×
Asië

Asië

Oppervlakte 44 579 000 km² (1ste)
Bevolking 4 164 252 000 (2013, 1ste)
Bevolkingsdigtheid 87/km²
Lande 48 VN-lidlande en 6 ander lande
Afhanklike gebiede 6
Taalfamilies Sino-Tibettaans
Indo-Europees
Altaïes
Austro-Asiaties
Tai-Kadai
Austronesies
Drawidies
Semities
Siberies
Kaukasies
Tydsones UTC+2 (Turkye) tot UTC+12 (Russiese Verre-Ooste)
Grootste stede Tokio
Djakarta
Delhi
Karatsji
Seoel
Sjanghai
Manila
Mumbai
Beijing
Guangzhou
Osaka
Dhaka
Bangkok
Kolkata
Teheran

Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking.

Inhoud

Kerala se strandmere
Mongoolse steppe
Suid-Chinese karst
Hunza-vallei

Asië, wat saam met Europa ’n onderdeel van die groot wêrelddeel genaamd Eurasië vorm, is die grootste van die aarde se vyf vastelande. Dit beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 44 miljoen km², oftewel een derde van die wêreld se totale landoppervlakte. Afgesien van ’n aantal eilande in die suidooste, is die hele Asië in die Noordelike Halfrond geleë. Dit strek van die Oeralgebergte, die Swartsee, die Middellandse See en die Rooisee in die weste tot by die Stille Oseaan in die ooste, vanaf die Noordelike Yssee tot by die Indiese Oseaan in die suide.

Die eilande van Indonesië, Filippyne, Taiwan en Japan maak ook deel uit van Asië, en so ook Siprus, in die oostelike Middellandse See, en Sri Lanka, naby die suidkus van Indië. Die vernaamste berge in Asië is in twee gordels gegroepeer. Die eerste gordel strek vanaf die Chukchi-skiereiland by die Beringstraat, deur Suid-Siberië, tot by die Tiensjan in Noordwes-China. Die tweede gordel begin in Turkye en sluit die hooglande van Iran en Afghanistan sowel as die Himalaja in; oos van Tibet swenk dit suidoos tot by Maleisië.

Die Asiatiese vasteland bevat die hoogste en laagste plekke in die wêreld – Berg Everest in die Himalaja is 8 848 meter bo seespieël en die Dooie See is 395 meter onder seespieël. Die Baikalmeer in Suidoos-Rusland, naby Mongolië, vorm die wêreld se diepste trog – die meer is 1 620 meter diep en die bodem is 1 295 meter onderkant seespieël.

Die Kaspiese See en die Aralmeer is oorblyfsels van veel groter see wat vroeër daar bestaan het. Van die grootste riviere in die wêreld kom in Asië voor, onder andere die Mekong, Yangtze en Geelrivier in China en die Indus, Ganges en Chao Phraya in Indië. In Siberië vries die riviere in die winter, soms tot op die bodem. In die verre noorde van die vasteland bly die grond permanent bevrore en slegs 'n dun lagie bogrond ontdooi in die kort somers. Onmiddellik suid van hierdie toendra-gebied is 'n breë gordel onvrugbare sand, waarin uitgestrekte naaldwoude voorkom.

Verder suid lê die sogenaamde landboudriehoek van Rusland en Oekraïne (tussen Sint Petersburg, Odessa en Irkoetsk). Die grond is humusryk en die verhouding tussen reënval en verdamping is eweredig. Daarop volg die steppe- en woestyngebied, waar die reënval afneem en die temperatuur styg. Die gebied is oor die algemeen vrugbaar, maar besproeiing is noodsaaklik vir landbou. Weens die minerale samestelling van die grond en die feit dat verdamping hoër as die reënval is, ontstaan daar plek-plek soutvlaktes en -mere. Suidwes-Asië maak deel uit van die droëwoestyngordel wat van die Sahara in Afrika tot by die Gobiwoestyn in Mongolië strek.

Suid van die sentrale gebergtes, in Indië en Suidoos-Asië, word die minerale in die grond deur die swaar moesonreëns weggespoel. Die grond is kleierig, arm aan humus, met harde laterietbodems en wissel in kleur van geel tot rooibruin. Die vrugbaarste grond in die tropiese en subtropiese gebiede is vulkaniese grond, soos die in die hooglande van Dekan.

Die valleie en deltas van die groot riviere in Indië en China en van die Tigris en Eufraat in Klein-Asië bevat ook baie vrugbare grond. Die reënval in Asië wissel drasties van streek tot streek en word grootliks deur die sentrale bergreekse beïnvloed. Westewinde bring genoeg reën vir die ooskuste van die Middellandse See en die Swartsee, maar ooswaarts word die reën al hoe minder en bereik glad nie die lande oos van die Arabiese Skiereiland nie.

Die suidwesmoesonwinde bring oorvloedige reën vir Indië en Suidoos-Asië. Die kort winters is die enigste droë tydperke. Die eilande van Indonesië en Maleisië, nader aan en op die ewenaar, het 'n tropiese reënwoudklimaat. Sentraal-Asië, tussen die Kaspiese See en die Gobiwoestyn, word deur die berge van die moesonreëns afgesny.

Bokant 50 grade noorderbreedte in Rusland is die somers droog en warm en die winters nat en koud. Verder noordwaarts· heers 'n tipiese arktiese klimaat, wat ook in groot mate in die hoogliggende gebergtes voorkom.

Naas uitgestrekte grasvlaktes, woestyne en woude, bestaan Asië uit hoë plato's en bergreekse met die hoogste pieke in die wêreld. Daar kom dus 'n groot verskeidenheid plante en diere voor. Die sterk ooreenkoms tussen die fauna en flora van Asië en dié van die Amerikas versterk die vermoede dat daar in die ystertydperk 'n landbrug in die gebied van die Beringstraat moes bestaan het.

