×
Andromeda-sterrestelsel

Die Andromeda-sterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 31 en NGC 224) is 'n spiraalsterrestelsel sowat 2,5 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Andromeda. Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan ons Melkweg, maar nie die naaste sterrestelsel nie. Dit kry sy naam van die gebied waarin dit voorkom, die Andromeda-sterrebeeld, wat genoem is na 'n prinses in die Griekse mitologie.

Andromeda-sterrestelsel
Die Andromeda-sterrestelsel, ook bekend as Messier 31.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Andromeda
Messier-naam Messier 31
Tipe SA(s)b
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 00h 22m 44,3s
Deklinasie +41º 16' 9"
Skynmagnitude 3,44
Absolute magnitude −20
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2,54 miljoen
Skynbare grootte 190′ × 60′
Aantal sterre 1 biljoen (1012)
Rooiverskuiwing −0,001 (minus = blouverskuiwing)
Massa ~1 × 1012
Ander name NGC 224, UGC 454, PGC 2557, LEDA 2557
Portaal Sterrekunde

Andromeda is die grootste sterrestelsel van die Plaaslike Groep waarin ook die Melkweg en sowat 30 ander, kleiner sterrestelsels voorkom. Dit het egter nie die grootste massa nie, aangesien in onlangse studies bevind is die Melkweg het meer donker materie en is dalk die stelsel met die grootste massa in die Plaaslike Groep. Volgens waarnemings in 2006 deur die Spitzer-ruimteteleskoop bevat M31 sowat 1 biljoen (1012) sterre, minstens twee keer soveel as die Melkweg, wat na raming 200–400 miljard sterre het.

Die Andromeda-sterrestelsel se massa is na raming 7,1 × 1011 sonmassas. Andromeda en die Melkweg sal na verwagting binne 3,75 miljard jaar bots en saamsmelt om 'n enorme elliptiese sterrestelsel te vorm.

Met 'n sigbare helderheid van 3,4 mag is Andromeda een van die helderste Messier-voorwerpe en kan dit op maanlose nagte met die blote oog gesien word, selfs al is daar effense ligbesoedeling.

Inhoud

M31 deur Isaac Roberts.

Die Persiese sterrekundige Abd al-Rahman al-Soefi het M31 in omstreeks 964 beskryf as 'n "klein wolk". Sterkaarte van dié tyd het dit dan ook Klein Wolk genoem. Die eerste beskrywing van die voorwerp wat gebaseer was op teleskopiese waarnemings, was op 15 Desember 1612 deur die Duitse sterrekundige Simon Marius. Charles Messier het M31 in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem en Marius verkeerdelik as die ontdekker genoem omdat hy onbewus was van Al Soefi se vroeëre werk. In 1785 het William Herschel 'n dowwe rooierige skynsel in die gebied van die kern opgemerk. Hy het geglo dit is die naaste van die "groot newels" en na aanleiding van die kleur en helderheid het hy verkeerdelik geraai dat dit nie meer as 2 000 keer so ver as Sirius, die helderste ster in die naghemel, is nie.

William Huggins het in 1864 die spektrum van M31 waargeneem en gesien dit verskil van 'n gasnewel. Die spektra van M31 het deurlopende frekwensies getoon, met donker absorpsielyne wat gehelp het om die chemiese samestelling van die voorwerp te bepaal. Die spektrum van Andromeda het baie ooreengestem met dié van individuele sterre, en daar is afgelei dat M31 'n stellêre voorwerp is. In 1885 is 'n supernova (bekend as S Andromedae) in M31 gesien, die eerste en tot dusver enigste in dié sterrestelsel. In dié tyd is gereken M31 is 'n nabygeleë voorwerp, en daarom is gedink die ontploffing was 'n veel minder skouspelagtig verskynsel bekend as 'n nova. Dit is daarom "Nova 1885" genoem.

Die eerste foto's van Andromeda is in 1887 deur Isaac Roberts geneem uit sy private sterrewag in Sussex, Engeland. Danksy die lang beligtingstyd is die spiraalstruktuur van die voorwerp vir die eerste keer gesien. In dié tyd is egter steeds geglo die voorwerp is 'n newel in die Melkweg. Die radiale snelheid van die voorwerp ten opsigte van ons sonnestelsel is in 1912 gemeet deur Vesto Slipher by die Lowell-sterrewag in Arizona. Die resultaat was die grootste snelheid wat tot toe gemeet is: 300 km/s in die rigting van die Son.

Eiland-heelal

Die ligging van M31 in die Andromeda-sterrebeeld.

In 1917 het die Amerikaanse sterrekundige Heber Curtis 'n nova in M31 waargeneem. Op foto's het hy nog 11 novas ontdek. Hy het gesien hulle gemiddelde helderheid is sowat 10 mag dowwer as novas in ander dele van die lugruim. Hy het geraam dat M31 sowat 500 000 ligjare van die Aarde af is. Hy het 'n voorstander geword van die sogenaamde "eiland-heelalle"- hipotese, wat gelui het dat spiraalnewels eintlik onafhanklike sterrestelsels was.

In 1920 het die Groot Debat plaasgevind tussen Harlow Shapley en Curtis oor die aard van die Melkweg, spiraalnewels en die grootte van die heelal. Om sy punt te bewys dat M31 'n afsonderlike sterrestelsel was, het Curtis die voorkoms genoem van donker bane soortgelyk aan die stofwolke in die Melkweg, sowel as die aansienlike Doppler-verskuiwing. In 1922 het Ernst Öpik 'n eenvoudige astrofisiese metode voorgestel om die afstand van M31 te bepaal. Hy het geraam dat dit ver buite ons sterrestelsel lê, sowat 1,5 miljoen ligjare van hier. Edwin Hubble het die debat in 1925 beklink toe hy vir die eerste keer Cepheïede (helder veranderlike sterre) buite die sterrestelsel op astronomiese foto's van M31 ontdek het. Dit het hom in staat gestel om die afstand van M31 te bepaal. Hy het daarmee bewys dat die voorwerp nie 'n hoop sterre en gas in die Melkweg is nie, maar 'n afsonderlike sterrestelsel ver van ons eie af.

M31 speel 'n belangrike rol in die studie van sterrestelsels, aangesien dit die naaste spiraalstelsel is. In 1943 was Walter Baade die eerste persoon wat sterre in die sentrale gebied van M31 ontleed het. Hy het twee afsonderlike soorte stergroepe onderskei volgens hul metaalinhoud. Hy het die jong, hoësnelheidsterre in die skyf Tipe I genoem, en die ouer, rooi sterre in die romp Tipe II. Dié benamings is daarna aanvaar vir sterre in die Melkweg en in ander dele van die heelal. Baade het ook ontdek daar is twee soorte Cepheïede, en dit het gelei tot 'n verdubbeling in die raming van M31 se afstand, sowel as die res van die heelal.

Radio-emissies van die Andromeda-sterrestelsel is in 1950 vir die eerste keer waargeneem, deur Hanbury Brown en Cyril Hazard by die Jodrell Bank-sterrewag in Manchester, Engeland. Die eerste radiokaarte van die sterrestelsel is in dieselfde jaar gemaak deur John Baldwin en ander.

In 2009 is die eerste planeet dalk in die sterrestelsel ontdek deur middel van gravitasielensmeting, die meting van 'n afwyking van lig wat deur 'n groot voorwerp veroorsaak word.

Die geraamde afstand van die Andromeda-sterrestelsel is in 1953 verdubbel toe ontdek is dat daar 'n ander, dowwer soort Cepheïede is, wat belangrik was in die bepaling van die afstand van strukture in die heelal.

