×
Asjoera

Asjoera (Arabies: ‏عاشوراء, ʿāšūrāʾ van ‏,عَشَرَة asjara/ʿašara, letterlik: "tien"; Oerdoe en Persies: عاشورا, ʿĀšūrāʾ; Turks: Aşure Günü) is die tiende dag van Muharram, die eerste maand in die Islamitiese kalender. Vir die meerderheid Sjiiete en Alawiete is Asjoera die hoogtepunt van die routyd in Muharram en herdenk Imam Hoessein, die kleinseun van die profeet Mohammed, se martelaardood tydens die Slag van Karbala op 10 Muharram in 61 AH (10 Oktober 680 n.C. volgens die Gregoriaanse kalender). Soenniete ken dieselfde berigte van hierdie gebeurtenisse, maar seremoniële rou het nie 'n gewoonte geword nie – alhoewel gedigte, lofredes en herhalings van die gebeure algemeen is en steeds algemeen voorkom. Die rou vir die voorval het amper onmiddellik na die Slag van Karbala begin. Gewilde lofredes om die Slag van Karbala te herdenk is deur digters tydens die Omajjadiese en Abbasidiese tydperke geskryf, en die vroegste openbare rourituele het onder die Boejide in 963 plaasgevind.

Miljoene Sjiiete kom om die Hoessein-moskee in Karbala, Irak, byeen nadat hulle die pelgrimstog tydens Arba'een, 'n Sjiietese herdenking 40 dae na Asjoera, te voet gemaak het
Slag van Karbala, skildery deur Abbas Al-Moesawi
Toneel van 'n rouskouspel tydens Asjoera in Iran
10 Muharram, skildery deur Fausto Zonaro in 1909
Tabuikfees tydens Asjoera in Indonesië

In verskeie Islamitiese lande het Asjoera 'n nasionale vakansiedag geword, en baie etniese en godsdienstige gemeenskappe neem daaraan deel.

In Soennitiese Islam is Asjoera ook die dag waarop Moses (Mūsa) en die Israelites deur God met die skepping van 'n pad in die meer van die farao gered, en dit is die Islamitiese eweknie van Jom Kippoer. Ander herdenkings sluit in Noag (Nūḥ) verlaat sy ark en die profeet Mohammed se aankoms in Medina.

Inhoud

Die oorsprong van die woord Asjoera is die betekenis van "tien" in Semitiese tale; vandaar die naam van die herinnering, letterlik vertaal beteken dit "die tiende dag". Volgens die Oriëntalis A. J. Wensinck is die naam afgelei van die Hebreeuse עשרה‬ ʿāsōr, met die Aramese bepalende agtervoegsel. Die dag is inderdaad die tiende dag van die maand, hoewel sommige Islamitiese geleerdes verskillende etimologieë bied. In sy boek Ghuniyatut Talibin skryf Abdul-Qadir Gilani dat Islamitiese geleerdes verskil oor hoekom hierdie dag as Asjoera bekend staan, sommige van hulle stel voor dat dit die tiende belangrikste dag is waarmee God (Allah) Moslems geseën het.

Asjoera is volgens die Islamitiese kalender op 10 Muharram, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin). Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.

