×
Andromeda (sterrebeeld)

Andromeda (ook die Latynse naam) is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit is noord van die hemelewenaar geleë en is genoem na die prinses in die Griekse mite van Perseus wat aan ’n rots vasgeketting is sodat ’n seemonster haar kon eet.

Andromeda
Latynse naam Andromeda
Genitief Andromedae
Afkorting And
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 0h 47m
Deklinasie +37º
Grootte 722 vk. grade (19de)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 16
Helderste ster Alpha Andromedae (Alpheratz)
Naaste ster Ross 248
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 10
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 65
Simboliek Prinses, Griekse mitologie
Meteoorreëns 1
Aangrensende sterrebeelde
Perseus, Kassiopeia, Akkedis, Vlieënde Perd, Visse, Suidelike Driehoek
Portaal Sterrekunde
Johannes Hevelius se uitbeelding van Andromeda, uit die 1690-uitgawe van sy Uranographia. Soos die gebruik destyds vir ruimte-atlasse was, is die sterrebeeld ’n spieëlbeeld van moderne kaarte omdat dit geteken is uit ’n perpektief van buite die hemelsfeer.

Die sterrebeeld is die sigbaarste in die Noordelike Halfrond saam met ander sterrebeelde wat na karakters in die Perseus-verhaal genoem is. Dit is net sigbaar tot 40° suid; vir waarnemers verder suid is dit onder die horison.

Andromeda is een van die grootste sterrebeelde, met ’n grootte van 722 vierkante grade. Dit is 1 400 keer so groot soos die volmaan en sowat tien keer so groot soos die kleinste sterrebeeld, die Suiderkruis.

Dit bevat ook die Andromeda-sterrestelsel (M31), die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg.

Inhoud

Die Andromeda-sterrebeeld soos van die Aarde af gesien.

Die naam Andromeda kom uit die Griekse tradisie, hoewel ’n vrouefiguur in Andromeda se ligging vroeër al in Babiloniese sterrekunde bestaan het.

Andromeda was ’n prinses in die Griekse mitologiese verhaal van Perseus. Haar ma, Kassiopeia, die koningin van Ethiopië, het gespog haar dogter is mooier as die pragtige seenimfe die Nereïdes. Die nimfe het aanstoot geneem en Poseidon gevra om Kassiopeia te straf. Hy het ingestem en die seemonster Cetus gevra om Ethiopië aan te val. ’n Orakel het vir Andromeda se pa, koning Kefeus, gesê die enigste manier om sy koninkryk te red, was om sy dogter aan Cetus te offer.

Sy is aan ’n rots by die see vasgeketting, maar Perseus het haar gered deur die monster met Medusa se kop te versteen. Algol (β Persei), die "Duiwelster", stel Medusa se kop voor. Perseus en Andromeda is hierna getroud en het nege kinders gehad. Ná Andromeda se dood het Atena haar in die lug geplaas as ’n sterrebeeld om haar te vereer. Verskeie van die naburige sterrebeelde (Perseus, Kassiopeia, Walvis en Kefeus) stel ook karakters uit die mite voor.