Evolusie

Die Andromeda-sterrestelsel is tussen 5 miljard en 9 miljard jaar gelede gevorm nadat twee kleiner stelsels gebots het. Die geweldige botsing het die grootste deel van die metaalryke galaktiese halo en uitgespreide skyf gevorm. In dié tyd sou die mate van stervorming baie groot gewees het. Sowat 2 miljard tot 4 miljard jaar gelede het M31 en die Triangulum-sterrestelsel (M33) baie naby aan mekaar verbybeweeg. Dit het stervorming laat toeneem oor Andromeda se hele skyf – selfs van bolvormige sterreswerms – en die buitenste skyf versteur.

Hoewel stervorming in die laaste 2 miljard jaar plaasgevind het, was dit baie minder as voorheen. Daar was interaksies met satelliet-sterrestelsels soos M32, M110 of ander wat reeds verdwyn het wat strukture gevorm het soos Andromeda se Reuse-sterrestroom. In dié tyd het stervorming geweldig afgeneem en byna tot stilstand gekom, net om in onlangse tye weer toe te neem.

Raming van die afstand

Die sterrestelsel in ultravioletlig deur Galex.

Met die Cepheïede-metode is in 2004 geraam dat Andromeda 2,51 ± 0,13 megaligjare of 770 ± 40 kiloparsek van die Aarde af is.

In 2005 het 'n groep sterrekundiges die ontdekking van 'n verduisterende dubbelster in die Andromeda-sterrestelsel aangekondig. Die ster, met die naam M31VJ00443799+4129236, het twee helder blou sterre van tipes O en B. Deur die sterre se verduisterings te bestudeer, wat elke 3,54969 dae plaasvind, was sterrekundiges in staat om hul groottes te meet. Deur die grootte en temperatuur van die sterre te weet, was hulle in staat om hul absolute magnitude te meet. As die sigbare en die absolute magnitude bekend is, kan die afstand van 'n ster gemeet word. Die sterre lê 2,52 ± 0,14 megaligjare (770 ± 43 kiloparsek) van hier en die hele Andromeda-sterrestelsel 2,5 megaligjare (770 kiloparsek). Dit stem ooreen met die vorige, onafhanklike Cepheïede-gebaseerde waarde.

Die gemiddelde waarde van dié twee metodes asook twee ander metodes om afstand te meet, is 2,54 ± 0,06 megaligjare (780 ± 18 kiloparsek). Gebaseer op dié afstand, word M31 se deursnee op sy breedste punt geraam op 141 ± 3 kiloligjare (43,000 ± 920 parsek).

Massa en helderheid

Ramings van die sterrestelsel se massa (insluitende donker materie), gee 'n waarde van sowat 1,23 × 1012 M (of 1,2 biljoen sonmassas), in teenstelling met 1,9 × 1012 M vir die Melkweg. M31 kan dus 'n kleiner massa as ons sterrestelsel hê, maar die ruimte vir foute is nog te groot om vir seker te weet.

Dit lyk egter of M31 baie meer sterre as die Melkweg het en sy geraamde helderheid van ~2,6 × 1010 keer dié van die Son is sowat 25% hoër as die Melkweg s'n. Die tempo van stervorming is baie hoër in die Melkweg, met 'n toename van 3-5 sonmassas per jaar vergeleke met 1 sonmassa van M31. Die supernovas in die Melkweg is ook twee keer soveel as in M31. Dit lyk dus of M31 in dié stadium in 'n rustoestand is terwyl die Melkweg in 'n aktiewer stervormende fase is. Teen dié tempo kan die Melkweg M31 eindelik verbysteek wat helderheid betref.

Andromeda in infrarooi deur die Spitzer-ruimteteleskoop van Nasa.
'n Galex-foto van M31. Die bane blou-wit wat die sterrestelsel se ringe verteenwoordig, is streke met warm, jong, massiewe sterre. Donker blou-grys bane verteenwoordig streke waar stervorming in newelagtige toestande plaasvind. In sigbare lig lyk Andromeda se ringe meer soos spiraalarms. Die ultraviolet foto wys dat die arms meer soos ringe lyk.

Na aanleiding van sy voorkoms in sigbare lig word Andromeda geklassifiseer as 'n SA(s)b-stelsel in die De Vaucouleurs-Sandage-klassifikasiestelsel van spiraalsterrestelsels. Data van die 2MASS-opname wys egter dat die romp van die stelsel 'n boksvormige voorkoms het, wat daarop dui dat dit eintlik 'n staafspiraalstelsel is soos die Melkweg, met Andromeda se staaf wat van die Aarde af feitlik direk met sy lang as langs gesien word.

In 2005 het sterrekundiges die Keck-teleskope gebruik om te wys dat die dun sprinkeling van sterre wat van M31 af uitwaarts strek, eintlik deel van die sterrestelsel se hoofskyf is. Dit beteken die deursnee van M31 se spiraalskyf is drie keer so groot as wat voorheen geraam is. Die nuwe raming is sowat 220 000 ligjare (67 000 parsek) teenoor die vorige raming van 70 000 tot 120 000 ligjare (21 000 tot 37 000 parsek).

Die sterrestelsel lê teen 'n hoek van sowat 77° met die Aarde (teen 'n hoek van 90° sou ons dit reg van die kant af gesien het). Dit lyk of die stelsel 'n S-vorm het eerder as dié van 'n plat skyf. 'n Moontlike rede daarvoor is 'n swaartekrag-interaksie met ander nabygeleë sterrestelsels. Die stelsel M33 kan verantwoordelik wees vir 'n deel van die buiging in Andromeda se arms.

Met spektroskopiese studies is gedetailleerde metings gekry van die rotasiesnelhede van M31 op verskillende afstande van die kern af. Naby die kern neem die snelheid toe tot 225 km/s op 'n afstand van 1 300 ligjare, en neem daarna af tot 'n minimum van 50 km/s by 7 000 ligjare. Daarna neem die snelheid weer geleidelik toe tot sowat 250 km/s by 33 000 ligjare. Hierna neem die snelheid stadig af, tot sowat 200 km/s by 80 000 ligjare. Hierdie snelhede impliseer 'n gekonsentreerde massa van sowat 6 x 109 M in die kern. Die totale massa van M31 neem reglynig toe tot by 45 000 ligjare, en stadiger van daar af.

Die spiraalarms van die sterrestelsel word belyn met 'n groep H II-gebiede wat volgens Baade lyk soos "krale aan 'n string". Foto's van M31 wys 'n redelik gewone spiraalsterrestelsel met die arms kloksgewys gedraai. Daar is twee aaneenlopende stringe arms sowat 13 000 ligjare van mekaar. Hulle kan uitwaarts gevolg word van 'n afstand van sowat 1 600 ligjare van die kern af. Die grootste moontlike oorsaak van die spirale is 'n interaksie met die sterrestelsel M32. Dit kan gesien word in die verskuiwing van die neutrale waterstofwolke van die sterre.

In 1998 het foto's van die Europese Ruimteagentskap gewys dat die vorm van M31 dalk besig is om te verander in dié van 'n ringsterrestelsel. Die gas en stof in M31 vorm verskeie oorvleuelende ringe, met 'n besonder prominente ring by 'n radius van 32 000 ligjare van die kern af. Dié ring kan nie op foto's van sigbare lig gesien word nie.

Nadere bestudering van die binneste streek van M31 het 'n kleiner stofring gewys wat waarskynlik veroorsaak is deur 'n interaksie met M32 meer as 200 miljoen jaar gelede. Simulasies toon dat die kleiner stelsel deur die skyf van die groter stelsel beweeg het en in die proses die helfte van sy massa verloor het. Dié verlore massa het die ringstrukture in M31 gevorm.

Studies van M31 se halo wys dat dit min of meer ooreenstem met die Melkweg s'n. Die sterre in die halo is hoofsaaklik arm aan metale en nog armer hoe verder van die kern af. Dit dui daarop dat M31 en die Melkweg min meer soortgelyke evolusies beleef het. Hulle het in die laaste 12 miljoen jaar waarskynlik 1-200 kleiner sterrestelsels opgeneem en met hulle saamgesmelt. Die sterre in M31 en die Melkweg se halo's kan soveel as 'n derde van die gebied beslaan wat die twee stelsels skei.

