fbpx
Wikipedia

Arcturus

Arcturus (ook Alpha Boötis of α Boo genoem), is die helderste ster in die sterrebeeld Veewagter (Boötes), die vierde helderste ster aan die naghemel en die helderste ster in die Noordelike Halfrond. Saam met Spica en Denebola (of Regulus, na gelang van die bron), maak Arcturus deel uit van die asterisme Lentedriehoek.

Arcturus
Ligging van Arcturus (in rooi sirkel).
Sterrebeeld Veewagter
Bayer-naam Alpha Boötis
Spektraaltipe K0 III[1]
Soort Rooireus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 15m 39.7s[2]
Deklinasie +19° 10′ 56″[2]
Skynmagnitude (m) −0,05[3]
Absolute magnitude (M) −0,30±0,02[4]
B-V-kleurindeks  +1,23[3]
U-B-kleurindeks  +1,28[3]
Besonderhede
Massa (M) 1,08±0,06[5]
Radius (R) 25,4±0,2[5]
Ligsterkte (L) 170[6]
Ouderdom (jaar) 7,1+1,5−1,2 miljard[5]
Temperatuur (K) 4 286±30[5]
Rotasiespoed (km/s) 2,4±1,0[4]
Metaalinhoud [Fe/H] −0,52±0,04[5]
Ander name
Alramech, Abramech, α Boo, 16 Boötis BD+19° 2777, GJ 541, HD 124897, HIP 69673, HR 5340, SAO 100944, GCTP 3242.00, LHS 48, GCTP 3242.00
Portaal    Sterrekunde

Arcturus is teen 36,7 ligjare van die Son af redelik naby. Dié rooireus van spektraaltipe K0 III is sowat 7,1 miljard jaar oud, het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Sy massa is 1,08 keer so groot soos die Son s’n, maar dit het uitgesit sodat sy deursnee 25,4 keer dié van die Son is. Dit is sowat 170 keer so helder.

Naam

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Boötis" en sy Flamsteed-naam "16 Boötes". Sy tradisionele naam, "Arcturus", kom van die Antieke Griekse Ἀρκτοῦρος Arktouros, "Wagter van die Beer".[7] Dit is minstens sedert die tyd van Hesiodus onder dié naam bekend.[8]

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Arcturus " vir die ster goedgekeur.[9]

Waarneming

 
Optiese beeld van Arcturus (DSS2 / MAST / STScI / NASA)

Met ’n skynbare magnitude van −0,05 is Arcturus die helderste ster in die Noordelike Halfrond en die vierde helderste ster in die lug,[10] naas Sirius (−1,46), Canopus (−0,72) en Alpha Centauri (gekombineerde magnitude van −0,27). Die dubbelster Alpha Centauri AB se twee komponente is egter albei dowwer as Arcturus. Dit maak Arcturus die derde helderste ster, net voor Alpha Centauri A (amptelik bekend as Rigil Kentaurus) met sy skynbare magnitude van −0,01.[11]

Die Franse wiskundige en sterrekundige Jean-Baptiste Morin het Arcturus in 1635 in die dag met ’n teleskoop gesien, die eerste ster behalwe die Son en supernovas waarmee dit gebeur het. Arcturus is al net voor sonsondergang met die blote oog gesien.[11]

Eienskappe

Arcturus is ’n ou rooireus met ’n sterreklassifikasie van K0 III. Hy is die helderste K-tipe reusester en sy spektrum is ’n belangrike standaard vir stellêre spektroskopie.

As ’n enkelster kan Arcturus se massa nie regstreeks gemeet word nie, maar volgens modelle is dit effens groter as die Son s'n: sowat 1,08 sonmassa.[5] Dit toon magnetiese aktiwiteit wat die koronastrukture verhit, en dit ondergaan ’n sonagtige megnetiese siklus van waarskynlik korter as 14 jaar.