Toendra

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Toendra.
Toendra-vlakte met mere in Noord-Siberië by die Russiese stad Doedinka

In die verre noorde van Asië tref 'n mens Arktiese plantegroei aan. Daar groei net mos, kort grasse en bossies in die kort somers. Die berghellings langs die noordoostelike kus van Siberië is met welige gras bedek. Talie soorte insekte floreer in die toendra en dien as voedsel vir die groot swerms voëls wat in die somer op land en langs die see broei. Kenmerkend vir die toendra is sneeuhoenders en lemmings, wat as prooi dien vir roofvoëls, poolvosse en ander vleisvreters soos wolwe. Die meeste diere, insluitende die rendiere, migreer suidwaarts in die herfs. Kleiner knaagdiere bly egter ook in die winter daar en lewe van plantegroei wat hul lê onder die sneeu uitgrawe,

Taiga

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Taiga.
Oos-Siberiese lorkebome naby Kolima in Noordoos-Siberië

Geen bome groei in die toendra nie, maar uitgestrekte naaldwoude kom suid daarvan in die taiga voor. Hulle bestaan hoofsaaklik uit denne, sparre en lorke. In die koudste dele van die taiga oorheers die lorke. Hulle verloor hul naalde in die winter, voëls en knaagdiere lewe van die bome se sade in die taiga. Soms ontstaan 'n tekort aan sade en dan migreer die voëls op groot skaal na Europa. Die grootste diere wat in die taiga voorkom, is elande, met wolwe, losse (’n soort rooikat) en veelvrate as hul vernaamste vyande. Naaldwoude kom ook teen die berghellings in die hooglande van Tibet voor. Rododendrons van alle kleure en 'n groot verskeidenheid primulas groei daar bokant die boomgrens.

Steppes en woestyne

Steppe in Kasakstan – die begin van die lente
Sandduine in die Rub' al Khali ("leë kwartier") in die Verenigde Arabiese Emirate

Die plantegroei van Klein-Asië, Iran, Afganistan, Tibet en Mongolië is tipies van woestyn- en steppegebied. Loofbome groei in bosse teen die vogtige berghellings en langs die rivieroewers. Plantegroei in die steppe bestaan hoofsaaklik uit harde grasse, eenjarige plante, bolgewasse en lae struike, soos die Tamarisk. Bokwiet kom oorspronklik uit die steppe van Sentraal-Asië en knoffel uit Wes-Asië. Die plantegroei in Tibet is baie soos dié in China en Japan, waar perskes en appelkose oorspronklik vandaan kom. Kersies, vye, druiwe, hennep, gars, koring en rog, wat oorspronklik uit Klein-Asië kom, het oral op die vasteland belangrike kultuurgewasse geword. Korea, Mantsjoerye en Oos-China het 'n hoë reënval, met subtropiese plantegroei in die suidelike dele.

Die uitgestrekte steppe was die oorspronklike habitat van die wilde perd, maar vandag kom die egte wilde perd (Equus przewalski) nog net in Mongolië voor. Mongolië is ook die woonplek van die laaste wilde kamele. Hulle is skraler, met korter, harder hare as die mak kameel.

Baie soorte knaagdiere kom in die steppes voor, onder andere die fluithaas, wat 'n wintervoorraad van afgeknaagde plante opbou. In die warm woestyne van Suidwes-Asië tref 'n mens nog wilde esels aan sowel as 'n soort gasel wat hom by die klimaat aangepas het. Op die hooglande van Tibet kom die wilde jak (knorbuffel) voor. Sy digte pels beskerm hom teen die koue. Die kleiner huisjak is meer as 3000 jaar gelede al deur die Tibettane getem. Hy is 'n nuttige pak- en rydier en word ook aangehou vir melk en vleis. Sy pels het verskeie uiteenlopende gebruike. Hoog in die berge woon wilde skape en bokke, met die sneeuluiperd as hul grootste vyand. Die sneeuluiperd is die enigste lid van die luiperdfamilie wat bokant die boomgrens woon.

Bere is swerfdiere wat yl bevolkte, bergagtige gebiede as woonplek verkies. Daar is bruinbere in Tibet en knaagbere in die berge van Suidoos-Asië. In die bamboesbosse teen die berghange van Tibet en Wes-China woon die groot pandabeer. Sy kleiner neef kom ook in die aangrensende gebiede voor. Hulle lewe hoofsaaklik van plante.

Tropiese woude

Lugfoto van die Himalajagebergte

Suid van die Himalaja lê die tropiese en subtropiese gebiede van Asië. Plek-plek kom daar wel struikwoestyne en droë bosse voor, maar tropiese reënwoude met 'n groot verskeidenheid van plante en diere oorheers. Baie van die boomsoorte lewer waardevolle hout, soos byvoorbeeld ysterhout, wat so swaar is, dat dit in water sink. Omdat daar geen groeiseisoen is nie, dra bome dwarsdeur die jaar vrugte. Baie van die tropiese plante lewer bekende speserye en grondstowwe, onder andere gemmer, kaneel en katoen.

Op die eilande is rubberplantasies en palms 'n algemene verskynsel. In die subtropiese savannegebiede woon 'n soort antiloop en die uiters seldsame Indiese leeu. Die grootste oerwoud bewoners is Asiatiese olifant, wat effens kleiner is as hul neefs in Afrika. Tiers, 'n klein soort renoster, Indiese-tapirs en orangoetangs se getalle is vinnig besig om af te neem. Dieselfde gebeur met die veelkleurige fisante van Suidoos-Asië.

Riviere en mere

Vis, op baie plekke die Asiate se enigste eiwitvoedsel, kom in groot getalle in al die riviere voor, veral in die koue riviere van Siberië. Rivierdolfyne kom in die groter riviere voor. In die tropiese en subtropiese gebiede tref 'n mens 'n paar soorte krokodille, waterskilpaaie en waterslange aan. Die Baikalmeer in Siberië is die habitat van die wêreld se enigste varswaterrob.

Arabië en die Indiese subkontinent

Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Arabiese Skiereiland en Indiese subkontinent.
Nasa-Satellietbeeld van die Indiese subkontinent
Die Arabiese Skiereiland

Arabië is die grootste skiereiland ter wêreld en lê tussen die Rooisee en die Persiese Golf. Dit het 'n oppervlakte van sowat drie miljoen km² (ter vergelyking: die oppervlakte van Suid-Afrika is sowat 1 200 000 km²). Tog woon hier baie min mense, aangesien dit een van die droogste gebiede op aarde is.

Die reënval is so laag dat daar nie 'n enkele standhoudende rivier in hierdie hele uitgestrekte gebied is nie. 'n Groot deel van die binneland van die Arabiese skiereiland is ware woestyn, hoewel daar op sekere plekke 'n skraal plantegroei voorkom. Die hooglande van Jemen en Oman kry genoeg reën dat 'n paar gewasse verbou kan word, maar in die meeste ander dele is besproeiing noodsaaklik. Koffie word op die hooglande verbou, terwyl dadels en graansoorte by die oases gekweek word.