Sterre

  • Alpha Andromedae (ook α And, Alpheratz of Sirrah) is die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is ’n tipe A0-dubbelster met ’n algehele skynbare magnitude van 2,1 en ’n ligsterkte van96 L. Dit is 97 ligjare van die Aarde af.
  • Beta And (Mirach) is ’n rooi tipe M0-reusester in die asterisme bekend as die "gordel". Dit is 198 ligjare van hier, het ’n magnitude van 2,06 en ’n ligsterkte van115 L.
  • Gamma And (Almach) is ’n oranje tipe K3-reusester aan die suidelike punt van die sterrebeeld met ’n algehele magnitude van 2,14. Almach is ’n veelvoudige ster met ’n geel hoofster van magnitude 2,3 en ’n blou-groen tweede ster van magnitude 5 wat 9,7 boogsekondes van die eerste ster af is. Die Britse sterrekundige William Herschel het gesê die verskil in kleur en grootte laat die sterre eerder soos ’n son en sy planeet lyk. Die tweede ster is self ’n dubbelster – sy metgesel het ’n magnitude van 6,3. Die stelsel is 358 ligjare van hier.
  • Delta And is ’n oranje tipe K3-ster met ’n magnitude van 3,3. Dit is 105 ligjare van die Aarde af.
  • Iota, Kappa, Lambda, Omicron en Psi And vorm ’n asterisme bekend as "Frederick se Glorie", ’n naam wat van ’n voormalige sterrebeeld (Frederici Honores) afgelei is. Iota And is ’n blou-wit tipe B8-hoofreeksster 502 ligjare van die Aarde af; Kappa And is ’n wit hoofreeksster van tipe A0, 168 ligjare van hier; Lambda And is ’n geel tipe G8-ster, 86 ligjare weg; Omicron And is ’n blou-wit tipe B6-ster, 679 ligjare weg en Psi And is ’n blou-wit B7-hoofreeksster, 988 ligjare weg.
  • Mu And is ’n wit hoofreeksster van tipe A5 en het ’n magnitude van 3,9. Dit is 130 ligjare weg.
  • Upsilon And is ’n dubbelster met ’n magnitude van 4,1 wat uit ’n tipe F- en tipe M-dwerg bestaan. Die primêre ster het ’n planeetstelsel met vier bevestigde eksoplanete met ’n massa van 0,96 keer, 14,57 keer, 10,19 keer en 1,06 keer dié van Jupiter. Die stelsel is 44 ligjare van die Aarde af.
  • Xi And (Adhil) is ’n dubbelster 217 ligjare van hier af. Die primêre ster is ’n oranje reus van tipe K0.
  • Pi And is ’n blou-wit dubbelster met ’n magnitude van 4,3 wat 598 ligjare weg is. Die primêre ster is ’n hoofreeksster van tipe B5. Sy metgesel het ’n magnitude van 8,9.
  • 51 And is deur Johann Bayer heringedeel in die naburige Perseus, met die naam "Upsilon Persei (υ Per)", maar die Internasionale Astronomiese Unie het dit later weer by Andromeda ingedeel. Dit is 177 ligjare weg en is ’n oranje reus van tipe K3.
  • 56 And is ’n optiese dubbelster. Die primêre ster is ’n geel reus van tipe K0 met ’n magnitude van 5,7 en is 316 ligjare van die Aarde af. Die metgesel is ’n oranje reus van tipe K0 met ’n magnitude van 5,9 wat 990 ligjare weg is.
  • R And is ’n Mira-veranderlike met ’n tydperk van 409 dae. Sy maksimum magnitude is 5,8 en sy minimum magnitude 14,8, en dit is 1 250 ligjare van hier af. Daar is nog ses Mira-veranderlikes in Andromeda.
  • Z And is die M-tipe-protoster vir sy klas van veranderlike sterre. Dit wissel van magnitude 12,4 tot 8,0. Dit is 2 720 ligjare van die Aarde af.
  • Ross 248 (HH Andromedae) is die negende naaste ster aan die Aarde (10,3 ligjare). Dit is ’n rooi hoofreeks-veranderlike van tipe M6.
  • 14 And is ’n geel reusester van tipe G8 wat 251 ligjare van hier af is. Dit het ’n massa van2,2 M en ’n radius van11 R. Dit het een planeet, 14 Andromedae b, wat in 2008 ontdek is. Sy wentelbaan is 0,83 astronomiese eenhede van die ster af en sy wenteltyd is 186 dae. Hy het ’n massa van4,3 MJ.

Diepruimtevoorwerpe

Die groot sterrestelsel in Andromeda met dieselfde naam (ook bekend as Messier 31).

Die sterrebeeld Andromeda lê ’n hele ent van die galaktiese vlak van die Melkweg, en daarom is geen van die helder sterreswerms en newels van ons sterrestelsel daarin te sien nie. Vanweë sy ver afstand in die lug van die baan stof, gas en helder sterre van die Melkweg, kan verskeie verafgeleë sterrestelsels in Andromeda gesien word.

Die bekendste diepruimtevoorwerp is die spiraalsterrestelsel wat Messier 31 (M31), NGC 224 en meer algemeen die Andromeda-sterrestelsel genoem word. M31 is een van die verste ruimtevoorwerpe wat met die blote oog gesien kan word: dit is 2,2 miljoen ligjare van die Aarde af en kan op ’n donker, helder nag as ’n dynserige kol in die noorde van die sterrebeeld gesien word. Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg en die stelsel met die meeste sterre in die Lokale Groep van sterrestelsels.

Dit het ’n deursnee van sowat 200 000 ligjare, twee keer so groot soos dié van die Melkweg. Dit is ’n enorme (192,4 by 62,2 boogminute in skynbare grootte) staafspiraalstelsel soortgelyk aan die Melkweg en het ’n benaderde magnitude van 3,5 – dus een van die helderste voorwerpe in die Noordelike Halfrond. Hoewel dit met die blote oog gesien kan word, is die "klein wolk" eers in 964 n.C. aangeteken deur die Arabiese sterrekundige Al Soefi in sy Boek van Vaste Sterre. M31 is in 1612, kort ná die uitvinding van die teleskoop, die eerste keer teleskopies waargeneem deur Simon Marius.

M32 het altesaam 15 satelliet-sterrestelsels, onder meer Messier 32 en Messier 110. Nege van hulle lê op dieselfde vlak, wat sterrekundiges laat vermoed hulle het ’n gemeenskaplike oorsprong. Hoewel M31 twee keer so groot soos die Melkweg is, is sy massa maar die helfte van ons sterrestelsel s’n. In sowat 5 miljard jaar sal die twee stelsels waarskynlik bots en dit sal 'n groot mate van stervorming tot gevolg hê.

Die Blou Sneeubal-newel soos waargeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.

Die sterrebeeld bevat ook NGC 891 (Caldwell 23), ’n kleiner sterrestelsel oos van die ster Gamma And (Almach). Dit is ’n staafspiraalstelsel met ’n donker stofbaan in die middel. Die stelsel is baie dof en klein ondanks sy magnitude van 9,9, soos wat sy oppervlakhelderheid van 14,6 aandui; dit is 13,5 by 2,8 boogminute groot. NGC 891 is in Augustus 1783 deur die broer en suster William en Caroline Herschel ontdek. Dit is sowat 30 miljoen ligjare van die Aarde af en het ’n rooiverskuiwing van 0,002.