Arcturus is na raming sowat 6 miljard tot 8,5 miljard jaar oud,[5] maar sy evolusiestatus is effens onseker.[12] Volgens sy kleureienskappe skuif dit verder op in die rooireusetak en sal dit voortgaan om dit te doen totdat dit sy helium begin verbrand.[5] Charbonnel et al. (1998) plaas dit egter effens bo die horisontale tak en meen dit hét al sy helium begin verbrand.[12]

Sterrekundiges noem enige element swaarder as waterstof en helium metale. Arcturus het net sowat ’n derde van die metale van die Son en is moontlik ’n Populasie II-ster.[11]

Moontlike metgesel

Volgens Hipparcos kan Arcturus ’n dubbelster wees, met ’n metgesel wat sowat 20 keer dowwer is as hy wat so naby aan hom wentel dat dit op die grens is van wat mense tans kan onderskei. Onlangse resultate is steeds twyfelagtig, maar steun die moontlikheid van ’n metgesel.[13]

Verwysings

  1. Gray, R. O.; Corbally, C. J.; Garrison, R. F.; McFadden, M. T.; Robinson, P. E. (2003). "Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: Spectroscopy of Stars Earlier than M0 within 40 Parsecs: The Northern Sample. I". The Astronomical Journal. 126 (4): 2048. arXiv:astro-ph/0308182. Bibcode:2003AJ....126.2048G. doi:10.1086/378365.
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–64. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
  3. 3,0 3,1 3,2 Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
  4. 4,0 4,1 Carney, Bruce W.; et al. (Maart 2008). "Rotation and Macroturbulence in Metal-Poor Field Red Giant and Red Horizontal Branch Stars". The Astronomical Journal. 135 (3): 892–906. arXiv:0711.4984. Bibcode:2008AJ....135..892C. doi:10.1088/0004-6256/135/3/892.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 5,6 5,7 I. Ramírez; C. Allende Prieto (Desember 2011). "Fundamental Parameters and Chemical Composition of Arcturus". The Astrophysical Journal. 743 (2): 135. arXiv:1109.4425. Bibcode:2011ApJ...743..135R. doi:10.1088/0004-637X/743/2/135.
  6. Schröder, K.-P.; Cuntz, M. (April 2007). "A critical test of empirical mass loss formulas applied to individual giants and supergiants". Astronomy and Astrophysics. 465 (2): 593–601. arXiv:astro-ph/0702172. Bibcode:2007A&A...465..593S. doi:10.1051/0004-6361:20066633.
  7. Henry George Liddell; Robert Scott. "Ἀρκτοῦρος". A Greek-English Lexicon (in Grieks). vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2017. Besoek op 16 Januarie 2019.
  8. Rogers, John H. (1998). "Origins of the Ancient Constellations: II. The Mediterranean Traditions". Journal of the British Astronomical Association. 108 (2): 79–89. Bibcode:1998JBAA..108...79R.
  9. "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
  10. Kaler, James B. (2002). The Hundred Greatest Stars. New York, New York: Copernicus Books. p. 21. ISBN 978-0-387-95436-3.
  11. 11,0 11,1 11,2 Schaaf, Fred (2008). The Brightest Stars: Discovering the Universe Through the Sky's Most Brilliant Stars. Hoboken, New Jersey: John Wiley and Sons. pp. 126–36. Bibcode:2008bsdu.book.....S. ISBN 978-0-471-70410-2.
  12. 12,0 12,1 Pavlenko, Ya. V. (September 2008). "The carbon abundance and 12C/13C isotopic ratio in the atmosphere of Arcturus from 2.3 µm CO bands". Astronomy Reports. 52 (9): 749–759. arXiv:0807.3667. Bibcode:2008ARep...52..749P. doi:10.1134/S1063772908090060.
  13. Verhoelst, T.; Bordé, P. J.; Perrin, G.; Decin, L.; et al. (2005). "Is Arcturus a well-understood K giant?". Astronomy & Astrophysics. 435: 289–301. arXiv:astro-ph/0501669. Bibcode:2005A&A...435..289V. doi:10.1051/0004-6361:20042356., and see references therein.