Kleinveeboerdery is die vernaamste menslike bedrywigheid, en skape, bokke, perde en kamele word aangehou. Arabië se rykdom lê egter nie op die grondoppervlak nie, maar daaronder: petroleum, wat veral aan die oostelike deel van die skiereiland groot rykdom besorg het. 'n Groot deel van die totale jaarlikse wêreldproduksie van petroleum kom uit hierdie streek. As die Indiese subkontinent beskou word as die gebied wat suid van die Indus-Ganges-vlakte lê, is die gebied effens kleiner as Arabië.

Die grootste deel van die skiereiland bestaan uit die Indiese Dekkan, 'n uitgestrekte plato wat sowat 600 m bo seevlak lê. Die Dekkan word in die ooste en in die weste deur berge begrens. Die Wes-Ghats is die hoogste van hierdie bergreekse en styg tot sowat 2 500 m bo seevlak (Anai Mudi). Die reënval van hierdie skiereiland kom streng seisoensgewys voor en die enigste rede waarom die gebied so baie mense kan onderhou, is die grootskeepse gebruik van besproeiing. Rys is die vernaamste oes langs die kus, terwyl Indiese manna of Guinee-koring op die plato self gekweek word. Katoen is baie belangrik in die noordwestelike deel van die Dekkan.

Indo-China

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Indo-China.
Ligging van Indo-China

Hierdie skiereiland lê tussen Indië en China en is die suidelikste Asiatiese skiereiland. Dit strek in die suidweste tot by die lang, smal Maleise Skiereiland (Malakka), wat op sy beurt byna tot by die ewenaar strek. Die skiereiland omvat lande soos Mianmar, Thailand, Kambodja, Laos en Viëtnam. Die belangrikste landbouprodukte van die skiereiland met sy moesonklimaat is rys, rubber, tee, katoen, tabak en piesangs. Hierdie deel van Asië is egter ook ryk aan delfstowwe, veral tin en tungsten.

Kleiner skiereilande

Daar is nog baie kleiner skiereilande in Asië. Tussen die See van Ochotsk en die Beringsee lê die Kamtsjatka-skiereiland (270 000 km²). Van die noordooste na die suidweste op hierdie skiereiland loop die vulkaniese Sredinni-gebergte. Die hoogste spits is Kloetsjef (4 778 m). Vanweë die uiters ongunstige klimaatsomstandighede is die eiland, wat sedert 1706 aan Rusland behoort, baie dun bevolk.

Tussen die Geelsee en die See van Japan lê die skiereiland van Korea (220 000 km²); die Seestraat van Korea skei hierdie skiereiland van die Japanse eilande. Die oostelike deel is bergagtig en woudryk. In die weste word diep, vrugbare grond intensief benut. Die noordelike deel van die skiereiland is ryk aan verskeie minerale: goud, yster, steenkool, koper en lood. Die grootste rivier, die 790 km lange Yalu, vorm die grens tussen Korea en Mantsjoerye.

Nasa-Satellietbeeld van die Aleoetiese Eilande
Nasa-Satellietbeeld van die Koerile
Kaart van die Japanse Argipel

Asië is 'n besonder eilandryke vasteland. Die ooskus van Asië bestaan uit 'n reeks eilandkettings, wat van Alaska tot by Sumatra strek. Kleiner eilandgroepe kom voor in die Golf van Bengale, in die Arabiese See en in die Noordelike Yssee. Die belangrikste eilandgroepe en eilande is (van noord na suid):

Die Aleoetiese Eilande

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Aleoetiese Eilande.

Hierdie eilandketting lê tussen Alaska en Kamtsjatka en omvat sowat 150 eilande en eilandjies van vulkaniese oorsprong. Die eilandketting is 1 750 km lank en beslaan 'n totale oppervlakte van 17 450 km². Die klimaat is straf en die reënval hoog. Die eilande word deur sowat 6 000 mense, meestal Inuïete, bewoon. Die Aleoete is in 1741 ontdek en is in 1867 saam met Alaska deur die Verenigde State van Rusland gekoop.

Die Koerile

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Koerile.

Die Koerile is 'n 1 200 km lange eilandboog tussen Kamtsjatka en Japan. Dit bestaan uit altesame 36 eilande van vulkaniese oorsprong met 'n totale oppervlakte van 15 600 km². Die Koerile het tot in 1945 aan Japan behoort. Daarna het dit onder die beheer van die Sowjetunie gekom en behoort nou aan Rusland.

Die Japanse eilande

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Japanse Argipel.

Japan bestaan uit vier hoofeilande en meer as 8 000 kleiner eilande met 'n totale oppervlakte van 372 487 km². Die eilande strek oor meer as 4 000 km van noord na suid. Die hoofeilande is Honsjoe, Hokkaido, Sjikokoe en Kioesjoe. Die eilande het talle inhamme en baaitjies aan die kus, terwyl die binneland in die algemeen taamlik bergagtig is. In Japan is daar 192 vulkane (waarvan 58 aktief) en talle warmwaterbronne, en die land word dikwels deur aardbewings geteister. Die· hoogste berg is Foedji (3 776 m) op die eiland Honsjoe. Die noordelike deel van Japan het 'n gematigde en die suidelike deel 'n subtropiese moesonklimaat.

Taiwan

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Taiwan (eiland).

Hierdie eiland, wat hoofsaaklik deur Chinese bewoon word, het 'n oppervlakte van 36 000 km² en 16 in die Oos-Chinese See. Die klimaat is gematig en die plantegroei welig Die belangrikste landbouprodukte is rys, suiker, patats, kanfer, neute, tee en hennep, terwyl goud, steenkool en aardolie ontgin word. Die berge in die ooste bereik by Mount Morrison 'n hoogte van 3 997 m. Die westelike deel van die eiland bestaan grotendeels uit laagland. Taiwan het vroeër as Formosa bekend gestaan.

Suidoos-Asiatiese eilande

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Maleise argipel.
Kaart van die Maleise argipel

Tussen Asië en Australië lê die eilande-wêreld van Indonesië en die Maleise argipel. Die meer as 22 000 eilande vorm die grootste argipel op aarde. Tot die argipel behoort onder meer die Soenda-eilande, die Molukke en die Filippyne. In hierdie aardbewingryke gebied word sowat 130 aktiewe vulkane aangetref. Die grootste eiland van die argipel, en een van die grootste eilande ter wêreld, is Borneo (ook bekend as Borneo; 751 000 km²).

