verder as 40 noord kom oos wes ossilasie voor Klimaat WysigDie klimaat van die Atlantiese Oseaan en die omliggende landgebiede word beinvloed deur die oppervlaktemperatuur van die water en seestrome asook deur die winde wat oor die water waai As gevolg van die oseane se groot kapasiteit vir hitteretensie is maritieme klimate gematigder en nie so blootgestel aan uiterse seisoenale veranderinge nie Neerslag kan ook geskat word van die weerdata van die kus en die lugtemperatuur vanaf die watertemperatuur Die oseane is die grootste bron van atmosferiese vogtigheid wat verkry word deur verdamping Klimaatsones verskil met die lengtegraad die warmste klimaatsones strek oor die Atlantiese noorde van die ewenaar Die koudste sones is in die hoer lengtegrade met die koudste gebiede wat ooreenstem met die wat met ys bedek is Seestrome dra by tot klimaatbeheer deurdat dit warm en koue water vervoer na ander gebiede Omliggende landgebiede word geaffekteer deur die winde wat afgekoel of verhit word wanneer dit oor hierdie strome waai Die Gulf Stream byvoorbeeld verhit die atmosfeer van die Britse Eilande en noordwes Europa en die koue seestrome dra by tot die dik mis langs die kus van noordoos Kanada en die noordwestelike kus van Afrika Oor die algemeen neig die winde om vogtige en warm of koue lug oor die landgebiede te vervoer Tropiese siklone ontwikkel in die suidelike deel van die Noord Atlantiese oseaan Tropiese siklone ontwikkel langs die kus van Afrika naby Kaap Verde en beweeg weswaarts die Karibiese See binne tropiese siklone kan voorkom van Mei tot Desember maar is meer algemeen tussen Augustus en November Storms is algemeen in die Noord atlantiese streek gedurende die noordelike winters wat dit moeilik en gevaarlik maak om die oseaan oor te steek Geskiedenis en ekonomie Wysig Pangea en die kontinente wat daaruit ontstaan het Die Atlantiese Oseaan blyk die jongste van die wereld se oseane te wees Bewyse toon dat dit nie bestaan het voor n 100 miljoen jaar gelede nie toe die kontinente wat gevorm het uit die opbreek van die superkontinent Pangea uitmekaar gedruk is deur die proses van seebodemvergroting Die Atlantiese Oseaan is wyd verken seder die vroegste nedersettings opgerig is langs die kus Die Wikings Portugese en Christophorus Columbus is van die bekendste van die vroee verkenners van die oseaan Na Columbus het Europese ontdekkingsreise drasties toegeneem en baie handelsroetes is gevestig met die gevolg dat die Atlantiese Oseaan die ruggraat geword het tussen Europa en die Amerikas bekend as transatlantiese handel Talle wetenskaplike verkennings is onderneem insluitende die van die Duitse Meteoorekspedisie Columbia Universiteit se Lamont Geologiese Observatorium en die Amerikaanse Vloot se Hidrografiese Kantoor Die oseaan het ook noemenswaardige bydraes gemaak tot die ontwikkeling en ekonomiee van die lande rondom dit Behalwe vir die groot transatlantiese vervoer en kommunikasieroetes bied die oseaan ook genoegsame petroleumneerslae in die sedimentere gesteentes van die kontinentale riwwe en ook die wereld se rykste visbronne veral in die water om die kontinentale riwwe Die belangrikste visspesies wat gevang word is Atlantiese kabeljou skelvis stokvis haring en makriel Die produktiefste areas sluit in die Grand Banks van Newfoundland die rif area van Nova Scotia Georges bank van Cape Cod die Bahama banke die waters rondom Ysland die Ierse See die Doggersbank van die Noordsee en die Falkland banke Palings kreef en walvisse is ook al in groot hoeveelhede gevang Al hierdie faktore saam in ag geneem verhoog die kommersiele waarde van die Atlantiese Oseaan aansienlik As gevolg van die bedreiging vir die oseaanomgewing deur olie plastiese afval en die verbranding van toksiese afval op die see bestaan n aantal internasionale ooreenkomste om sommige van die vorms van besoedeling te verminder Noemenswaardige togte in die 