'n Foto van Andromeda se kern wys 'n moontlike dubbele struktuur. (Bron: Nasa/ESA)

Dit is bekend dat M31 'n kompakte sterreswerm in sy kern het. Deur 'n groot teleskoop lyk dit soos 'n ster binne-in die dowwer omringende romp. Die kern is helderder as die helderste bekende bolvormige sterreswerms.

In 1991 het Tod R. Lauer 'n foto van M31 se kern geneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die kern bestaan uit twee konsentrasies 4,9 ligjare van mekaar af. Die helderste konsentrasie, wat P1 genoem is, is 'n ent van die middel af, terwyl die dowwer een, P2, reg in die middel is en 'n swartkolk bevat van sowat 3–5 × 107 M (soos gemeet in 1993) of 1,1–2,3 × 108 M (2005).

Aanvanklik is gemeen P1 is die oorblyfsel van 'n klein sterrestelsel wat deur M31 "verorber" is, maar dié idee is laat vaar omdat so 'n kern 'n baie kort leeftyd sou gehad het weens die gety-versteuring deur die swartkolk in die middel. Hoewel die idee wel meriete het as P1 sy eie swartkolk gehad het wat hom stabiliseer, is daar geen bewyse vir so 'n swartkolk nie.

'n Foto van die middel van M31. 'n Paar X-straalbronne, waarskynlik X-straal-dubbelsterre, in M31 se sentrale gebied lyk soos gelerige kolle. Die blou kol in die middel is waar die supermassiewe swartkolk is.

In laat 1968 is X-strale waargeneem vanuit Andromeda. Verskeie bronne is sedertdien in die stelsel waargeneem. Bestudering daarvan dui daarop dat dit swartkolke of neutronsterre is wat inkomende gas tot miljoene kelvin verhit en X-strale uitstraal.

Daar is sowat 460 bolvormige sterreswerms in Andromeda. Die een met die grootste massa, Mayall II of G1, is helderder as enige ander bekende bolvormige swerm in die Lokale Groep sterrestelsels. Dit bevat verskeie miljoene sterre en is twee keer helderder as Omega Centauri, die helderste bekende swerm in die Melkweg. G1 se struktuur is egter te groot dat dit 'n gewone bolvormige sterrestelsel kan wees. Daarom beskou sommige sterrekundiges dit as die oorblywende kern van 'n dwergsterrestelsel wat in die onlangse verlede deur M31 opgeneem is.

Anders as die bolvormige sterreswerms van die Melkweg waarvan die ouderdom nie baie verskil nie, is die ouderdomsverskille van Andromeda se swerms baie groter: van stelsels so oud as Andromeda self tot baie jonger stelsels, met ouderdomme wat wissel tussen 'n paar honderd miljoen jaar tot 5 miljard jaar.

In 2005 het sterrekundiges 'n heel nuwe soort sterreswerm in M31 ontdek. Hulle bevat honderdduisende sterre nes bolvormige swerms. Wat hulle egter onderskei, is dat hulle baie groter is – verskeie honderde ligjare in deursnee – en honderde kere minder dig.

Nes die Melkweg, het Andromeda verskeie satelliet-sterrestelsels – sover bekend 14 dwergstelsels. Die bekendstes en mees bestudeerdes is M32 en M110. Onlangse getuienis wys daarop dat M32 in die verlede na aan Andromeda verbybeweeg het. Dit kon aanvanklik 'n groter stelsel gewees het waarvan die sterskyf deur Andromeda opgeneem is.

Dit lyk ook of daar 'n interaksie tussen M110 en Andromeda is. Sterrekundiges het in laasgenoemde se halo 'n stroom metaalryke sterre gevind wat lyk of dit van hierdie satelliet-stelsels weggeruk is.

In 2006 is ontdek dat nege van die satelliete op 'n vlak lê wat Andromeda se kern kruis, eerder as dat hulle lukraak versprei is soos wat verwag sou word. Dit kan daarop dui dat hulle 'n gemeenskaplike gety-oorsprong het.

Die Andromeda-sterrestelsel beweeg teen sowat 100 tot 140 km/s (400 ligjare elke miljoen jaar) in die rigting van die Melkweg. Die twee stelsels sal dus na verwagting in sowat 4,5 miljard jaar bots. 'n Waarskynlike resultaat van die botsing sal wees dat die twee stelsels saamsmelt om 'n reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm. Sulke botsings vind gereeld plaas tussen sterrestelsels in 'n sterrestelselgroep. Dit is onbekend wat met die Aarde of ons sonnestelsel sal gebeur in so 'n botsing. As die twee stelsels nie saamsmelt nie, is daar 'n klein kans dat die sonnestelsel uit die Melkweg gewerp en in Andromeda opgeneem kan word.