Die binneland van hierdie eiland is baie bergagtig en dig bebos. Die sowat 6 miljoen inwoners woon hoofsaaklik in die kusstreke. Ander groot eilande is: Soematra (473 600 km²), Sulawesi (vroeër bekend as Celebes; 189 035 km²) en Java (132 267 km²). Die Filippyne (300 000 km²) bestaan uit 7 107 eilande, waarvan 730 bewoon word. Die grootste eilande is Luzon, Mindanao, Samar, Negros en Palawan. Hierdie eilande het 'n tropiese klimaat. Die Molukke (Maloekoe) lê tussen Sulawesi en Nieu-Guinee; hierdie eilande het 'n totale oppervlakte van 74 505 km² en word deur sowat 'n miljoen mense bewoon. Op hierdie eens beroemde spesery-eilande speel die verbouing van speserye vandag net nog 'n baie klein rol.

Ander Asiatiese eilande

Ander Asiatiese eilande word in die Noordelike Yssee, die Indiese Oseaan en die Middellandse See aangetref. Die grootste Asiatiese eilande in die Noordelike Yssee is Nowaja Zemlja (81 400 km²), Franz Josef-land (18 940 km²) en die Nieu-Siberiese Eilande. Die grootste eiland in die Indiese Oseaan is Sri Lanka of Ceylon, aan die suidpunt van Indië. Dit het 'n oppervlakte van 65 610 km². Daar is twee eilandgroepe in die Indiese Oseaan, die Andamane en die Nikobare, met 'n gesamentlike oppervlakte van 6 582 km². Die grootste eiland in die Middellandse See wat tot Asië behoort, is Siprus (9 251 km²). Die eiland word deur Grieke en Turke bewoon wat koring, olywe, druiwe en neute verbou.

Nasa-Satellietbeeld van Asië
Kaart van Asië
Politiese kaart van Asië
Taalfamilies in Asië
Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak
(km²)
Bevolking Bevolkingsdigtheid
(per km²)
Hoofstad
Sentraal-Asië
Kasakstan 2 724 927 16 536 000 6 Noer-Soeltan
Kirgisië 199 951 5 587 443 28 Bisjkek
Oesbekistan 447 400 28 128 600 63 Tasjkent
Tadjikistan 143 100 7 627 200 53 Doesjanbe
Turkmenistan 488 100 4 997 503 10 Asjchabat
Oos-Asië
Hongkong (Volksrepubliek China) 1 104 7 122 508 6 452
Japan 377 947 127 920 000 339 Tokio
Noord-Korea 120 540 23 479 095 184 Pjongjang
Suid-Korea 98 480 49 232 844 491 Seoel
Macau (Volksrepubliek China) 25 460 823 18 473
Mongolië 1 565 000 2 996 082 2 Ulaanbaatar
Republiek van China 35 980 22 920 946 627 Taipei
Volksrepubliek China 9 640 821 1 322 044 605 134 Beijing
Noord-Asië
Rusland 13 119 600 37 630 081 3 Moskou
Suidoos-Asië
Broenei 5 770 381 371 66 Bandar Seri Begawan
Filippyne 300 000 92 681 453 309 Manila
Indonesië 1 919 440 230 512 000 120 Djakarta
Kambodja 181 035 13 388 910 74 Phnom Penh
Laos 236 800 6 677 534 28 Vientiane
Maleisië 329 847 27 780 000 84 Kuala Lumpur
Mianmar 676 578 47 758 224 70 Naypyidaw
Oos-Timor 15 007 1 108 777 74 Dili
Singapoer 704 4 608 167 6 546 Singapoer
Thailand 514 000 65 493 298 127 Bangkok
Viëtnam 331 690 86 116 559 260 Hanoi
Suid-Asië
Afghanistan 647 500 32 738 775 43 Kaboel
Bangladesj 147 570 153 546 901 1041 Dhaka
Bhoetan 38 394 682 321 18 Thimphu
Indië 3 287 263 1 147 995 226 349 Nieu-Delhi
Iran 1 648 195 70 472 846 43 Teheran
Maledive 300 379 174 1 263 Malé
Nepal 147 181 29 519 114 201 Katmandoe
Pakistan 803 940 167 762 049 209 Islamabad
Sri Lanka 65 610 21 128 773 322 Sri Jayawardenepura
Wes-Asië
Armenië 29 800 3 299 000 281 Jerewan
Azerbeidjan 86 660 8 845 127 102 736 Bakoe
Bahrein 665 718 306 987 Manama
Georgië 69 700 4 636 400 65 Tbilisi
Irak 437 072 28 221 181 55 Bagdad
Israel 20 770 7 112 359 290 Jerusalem (omstrede)
Jemen 527 970 23 013 376 35 Sanaa
Jordanië 92 300 6 198 677 58 Amman
Katar 11 437 928 635 69 Doha
Koeweit 17 820 2 596 561 119 Koeweit-stad
Libanon 10 452 3 971 941 354 Beiroet
Oman 212 460 3 311 640 13 Maskat
Palestynse Owerheid 6 257 4 277 000 684 Ramallah
Saoedi-Arabië 1 960 582 23 513 330 12 Riaad
Siprus 9 250 792 604 84 Nicosia
Sirië 185 180 19 747 586 93 Damaskus
Turkye 783 562 78 741 053 102 Ankara
Verenigde Arabiese Emirate 82 880 4 621 399 30 Aboe Dhabi
Asië Totaal 43 810 582 4 162 966 086 89
  1. (en) National Geographic Family Reference Atlas of the World. Washington, D.C.: National Geographic Society (U.S.). 2006. p. 264.
  2. . The List (in Engels). Worldatlas.com. vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op25 Julie 2011.
  3. (in Engels). Millenniumindicators. vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op25 Augustus 2012.
  4. (en) 13 Oktober 2013 op Wayback Machine
  5. (PDF) (in Engels). (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020. Besoek op1 Junie 2010.