Eksterne skakels

  • Arcturus by SolStation.com
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arcturus.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Koördinate:   14h 15m 39.7s, 19° 10′ 56″

Arcturus
arcturus, alpha, boötis, genoem, helderste, ster, sterrebeeld, veewagter, boötes, vierde, helderste, ster, naghemel, helderste, ster, noordelike, halfrond, saam, spica, denebola, regulus, gelang, bron, maak, deel, asterisme, lentedriehoek, ligging, rooi, sirke. Arcturus ook Alpha Bootis of a Boo genoem is die helderste ster in die sterrebeeld Veewagter Bootes die vierde helderste ster aan die naghemel en die helderste ster in die Noordelike Halfrond Saam met Spica en Denebola of Regulus na gelang van die bron maak Arcturus deel uit van die asterisme Lentedriehoek ArcturusLigging van Arcturus in rooi sirkel Sterrebeeld VeewagterBayer naam Alpha BootisSpektraaltipe K0 III 1 Soort RooireusWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 14h 15m 39 7s 2 Deklinasie 19 10 56 2 Skynmagnitude m 0 05 3 Absolute magnitude M 0 30 0 02 4 B V kleurindeks 1 23 3 U B kleurindeks 1 28 3 BesonderhedeMassa M 1 08 0 06 5 Radius R 25 4 0 2 5 Ligsterkte L 170 6 Ouderdom jaar 7 1 1 5 1 2 miljard 5 Temperatuur K 4 286 30 5 Rotasiespoed km s 2 4 1 0 4 Metaalinhoud Fe H 0 52 0 04 5 Ander nameAlramech Abramech a Boo 16 Bootis BD 19 2777 GJ 541 HD 124897 HIP 69673 HR 5340 SAO 100944 GCTP 3242 00 LHS 48 GCTP 3242 00Portaal SterrekundeArcturus is teen 36 7 ligjare van die Son af redelik naby Die rooireus van spektraaltipe K0 III is sowat 7 1 miljard jaar oud het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg Sy massa is 1 08 keer so groot soos die Son s n maar dit het uitgesit sodat sy deursnee 25 4 keer die van die Son is Dit is sowat 170 keer so helder Inhoud 1 Naam 2 Waarneming 3 Eienskappe 3 1 Moontlike metgesel 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsNaam WysigDie ster se Bayer naam is Alpha Bootis en sy Flamsteed naam 16 Bootes Sy tradisionele naam Arcturus kom van die Antieke Griekse Ἀrktoῦros Arktouros Wagter van die Beer 7 Dit is minstens sedert die tyd van Hesiodus onder die naam bekend 8 In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep WGSN die naam Arcturus vir die ster goedgekeur 9 Waarneming Wysig Optiese beeld van Arcturus DSS2 MAST STScI NASA Met n skynbare magnitude van 0 05 is Arcturus die helderste ster in die Noordelike Halfrond en die vierde helderste ster in die lug 10 naas Sirius 1 46 Canopus 0 72 en Alpha Centauri gekombineerde magnitude van 0 27 Die dubbelster Alpha Centauri AB se twee komponente is egter albei dowwer as Arcturus Dit maak Arcturus die derde helderste ster net voor Alpha Centauri A amptelik bekend as Rigil Kentaurus met sy skynbare magnitude van 0 01 11 Die Franse wiskundige en sterrekundige Jean Baptiste Morin het Arcturus in 1635 in die dag met n teleskoop gesien die eerste ster behalwe die Son en supernovas waarmee dit gebeur het Arcturus is al net voor sonsondergang met die blote oog gesien 11 Eienskappe WysigArcturus is n ou rooireus met n sterreklassifikasie van K0 III Hy is die helderste K tipe reusester en sy spektrum is n belangrike standaard vir stellere spektroskopie As n enkelster kan Arcturus se massa nie regstreeks gemeet word nie maar volgens modelle is dit effens groter as die Son s n sowat 1 08 sonmassa 5 Dit toon magnetiese aktiwiteit wat die koronastrukture verhit en dit ondergaan n sonagtige megnetiese siklus van waarskynlik korter as 14 jaar Arcturus is na raming sowat 6 miljard tot 8 5 miljard jaar oud 5 maar sy evolusiestatus is effens onseker 12 Volgens sy kleureienskappe