  1. . NASA/IPAC Extragalactic Database (in Engels). NASA/Infrared Processing and Analysis Center. vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2011. Besoek op1 November 2006.
  2. Ribas, I.; et al. (2005). "First Determination of the Distance and Fundamental Properties of an Eclipsing Binary in the Andromeda Galaxy". Astrophysical Journal Letters. 635 (1): L37–L40. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  3. Amos, J. (5 Februarie 2006). (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op24 Mei 2006.
  4. Frommert, H.; Kronberg, C. (25 Augustus 2005). (in Engels). SEDS. Geargiveer vanaf op 3 September 2011. Besoek op9 Mei 2007.
  5. Karachentsev, I. D.; Kashibadze, O. G. (2006). "Masses of the local group and of the M81 group estimated from distortions in the local velocity field". Astrophysics. 49 (1): 3–18. Bibcode:. doi:.
  6. (in Engels). NASA. 31 Mei 2012. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op12 Julie 2012.
  7. Henbest, N.; Couper, H. (1994). . p. 31. ISBN 978-0-521-45882-5.
  8. Kepple, G. R.; Sanner, G. W. (1998). The Night Sky Observer's Guide. Vol. 1. Willmann-Bell. p. 18. ISBN 978-0-943396-58-3.|volume= has extra text (help)
  9. Davidson, Norman (1985). Astronomy and the imagination: a new approach to man's experience of the stars. Routledge Kegan & Paul. p. 203. ISBN 978-0-7102-0371-7.
  10. Herschel, W. (1785). "On the Construction of the Heavens". Philosophical Transactions of the Royal Society of London. 75 (0): 213–266. doi:.
  11. Huggins, W.; Miller, W. A. (1864). "On the Spectra of Some of the Nebulae". Philosophical Transactions of the Royal Society of London. 154 (0): 437–444. Bibcode:. doi:.
  12. Backhouse, T. W. (1888). "nebula in Andromeda and Nova, 1885". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 48: 108. Bibcode:.
  13. Roberts, I. (1899). A Selection of Photographs of Stars, Star-clusters and Nebulae. II. London: Universal Press.
  14. Slipher, V. M. (1913). "The Radial Velocity of the Andromeda Nebula". Lowell Observatory Bulletin. 1: 56–57. Bibcode:.
  15. Curtis, H. D. (1988). "Novae in Spiral Nebulae and the Island Universe Theory". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 100: 6. Bibcode:. doi:.
  16. Öpik, E. (1922). "An estimate of the distance of the Andromeda Nebula". Astrophysical Journal. 55: 406–410. Bibcode:. doi:.
  17. Hubble, E. P. (1929). "A spiral nebula as a stellar system, Messier 31". Astrophysical Journal. 69: 103–158. Bibcode:. doi:.
  18. Baade, W. (1944). "The Resolution of Messier 32, NGC 205, and the Central Region of the Andromeda Nebula". Astrophysical Journal. 100: 137. Bibcode:. doi:.
  19. Gribbin, J. R. (2001). The Birth of Time: How Astronomers Measure the Age of the Universe. Yale University Press. p. 151. ISBN 978-0-300-08914-1.
  20. Brown, R. Hanbury; Hazard, C. (1950). "Radio-frequency Radiation from the Great Nebula in Andromeda (M.31)". Nature. 166 (4230): 901. Bibcode:. doi:. Brown, R. Hanbury; Hazard, C. (1951). "Radio emission from the Andromeda nebula". MNRAS. 111: 357. Bibcode:.
  21. van der Kruit, P. C.; Allen, R. J. (1976). "The Radio Continuum Morphology of Spiral Galaxies". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 14 (1): 417–445. Bibcode:. doi:.
  22. Ingrosso, G.; et al. (2009). "Pixel-lensing as a way to detect extrasolar planets in M31". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 399 (1): 219–228. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  23. Holland, S. (1998). "The Distance to the M31 Globular Cluster System". Astronomical Journal. 115 (5): 1916–1920. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  24. Stanek, K. Z.; Garnavich, P. M (1998). "Distance to M31 With the HST and Hipparcos Red Clump Stars". Astrophysical Journal Letters. 503 (2): 131–141. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  25. Moskvitch, Katia (25 November 2010). (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op25 November 2010.
  26. Karachentsev, I. D.; et al. (2004). "A Catalog of Neighboring Galaxies". Astronomical Journal. 127 (4): 2031–2068. Bibcode:. doi:.
  27. Evans, N. W.; Wilkinson, M. I. (2000). "The mass of the Andromeda Galaxy". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 316 (4): 929–942. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  28. van den Bergh, S. (1999). "The local group of galaxies". Astronomy and Astrophysics Review. 9 (3–4): 273–318. Bibcode:. doi:.
  29. Liller, W.; Mayer, B. (1987). "The Rate of Nova Production in the Galaxy". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 99: 606–609. Bibcode:. doi:.
  30. Beaton, R. L.; et al. (2006). "Unveiling the Boxy Bulge and Bar of the Andromeda Spiral Galaxy". Astrophysical Journal Letters. 658 (2): L91. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  31. Chapman, S. C.; et al. (2006). "A kinematically selected, metal-poor spheroid in the outskirts of M31". Astrophysical Journal. 653 (1): 255. arXiv:. Bibcode:. doi:. Also see the press release,Caltech (27 Februarie 2006). . Persberig. Archived from on 9 Mei 2006. . Besoek op 2006-05-24.
  32. UC Santa Cruz (9 Januarie 2001). . Persberig. Archived from on 19 Mei 2006. . Besoek op 2006-05-24.
  33. Rubin, V. C.; Ford, W. K. J. (1970). "Rotation of the Andromeda Nebula from a Spectroscopic Survey of Emission". Astrophysical Journal. 159: 379. Bibcode:. doi:.
  34. Braun, R. (1991). "The distribution and kinematics of neutral gas, HI region in M31". Astrophysical Journal. 372: 54–66. Bibcode:. doi:.
  35. European Space Agency (14 Oktober 1998). . Persberig. . Besoek op 2006-05-24.
  36. (in Engels). Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics. 18 Oktober 2006. Geargiveer vanaf op 6 Julie 2008. Besoek op18 Oktober 2006.
  37. Kalirai, J. S.; et al. (2006). "The Metal-Poor Halo of the Andromeda Spiral Galaxy (M31)". Astrophysical Journal. 648 (1): 389–404. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  38. Bullock, J. S.; Johnston, K.V. (2005). "Tracing Galaxy Formation with Stellar Halos I: Methods". Astrophysical Journal. 635 (2): 931–949. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  39. Lauer, T. R.; et al. (1993). "Planetary camera observations of the double nucleus of M31". Astronomical Journal. 106 (4): 1436–1447, 1710–1712. Bibcode:. doi:.
  40. Bender, Ralf; et al. (2005). "HST STIS Spectroscopy of the Triple Nucleus of M31: Two Nested Disks in Keplerian Rotation around a Supermassive Black Hole". Astrophysical Journal. 631 (1): 280–300. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  41. Schewe, Phillip F.; Stein, Ben (26 Julie 1993). . Physics News Update (in Engels). American Institute of Physics. Geargiveer vanaf op 11 April 2013. Besoek op10 Julie 2009.
  42. Tremaine, S. (1995). "An Eccentric-Disk Model for the Nucleus of M31". Astronomical Journal. 110: 628–633. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  43. Fujimoto, M.; Hayakawa, S.; Kato, T. (1969). "Correlation between the Densities of X-Ray Sources and Interstellar Gas". Astrophysics and Space Science. 4 (1): 64–83. Bibcode:. doi:.
  44. Barmby, P.; Huchra, J. P. (2001). "M31 Globular Clusters in the Hubble Space Telescope Archive. I. Cluster Detection and Completeness". Astronomical Journal. 122 (5): 2458–2468. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  45. Hubble news desk STSci-1996-11 (24 April 1996). . Persberig. Archived from on 1 Julie 2006. . Besoek op 2006-05-26.
  46. Meylan, G.; et al. (2001). "G1 in M31 – Giant Globular Cluster or Core of a Dwarf Elliptical Galaxy?". Astronomical Journal. 122 (2): 830–841. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  47. Burstein, David; Li, Yong; Freeman, Kenneth C.; Norris, John E.; Bessell, Michael S.; Bland-Hawthorn, Joss; Gibson, Brad K.; Beasley, Michael A.; Lee, Hyun-chul; Barbuy, Beatriz; Huchra, John P.; Brodie, Jean P.; Forbes, Duncan A. (2004). . Astrophysical Journal. 614: 158–166.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  48. Huxor, A. P.; et al. (2005). "A new population of extended, luminous, star clusters in the halo of M31". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 360 (3): 993–1006. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  49. Bekki, K.; et al. (2001). "A New Formation Model for M32: A Threshed Early-type Spiral?". Astrophysical Journal Letters. 557 (1): L39–L42. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  50. Ibata, R.; et al. (2001). "A giant stream of metal-rich stars in the halo of the galaxy M31". Nature. 412 (6842): 49–52. doi:. PMID .
  51. Malik, T. (7 Mei 2002). . Space.com. Geargiveer vanaf op 2002-06-06. Besoek op2006-09-18.
  52. Cox, T. J.; Loeb, A. (2008). "The collision between the Milky Way and Andromeda". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 386 (1): 461–474. Bibcode:. doi:.
  53. Cain, F. (2007). . Universe Today. vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2007. Besoek op2007-05-16.
  • 22 Julie 2011 op Wayback Machine
  • by die Curdridge-sterrewag
  • by SolStation.com
  • Andromeda-sterrestelsel op WikiSky: , , , , , , , ,

Koördinate:

Publikasie datum: September 26, 2021

andromeda, sterrestelsel, bekend, onder, meer, messier, spiraalsterrestelsel, sowat, miljoen, ligjare, aarde, sterrebeeld, andromeda, naaste, spiraalsterrestelsel, melkweg, maar, naaste, sterrestelsel, naam, gebied, waarin, voorkom, andromeda, sterrebeeld, gen. Die Andromeda sterrestelsel ook bekend as onder meer Messier 31 en NGC 224 is n spiraalsterrestelsel sowat 2 5 miljoen ligjare van die Aarde af 2 in die sterrebeeld Andromeda Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan ons Melkweg maar nie die naaste sterrestelsel nie Dit kry sy naam van die gebied waarin dit voorkom die Andromeda sterrebeeld wat genoem is na n prinses in die Griekse mitologie Andromeda sterrestelselDie Andromeda sterrestelsel ook bekend as Messier 31 Soort stelsel SpiraalsterrestelselSterrebeeld AndromedaMessier naam Messier 31Tipe SA s b 1 Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 00h 22m 44 3sDeklinasie 41º 16 9 Skynmagnitude 3 44Absolute magnitude 20BesonderhedeAfstand ligjaar 2 54 miljoenSkynbare grootte 190 60 1 Aantal sterre 1 biljoen 1012 Rooiverskuiwing 0 001 minus blouverskuiwing Massa 1 1012Ander name NGC 224 UGC 454 PGC 2557 LEDA 2557Portaal Sterrekunde Andromeda is die grootste sterrestelsel van die Plaaslike Groep waarin ook die Melkweg en sowat 30 ander kleiner sterrestelsels voorkom Dit het egter nie die grootste massa nie aangesien in onlangse studies bevind is die Melkweg het meer donker materie en is dalk die stelsel met die grootste massa in die Plaaslike Groep 3 Volgens waarnemings in 2006 deur die Spitzer ruimteteleskoop bevat M31 sowat 1 biljoen 1012 sterre minstens twee keer soveel as die Melkweg wat na raming 200 400 miljard sterre het 4 Die Andromeda sterrestelsel se massa is na raming 7 1 1011 sonmassas 5 Andromeda en die Melkweg sal na verwagting binne 3 75 miljard jaar bots en saamsmelt om n enorme elliptiese sterrestelsel te vorm 6 Met n sigbare helderheid van 3 4 mag is Andromeda een van die helderste Messier voorwerpe en kan dit op maanlose nagte met die blote oog gesien word selfs al is daar effense ligbesoedeling Inhoud 1 Waarneming 1 1 Eiland heelal 2 Algemeen 2 1 Evolusie 2 2 Raming van die afstand 2 3 Massa en helderheid 3 Struktuur 4 Kern 5 X straalbronne 6 Satelliete 7 Toekomstige botsing met die Melkweg 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsWaarneming Wysig M31 deur Isaac Roberts Die Persiese sterrekundige Abd al Rahman al Soefi het M31 in omstreeks 964 beskryf as n klein wolk 7 8 Sterkaarte van die tyd het dit dan ook Klein Wolk genoem 8 Die eerste beskrywing van die voorwerp wat gebaseer was op teleskopiese waarnemings was op 15 Desember 1612 deur die Duitse sterrekundige Simon Marius 9 Charles Messier het M31 in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem en Marius verkeerdelik as die ontdekker genoem omdat hy onbewus was van Al Soefi se vroeere werk In 1785 het William Herschel n dowwe rooierige skynsel in die gebied van die kern opgemerk Hy het geglo dit is die naaste van die groot newels en na aanleiding van die kleur en helderheid het hy verkeerdelik geraai dat dit nie meer as 2 000 keer so ver as Sirius die helderste ster in die naghemel is nie 10 William Huggins het in 1864 die spektrum van M31 waargeneem en gesien dit verskil van n gasnewel 11 Die spektra van M31 het deurlopende frekwensies getoon met donker absorpsielyne wat gehelp het om die chemiese samestelling van die voorwerp te bepaal Die spektrum van Andromeda het baie ooreengestem met die van individuele sterre en daar is afgelei dat M31 n stellere voorwerp is In 1885 is n supernova bekend as S Andromedae in M31 gesien die eerste en tot dusver enigste in die sterrestelsel In die tyd is gereken M31 is n nabygelee voorwerp en daarom is gedink die ontploffing was n veel minder skouspelagtig verskynsel bekend as n nova Dit is daarom Nova 1885 genoem 12 Die eerste foto s van Andromeda is in 1887 deur Isaac Roberts geneem uit sy private sterrewag in Sussex Engeland Danksy die lang beligtingstyd is die spiraalstruktuur van die voorwerp vir die eerste keer gesien 13 In die tyd is egter steeds geglo die voorwerp is n newel in die Melkweg Die radiale snelheid van die voorwerp ten opsigte van ons sonnestelsel is in 1912 gemeet deur Vesto Slipher by die Lowell sterrewag in Arizona Die resultaat was die grootste snelheid wat tot toe gemeet is 300 km s in die rigting van die Son 14 Eiland heelal Wysig Die ligging van M31 in die Andromeda sterrebeeld In 1917 het die Amerikaanse sterrekundige Heber Curtis n nova in M31 waargeneem Op foto s het hy nog 11 novas ontdek Hy het gesien hulle gemiddelde helderheid is sowat 10 mag dowwer as novas in ander dele van die lugruim Hy het geraam dat M31 sowat 500 000 ligjare van die Aarde af is Hy het n voorstander geword van die sogenaamde eiland heelalle hipotese wat gelui het dat spiraalnewels eintlik onafhanklike sterrestelsels was 15 In 1920 het die Groot Debat plaasgevind tussen Harlow Shapley en Curtis oor die aard van die Melkweg spiraalnewels en die grootte van die heelal Om sy punt te bewys dat M31 n afsonderlike sterrestelsel was het Curtis die voorkoms genoem van donker bane soortgelyk aan die stofwolke in die Melkweg sowel as die aansienlike Doppler verskuiwing In 1922 het Ernst Opik n eenvoudige astrofisiese metode voorgestel om die afstand van M31 te bepaal Hy het geraam dat dit ver buite ons sterrestelsel le sowat 1 5 miljoen ligjare van hier 16 Edwin Hubble het die debat in 1925 beklink toe hy vir die eerste keer Cepheiede helder veranderlike sterre buite die sterrestelsel op astronomiese foto s van M31 ontdek het Dit het hom in staat gestel om die afstand van M31 te bepaal Hy het daarmee bewys dat die voorwerp nie n hoop sterre en gas in die Melkweg is nie maar n afsonderlike sterrestelsel ver van ons eie af 17 M31 speel n belangrike rol in die studie van sterrestelsels aangesien dit die naaste spiraalstelsel is In 1943 was Walter Baade die eerste persoon wat sterre in die sentrale gebied van M31 ontleed het Hy het twee afsonderlike soorte stergroepe onderskei volgens hul metaalinhoud Hy het die jong hoesnelheidsterre in die skyf Tipe I genoem en die ouer rooi sterre in die romp Tipe II Die benamings is daarna aanvaar vir sterre in die Melkweg en in ander dele van die heelal 18 Baade het ook ontdek daar is twee soorte Cepheiede en dit het gelei tot n verdubbeling in die raming van M31 se afstand sowel as die res van die heelal 19 Radio emissies van die Andromeda sterrestelsel is in 1950 vir die eerste keer waargeneem deur Hanbury Brown en Cyril Hazard by die Jodrell Bank sterrewag in Manchester Engeland 20 Die eerste radiokaarte van die sterrestelsel is in dieselfde jaar gemaak deur John Baldwin en ander 21 In 2009 is die eerste planeet dalk in die sterrestelsel ontdek deur middel van gravitasielensmeting die meting van n afwyking van lig wat deur n groot voorwerp veroorsaak word 22 Algemeen WysigDie geraamde afstand van die Andromeda sterrestelsel is in 1953 verdubbel toe ontdek is dat daar n ander dowwer soort Cepheiede is wat belangrik was in die bepaling van die afstand van strukture in die heelal 23 24 Evolusie Wysig Die Andromeda sterrestelsel is tussen 5 miljard en 9 miljard jaar