Publikasie datum: September 03, 2021

asië, oppervlakte, 1ste, bevolking, 2013, 1ste, bevolkingsdigtheid, lande, lidlande, ander, landeafhanklike, gebiede, 6taalfamilies, sino, tibettaans, indo, europees, altaïes, austro, asiaties, kadai, austronesies, drawidies, semities, siberies, kaukasiestydso. Asie Oppervlakte 44 579 000 km 1ste 1 Bevolking 4 164 252 000 2013 1ste 2 Bevolkingsdigtheid 87 km Lande 48 VN lidlande en 6 ander landeAfhanklike gebiede 6Taalfamilies Sino Tibettaans Indo Europees Altaies Austro Asiaties Tai Kadai Austronesies Drawidies Semities Siberies KaukasiesTydsones UTC 2 Turkye tot UTC 12 Russiese Verre Ooste Grootste stede Tokio Djakarta Delhi Karatsji Seoel Sjanghai Manila Mumbai Beijing Guangzhou Osaka Dhaka Bangkok Kolkata Teheran Asie is die wereld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km wat 33 van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense ongeveer 60 van die wereldbevolking Inhoud 1 Geografie 2 Fauna en Flora 2 1 Toendra 2 2 Taiga 2 3 Steppes en woestyne 2 4 Tropiese woude 2 5 Riviere en mere 3 Skiereilande 3 1 Arabie en die Indiese subkontinent 3 2 Indo China 3 3 Kleiner skiereilande 4 Eilande 4 1 Die Aleoetiese Eilande 4 2 Die Koerile 4 3 Die Japanse eilande 4 4 Taiwan 4 5 Suidoos Asiatiese eilande 4 6 Ander Asiatiese eilande 5 Lande 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Bronnelys 9 Eksterne skakelsGeografie Wysig Kerala se strandmere Mongoolse steppe Suid Chinese karst Altai gebergte Hunza vallei Asie wat saam met Europa n onderdeel van die groot werelddeel genaamd Eurasie vorm is die grootste van die aarde se vyf vastelande Dit beslaan n oppervlakte van ongeveer 44 miljoen km oftewel een derde van die wereld se totale landoppervlakte Afgesien van n aantal eilande in die suidooste is die hele Asie in die Noordelike Halfrond gelee Dit strek van die Oeralgebergte die Swartsee die Middellandse See en die Rooisee in die weste tot by die Stille Oseaan in die ooste vanaf die Noordelike Yssee tot by die Indiese Oseaan in die suide Die eilande van Indonesie Filippyne Taiwan en Japan maak ook deel uit van Asie en so ook Siprus in die oostelike Middellandse See en Sri Lanka naby die suidkus van Indie Die vernaamste berge in Asie is in twee gordels gegroepeer Die eerste gordel strek vanaf die Chukchi skiereiland by die Beringstraat deur Suid Siberie tot by die Tiensjan in Noordwes China Die tweede gordel begin in Turkye en sluit die hooglande van Iran en Afghanistan sowel as die Himalaja in oos van Tibet swenk dit suidoos tot by Maleisie Die Asiatiese vasteland bevat die hoogste en laagste plekke in die wereld Berg Everest in die Himalaja is 8 848 meter bo seespieel en die Dooie See is 395 meter onder seespieel Die Baikalmeer in Suidoos Rusland naby Mongolie vorm die wereld se diepste trog die meer is 1 620 meter diep en die bodem is 1 295 meter onderkant seespieel Die Kaspiese See en die Aralmeer is oorblyfsels van veel groter see wat vroeer daar bestaan het Van die grootste riviere in die wereld kom in Asie voor onder andere die Mekong Yangtze en Geelrivier in China en die Indus Ganges en Chao Phraya in Indie In Siberie vries die riviere in die winter soms tot op die bodem In die verre noorde van die vasteland bly die grond permanent bevrore en slegs n dun lagie bogrond ontdooi in die kort somers Onmiddellik suid van hierdie toendra gebied is n bree gordel onvrugbare sand waarin uitgestrekte naaldwoude voorkom Verder suid le die sogenaamde landboudriehoek van Rusland en Oekraine tussen Sint Petersburg Odessa en Irkoetsk Die grond is humusryk en die verhouding tussen reenval en verdamping is eweredig Daarop volg die steppe en woestyngebied waar die reenval afneem en die temperatuur styg Die gebied is oor die algemeen vrugbaar maar besproeiing is noodsaaklik vir landbou Weens die minerale samestelling van die grond en die feit dat verdamping hoer as die reenval is ontstaan daar plek plek soutvlaktes en mere Suidwes Asie maak deel uit van die droewoestyngordel wat van die Sahara in Afrika tot by die Gobiwoestyn in Mongolie strek Suid van die sentrale gebergtes in Indie en Suidoos Asie word die minerale in die grond deur die swaar moesonreens weggespoel Die grond is kleierig arm aan humus met harde laterietbodems en wissel in kleur van geel tot rooibruin Die vrugbaarste grond in die tropiese en subtropiese gebiede is vulkaniese grond soos die in die hooglande van Dekan Die valleie en deltas van die groot riviere in Indie en China en van die Tigris en Eufraat in Klein Asie bevat ook baie vrugbare grond Die reenval in Asie wissel drasties van streek tot streek en word grootliks deur die sentrale bergreekse beinvloed Westewinde bring genoeg reen vir die ooskuste van die Middellandse See en die Swartsee maar ooswaarts word die reen al hoe minder en bereik glad nie die lande oos van die Arabiese Skiereiland nie Die suidwesmoesonwinde bring oorvloedige reen vir Indie en Suidoos Asie Die kort winters is die enigste droe tydperke Die eilande van Indonesie en Maleisie nader aan en op die ewenaar het n tropiese reenwoudklimaat Sentraal Asie tussen die Kaspiese See en die Gobiwoestyn word deur die berge van die moesonreens afgesny Bokant 50 grade noorderbreedte in Rusland is die somers droog en warm en die winters nat en koud Verder noordwaarts heers n tipiese arktiese klimaat wat ook in groot mate in die hoogliggende gebergtes voorkom Fauna en Flora WysigNaas uitgestrekte grasvlaktes woestyne en woude bestaan Asie uit hoe plato s en bergreekse met die hoogste pieke in die wereld Daar kom dus n groot verskeidenheid plante en diere voor Die sterk ooreenkoms tussen die fauna en flora van Asie en die van die Amerikas versterk die vermoede dat daar