20ste eeu Wysig In 1919 word die Amerikaanse Curtiss NC 4 die eerste vliegtuig wat die Atlantiese oseaan oorsteek alhoewel dit n paar tussenlandings gemaak het op eilande langs die roete Later in 1919 het n Britse vliegtuig onder die beheer van twee mans bekend as Alcock en Brown die eerste ononderbroke transatlantiese vlug onderneem van Newfoundland na Ierland In 1921 het die Britte die eerste geword om die Atlantiese oseaan met n lugskip oor te steek In 1927 onderneem Charles Lindbergh die eerste solo ononderbroke transatlantiese vlug in n vliegtuig tussen New York Stad en Parys Nadat sy vir 81 dae en 2 962 myl geroei het het Tori Munden die eerste vrou geword wat die Atlantiese oseaan per roeiboot oorgesteek het op 3 Desember 1999 Sy was alleen toe sy Guadeloupe bereik nadat sy vanaf die Kanariese Eilande vertrek het Geografie WysigDie oseaan is n watermassa tussen Afrika Europa die Suidelike Oseaan en die Amerikas met 0 00 N 25 00 W as sy aardrykskundige koordinate Die oseaan se totale oppervlak is 76 762 miljoen km dit sluit die Oossee Swartsee Karibiese See Davisstraat deel van die Drake Passage Golf van Meksiko Middellandse See Noordsee See van Noorwee en omtrent die hele Scotiasee en ander watermassas in Altesaam is die oppervlak minder as 6 5 keer die grootte van die Verenigde State Die oppervlak is gewoonlik bedek met see ys in die See van Labrador Straat van Denemarke en die Oossee van Oktober tot Junie n Kloksgewyse kolkbeweging van warm water bestaan in die noord Atlantiese oseaan terwyl n anti kloksgewyse kolkbeweging van warm water in die suid Atlantiese oseaan bestaan Die oseaanbodem word oorheers deur die Mid Atlantiese Rif n ruwe noord suid middellyn vir die hele Atlantiese bekken die eerste keer ontdek deur die Challenger Ekspedisie Hoogste en laagste punte Wysig laagste punt Milwaukee Deep in die Puerto Rico Trog 8 605 m hoogste punt seevlak 0 mNatuurlike hulpbronne Wysig Olie en gasvelde vis soogdiere robbe en walvisse sand en gruis aggregate poli metaal nodules en edelgesteentes Natuurlike gevare Wysig Ysberge is algemeen in die Davis Straat Straat van Denemarke en die noordwestelike Atlantiese Oseaan vanaf Februarie tot Augustus en is selfs al sover suid gewaar as Bermuda en die Madeiraeilande skepe is ook onderworpe aan vriesing in die ekstreme noordelike Atlantiese oseaan van Oktober tot Mei Aanhoudende mis kan ook n maritieme gevaar wees vanaf Mei tot September en so ook orkane noord van die ewenaar Mei tot Desember Omgewing huidige probleme WysigBedreigde marienespesies sluit in die manatee robbe seeleeus skilpaaie en walvisse dryfnet visvang veroorsaak die dood van dolfyne albatrosse en ander seevoels wat die afname in visgetalle versnel en bydra tot internasionale dispute Munisipale slykbesoedeling langs die Amerikaanse ooskus die suidkus van Brasilie en oostelike Argentinie is ook onder die huidige omgewingsprobleme wat die Atlantiese oseaan in die gesig staar Oliebesoedeling is ook n rede tot kommer veral in gebiede soos die Karibiese See die Golf van Meksiko die Maracaibomeer die Middellandse See en die Noordsee Verder is daar ook besoedeling deur munisipale en industriele afval in die Oossee Noordsee en die Middellandse See Aardrykskunde nota WysigBelangrike wurgpunte sluit in die Dardanelles die Straat van Gibraltar toegang tot die Panama en Suezkanale Strategiese strate sluit in die Straat van Dover die Floridastrate Mona deurgang The Sound Oresund en die Windward deurgang Die ewenaar verdeel die Atlantiese Oseaan in die Noord Atlantiese en die Suid Atlantiese Oseaan Voorheen bekend as die Ethiopiese Oseaan Gedurende die Koue Oorlog was die sogenaamde Groenland Ysland VK deurgang van uiterste strategiese belang die seebodem in daardie gebied is uitgele met uitgebreide hidrofoonstelsels om Sowjet duikbote te monitor Aangrensende lande en gebiede WysigDie lande gebiede in kursief met