Jaar in die Islamitiese kalender Datum in die Gregoriaanse kalender
1442 28 Augustus 2020 (Vrydag)
1443 18 Augustus 2021 (Woensdag)
1444 8 Augustus 2022 (Maandag)
1445 28 Julie 2023 (Vrydag)
1446 16 Julie 2024 (Dinsdag)
1447 5 Julie 2025 (Saterdag)
1448 25 Junie 2026 (Donderdag)
1449 15 Junie 2027 (Dinsdag)
1450 3 Junie 2028 (Saterdag)
1451 23 Mei 2029 (Woensdag)
1452 12 Mei 2030 (Sondag)
1453 2 Mei 2031 (Vrydag)
  1. (en) . Geargiveer vanaf op 2 Februarie 2015. Besoek op26 Januarie 2015.
  2. (en) "". Encyclopædia Iranica Online. URL besoek op 23 Augustus 2019.
  3. (en) . HuffPost. 18 Oktober 2016. Besoek op23 Augustus 2019.
  4. (en) Fundamentalisms and the state: remaking polities, economies, and militance Martin Marty, R. Appleby. University of Chicago Press. 1996 bl. 451
  5. (en) Religion, social practice, and contested hegemonies reconstructing the public sphere in Muslim majority societies Armando Salvatore, Mark LeVine. Palgrave Macmillan. 2005 bl. 93
  6. (en) Cornell, Vincent J.; Kamran Scot Aghaie (2007). . Westport, CN: Praeger Publishers. pp. 117–18. ISBN 978-0-275-98732-9. Besoek op23 Augustus 2019.
  7. (en) . 9 Mei 2016.
  8. (en) . vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019.
  9. (en) Eduard Sachau, The Chronology of Ancient Nations: An English Version of the Arabic Text of the Athâr-ul-Bâkiya of Albîrûnî, or "Vestiges of the Past," Collected and Reduced to Writing by the Author in A.H. 390–1, A.D. 1000 (Londen: W.H. Allen & Co., 1879), .
  10. (en) Sahih Bukhari Boek 31 Hadit 222, Boek 55 Hadit 609, en Boek 58 Hadit 279, ; Sahih Muslim Boek 6 Hadit 2518, 2519, 2520
  11. (en) Javed Ahmad Ghamidi. Mizan, 30 September 2007 op Wayback Machine, Al-Mawrid
  12. (en) Morrow, John Andrew. Islamic Images and Ideas: Essays on Sacred Symbolism. McFarland & Co, 2013. bl. 234–36.ISBN 978-0786458486
  13. (en) Katz, Marion Holmes The Birth of The Prophet Muhammad: Devotional Piety in Sunni Islam. Routledge, 2007. bl. 113–115.ISBN 978-1135983949
  14. (en) Abou-Samra, Sulafa (2011). "Muslim Calendar, holy days, and festivals". . Marshall Cavendish. p. 153. ISBN 978-0-7614-7926-0.
  15. (en) A. J. Wensinck, "Āshūrā", Encyclopaedia of Islam 2. Besoek op Junie 2011.
  16. (en) Staff, Writer. . wordsimilarity. vanaf die oorspronklike op 20 September 2018.