Die Andromeda-sterrebeeld se bekendste oop sterreswerm is NGC 752; dit het ’n algehele magnitude van 5,7. Dit is ’n los verspreide swerm in die Melkweg wat 49 boogminute breed is en sowat 12 helder sterre het, hoewel meer as 60 sterre van ongeveer 9 mag teen lae vergrotings in ’n teleskoop sigbaar raak. Die ander oop sterreswerm in Andromeda is NGC 7686, wat dieselfde magnitude het en ook deel is van die Melkweg. Dit bevat sowat 20 sterre in ’n deursnee van 15 boogminute en dit is dus ’n meer kompakte swerm.

Daar is een prominente planetêre newel in Andromeda: NGC 7662 (Caldwell 22). Dit is sowat drie grade suidwes van die ster Iota And geleë op ’n afstand van sowat 4 000 ligjare van die Aarde af: die Blou Sneeubal-newel is ’n gewilde teiken onder amateursterrekundiges. Dit kry sy naam van die feit dat dit soos ’n dowwe, ronde, blou-groen voorwerp lyk in ’n teleskoop. Dit het ’n algehele magnitude van 9,2.

Met ’n groter teleskoop is dit sigbaar as ’n effens elliptiese skyf wat donkerder word na die middel toe, met ’n sentrale ster wat ’n magnitude van 13,2 het. Dit is 20 by 130 boogsekondes groot.

Meteoorreëns

Elke November vind ’n meteoorreën, die Andromedides, plaas wat lyk of dit uit Andromeda kom. Dit bereik sy hoogtepunt in middel tot laat November, maar het ’n lae maksimum tempo van minder as twee meteore per uur. Die reën is verspreid en dit lyk of van die meteore uit ander sterrebeelde kom. Andromedides-meteore lyk soms soos rooi vuurballe.

Die Andromedides van 1872 en 1885 was skouspelagtig en het op hul hoogtepunt ’n tempo van twee meteore per sekonde gehandhaaf. Nog ’n groot reën het op 3-5 Desember 2011 plaasgevind – dit was die aktiefse meteoorreën sedert 1885. Waarnemers het voorspel dat nog aktiewe reëns in 2018, 2023 en 2036 sal voorkom.

  1. Moore, Patrick; Tirion, Wil (1997). Cambridge Guide to Stars and Planets (2de uit.). Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-58582-8.
  2. Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007). Illustrated Guide to Astronomical Wonders. O'Reilly Media. ISBN 978-0-596-52685-6.
  3. Moore, Patrick (2000). The Data Book of Astronomy. Institute of Physics Publishing. ISBN 978-0-7503-0620-1
  4. . URL besoek op 29 April 2012
  5. French 2006.
  6. Thompson & Thompson 2007, pp. 66–73.
  7. SIMBAD Gamma1 Andromedae.
  8. Moore & Tirion 1997, pp. 116–117.
  9. Ridpath 2001, pp. 72–74.
  10. SIMBAD Delta Andromedae.
  11. Bakich 1995, p. 43.
  12. SIMBAD Iota And.
  13. SIMBAD Kappa Andromedae.
  14. SIMBAD Lambda Andromedae.
  15. SIMBAD Omicron Andromedae.
  16. SIMBAD Psi Andromedae.
  17. SIMBAD 37 Andromedae.
  18. ExoPlanet ups And.
  19. SIMBAD Ups And.
  20. SIMBAD Xi Andromedae.
  21. SIMBAD 29 And.
  22. Wagman 2003, p. 240.
  23. SIMBAD 51 And.
  24. SIMBAD 56 And.
  25. SIMBAD R And.
  26. Moore 2000, pp. 328–330.
  27. SIMBAD Z And.
  28. RECONS, The 100 Nearest Star Systems.
  29. SIMBAD HH And.
  30. SIMBAD 14 And.
  31. ExoPlanet Planet 14 And b.
  32. Pasachoff 2000, p. 244.
  33. Wilkins & Dunn 2006, pp. 348, 366.
  34. Bakich 1995, p. 51.
  35. Ridpath, Star Tales Andromeda.
  36. Higgins 2002.
  37. Rao 2011.
  38. Pasachoff 2000, p. 270.
  39. Bakich 1995, p. 60.
  40. Lunsford, Meteor Shower List 2012.
  41. Lunsford, Activity Nov 19–23 2011.
  42. Sherrod & Koed 2003, p. 58.
  43. Jenniskens & Vaubaillon 2007.
  44. Jenniskens 2008.
  45. Jenniskens 2006, p. 384.
  46. Wiegert et al. 2012.