in die ystertydperk n landbrug in die gebied van die Beringstraat moes bestaan het Toendra Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Toendra Toendra vlakte met mere in Noord Siberie by die Russiese stad Doedinka In die verre noorde van Asie tref n mens Arktiese plantegroei aan Daar groei net mos kort grasse en bossies in die kort somers Die berghellings langs die noordoostelike kus van Siberie is met welige gras bedek Talie soorte insekte floreer in die toendra en dien as voedsel vir die groot swerms voels wat in die somer op land en langs die see broei Kenmerkend vir die toendra is sneeuhoenders en lemmings wat as prooi dien vir roofvoels poolvosse en ander vleisvreters soos wolwe Die meeste diere insluitende die rendiere migreer suidwaarts in die herfs Kleiner knaagdiere bly egter ook in die winter daar en lewe van plantegroei wat hul le onder die sneeu uitgrawe Taiga Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Taiga Oos Siberiese lorkebome naby Kolima in Noordoos Siberie Geen bome groei in die toendra nie maar uitgestrekte naaldwoude kom suid daarvan in die taiga voor Hulle bestaan hoofsaaklik uit denne sparre en lorke In die koudste dele van die taiga oorheers die lorke Hulle verloor hul naalde in die winter voels en knaagdiere lewe van die bome se sade in die taiga Soms ontstaan n tekort aan sade en dan migreer die voels op groot skaal na Europa Die grootste diere wat in die taiga voorkom is elande met wolwe losse n soort rooikat en veelvrate as hul vernaamste vyande Naaldwoude kom ook teen die berghellings in die hooglande van Tibet voor Rododendrons van alle kleure en n groot verskeidenheid primulas groei daar bokant die boomgrens Steppes en woestyne Wysig Steppe in Kasakstan die begin van die lente Sandduine in die Rub al Khali lee kwartier in die Verenigde Arabiese Emirate Die plantegroei van Klein Asie Iran Afganistan Tibet en Mongolie is tipies van woestyn en steppegebied Loofbome groei in bosse teen die vogtige berghellings en langs die rivieroewers Plantegroei in die steppe bestaan hoofsaaklik uit harde grasse eenjarige plante bolgewasse en lae struike soos die Tamarisk Bokwiet kom oorspronklik uit die steppe van Sentraal Asie en knoffel uit Wes Asie Die plantegroei in Tibet is baie soos die in China en Japan waar perskes en appelkose oorspronklik vandaan kom Kersies vye druiwe hennep gars koring en rog wat oorspronklik uit Klein Asie kom het oral op die vasteland belangrike kultuurgewasse geword Korea Mantsjoerye en Oos China het n hoe reenval met subtropiese plantegroei in die suidelike dele Die uitgestrekte steppe was die oorspronklike habitat van die wilde perd maar vandag kom die egte wilde perd Equus przewalski nog net in Mongolie voor Mongolie is ook die woonplek van die laaste wilde kamele Hulle is skraler met korter harder hare as die mak kameel Baie soorte knaagdiere kom in die steppes voor onder andere die fluithaas wat n wintervoorraad van afgeknaagde plante opbou In die warm woestyne van Suidwes Asie tref n mens nog wilde esels aan sowel as n soort gasel wat hom by die klimaat aangepas het Op die hooglande van Tibet kom die wilde jak knorbuffel voor Sy digte pels beskerm hom teen die koue Die kleiner huisjak is meer as 3000 jaar gelede al deur die Tibettane getem Hy is n nuttige pak en rydier en word ook aangehou vir melk en vleis Sy pels het verskeie uiteenlopende gebruike Hoog in die berge woon wilde skape en bokke met die sneeuluiperd as hul grootste vyand Die sneeuluiperd is die enigste lid van die luiperdfamilie wat bokant die boomgrens woon Bere is swerfdiere wat yl bevolkte bergagtige gebiede as woonplek verkies Daar is bruinbere in Tibet en knaagbere in die berge van Suidoos Asie In die bamboesbosse teen die berghange van Tibet en Wes China woon die groot pandabeer Sy kleiner neef kom ook in die aangrensende gebiede voor Hulle lewe hoofsaaklik van plante Tropiese woude Wysig Lugfoto van die Himalajagebergte Suid van die Himalaja le die tropiese en subtropiese gebiede van Asie Plek plek kom daar wel struikwoestyne en droe bosse voor maar tropiese reenwoude met n groot verskeidenheid van plante en diere oorheers Baie van die boomsoorte lewer waardevolle hout soos byvoorbeeld ysterhout wat so swaar is dat dit in water sink Omdat daar geen groeiseisoen is nie dra bome dwarsdeur die jaar vrugte Baie van die tropiese plante lewer bekende speserye en grondstowwe onder andere gemmer kaneel en katoen Op die eilande is rubberplantasies en palms n algemene verskynsel In die subtropiese savannegebiede woon n soort antiloop en die uiters seldsame Indiese leeu Die grootste oerwoud bewoners is Asiatiese olifant wat effens kleiner is as hul neefs in Afrika Tiers n klein soort renoster Indiese tapirs en orangoetangs se getalle is vinnig besig om af te neem Dieselfde gebeur met die veelkleurige fisante van Suidoos Asie Riviere en mere Wysig Vis op baie plekke die Asiate se enigste eiwitvoedsel kom in groot getalle in al die riviere voor veral in die koue riviere van Siberie Rivierdolfyne kom in die groter riviere voor In die tropiese en subtropiese gebiede tref n mens n paar soorte krokodille waterskilpaaie en waterslange aan Die Baikalmeer in Siberie is die habitat van die wereld se enigste varswaterrob Skiereilande WysigArabie en die Indiese subkontinent Wysig Die hoofartikels vir hierdie afdeling is Arabiese Skiereiland en Indiese subkontinent Nasa Satellietbeeld van die Indiese subkontinent Die Arabiese Skiereiland Arabie is die grootste skiereiland ter wereld en le tussen die Rooisee en die Persiese Golf Dit het n oppervlakte van sowat drie miljoen km ter vergelyking die oppervlakte van Suid Afrika is sowat 1 200 000 km Tog woon hier baie min mense aangesien