×
Arrondissement

Die term arrondissement is afgelei van die Franse woord arrondir ("afrond") en verwys na die administratiewe onderverdeling van 'n Franse département, 'n Belgiese provinsie en 'n aantal stede in die Kanadese provinsie Quebec. In Frankryk word die term ook as 'n vertaling vir soortgelyke administratiewe verdelings van byvoorbeeld buitelandse stede soos Moskou en Wene gebruik.

Die administratiewe stelsel van Frankryk

Inhoud

Daar bestaan 342 arrondissemente in Frankryk. Die hoofstad (Frans: chef-lieu) van 'n arrondissement is die onderprefektuur (Frans: sous-préfecture), met 'n onderprefek as hoof van die plaaslike administrasie. Die arrondissemente is verder verdeel in kantons (Frans: cantons), terwyl die kantons uit die verskillende munisipaliteite (Frans: commune, wat stede en dorpe insluit) bestaan.

Groot Franse stede soos Parys, Marseille, Bordeaux en Lyon is ook in sogenaamde kommunale arrondissemente verdeel wat administratief gelykstaan aan kantons.

België is in administratiewe opsig verdeel in geweste, provinsies en arrondissemente.

'n Aantal stede in die Franstalige Kanadese provinsie Quebec is verdeel in arrondissemente. Hierdie administratiewe verdeling bestaan in Montreal, Gatineau, Quebecstad, Saguenay, Longueuil, Sherbrooke, Cookshire-Eaton, Grenville-sur-la-Rouge, Lévis en Métis-sur-Mer. Ook die eilandgroep van die Magdalene-eilande is verdeel in arrondissemente.

Publikasie datum: Augustus 03, 2021

arrondissement, term, arrondissement, afgelei, franse, woord, arrondir, afrond, verwys, administratiewe, onderverdeling, franse, département, belgiese, provinsie, aantal, stede, kanadese, provinsie, quebec, frankryk, word, term, vertaling, soortgelyke, adminis. Die term arrondissement is afgelei van die Franse woord arrondir afrond en verwys na die administratiewe onderverdeling van n Franse departement n Belgiese provinsie en n aantal stede in die Kanadese provinsie Quebec In Frankryk word die term ook as n vertaling vir soortgelyke administratiewe verdelings van byvoorbeeld buitelandse stede soos Moskou en Wene gebruik Die administratiewe stelsel van Frankryk Inhoud 1 Frankryk 2 Belgie 3 Quebec 4 BronFrankryk WysigDaar bestaan 342 arrondissemente in Frankryk Die hoofstad Frans chef lieu van n arrondissement is die onderprefektuur Frans sous prefecture met n onderprefek as hoof van die plaaslike administrasie Die arrondissemente is verder verdeel in kantons Frans cantons terwyl die kantons uit die verskillende munisipaliteite Frans commune wat stede en dorpe insluit bestaan Groot Franse stede soos Parys Marseille Bordeaux en Lyon is ook in sogenaamde kommunale arrondissemente verdeel wat administratief gelykstaan aan kantons Belgie WysigBelgie is in administratiewe opsig verdeel in geweste provinsies en arrondissemente Quebec Wysig n Aantal stede in die Franstalige Kanadese provinsie Quebec is verdeel in arrondissemente Hierdie administratiewe verdeling bestaan in Montreal Gatineau Quebecstad Saguenay Longueuil Sherbrooke Cookshire Eaton Grenville sur la Rouge Levis en Metis sur Mer Ook die eilandgroep van die Magdalene eilande is verdeel in arrondissemente Bron WysigVertaling van die artikels de Arrondissement en fr Arrondissement in die Duitse en Franse Wikipedia Die artikels is aangepas vir gebruik in die Afrikaanse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Arrondissement amp ol,