Bibliografie

  • Allen, Richard H. (1899). Star Names: Their Lore and Meaning. G. E. Stechert. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Bakich, Michael E. (1995). The Cambridge Guide to the Constellations. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-44921-2.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Davis, George A., Jr. (1944). "The Pronunciations, Derivations, and Meanings of a Selected List of Star Names". Popular Science. 52: 8. Bibcode:.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • French, Sue (Januarie 2006). "Winter wonders: star-studded January skies offer deep-sky treats for every size telescope". Sky and Telescope. Academic OneFile. 111 (1): 83.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Higgins, David (November 2002). "Exploring the depths of Andromeda". Astronomy. Academic OneFile: 88.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Hoskin, Michael; Dewhirst, David (1999). The Cambridge Concise History of Astronomy. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-57291-0.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Jenniskens, Peter (2006). Meteor Showers and Their Parent Comets. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-85349-1.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Makemson, Maud Worcester (1941). The Morning Star Rises: an account of Polynesian astronomy. Yale University Press.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Moore, Patrick; Tirion, Wil (1997). Cambridge Guide to Stars and Planets (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-58582-8.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Moore, Patrick (2000). The Data Book of Astronomy. Institute of Physics Publishing. ISBN 978-0-7503-0620-1.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Olcott, William Tyler (2004). Star Lore: Myths, Legends, and Facts. Courier Dover Publications. ISBN 978-0-486-43581-7.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Pasachoff, Jay M. (2000). A Field Guide to the Stars and Planets (4th uitg.). Houghton Mifflin. ISBN 978-0-395-93431-9.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Rao, Joe (Oktober 2011). "Skylog". Natural History. Academic OneFile. 119 (9): 42.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2009). The Monthly Sky Guide (8th uitg.). Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-13369-2.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Ridpath, Ian (2001). Stars and Planets Guide. Princeton University Press. ISBN 978-0-691-08913-3.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Rogers, John H. (1998). "Origins of the Ancient Constellations: II. The Mediterranean Traditions". Journal of the British Astronomical Association. 108 (2): 79–89. Bibcode:.
  • Russell, Henry Norris (1922). "The new international symbols for the constellations". Popular Astronomy. 30: 469. Bibcode:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Sherrod, P. Clay; Koed, Thomas L. (2003). A Complete Manual of Amateur Astronomy: Tools and Techniques for Astronomical Observations. Dover Publications. ISBN 978-0-486-42820-8.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • . HubbleSite. Space Telescope Science Institute. 2008. Besoek op29 April 2012.
  • Staal, Julius D.W. (1988). The New Patterns in the Sky: Myths and Legends of the Stars (2nd uitg.). The McDonald and Woodward Publishing Company. ISBN 978-0-939923-04-5.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007). Illustrated Guide to Astronomical Wonders. O'Reilly Media. ISBN 978-0-596-52685-6.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Wagman, Morton (2003). Lost Stars. McDonald and Woodward Publishing. ISBN 978-0-939923-78-6.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1st uitg.). Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.AS1-onderhoud: ref=harv (link)

Aanlyn bronne

  • Block, Adam (17 Oktober 2003). . Kitt Peak National Observatory. Besoek op14 Mei 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • . Extrasolar Planets Encyclopaedia. Besoek op2 April 2012.
  • . Extrasolar Planets Encyclopaedia. Besoek op29 Julie 2012.
  • . European Space Agency. Besoek op29 April 2012.
  • . The Constellations. International Astronomical Union. Besoek op19 Mei 2012.
  • Jenniskens, Peter (3 April 2008). . Space.com. Besoek op2 April 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Lunsford, Robert (17 November 2011). . American Meteor Society. Besoek op2 April 2012.
  • Lunsford, Robert (16 Januarie 2012). . American Meteor Society. Besoek op16 Mei 2012.
  • Odeh, Moh'd; Kunitzsch, Paul (1998). . Islamic Crescents' Observation Project. Besoek op1 Mei 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • . A Science Odyssey: People and Discoveries. PBS. 1998. Besoek op29 April 2012.
  • . Research Consortium on Nearby Stars. 1 Januarie 2012. Besoek op25 Mei 2012.
  • Ridpath, Ian. . Besoek op3 April 2012.
  • Ridpath, Ian (1988). . Star Tales. Besoek op2 April 2012.
  • Weigert, Paul A.; Brown, Peter G.; Weryk, Robert J.; Wong, Daniel K. (22 September 2012). (PDF). The Astronomical Journal. Besoek op27 September 2012.

SIMBAD

  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op29 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 April 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op1 Mei 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op20 Mei 2012.
  • . SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op20 Mei 2012.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