n kuslyn aan die Atlantiese Oseaan uitgesluit die Swart Baltiese en Middellandse See is Europa Wysig Asore PRT Belgie Denemarke Man eiland UK Faroereilande DEN Frankryk Duitsland Guernsey VK Ierland Jersey UK Nederland Noorwee Portugal Spanje Verenigde Koninkryk YslandAfrika Wysig Angola Benin Bouvet eiland NOR Demokratiese Republiek die Kongo Ekwatoriaal Guinee Gaboen Gambie Ghana Guinee Guinee Bissau Ivoorkus Kaap Verde Kameroen Kanariese Eilande ESP Liberie Madeiraeilande PRT Marokko Mauritanie Namibie Nigerie Kongo Sao Tome en Principe Sint Helena VK Senegal Sierra Leone Suid Afrika Togo Wes Sahara geeis deur Marokko MAR Suid Amerika Wysig Argentinie Brasilie Chili Colombia Falkland eilande VK Frans Guyana FRA Guyana Suid Georgie en die Suidelike Sandwicheilande VK Suriname Uruguay VenezuelaNoord en Sentraal Amerika Wysig Belize Bermuda VK Costa Rica Groenland DEN Guatemala Honduras Kanada Meksiko Nicaragua Panama Sint Pierre en Miquelon FRA Verenigde StateKaribiese gebied Wysig Anguilla VK Antigua en Barbuda Aruba NED Bahamas Barbados Bonaire NED Britse Maagde eilande VK Kaaimanseilande VK Kuba Curacao NED Dominica Dominikaanse Republiek Guadeloupe FRA Grenada Haiti Jamaika Martinique FRA Montserrat VK Saba NED Puerto Rico VSA Sint Bartholomeus FRA St Kitts en Nevis St Lucia Sint Maarten NED Saint Martin FRA St Vincent en die Grenadine Sint Eustatius NED Trinidad en Tobago Turks en Caicoseilande VK Amerikaanse Maagde eilande VSA Belangrike hawens WysigAbidjan Ivoorkus Accra Ghana A Coruna Spanje Amsterdam Nederland Antwerpen Belgie Bahia Blanca Argentinie Baltimore Verenigde State Banjul Gambie Belfast Verenigde Koninkryk Bergen Noorwee Bissau Guinee Bissau Bordeaux Frankryk Boston VSA Bremen Duitsland Brest Frankryk Bristol Verenigde Koninkryk Buenos Aires Argentinie Cadiz Spanje Casablanca Marokko Cayenne Frans Guyana Charleston VSA Cherbourg Frankryk Conakry Guinee Cork Republiek van Ierland Cotonou Benin Dakar Senegal Douala Kameroen Dublin Republiek van Ierland Duinkerken Frankryk Edinburg Verenigde Koninkryk Fortaleza Brasilie Georgetown Guyana Glasgow Verenigde Koninkryk Hamburg Duitsland Halifax Kanada Jacksonville VSA Kaapstad Suid Afrika Lagos Nigerie Las Palmas Kanariese Eilande Spanje Le Havre Frankryk Libreville Gaboen Lissabon Portugal Liverpool Verenigde Koninkryk Lome Togo Londen Verenigde Koninkryk Luanda Angola Malabo Ekwatoriaal Guinee Monrovia Liberie Montevideo Uruguay Montreal Kanada New Haven VSA New York VSA Newcastle upon Tyne Verenigde Koninkryk Newport News VSA Norfolk VSA Nouakchott Mauritanie Oslo Noorwee Oostende Belgie Paramaribo Suriname Philadelphia VSA Port Harcourt Nigerie Porto Portugal Porto Novo Benin Portsmouth Verenigde Koninkryk Portsmouth VSA Providence VSA Rabat Marokko Recife Brasilie Rio de Janeiro Brasilie Rotterdam Nederland Salvador da Bahia Brasilie Santander Spanje Santos Brasilie Savannah VSA Sevilla Spanje Southampton Verenigde Koninkryk Tangier Marokko Trondheim Noorwee Vigo Spanje Walvisbaai Namibie Wilmington VSA Waterwee WysigDie Noord Oossee kanaal in Duitsland en die Amerikaans Kanadese Sint Laurensrivier is twee belangrike waterwee Sien ook WysigOseaanbesoedelingVerwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Atlantiese Oseaan en Atlantic Ocean Encyclopaedia Britannica Besoek op 17 Julie 2019 Gebiede van die Wereld Afrika Noord Midde Ooste Suid van die Sahara Sentraal Suider Wes Oos Amerikas Noord Sentraal Karibiese Gebied Suid Latyns Asie Sentraal Oos Noord Asie Verre Ooste Suid Indiese subkontinent Suidoos Suidwes Midde Ooste Wes Europa Sentraal Noord Suid Wes Oos Oseanie Australasie Australie Seeland Melanesie Mikronesie Polinesie Poolgebiede Arktika Antarktika Oseane Arktiese Atlantiese Indiese Stille Suidelike See Oorsig van SeeSien ook Kontinente van die wereldOntsluit van https af wikipedia org w index php title Atlantiese Oseaan amp ol,