dit een van die droogste gebiede op aarde is Die reenval is so laag dat daar nie n enkele standhoudende rivier in hierdie hele uitgestrekte gebied is nie n Groot deel van die binneland van die Arabiese skiereiland is ware woestyn hoewel daar op sekere plekke n skraal plantegroei voorkom Die hooglande van Jemen en Oman kry genoeg reen dat n paar gewasse verbou kan word maar in die meeste ander dele is besproeiing noodsaaklik Koffie word op die hooglande verbou terwyl dadels en graansoorte by die oases gekweek word Kleinveeboerdery is die vernaamste menslike bedrywigheid en skape bokke perde en kamele word aangehou Arabie se rykdom le egter nie op die grondoppervlak nie maar daaronder petroleum wat veral aan die oostelike deel van die skiereiland groot rykdom besorg het n Groot deel van die totale jaarlikse wereldproduksie van petroleum kom uit hierdie streek As die Indiese subkontinent beskou word as die gebied wat suid van die Indus Ganges vlakte le is die gebied effens kleiner as Arabie Die grootste deel van die skiereiland bestaan uit die Indiese Dekkan n uitgestrekte plato wat sowat 600 m bo seevlak le Die Dekkan word in die ooste en in die weste deur berge begrens Die Wes Ghats is die hoogste van hierdie bergreekse en styg tot sowat 2 500 m bo seevlak Anai Mudi Die reenval van hierdie skiereiland kom streng seisoensgewys voor en die enigste rede waarom die gebied so baie mense kan onderhou is die grootskeepse gebruik van besproeiing Rys is die vernaamste oes langs die kus terwyl Indiese manna of Guinee koring op die plato self gekweek word Katoen is baie belangrik in die noordwestelike deel van die Dekkan Indo China Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Indo China Ligging van Indo China Hierdie skiereiland le tussen Indie en China en is die suidelikste Asiatiese skiereiland Dit strek in die suidweste tot by die lang smal Maleise Skiereiland Malakka wat op sy beurt byna tot by die ewenaar strek Die skiereiland omvat lande soos Mianmar Thailand Kambodja Laos en Vietnam Die belangrikste landbouprodukte van die skiereiland met sy moesonklimaat is rys rubber tee katoen tabak en piesangs Hierdie deel van Asie is egter ook ryk aan delfstowwe veral tin en tungsten Kleiner skiereilande Wysig Daar is nog baie kleiner skiereilande in Asie Tussen die See van Ochotsk en die Beringsee le die Kamtsjatka skiereiland 270 000 km Van die noordooste na die suidweste op hierdie skiereiland loop die vulkaniese Sredinni gebergte Die hoogste spits is Kloetsjef 4 778 m Vanwee die uiters ongunstige klimaatsomstandighede is die eiland wat sedert 1706 aan Rusland behoort baie dun bevolk Tussen die Geelsee en die See van Japan le die skiereiland van Korea 220 000 km die Seestraat van Korea skei hierdie skiereiland van die Japanse eilande Die oostelike deel is bergagtig en woudryk In die weste word diep vrugbare grond intensief benut Die noordelike deel van die skiereiland is ryk aan verskeie minerale goud yster steenkool koper en lood Die grootste rivier die 790 km lange Yalu vorm die grens tussen Korea en Mantsjoerye Eilande Wysig Nasa Satellietbeeld van die Aleoetiese Eilande Nasa Satellietbeeld van die Koerile Kaart van die Japanse Argipel Asie is n besonder eilandryke vasteland Die ooskus van Asie bestaan uit n reeks eilandkettings wat van Alaska tot by Sumatra strek Kleiner eilandgroepe kom voor in die Golf van Bengale in die Arabiese See en in die Noordelike Yssee Die belangrikste eilandgroepe en eilande is van noord na suid Die Aleoetiese Eilande Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Aleoetiese Eilande Hierdie eilandketting le tussen Alaska en Kamtsjatka en omvat sowat 150 eilande en eilandjies van vulkaniese oorsprong Die eilandketting is 1 750 km lank en beslaan n totale oppervlakte van 17 450 km Die klimaat is straf en die reenval hoog Die eilande word deur sowat 6 000 mense meestal Inuiete bewoon Die Aleoete is in 1741 ontdek en is in 1867 saam met Alaska deur die Verenigde State van Rusland gekoop Die Koerile Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Koerile Die Koerile is n 1 200 km lange eilandboog tussen Kamtsjatka en Japan Dit bestaan uit altesame 36 eilande van vulkaniese oorsprong met n totale oppervlakte van 15 600 km Die Koerile het tot in 1945 aan Japan behoort Daarna het dit onder die beheer van die Sowjetunie gekom en behoort nou aan Rusland Die Japanse eilande Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Japanse Argipel Japan bestaan uit vier hoofeilande en meer as 8 000 kleiner eilande met n totale oppervlakte van 372 487 km Die eilande strek oor meer as 4 000 km van noord na suid Die hoofeilande is Honsjoe Hokkaido Sjikokoe en Kioesjoe Die eilande het talle inhamme en baaitjies aan die kus terwyl die binneland in die algemeen taamlik bergagtig is In Japan is daar 192 vulkane waarvan 58 aktief en talle warmwaterbronne en die land word dikwels deur aardbewings geteister Die hoogste berg is Foedji 3 776 m op die eiland Honsjoe Die noordelike deel van Japan het n gematigde en die suidelike deel n subtropiese moesonklimaat Taiwan Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Taiwan eiland Hierdie eiland wat hoofsaaklik deur Chinese bewoon word het n oppervlakte van 36 000 km en 16 in die Oos Chinese See Die klimaat is gematig en die plantegroei welig Die belangrikste landbouprodukte is rys suiker patats kanfer neute tee en hennep terwyl goud steenkool en aardolie ontgin word Die berge in die ooste bereik by Mount Morrison n hoogte van 3 997 m Die westelike deel van die eiland bestaan grotendeels uit laagland Taiwan het vroeer as Formosa bekend gestaan Suidoos Asiatiese eilande Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Maleise argipel