andromeda, sterrebeeld, andromeda, latynse, naam, sterrebeelde, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, genoem, steeds, moderne, konstellasies, noord, hemelewenaar, geleë, genoem, prinses, griekse, mite, perseus, rots, vasgeketting, sodat, seemonster, haar, and. Andromeda ook die Latynse naam is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies Dit is noord van die hemelewenaar gelee en is genoem na die prinses in die Griekse mite van Perseus wat aan n rots vasgeketting is sodat n seemonster haar kon eet AndromedaLatynse naam AndromedaGenitief AndromedaeAfkorting AndWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 0h 47mDeklinasie 37ºGrootte 722 vk grade 19de Kwadrant NQ1BesonderhedeHoofsterre 16Helderste ster Alpha Andromedae Alpheratz Naaste ster Ross 248Sterre helderder as 3 m 3Sterre met planete 10Messier voorwerpe 3Bayer Flamsteed sterre 65Simboliek Prinses Griekse mitologieMeteoorreens 1Aangrensende sterrebeeldePerseus Kassiopeia Akkedis Vlieende Perd Visse Suidelike DriehoekPortaal SterrekundeJohannes Hevelius se uitbeelding van Andromeda uit die 1690 uitgawe van sy Uranographia Soos die gebruik destyds vir ruimte atlasse was is die sterrebeeld n spieelbeeld van moderne kaarte omdat dit geteken is uit n perpektief van buite die hemelsfeer Die sterrebeeld is die sigbaarste in die Noordelike Halfrond saam met ander sterrebeelde wat na karakters in die Perseus verhaal genoem is Dit is net sigbaar tot 40 suid vir waarnemers verder suid is dit onder die horison Andromeda is een van die grootste sterrebeelde met n grootte van 722 vierkante grade Dit is 1 400 keer so groot soos die volmaan en sowat tien keer so groot soos die kleinste sterrebeeld die Suiderkruis Dit bevat ook die Andromeda sterrestelsel M31 die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg Inhoud 1 Mitologie 2 Ruimtevoorwerpe 2 1 Sterre 2 2 Diepruimtevoorwerpe 2 3 Meteoorreens 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsMitologie Wysig Die Andromeda sterrebeeld soos van die Aarde af gesien Die naam Andromeda kom uit die Griekse tradisie hoewel n vrouefiguur in Andromeda se ligging vroeer al in Babiloniese sterrekunde bestaan het Andromeda was n prinses in die Griekse mitologiese verhaal van Perseus Haar ma Kassiopeia die koningin van Ethiopie het gespog haar dogter is mooier as die pragtige seenimfe die Nereides Die nimfe het aanstoot geneem en Poseidon gevra om Kassiopeia te straf Hy het ingestem en die seemonster Cetus gevra om Ethiopie aan te val 1 n Orakel het vir Andromeda se pa koning Kefeus gese die enigste manier om sy koninkryk te red was om sy dogter aan Cetus te offer 2 Sy is aan n rots by die see vasgeketting maar Perseus het haar gered deur die monster met Medusa se kop te versteen Algol b Persei die Duiwelster stel Medusa se kop voor 1 Perseus en Andromeda is hierna getroud en het nege kinders gehad Na Andromeda se dood het Atena haar in die lug geplaas as n sterrebeeld om haar te vereer Verskeie van die naburige sterrebeelde Perseus Kassiopeia Walvis en Kefeus stel ook karakters uit die mite voor 2 Ruimtevoorwerpe WysigSterre Wysig Alpha Andromedae ook a And Alpheratz of Sirrah is die helderste ster in die sterrebeeld Dit is n tipe A0 dubbelster met n algehele skynbare magnitude van 2 1 en n ligsterkte van 96 L 3 Dit is 97 ligjare van die Aarde af Beta And Mirach is n rooi tipe M0 reusester in die asterisme bekend as die gordel Dit is 198 ligjare van hier 4 het n magnitude van 2 06 en n ligsterkte van 115 L Gamma And Almach is n oranje tipe K3 reusester aan die suidelike punt van die sterrebeeld met n algehele magnitude van 2 14 Almach is n veelvoudige ster met n geel hoofster van magnitude 2 3 en n blou groen tweede ster van magnitude 5 wat 9 7 boogsekondes van die eerste ster af is 2 2 Die Britse sterrekundige William Herschel het gese die verskil in kleur en grootte laat die sterre eerder soos n son en sy planeet lyk 5 Die tweede ster is self n dubbelster sy metgesel het n magnitude van 6 3 6 Die stelsel is 358 ligjare van hier 7 Delta And is n oranje tipe K3 ster 8 met n magnitude van 3 3 9 Dit is 105 ligjare van die Aarde af 10 Iota Kappa Lambda Omicron en Psi And vorm n asterisme bekend as Frederick se Glorie n naam wat van n voormalige sterrebeeld Frederici Honores afgelei is 11 Iota And is n blou wit tipe B8 hoofreeksster 502 ligjare van die Aarde af 12 Kappa And is n wit hoofreeksster van tipe A0 168 ligjare van hier 13 Lambda And is n geel tipe G8 ster 86 ligjare weg 14 Omicron And is n blou wit tipe B6 ster 679 ligjare weg 15 en Psi And is n blou wit B7 hoofreeksster 988 ligjare weg 16 Mu And is n wit hoofreeksster van tipe A5 en het n magnitude van 3 9 9 Dit is 