Publikasie datum: September 26, 2021

asjoera, arabies, عاشوراء, ʿāšūrāʾ, asjara, ʿašara, letterlik, tien, oerdoe, persies, عاشورا, ʿĀšūrāʾ, turks, aşure, günü, tiende, muharram, eerste, maand, islamitiese, kalender, meerderheid, sjiiete, alawiete, hoogtepunt, routyd, muharram, herdenk, imam, hoes. Asjoera Arabies عاشوراء ʿasuraʾ van ع ش ر ة asjara ʿasara letterlik tien Oerdoe en Persies عاشورا ʿAsuraʾ Turks Asure Gunu is die tiende dag van Muharram die eerste maand in die Islamitiese kalender 1 Vir die meerderheid Sjiiete en Alawiete is Asjoera die hoogtepunt van die routyd in Muharram en herdenk Imam Hoessein die kleinseun van die profeet Mohammed se martelaardood tydens die Slag van Karbala op 10 Muharram in 61 AH 10 Oktober 680 n C volgens die Gregoriaanse kalender 2 Soenniete ken dieselfde berigte van hierdie gebeurtenisse maar seremoniele rou het nie n gewoonte geword nie alhoewel gedigte lofredes en herhalings van die gebeure algemeen is en steeds algemeen voorkom 3 4 5 Die rou vir die voorval het amper onmiddellik na die Slag van Karbala begin Gewilde lofredes om die Slag van Karbala te herdenk is deur digters tydens die Omajjadiese en Abbasidiese tydperke geskryf en die vroegste openbare rourituele het onder die Boejide in 963 plaasgevind 6 Miljoene Sjiiete kom om die Hoessein moskee in Karbala Irak byeen nadat hulle die pelgrimstog tydens Arba een n Sjiietese herdenking 40 dae na Asjoera te voet gemaak het Slag van Karbala skildery deur Abbas Al Moesawi Toneel van n rouskouspel tydens Asjoera in Iran 10 Muharram skildery deur Fausto Zonaro in 1909 Tabuikfees tydens Asjoera in Indonesie In verskeie Islamitiese lande het Asjoera n nasionale vakansiedag geword en baie etniese en godsdienstige gemeenskappe neem daaraan deel 7 8 In Soennitiese Islam is Asjoera ook die dag waarop Moses Musa en die Israelites deur God met die skepping van n pad in die meer van die farao gered en dit is die Islamitiese eweknie van Jom Kippoer 9 10 11 12 13 Ander herdenkings sluit in Noag Nuḥ verlaat sy ark en die profeet Mohammed se aankoms in Medina 14 Inhoud 1 Etimologie 2 Datums 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Verdere leesstof 6 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie oorsprong van die woord Asjoera is die betekenis van tien in Semitiese tale vandaar die naam van die herinnering letterlik vertaal beteken dit die tiende dag Volgens die Orientalis A J Wensinck is die naam afgelei van die Hebreeuse עשרה ʿasōr met die Aramese bepalende agtervoegsel 15 Die dag is inderdaad die tiende dag van die maand hoewel sommige Islamitiese geleerdes verskillende etimologiee bied In sy boek Ghuniyatut Talibin skryf Abdul Qadir Gilani dat Islamitiese geleerdes verskil oor hoekom hierdie dag as Asjoera bekend staan sommige van hulle stel voor dat dit die tiende belangrikste dag is waarmee God Allah Moslems geseen het 16 Datums WysigAsjoera is volgens die Islamitiese kalender op 10 Muharram die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand omdat n dag met sononder begin Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender Jaar in die Islamitiese kalender Datum in die Gregoriaanse kalender1442 28 Augustus 2020 Vrydag 1443 18 Augustus 2021 Woensdag 1444 8 Augustus 2022 Maandag 1445 28 Julie 2023 Vrydag 1446 16 Julie 2024 Dinsdag 1447 5 Julie 2025 Saterdag 1448 25 Junie 2026 Donderdag 1449 15 Junie 2027 Dinsdag 1450 3 Junie 2028 Saterdag 1451 23 Mei 2029 Woensdag 1452 12 Mei 2030 Sondag 1453 2 Mei 2031 Vrydag Sien ook WysigLys van Islamitiese feeste en herdenkings Jom Kippoer Joodse eweknieVerwysings Wysig en Shiite History Beliefs and Differences Berween Sunnis and Shiites Muslim Sects and Sunnis Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2015 Besoek op 26 Januarie 2015 en Ḥisayn B ʿAli i Life and Significance in Shiʿism Encyclopaedia Iranica Online URL besoek op 23 Augustus 2019 en My Ashura My Karbala My Hussain A Sunni Perspective HuffPost 18 Oktober 2016 Besoek op 23 Augustus 2019 en Fundamentalisms and the state remaking polities economies and militance Martin Marty R Appleby University of Chicago Press 1996 bl 451 en Religion social practice and contested hegemonies reconstructing the public sphere in Muslim majority societies Armando Salvatore Mark LeVine Palgrave Macmillan 2005 bl 93 en Cornell Vincent J Kamran Scot Aghaie 2007 Voices of Islam Westport CN Praeger Publishers pp 117 18 ISBN 978 0 275 98732 9 Besoek op 23 Augustus 2019 en AhlulBayt News Agenc en 9 Mei 2016 en Hindus holding tasia procession in Orissa for over three centuries Jafariya News Network Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019 en Eduard Sachau The Chronology of Ancient Nations An English Version of the Arabic Text of the Athar ul Bakiya of Albiruni or Vestiges of the Past Collected and Reduced to Writing by the Author in A H 390 1 A D 1000 Londen W H Allen amp Co 1879 bl 326 328 en Sahih Bukhari Boek 31 Hadit 222 Boek 55 Hadit 609 en Boek 58 Hadit 279 1 Sahih Muslim Boek 6 Hadit 2518 2519 2520 2 en Javed Ahmad Ghamidi Mizan The Fast Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine Al Mawrid en Morrow John Andrew Islamic Images and Ideas Essays on Sacred Symbolism McFarland amp Co 2013 bl 234 36 ISBN 978 0786458486 en Katz Marion Holmes The Birth of The Prophet Muhammad Devotional Piety in Sunni Islam Routledge 2007 bl 113 115 ISBN 978 1135983949 en Abou Samra Sulafa 2011 Muslim Calendar holy days and festivals Islamic Beliefs Practices and Cultures Marshall Cavendish p 153 ISBN 978 0 7614 7926 0 en A J Wensinck Ashura Encyclopaedia of Islam 2 Besoek op Junie 2011 en Staff Writer Top 10 similar words or synonyms for ashura wordsimilarity Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2018 Verdere leesstof Wysig en Litvak Meir 1998 Shi i Scholars of Nineteenth Century Iraq The Ulama of Najaf and Karbala Cambridge University Press ISBN 0 521 89296 1 en al Musawi Muhsin 2006 Reading Iraq Culture and Power and Conflict I B Tauris ISBN 1 84511 070 6 en al Mufid al Shaykh Muhammad Desember 1982 1ste uitgawe Kitab Al Irshad Tahrike Tarsile Quran ISBN 0 940368 12 9 ISBN 978 0 940368 12 5 en al Azdi abu Mikhnaf Maqtal al Husayn Shia Ithnasheri Community of Middlesex PDF Geargiveer 19 Februarie 2018 op Wayback MachineEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Asjoera en ʿASuRAʾ Encyclopaedia Iranica Besoek op 23 Augustus 2019 en ʿAshuraʾ Encyclopaedia Britannica Besoek op 23 Augustus 2019 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Asjoera amp ol,