Kaart van die Maleise argipel Tussen Asie en Australie le die eilande wereld van Indonesie en die Maleise argipel Die meer as 22 000 eilande vorm die grootste argipel op aarde Tot die argipel behoort onder meer die Soenda eilande die Molukke en die Filippyne In hierdie aardbewingryke gebied word sowat 130 aktiewe vulkane aangetref Die grootste eiland van die argipel en een van die grootste eilande ter wereld is Borneo ook bekend as Borneo 751 000 km Die binneland van hierdie eiland is baie bergagtig en dig bebos Die sowat 6 miljoen inwoners woon hoofsaaklik in die kusstreke Ander groot eilande is Soematra 473 600 km Sulawesi vroeer bekend as Celebes 189 035 km en Java 132 267 km Die Filippyne 300 000 km bestaan uit 7 107 eilande waarvan 730 bewoon word Die grootste eilande is Luzon Mindanao Samar Negros en Palawan Hierdie eilande het n tropiese klimaat Die Molukke Maloekoe le tussen Sulawesi en Nieu Guinee hierdie eilande het n totale oppervlakte van 74 505 km en word deur sowat n miljoen mense bewoon Op hierdie eens beroemde spesery eilande speel die verbouing van speserye vandag net nog n baie klein rol Ander Asiatiese eilande Wysig Ander Asiatiese eilande word in die Noordelike Yssee die Indiese Oseaan en die Middellandse See aangetref Die grootste Asiatiese eilande in die Noordelike Yssee is Nowaja Zemlja 81 400 km Franz Josef land 18 940 km en die Nieu Siberiese Eilande Die grootste eiland in die Indiese Oseaan is Sri Lanka of Ceylon aan die suidpunt van Indie Dit het n oppervlakte van 65 610 km Daar is twee eilandgroepe in die Indiese Oseaan die Andamane en die Nikobare met n gesamentlike oppervlakte van 6 582 km Die grootste eiland in die Middellandse See wat tot Asie behoort is Siprus 9 251 km Die eiland word deur Grieke en Turke bewoon wat koring olywe druiwe en neute verbou Lande Wysig Nasa Satellietbeeld van Asie Kaart van Asie Politiese kaart van Asie Die Verenigde Nasies se indeling van Asie in substreke 3 Noord Asie Sentraal Asie Wes Asie Suid Asie Oos Asie Suidoos Asie Taalfamilies in Asie Naam van streek en gebied met vlag Oppervlak km Bevolking 4 Bevolkingsdigtheid per km HoofstadSentraal Asie Kasakstan 2 724 927 16 536 000 6 Noer Soeltan Kirgisie 199 951 5 587 443 28 Bisjkek Oesbekistan 447 400 28 128 600 63 Tasjkent Tadjikistan 143 100 7 627 200 53 Doesjanbe Turkmenistan 488 100 4 997 503 10 AsjchabatOos Asie Hongkong Volksrepubliek China 1 104 7 122 508 6 452 Japan 377 947 127 920 000 339 Tokio Noord Korea 120 540 23 479 095 184 Pjongjang Suid Korea 98 480 49 232 844 491 Seoel Macau Volksrepubliek China 25 460 823 18 473 Mongolie 1 565 000 2 996 082 2 Ulaanbaatar Republiek van China 35 980 22 920 946 627 Taipei Volksrepubliek China 9 640 821 1 322 044 605 134 BeijingNoord Asie Rusland 13 119 600 37 630 081 3 MoskouSuidoos Asie Broenei 5 770 381 371 66 Bandar Seri Begawan Filippyne 300 000 92 681 453 309 Manila Indonesie 1 919 440 230 512 000 120 Djakarta Kambodja 5 181 035 13 388 910 74 Phnom Penh Laos 236 800 6 677 534 28 Vientiane Maleisie 329 847 27 780 000 84 Kuala Lumpur Mianmar 676 578 47 758 224 70 Naypyidaw Oos Timor 15 007 1 108 777 74 Dili Singapoer 704 4 608 167 6 546 Singapoer Thailand 514 000 65 493 298 127 Bangkok Vietnam 331 690 86 116 559 260 HanoiSuid Asie Afghanistan 647 500 32 738 775 43 Kaboel Bangladesj 147 570 153 546 901 1041 Dhaka Bhoetan 38 394 682 321 18 Thimphu Indie 3 287 263 1 147 995 226 349 Nieu Delhi Iran 1 648 195 70 472 846 43 Teheran Maledive 300 379 174 1 263 Male Nepal 147 181 29 519 114 201 Katmandoe Pakistan 803 940 167 762 049 209 Islamabad Sri Lanka 65 610 21 128 773 322 Sri JayawardenepuraWes Asie Armenie 29 800 3 299 000 281 Jerewan Azerbeidjan 86 660 8 845 127 102 736 Bakoe Bahrein 665 718 306 987 Manama Georgie 69 700 4 636 400 65 Tbilisi Irak 437 072 28 221 181 55 Bagdad Israel 20 770 7 112 359 290 Jerusalem omstrede Jemen 527 970 23 013 376 35 Sanaa Jordanie 92 300 6 198 677 58 Amman Katar 11 437 928 635 69 Doha Koeweit 17 820 2 596 561 119 Koeweit stad Libanon 10 452 3 971 941 354 Beiroet Oman 212 460 3 311 640 13 Maskat Palestynse Owerheid 6 257 4 277 000 684 Ramallah Saoedi Arabie 1 960 582 23 513 330 12 Riaad Siprus 9 250 792 604 84 Nicosia Sirie 185 180 19 747 586 93 Damaskus Turkye 783 562 78 741 053 102 Ankara Verenigde Arabiese Emirate 82 880 4 621 399 30 Aboe DhabiAsie Totaal 43 810 582 4 162 966 086 89Sien ook WysigAfrika Eurasie Eurasie Vlae van AsieVerwysings Wysig en National Geographic Family Reference Atlas of the World Washington D C National Geographic Society U S 2006 p 264 Continents of the World The List in Engels Worldatlas com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020 Besoek op 25 Julie 2011 Standard Country or Area Codes for Statistical Use in Engels Millenniumindicators Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020 Besoek op 25 Augustus 2012 en USCensusBureau Countries and Areas Ranked by Population 2009 Geargiveer 13 Oktober 2013 op Wayback Machine General Population Census of Cambodia 2008 Provisional population totals National Institute of Statistics Ministry of Planning released 3rd September 2008 PDF in Engels Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020 Besoek op 1 Junie 2010 Bronnelys WysigKennis 1980 ISBN 0 7981 0826 6 bl 654 657 Wereldspektrum Volume 2 Bladsy 80 ISBN 0 908409 41 9Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asie en Asia Encyclopaedia Britannica Besoek op 20 November 2019 Kontinente van die wereld Afrika Eurasie Amerikas Eurasie Oseanie Afrika Antarktika Asie Australie Europa Noord Amerika Suid AmerikaGeologiese superkontinente Gondwana Laurasie Pangaea Rodinia Ur VaalbaraOntsluit van https af wikipedia org w index php title Asie amp ol,