130 ligjare weg 17 Upsilon And is n dubbelster met n magnitude van 4 1 9 wat uit n tipe F en tipe M dwerg bestaan Die primere ster het n planeetstelsel met vier bevestigde eksoplanete met n massa van 0 96 keer 14 57 keer 10 19 keer en 1 06 keer die van Jupiter 18 Die stelsel is 44 ligjare van die Aarde af 19 Xi And Adhil is n dubbelster 217 ligjare van hier af Die primere ster is n oranje reus van tipe K0 20 Pi And is n blou wit dubbelster met n magnitude van 4 3 9 wat 598 ligjare weg is Die primere ster is n hoofreeksster van tipe B5 21 Sy metgesel het n magnitude van 8 9 9 51 And is deur Johann Bayer heringedeel in die naburige Perseus met die naam Upsilon Persei y Per maar die Internasionale Astronomiese Unie het dit later weer by Andromeda ingedeel 22 Dit is 177 ligjare weg en is n oranje reus van tipe K3 23 56 And is n optiese dubbelster Die primere ster is n geel reus van tipe K0 met n magnitude van 5 7 9 en is 316 ligjare van die Aarde af 24 Die metgesel is n oranje reus van tipe K0 met n magnitude van 5 9 wat 990 ligjare weg is 9 R And is n Mira veranderlike met n tydperk van 409 dae Sy maksimum magnitude is 5 8 en sy minimum magnitude 14 8 8 en dit is 1 250 ligjare van hier af 25 Daar is nog ses Mira veranderlikes in Andromeda 26 Z And is die M tipe protoster vir sy klas van veranderlike sterre Dit wissel van magnitude 12 4 tot 8 0 26 Dit is 2 720 ligjare van die Aarde af 27 Ross 248 HH Andromedae is die negende naaste ster aan die Aarde 10 3 ligjare 28 Dit is n rooi hoofreeks veranderlike van tipe M6 29 14 And is n geel reusester van tipe G8 wat 251 ligjare van hier af is 30 Dit het n massa van 2 2 M en n radius van 11 R Dit het een planeet 14 Andromedae b wat in 2008 ontdek is Sy wentelbaan is 0 83 astronomiese eenhede van die ster af en sy wenteltyd is 186 dae Hy het n massa van 4 3 MJ 31 Diepruimtevoorwerpe Wysig Die groot sterrestelsel in Andromeda met dieselfde naam ook bekend as Messier 31 Die sterrebeeld Andromeda le n hele ent van die galaktiese vlak van die Melkweg en daarom is geen van die helder sterreswerms en newels van ons sterrestelsel daarin te sien nie Vanwee sy ver afstand in die lug van die baan stof gas en helder sterre van die Melkweg kan verskeie verafgelee sterrestelsels in Andromeda gesien word 6 Die bekendste diepruimtevoorwerp is die spiraalsterrestelsel wat Messier 31 M31 NGC 224 en meer algemeen die Andromeda sterrestelsel genoem word 32 M31 is een van die verste ruimtevoorwerpe wat met die blote oog gesien kan word dit is 2 2 miljoen ligjare van die Aarde af 33 en kan op n donker helder nag as n dynserige kol in die noorde van die sterrebeeld gesien word 33 Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg en die stelsel met die meeste sterre in die Lokale Groep van sterrestelsels 32 33 Dit het n deursnee van sowat 200 000 ligjare twee keer so groot soos die van die Melkweg 33 Dit is n enorme 192 4 by 62 2 boogminute in skynbare grootte 6 staafspiraalstelsel soortgelyk aan die Melkweg en het n benaderde magnitude van 3 5 dus een van die helderste voorwerpe in die Noordelike Halfrond 34 Hoewel dit met die blote oog gesien kan word is die klein wolk eers in 964 n C aangeteken deur die Arabiese sterrekundige Al Soefi in sy Boek van Vaste Sterre 35 36 M31 is in 1612 kort na die uitvinding van die teleskoop die eerste keer teleskopies waargeneem deur Simon Marius 37 M32 het altesaam 15 satelliet sterrestelsels onder meer Messier 32 en Messier 110 Nege van hulle le op dieselfde vlak wat sterrekundiges laat vermoed hulle het n gemeenskaplike oorsprong Hoewel M31 twee keer so groot soos die Melkweg is is sy massa maar die helfte van ons sterrestelsel s n 6 33 In sowat 5 miljard jaar sal die twee stelsels waarskynlik bots en dit sal n groot mate van stervorming tot gevolg he 33 Die Blou Sneeubal newel soos waargeneem deur die Hubble ruimteteleskoop Die sterrebeeld bevat ook NGC 891 Caldwell 23 n kleiner sterrestelsel oos van die ster Gamma And Almach Dit is n staafspiraalstelsel met n donker stofbaan in die middel Die stelsel is baie dof en klein ondanks sy magnitude van 9 9 26 soos wat sy oppervlakhelderheid van 14 6 aandui 6 dit is 13 5 by 2 8 boogminute groot 26 NGC 891 is in Augustus 1783 deur die broer en suster William en Caroline Herschel ontdek 33 Dit is sowat 30 miljoen ligjare van die Aarde af en het n rooiverskuiwing van 0 002 33 Die Andromeda sterrebeeld se bekendste oop sterreswerm is NGC 752 dit het n algehele magnitude van 5 7 26 Dit is n los verspreide swerm in die Melkweg wat 49 boogminute breed is en sowat 12 helder sterre het hoewel meer as 60 sterre van ongeveer 9 mag teen lae vergrotings in n teleskoop sigbaar raak 6 9 Die ander oop sterreswerm