skuif dit verder op in die rooireusetak en sal dit voortgaan om dit te doen totdat dit sy helium begin verbrand 5 Charbonnel et al 1998 plaas dit egter effens bo die horisontale tak en meen dit het al sy helium begin verbrand 12 Sterrekundiges noem enige element swaarder as waterstof en helium metale Arcturus het net sowat n derde van die metale van die Son en is moontlik n Populasie II ster 11 Moontlike metgesel Wysig Volgens Hipparcos kan Arcturus n dubbelster wees met n metgesel wat sowat 20 keer dowwer is as hy wat so naby aan hom wentel dat dit op die grens is van wat mense tans kan onderskei Onlangse resultate is steeds twyfelagtig maar steun die moontlikheid van n metgesel 13 Verwysings Wysig Gray R O Corbally C J Garrison R F McFadden M T Robinson P E 2003 Contributions to the Nearby Stars NStars Project Spectroscopy of Stars Earlier than M0 within 40 Parsecs The Northern Sample I The Astronomical Journal 126 4 2048 arXiv astro ph 0308182 Bibcode 2003AJ 126 2048G doi 10 1086 378365 2 0 2 1 van Leeuwen F November 2007 Validation of the new Hipparcos reduction Astronomy and Astrophysics 474 2 653 64 arXiv 0708 1752 Bibcode 2007A amp A 474 653V doi 10 1051 0004 6361 20078357 3 0 3 1 3 2 Ducati J R 2002 VizieR Online Data Catalog Catalogue of Stellar Photometry in Johnson s 11 color system CDS ADC Collection of Electronic Catalogues 2237 0 Bibcode 2002yCat 2237 0D 4 0 4 1 Carney Bruce W et al Maart 2008 Rotation and Macroturbulence in Metal Poor Field Red Giant and Red Horizontal Branch Stars The Astronomical Journal 135 3 892 906 arXiv 0711 4984 Bibcode 2008AJ 135 892C doi 10 1088 0004 6256 135 3 892 5 0 5 1 5 2 5 3 5 4 5 5 5 6 5 7 I Ramirez C Allende Prieto Desember 2011 Fundamental Parameters and Chemical Composition of Arcturus The Astrophysical Journal 743 2 135 arXiv 1109 4425 Bibcode 2011ApJ 743 135R doi 10 1088 0004 637X 743 2 135 Schroder K P Cuntz M April 2007 A critical test of empirical mass loss formulas applied to individual giants and supergiants Astronomy and Astrophysics 465 2 593 601 arXiv astro ph 0702172 Bibcode 2007A amp A 465 593S doi 10 1051 0004 6361 20066633 Henry George Liddell Robert Scott Ἀrktoῦros A Greek English Lexicon in Grieks Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2017 Besoek op 16 Januarie 2019 Rogers John H 1998 Origins of the Ancient Constellations II The Mediterranean Traditions Journal of the British Astronomical Association 108 2 79 89 Bibcode 1998JBAA 108 79R Bulletin of the IAU Working Group on Star Names No 1 PDF Besoek op 28 Julie 2016 Kaler James B 2002 The Hundred Greatest Stars New York New York Copernicus Books p 21 ISBN 978 0 387 95436 3 11 0 11 1 11 2 Schaaf Fred 2008 The Brightest Stars Discovering the Universe Through the Sky s Most Brilliant Stars Hoboken New Jersey John Wiley and Sons pp 126 36 Bibcode 2008bsdu book S ISBN 978 0 471 70410 2 12 0 12 1 Pavlenko Ya V September 2008 The carbon abundance and 12C 13C isotopic ratio in the atmosphere of Arcturus from 2 3 µm CO bands Astronomy Reports 52 9 749 759 arXiv 0807 3667 Bibcode 2008ARep 52 749P doi 10 1134 S1063772908090060 Verhoelst T Borde P J Perrin G Decin L et al 2005 Is Arcturus a well understood K giant Astronomy amp Astrophysics 435 289 301 arXiv astro ph 0501669 Bibcode 2005A amp A 435 289V doi 10 1051 0004 6361 20042356 and see references therein Eksterne skakels WysigArcturus by SolStation com Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arcturus Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaKoordinate 14h 15m 39 7s 19 10 56 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Arcturus amp oldid 2348089,