gelede gevorm nadat twee kleiner stelsels gebots het 25 Die geweldige botsing het die grootste deel van die metaalryke galaktiese halo en uitgespreide skyf gevorm In die tyd sou die mate van stervorming baie groot gewees het Sowat 2 miljard tot 4 miljard jaar gelede het M31 en die Triangulum sterrestelsel M33 baie naby aan mekaar verbybeweeg Dit het stervorming laat toeneem oor Andromeda se hele skyf selfs van bolvormige sterreswerms en die buitenste skyf versteur Hoewel stervorming in die laaste 2 miljard jaar plaasgevind het was dit baie minder as voorheen Daar was interaksies met satelliet sterrestelsels soos M32 M110 of ander wat reeds verdwyn het wat strukture gevorm het soos Andromeda se Reuse sterrestroom In die tyd het stervorming geweldig afgeneem en byna tot stilstand gekom net om in onlangse tye weer toe te neem Raming van die afstand Wysig Die sterrestelsel in ultravioletlig deur Galex Met die Cepheiede metode is in 2004 geraam dat Andromeda 2 51 0 13 megaligjare of 770 40 kiloparsek van die Aarde af is 5 26 In 2005 het n groep sterrekundiges die ontdekking van n verduisterende dubbelster in die Andromeda sterrestelsel aangekondig Die ster met die naam M31VJ00443799 4129236 het twee helder blou sterre van tipes O en B Deur die sterre se verduisterings te bestudeer wat elke 3 54969 dae plaasvind was sterrekundiges in staat om hul groottes te meet Deur die grootte en temperatuur van die sterre te weet was hulle in staat om hul absolute magnitude te meet As die sigbare en die absolute magnitude bekend is kan die afstand van n ster gemeet word Die sterre le 2 52 0 14 megaligjare 770 43 kiloparsek van hier en die hele Andromeda sterrestelsel 2 5 megaligjare 770 kiloparsek 2 Dit stem ooreen met die vorige onafhanklike Cepheiede gebaseerde waarde Die gemiddelde waarde van die twee metodes asook twee ander metodes om afstand te meet is 2 54 0 06 megaligjare 780 18 kiloparsek Gebaseer op die afstand word M31 se deursnee op sy breedste punt geraam op 141 3 kiloligjare 43 000 920 parsek Massa en helderheid Wysig Ramings van die sterrestelsel se massa insluitende donker materie gee n waarde van sowat 1 23 1012 M 27 of 1 2 biljoen sonmassas in teenstelling met 1 9 1012 M vir die Melkweg M31 kan dus n kleiner massa as ons sterrestelsel he maar die ruimte vir foute is nog te groot om vir seker te weet Dit lyk egter of M31 baie meer sterre as die Melkweg het en sy geraamde helderheid van 2 6 1010 keer die van die Son is sowat 25 hoer as die Melkweg s n 28 Die tempo van stervorming is baie hoer in die Melkweg met n toename van 3 5 sonmassas per jaar vergeleke met 1 sonmassa van M31 Die supernovas in die Melkweg is ook twee keer soveel as in M31 29 Dit lyk dus of M31 in die stadium in n rustoestand is terwyl die Melkweg in n aktiewer stervormende fase is 28 Teen die tempo kan die Melkweg M31 eindelik verbysteek wat helderheid betref Struktuur Wysig Andromeda in infrarooi deur die Spitzer ruimteteleskoop van Nasa n Galex foto van M31 Die bane blou wit wat die sterrestelsel se ringe verteenwoordig is streke met warm jong massiewe sterre Donker blou grys bane verteenwoordig streke waar stervorming in newelagtige toestande plaasvind In sigbare lig lyk Andromeda se ringe meer soos spiraalarms Die ultraviolet foto wys dat die arms meer soos ringe lyk Na aanleiding van sy voorkoms in sigbare lig word Andromeda geklassifiseer as n SA s b stelsel in die De Vaucouleurs Sandage klassifikasiestelsel van spiraalsterrestelsels 1 Data van die 2MASS opname wys egter dat die romp van die stelsel n boksvormige voorkoms het wat daarop dui dat dit eintlik n staafspiraalstelsel is soos die Melkweg met Andromeda se staaf wat van die Aarde af feitlik direk met sy lang as langs gesien word 30 In 2005 het sterrekundiges die Keck teleskope gebruik om te wys dat die dun sprinkeling van sterre wat van M31 af uitwaarts strek eintlik deel van die sterrestelsel se hoofskyf is 31 Dit beteken die deursnee van M31 se spiraalskyf is drie keer so groot as wat voorheen geraam is Die nuwe raming is sowat 220 000 ligjare 67 000 parsek teenoor die vorige raming van 70 000 tot 120 000 ligjare 21 000 tot 37 000 parsek Die sterrestelsel le teen n hoek van sowat 77 met die Aarde teen n hoek van 90 sou ons dit reg van die kant af gesien het Dit lyk of die stelsel n S vorm het eerder as die van n plat skyf 32 n Moontlike rede daarvoor is n swaartekrag interaksie met ander nabygelee sterrestelsels Die stelsel M33 kan verantwoordelik wees vir n deel van die buiging in Andromeda se arms Met spektroskopiese studies is gedetailleerde metings gekry van die rotasiesnelhede van M31 op verskillende afstande van die kern af Naby die kern neem die snelheid toe tot 225 km s op n afstand van 1 300 ligjare en neem daarna af tot n minimum van 50 km s by 7 000 ligjare Daarna neem die snelheid weer geleidelik toe tot sowat 250 km s by 33 000 ligjare Hierna neem die snelheid stadig af tot sowat 200 km s by 80 000 ligjare Hierdie snelhede impliseer n gekonsentreerde massa van sowat 6 x 109 M in die kern Die totale massa van M31 neem reglynig toe tot by 45 000 ligjare en stadiger van daar af 33 Die spiraalarms van die sterrestelsel word belyn met n groep H II gebiede wat volgens Baade lyk soos krale aan n string Foto s van M31 wys n redelik gewone spiraalsterrestelsel met die arms kloksgewys gedraai Daar is twee aaneenlopende stringe arms sowat 13 000 ligjare van mekaar Hulle kan uitwaarts gevolg word van n afstand van sowat 1 600 ligjare van die kern af Die grootste moontlike oorsaak van die spirale is n interaksie met die sterrestelsel M32 Dit kan gesien word in die verskuiwing van die neutrale waterstofwolke van die sterre 34 In 1998 het foto s van die Europese Ruimteagentskap gewys dat die vorm van M31 dalk besig is om te verander in die van n ringsterrestelsel Die gas en stof in M31 vorm verskeie oorvleuelende ringe met n besonder prominente ring by n radius van 32 000 ligjare van die kern af 35 Die ring kan nie op foto s van sigbare lig gesien word nie Nadere bestudering van die binneste streek van M31 het n kleiner stofring gewys wat waarskynlik veroorsaak is deur n interaksie met M32 meer as 200 miljoen jaar gelede Simulasies toon dat die kleiner stelsel deur die skyf van die groter stelsel beweeg het en in die proses die helfte van sy massa verloor het Die verlore massa het die ringstrukture in M31 gevorm 36 Studies van M31 se halo wys dat dit min of meer ooreenstem met die Melkweg s n Die sterre in die halo is hoofsaaklik arm aan metale en nog armer hoe verder van die kern af 37 Dit dui daarop dat M31 en die Melkweg min meer soortgelyke evolusies beleef het Hulle het in die laaste 12 miljoen jaar waarskynlik 1 200 kleiner sterrestelsels opgeneem en met hulle saamgesmelt 38 Die sterre in M31 en die Melkweg se halo s kan soveel as n derde van die gebied beslaan wat die twee stelsels skei Kern Wysig n Foto van Andromeda se kern wys n moontlike dubbele struktuur Bron Nasa ESA Dit is bekend dat M31 n kompakte sterreswerm in sy kern het Deur n groot teleskoop lyk dit soos n ster binne in die dowwer omringende romp Die kern is helderder as die helderste bekende bolvormige sterreswerms In 1991 het Tod R Lauer n foto van M31 se kern geneem deur die Hubble