in Andromeda is NGC 7686 wat dieselfde magnitude het en ook deel is van die Melkweg Dit bevat sowat 20 sterre in n deursnee van 15 boogminute en dit is dus n meer kompakte swerm 26 Daar is een prominente planetere newel in Andromeda NGC 7662 Caldwell 22 26 Dit is sowat drie grade suidwes van die ster Iota And gelee op n afstand van sowat 4 000 ligjare van die Aarde af die Blou Sneeubal newel 6 is n gewilde teiken onder amateursterrekundiges 38 Dit kry sy naam van die feit dat dit soos n dowwe ronde blou groen voorwerp lyk in n teleskoop Dit het n algehele magnitude van 9 2 6 38 Met n groter teleskoop is dit sigbaar as n effens elliptiese skyf wat donkerder word na die middel toe met n sentrale ster wat n magnitude van 13 2 het 6 9 Dit is 20 by 130 boogsekondes groot 26 Meteoorreens Wysig Elke November vind n meteoorreen die Andromedides plaas wat lyk of dit uit Andromeda kom 39 Dit bereik sy hoogtepunt in middel tot laat November maar het n lae maksimum tempo van minder as twee meteore per uur 40 Die reen is verspreid en dit lyk of van die meteore uit ander sterrebeelde kom 41 Andromedides meteore lyk soms soos rooi vuurballe 42 43 Die Andromedides van 1872 en 1885 was skouspelagtig en het op hul hoogtepunt n tempo van twee meteore per sekonde gehandhaaf 44 45 Nog n groot reen het op 3 5 Desember 2011 plaasgevind dit was die aktiefse meteoorreen sedert 1885 Waarnemers het voorspel dat nog aktiewe reens in 2018 2023 en 2036 sal voorkom 46 Verwysings Wysig 1 0 1 1 Moore Patrick Tirion Wil 1997 Cambridge Guide to Stars and Planets 2de uit Cambridge University Press ISBN 978 0 521 58582 8 2 0 2 1 2 2 2 3 Thompson Robert Bruce Thompson Barbara Fritchman 2007 Illustrated Guide to Astronomical Wonders O Reilly Media ISBN 978 0 596 52685 6 Moore Patrick 2000 The Data Book of Astronomy Institute of Physics Publishing ISBN 978 0 7503 0620 1 SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg URL besoek op 29 April 2012 French 2006 6 0 6 1 6 2 6 3 6 4 6 5 6 6 6 7 6 8 Thompson amp Thompson 2007 pp 66 73 SIMBAD Gamma1 Andromedae 8 0 8 1 Moore amp Tirion 1997 pp 116 117 9 0 9 1 9 2 9 3 9 4 9 5 9 6 9 7 9 8 Ridpath 2001 pp 72 74 SIMBAD Delta Andromedae Bakich 1995 p 43 SIMBAD Iota And SIMBAD Kappa Andromedae SIMBAD Lambda Andromedae SIMBAD Omicron Andromedae SIMBAD Psi Andromedae SIMBAD 37 Andromedae ExoPlanet ups And SIMBAD Ups And SIMBAD Xi Andromedae SIMBAD 29 And Wagman 2003 p 240 SIMBAD 51 And SIMBAD 56 And SIMBAD R And 26 0 26 1 26 2 26 3 26 4 26 5 26 6 26 7 Moore 2000 pp 328 330 SIMBAD Z And RECONS The 100 Nearest Star Systems SIMBAD HH And SIMBAD 14 And ExoPlanet Planet 14 And b 32 0 32 1 Pasachoff 2000 p 244 33 0 33 1 33 2 33 3 33 4 33 5 33 6 33 7 Wilkins amp Dunn 2006 pp 348 366 Bakich 1995 p 51 Ridpath Star Tales Andromeda Higgins 2002 Rao 2011 38 0 38 1 Pasachoff 2000 p 270 Bakich 1995 p 60 Lunsford Meteor Shower List 2012 Lunsford Activity Nov 19 23 2011 Sherrod amp Koed 2003 p 58 Jenniskens amp Vaubaillon 2007 Jenniskens 2008 Jenniskens 2006 p 384 Wiegert et al 2012 Bibliografie Allen Richard H 1899 Star Names Their Lore and Meaning G E Stechert OCLC 30773662 AS1 onderhoud ref harv link Bakich Michael E 1995 The Cambridge Guide to the Constellations Cambridge University Press ISBN 978 0 521 44921 2 AS1 onderhoud ref harv link Davis George A Jr 1944 The Pronunciations Derivations and Meanings of a Selected List of Star Names Popular Science 52 8 Bibcode 1944PA 52 8D AS1 onderhoud ref harv link French Sue Januarie 2006 Winter wonders star studded January skies offer deep sky treats for every size telescope Sky and Telescope Academic OneFile 111 1 83 AS1 onderhoud ref harv link Higgins David November 2002 Exploring the depths of Andromeda Astronomy Academic OneFile 88 AS1 onderhoud ref harv link Hoskin Michael Dewhirst David 1999 The Cambridge Concise History of Astronomy Cambridge University Press ISBN 978 0 521 57291 0 AS1 onderhoud ref harv link Jenniskens Peter 2006 Meteor Showers and Their Parent Comets Cambridge University Press ISBN 978 0 521 85349 1 AS1 onderhoud ref harv link Makemson Maud Worcester 1941 The Morning Star Rises an account of Polynesian astronomy Yale University Press AS1 onderhoud ref harv link Moore Patrick Tirion Wil 1997 Cambridge Guide to Stars and Planets 2nd uitg Cambridge University Press ISBN 978 0 521 58582 8 AS1 onderhoud ref harv link Moore Patrick 2000 The Data Book of Astronomy Institute of Physics Publishing ISBN 978 0 7503 0620 1 AS1 onderhoud ref harv link Olcott William Tyler 2004 Star Lore Myths Legends and Facts Courier Dover Publications ISBN 978 0 486 43581 7 AS1 onderhoud ref harv link Pasachoff Jay M 2000 A Field Guide to the Stars and Planets 4th uitg