×
Argitektuur

Argitektuur (afgelei van die Latynse architectura en ontleen van die Griekse ἀρχιτεκτονία architektonía "boukuns, argitektuur" en ἀρχιτέκτων architekton "argitek", 'n samestelling van ἀρχι- "hoof" en τέκτων "skepper") is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken.

Antieke Griekse argitektuur
Neomodernistiese argitektuur in Pretoria

Grondbeginsels en moontlike definisies

Argitektoniese ontwerpe, wat materiële gestalte kry as geboue, word dikwels as kulturele simbole en kunswerke waargeneem en kan selfs ikoniese status bereik. 'n Argitek kan derhalwe aanspraak maak op die outeurs- en kopiereg op sy werk. Historiese beskawings word onder meer op die basis van hul argitektoniese prestasies beskryf. Volgens die eerste oorlewende werke van die onderwerp, wat uit die pen van die Romeinse argitek en siviele ingenieur Vitruvius (81–15 v.C.) gekom het en waarvolgens boukuns as "die moeder van alle kunste" gedefinieer word, word daar van drie grondbeginsels van argitektuur gepraat:

  • firmitas (stabiliteit en vastigheid),
  • utilitas (bruikbaarheid) en
  • venustas (skoonheid en estetiese genot).

Vir die modernistiese Griekse argitek Aris Konstantinidis (1913–1993) spruit die kunsaspek van argitektuur uit die missie voort wat die argitek vervul. Volgens hom is argitektuur "kuns, 'n kreatiewe werk om ruimtes te vorm vir die lewe van 'n menslike gemeenskap. Met sy werksaamheid vervul die boumeester 'n missie. Sy werk weerspieël nie net die wêreld van tegniek nie, maar ook gedagtes, maatskaplike verhoudings, lewensvorme, tradisies, gewoontes en gevoelens van mense van 'n bepaalde tydperk in 'n land."

Die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832) fokus op 'n heel ander aspek van argitektuur waardeur hierdie ingenieurswetenskap in die kunssfeer gebring word. Vir hom baseer boukuns op die noukeurige kennis van die boumateriaal, op die bepaalde gebruik waarvoor 'n gebou bestem is, die harmonie van die sintuiglike waarneming daarvan en op die "poësie wat van 'n bouwerk werklik 'n kunswerk maak." Hierdie subjektiewe definisie fokus sterk op historiese of klassieke argitektuur as boukuns, sowel as die kreatiwiteit en vernuf van die boumeester.

  1. Monika Schill-Fendl: Planungsmethoden in der Architektur. Books on Demand 2004, bl. 51
  2. Schill-Fendl (2004), bl. 52
  3. Johann Wolfgang von Goethe: Gesamtwerk - Berliner Ausgabe. Boekdeel 19. Berlin: Aufbau-Verlag 1973
Loopbaankeuse

Publikasie datum: September 26, 2021

argitektuur, afgelei, latynse, architectura, ontleen, griekse, ἀρχιτεκτονία, architektonía, boukuns, argitektuur, ἀρχιτέκτων, architekton, argitek, samestelling, ἀρχι, hoof, τέκτων, skepper, ambag, kuns, wetenskap, geboue, strukture, ontwerp, presiese, definis. Argitektuur afgelei van die Latynse architectura en ontleen van die Griekse ἀrxitektonia architektonia boukuns argitektuur en ἀrxitektwn architekton argitek n samestelling van ἀrxi hoof en tektwn skepper is die ambag kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroee 20ste eeu omstrede dit is afhanklik van die betrokke konteks Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese tegniese ekonomiese en politieke implikasies 1 Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken 2 Antieke Griekse argitektuur Neomodernistiese argitektuur in Pretoria Grondbeginsels en moontlike definisies Wysig Argitektoniese ontwerpe wat materiele gestalte kry as geboue word dikwels as kulturele simbole en kunswerke waargeneem en kan selfs ikoniese status bereik n Argitek kan derhalwe aanspraak maak op die outeurs en kopiereg op sy werk Historiese beskawings word onder meer op die basis van hul argitektoniese prestasies beskryf Volgens die eerste oorlewende werke van die onderwerp wat uit die pen van die Romeinse argitek en siviele ingenieur Vitruvius 81 15 v C gekom het en waarvolgens boukuns as die moeder van alle kunste gedefinieer word word daar van drie grondbeginsels van argitektuur gepraat firmitas stabiliteit en vastigheid utilitas bruikbaarheid en venustas skoonheid en estetiese genot Vir die modernistiese Griekse argitek Aris Konstantinidis 1913 1993 spruit die kunsaspek van argitektuur uit die missie voort wat die argitek vervul Volgens hom is argitektuur kuns n kreatiewe werk om ruimtes te vorm vir die lewe van n menslike gemeenskap Met sy werksaamheid vervul die boumeester n missie Sy werk weerspieel nie net die wereld van tegniek nie maar ook gedagtes maatskaplike verhoudings lewensvorme tradisies gewoontes en gevoelens van mense van n bepaalde tydperk in n land 3 Die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe 1749 1832 fokus op n heel ander aspek van argitektuur waardeur hierdie ingenieurswetenskap in die kunssfeer gebring word Vir hom baseer boukuns op die noukeurige kennis van die boumateriaal op die bepaalde gebruik waarvoor n gebou bestem is die harmonie van die sintuiglike waarneming daarvan en op die poesie wat van n bouwerk werklik n kunswerk maak 4 Hierdie subjektiewe definisie fokus sterk op historiese of klassieke argitektuur as boukuns sowel as die kreatiwiteit en vernuf van die boumeester Verwysings Wysig Architekt de Forum fur Architektur Besoek op 4 September 2020 Monika Schill Fendl Planungsmethoden in der Architektur Books on Demand 2004 bl 51 Schill Fendl 2004 bl 52 Johann Wolfgang von Goethe Gesamtwerk Berliner Ausgabe Boekdeel 19 Berlin Aufbau Verlag 1973Eksterne skakels WysigLoopbaankeuseSolidariteit Jou loopbaan Om n argitek te word Vrouekeur co za Kies n beroep ArgitekOntsluit van https af wikipedia org w index php title Argitektuur amp ol,