ruimteteleskoop Die kern bestaan uit twee konsentrasies 4 9 ligjare van mekaar af Die helderste konsentrasie wat P1 genoem is is n ent van die middel af terwyl die dowwer een P2 reg in die middel is en n swartkolk bevat van sowat 3 5 107 M soos gemeet in 1993 39 of 1 1 2 3 108 M 2005 40 Aanvanklik is gemeen P1 is die oorblyfsel van n klein sterrestelsel wat deur M31 verorber is 41 maar die idee is laat vaar omdat so n kern n baie kort leeftyd sou gehad het weens die gety versteuring deur die swartkolk in die middel Hoewel die idee wel meriete het as P1 sy eie swartkolk gehad het wat hom stabiliseer is daar geen bewyse vir so n swartkolk nie 42 X straalbronne Wysig n Foto van die middel van M31 n Paar X straalbronne waarskynlik X straal dubbelsterre in M31 se sentrale gebied lyk soos gelerige kolle Die blou kol in die middel is waar die supermassiewe swartkolk is In laat 1968 is X strale waargeneem vanuit Andromeda 43 Verskeie bronne is sedertdien in die stelsel waargeneem Bestudering daarvan dui daarop dat dit swartkolke of neutronsterre is wat inkomende gas tot miljoene kelvin verhit en X strale uitstraal Daar is sowat 460 bolvormige sterreswerms in Andromeda 44 Die een met die grootste massa Mayall II of G1 is helderder as enige ander bekende bolvormige swerm in die Lokale Groep sterrestelsels 45 Dit bevat verskeie miljoene sterre en is twee keer helderder as Omega Centauri die helderste bekende swerm in die Melkweg G1 se struktuur is egter te groot dat dit n gewone bolvormige sterrestelsel kan wees Daarom beskou sommige sterrekundiges dit as die oorblywende kern van n dwergsterrestelsel wat in die onlangse verlede deur M31 opgeneem is 46 Anders as die bolvormige sterreswerms van die Melkweg waarvan die ouderdom nie baie verskil nie is die ouderdomsverskille van Andromeda se swerms baie groter van stelsels so oud as Andromeda self tot baie jonger stelsels met ouderdomme wat wissel tussen n paar honderd miljoen jaar tot 5 miljard jaar 47 In 2005 het sterrekundiges n heel nuwe soort sterreswerm in M31 ontdek Hulle bevat honderdduisende sterre nes bolvormige swerms Wat hulle egter onderskei is dat hulle baie groter is verskeie honderde ligjare in deursnee en honderde kere minder dig 48 Satelliete WysigNes die Melkweg het Andromeda verskeie satelliet sterrestelsels sover bekend 14 dwergstelsels Die bekendstes en mees bestudeerdes is M32 en M110 Onlangse getuienis wys daarop dat M32 in die verlede na aan Andromeda verbybeweeg het Dit kon aanvanklik n groter stelsel gewees het waarvan die sterskyf deur Andromeda opgeneem is 49 Dit lyk ook of daar n interaksie tussen M110 en Andromeda is Sterrekundiges het in laasgenoemde se halo n stroom metaalryke sterre gevind wat lyk of dit van hierdie satelliet stelsels weggeruk is 50 In 2006 is ontdek dat nege van die satelliete op n vlak le wat Andromeda se kern kruis eerder as dat hulle lukraak versprei is soos wat verwag sou word Dit kan daarop dui dat hulle n gemeenskaplike gety oorsprong het Toekomstige botsing met die Melkweg WysigDie Andromeda sterrestelsel beweeg teen sowat 100 tot 140 km s 400 ligjare elke miljoen jaar 51 in die rigting van die Melkweg Die twee stelsels sal dus na verwagting in sowat 4 5 miljard jaar bots n Waarskynlike resultaat van die botsing sal wees dat die twee stelsels saamsmelt om n reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm 52 Sulke botsings vind gereeld plaas tussen sterrestelsels in n sterrestelselgroep Dit is onbekend wat met die Aarde of ons sonnestelsel sal gebeur in so n botsing As die twee stelsels nie saamsmelt nie is daar n klein kans dat die sonnestelsel uit die Melkweg gewerp en in Andromeda opgeneem kan word 53 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Results for Messier 31 NASA IPAC Extragalactic Database in Engels NASA Infrared Processing and Analysis Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2011 Besoek op 1 November 2006 2 0 2 1 Ribas I et al 2005 First Determination of the Distance and Fundamental Properties of an Eclipsing Binary in the Andromeda Galaxy Astrophysical Journal Letters 635 1 L37 L40 arXiv astro ph 0511045 Bibcode 2005ApJ 635L 37R doi 10 1086 499161 Amos J 5 Februarie 2006 Dark matter comes out of the cold in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020 Besoek op 24 Mei 2006 Frommert H Kronberg C 25 Augustus 2005 The Milky Way Galaxy in Engels SEDS Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2011 Besoek op 9 Mei 2007 5 0 5 1 Karachentsev I D Kashibadze O G 2006 Masses of the local group and of the M81 group estimated from distortions in the local velocity field Astrophysics 49 1 3 18 Bibcode 2006Ap 49 3K doi 10 1007 s10511 006 0002 6 NASA s Hubble Shows Milky Way is Destined for Head On Collision in Engels NASA 31 Mei 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 12 Julie 2012 Henbest N Couper H 1994 The guide to the galaxy p 31 ISBN 978 0 521 45882 5 8 0 8 1 Kepple G R Sanner G W 1998 The Night Sky Observer s Guide Vol 1 Willmann Bell p 18 ISBN 978 0 943396 58 3 volume has extra text help Davidson Norman 1985 Astronomy and the imagination a new approach to man s experience of the stars Routledge Kegan amp Paul p 203 ISBN 978 0 7102 0371 7 Herschel W 1785 On the Construction of the Heavens Philosophical Transactions of the Royal Society of London 75 0 213 266 doi 10 1098 rstl 1785 0012 Huggins W Miller W A 1864 On the Spectra of Some of the Nebulae Philosophical Transactions of the Royal Society of London 154 0 437 444 Bibcode 1864RSPT 154 437H doi 10 1098 rstl 1864 0013 Backhouse T W 1888 nebula in Andromeda and Nova 1885 Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 48 108 Bibcode 1888MNRAS 48 108B Roberts I 1899 A Selection of Photographs of Stars Star clusters and Nebulae II London Universal Press Slipher V M 1913 The Radial Velocity of the Andromeda Nebula Lowell Observatory Bulletin 1 56 57 Bibcode 1913LowOB 1b 56S Curtis H D 1988 Novae in Spiral Nebulae and the Island Universe Theory Publications of the Astronomical Society of the Pacific 100 6 Bibcode 1988PASP 100 6C doi 10 1086 132128 Opik E 1922 An estimate of the distance of the Andromeda Nebula Astrophysical Journal 55 406 410 Bibcode 1922ApJ 55 406O doi 10 1086 142680 Hubble E P 1929 A spiral nebula as a stellar system Messier 31 Astrophysical Journal 69 103 158 Bibcode 1929ApJ 69 103H doi 10 1086 143167 Baade W 1944 The Resolution of Messier 32 NGC 205 and the Central Region of the Andromeda Nebula Astrophysical Journal 100 137 Bibcode 1944ApJ 100 137B doi 10 1086 144650 Gribbin J R 2001 The Birth of Time How Astronomers Measure the Age of the Universe Yale University Press p 151 ISBN 978 0 300 08914 1 Brown R Hanbury Hazard C 1950 Radio frequency Radiation from the Great Nebula in Andromeda M 31 Nature 166 4230 901 Bibcode 1950Natur 166 901B doi 10 1038 166901a0 Brown R Hanbury Hazard C 1951 Radio emission from the Andromeda nebula MNRAS 111 357 Bibcode 1951MNRAS 111 357B van der Kruit P C Allen R J 1976 The Radio Continuum Morphology of Spiral Galaxies Annual Review of Astronomy and Astrophysics 14 1 417 445 Bibcode 1976ARA amp A 14 417V doi 10 1146 annurev aa 14 090176 002221 Ingrosso G et al 2009 Pixel lensing as a way to detect extrasolar planets in M31 Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 399 1 219 228 arXiv 0906 1050 Bibcode 2009MNRAS 399 219I doi 10 1111 j 1365 2966 2009 15184 x Holland S 1998 The Distance to the M31 Globular Cluster System Astronomical Journal 115 5 1916 1920 arXiv astro ph 9802088 Bibcode 1998astro ph 2088H doi 10 1086 300348 Stanek K Z Garnavich P M 1998 Distance to M31 With the HST and Hipparcos Red Clump Stars Astrophysical Journal Letters 503 2 131 141 arXiv astro ph 9802121 Bibcode 1998ApJ 503L 131S doi 10 1086 311539 Moskvitch Katia 25 November 2010 Andromeda born in a collision in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019 Besoek op 25 November 2010 Karachentsev I D et al 2004 A Catalog of Neighboring Galaxies Astronomical Journal 127 4 2031 2068 Bibcode 2004AJ 127 2031K doi 10 1086 382905 Evans N W Wilkinson M I 2000 The mass of the Andromeda Galaxy Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 316 4 929 942 arXiv astro ph 0004187 Bibcode 2000MNRAS 316 929E doi 10 1046 j 1365 8711 2000 03645 x 28 0 28 1 van den Bergh S 1999 The local group of galaxies Astronomy and Astrophysics Review 9 3 4 273 318 Bibcode 1999A amp ARv 9 273V doi 10 1007 s001590050019 Liller W Mayer B 1987 The Rate of Nova Production in the Galaxy Publications of the Astronomical Society of the Pacific 99 606 609 Bibcode 1987PASP 99 606L doi 10 1086 132021 Beaton R L et al 2006 Unveiling the Boxy Bulge and Bar of the Andromeda Spiral Galaxy Astrophysical Journal Letters 658 2 L91 arXiv astro ph 0605239 Bibcode 2006astro ph 5239B doi 10 1086 514333 Chapman S C et al 2006 A kinematically selected metal poor spheroid in the outskirts of M31 Astrophysical Journal 653 1 255 arXiv astro ph 0602604 Bibcode 2006ApJ 653 255C doi 10 1086 508599 Also see the press release Caltech 27 Februarie 2006 Andromeda s Stellar Halo Shows Galaxy s Origin to Be Similar to That of Milky Way Persberig Archived from the original on 9 Mei 2006 https web archive org web 20060509072644 http pr caltech edu media Press Releases PR12801 html Besoek op 2006 05 24 UC Santa Cruz 9 Januarie 2001 Astronomers Find Evidence of an Extreme Warp in the Stellar Disk of the Andromeda Galaxy Persberig Archived from the original on 19 Mei 2006 https web archive org web 20060519081929 http www ucsc edu news events press releases archive 00 01 01 01 andromeda html Besoek op 2006 05 24 Rubin V C Ford W K J 1970 Rotation of the Andromeda Nebula from a Spectroscopic Survey of Emission Astrophysical Journal 159 379 Bibcode 1970ApJ 159 379R doi 10 1086 150317 Braun R 1991 The distribution and kinematics of neutral gas HI region in M31 Astrophysical Journal 372 54 66 Bibcode 1991ApJ 372 54B doi 10 1086 169954 European Space Agency 14 Oktober 1998 ISO unveils the hidden rings of Andromeda Persberig http sci esa int science e www object index cfm fobjectid 12748 Besoek op 2006 05 24 Busted Astronomers Nab Culprit in Galactic Hit and Run in Engels Harvard Smithsonian Center for Astrophysics 18 Oktober 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2008 Besoek op 18 Oktober 2006 Kalirai J S et al 2006 The Metal Poor Halo of the Andromeda Spiral Galaxy M31 Astrophysical Journal 648 1 389 404 arXiv astro ph 0605170 Bibcode 2006astro ph 5170K doi 10 1086 505697 Bullock J S Johnston K V 2005 Tracing Galaxy Formation with Stellar Halos I Methods Astrophysical Journal 635 2 931 949 arXiv astro ph 0506467 Bibcode 2005ApJ 635 931B doi 10 1086 497422 Lauer T R et al 1993 Planetary camera observations of the double nucleus of M31 Astronomical Journal 106 4 1436 1447 1710 1712 Bibcode 1993AJ 106 1436L doi 10 1086 116737 Bender Ralf et al 2005 HST STIS Spectroscopy of the Triple Nucleus of M31 Two Nested Disks in Keplerian Rotation around a Supermassive Black Hole Astrophysical Journal 631 1 280 300 arXiv astro ph 0509839 Bibcode 2005ApJ 631 280B doi 10 1086 432434 Schewe Phillip F Stein Ben 26 Julie 1993 The Andromeda Galaxy has a Double Nucleus Physics News Update in Engels American Institute of Physics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2013 Besoek op 10 Julie 2009 Tremaine S 1995 An Eccentric Disk Model for the Nucleus of M31 Astronomical Journal 110 628 633 arXiv astro ph 9502065 Bibcode 1995AJ 110 628T doi 10 1086 117548 Fujimoto M Hayakawa S Kato T 1969 Correlation between the Densities of X Ray Sources and Interstellar Gas Astrophysics and Space Science 4 1 64 83 Bibcode 1969Ap amp SS 4 64F doi 10 1007 BF00651263 Barmby P Huchra J P 2001 M31 Globular Clusters in the Hubble Space Telescope Archive I Cluster Detection and Completeness Astronomical Journal 122 5 2458 2468 arXiv astro ph 0107401 Bibcode 2001AJ 122 2458B doi 10 1086 323457 Hubble news desk STSci 1996 11 24 April 1996 Hubble Spies Globular Cluster in Neighboring Galaxy Persberig Archived from the original on 1 Julie 2006 https web archive org web 20060701083419 http hubblesite org newscenter newsdesk archive releases 1996 11 Besoek op 2006 05 26 Meylan G et al 2001 G1 in M31 Giant Globular Cluster or Core of a Dwarf Elliptical Galaxy Astronomical Journal 122 2 830 841 arXiv astro ph 0105013 Bibcode 2001AJ 122 830M doi 10 1086 321166 Burstein David Li Yong Freeman Kenneth C Norris John E Bessell Michael S Bland Hawthorn Joss Gibson Brad K Beasley Michael A Lee Hyun chul Barbuy Beatriz Huchra John P Brodie Jean P Forbes Duncan A 2004 Globular Cluster and Galaxy Formation M31 the Milky Way and Implications for Globular Cluster Systems of Spiral Galaxies Astrophysical Journal 614 158 166 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Huxor A P et al 2005 A new population of extended luminous star clusters in the halo of M31 Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 360 3 993 1006 arXiv astro ph 0412223 Bibcode 2005MNRAS 360 1007H doi 10 1111 j 1365 2966 2005 09086 x Bekki K et al 2001 A New Formation Model for M32 A Threshed Early type Spiral Astrophysical Journal Letters 557 1 L39 L42 arXiv astro ph 0107117 Bibcode 2001ApJ 557L 39B doi 10 1086 323075 Ibata R et al 2001 A giant stream of metal rich stars in the halo of the galaxy M31 Nature 412 6842 49 52 doi 10 1038 35083506 PMID 11452300 Malik T 7 Mei 2002 Crash Course Simulating the Fate of Our Milky Way Space com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2002 06 06 Besoek op 2006 09 18 Cox T J Loeb A 2008 The collision between the Milky Way and Andromeda Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 386 1 461 474 Bibcode 2008MNRAS tmp 333C doi 10 1111 j 1365 2966 2008 13048 x Cain F 2007 When Our Galaxy Smashes Into Andromeda What Happens to the Sun Universe Today Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2007 Besoek op 2007 05 16 Eksterne skakels WysigSEDS Messier 31 StarDate M31 feite Geargiveer 22 Julie 2011 op Wayback Machine Simbad data oor M31 M31 en sy sentrale kernspiraal Bolvormige sterreswerms in M31 by die Curdridge sterrewag Andromeda sterrestelsel by SolStation com M31 by NightSkyInfo com Andromeda sterrestelsel op WikiSky DSS2 SDSS GALEX IRAS Hydrogen a X Ray Astrophoto Sky Map Artikels en foto s Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andromeda sterrestelsel Koordinate 00h 42m 44 3s 41 16 10 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Andromeda sterrestelsel amp ol,