Houghton Mifflin ISBN 978 0 395 93431 9 AS1 onderhoud ref harv link Rao Joe Oktober 2011 Skylog Natural History Academic OneFile 119 9 42 AS1 onderhoud ref harv link Ridpath Ian Tirion Wil 2009 The Monthly Sky Guide 8th uitg Cambridge University Press ISBN 978 0 521 13369 2 AS1 onderhoud ref harv link Ridpath Ian 2001 Stars and Planets Guide Princeton University Press ISBN 978 0 691 08913 3 AS1 onderhoud ref harv link Rogers John H 1998 Origins of the Ancient Constellations II The Mediterranean Traditions Journal of the British Astronomical Association 108 2 79 89 Bibcode 1998JBAA 108 79R Russell Henry Norris 1922 The new international symbols for the constellations Popular Astronomy 30 469 Bibcode 1922PA 30 469R Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud ref harv link Sherrod P Clay Koed Thomas L 2003 A Complete Manual of Amateur Astronomy Tools and Techniques for Astronomical Observations Dover Publications ISBN 978 0 486 42820 8 AS1 onderhoud ref harv link Hubble Essentials About Edwin Hubble HubbleSite Space Telescope Science Institute 2008 Besoek op 29 April 2012 Staal Julius D W 1988 The New Patterns in the Sky Myths and Legends of the Stars 2nd uitg The McDonald and Woodward Publishing Company ISBN 978 0 939923 04 5 AS1 onderhoud ref harv link Thompson Robert Bruce Thompson Barbara Fritchman 2007 Illustrated Guide to Astronomical Wonders O Reilly Media ISBN 978 0 596 52685 6 AS1 onderhoud ref harv link Wagman Morton 2003 Lost Stars McDonald and Woodward Publishing ISBN 978 0 939923 78 6 AS1 onderhoud ref harv link Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe 1st uitg Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 AS1 onderhoud ref harv link Aanlyn bronne Block Adam 17 Oktober 2003 M32 Kitt Peak National Observatory Besoek op 14 Mei 2012 AS1 onderhoud ref harv link Star ups And Extrasolar Planets Encyclopaedia Besoek op 2 April 2012 Planet 14 And b Extrasolar Planets Encyclopaedia Besoek op 29 Julie 2012 Edwin Powell Hubble The man who discovered the cosmos European Space Agency Besoek op 29 April 2012 Andromeda constellation boundary The Constellations International Astronomical Union Besoek op 19 Mei 2012 Jenniskens Peter 3 April 2008 The Mother of All Meteor Storms Space com Besoek op 2 April 2012 AS1 onderhoud ref harv link Lunsford Robert 17 November 2011 Meteor Activity Outlook for November 19 23 2011 American Meteor Society Besoek op 2 April 2012 Lunsford Robert 16 Januarie 2012 2012 Meteor Shower List American Meteor Society Besoek op 16 Mei 2012 Odeh Moh d Kunitzsch Paul 1998 ICOP Arabic Star Names Islamic Crescents Observation Project Besoek op 1 Mei 2012 AS1 onderhoud ref harv link Edwin Hubble A Science Odyssey People and Discoveries PBS 1998 Besoek op 29 April 2012 The 100 Nearest Star Systems Research Consortium on Nearby Stars 1 Januarie 2012 Besoek op 25 Mei 2012 Ridpath Ian Constellations Besoek op 3 April 2012 Ridpath Ian 1988 Andromeda Star Tales Besoek op 2 April 2012 Weigert Paul A Brown Peter G Weryk Robert J Wong Daniel K 22 September 2012 The return of the Andromedids meteor shower PDF The Astronomical Journal Besoek op 27 September 2012 SIMBAD Alpha And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 Mirach SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 Gamma1 Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Delta Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 Iota And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Kappa Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Lambda Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Omicron Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Psi Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 37 Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 Ups And High proper motion Star SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 Xi Andromedae SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 29 And Pi And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 51 And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 56 And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 29 April 2012 R And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 April 2012 Z And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 1 Mei 2012 HH And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 20 Mei 2012 14 And SIMBAD Centre de donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 20 Mei 2012 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andromeda sterrebeeld The Deep Photographic Guide to the Constellations Andromeda Star Tales Andromeda Koordinate 00h 46m 00s 37 00 00 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Andromeda sterrebeeld amp ol,