×
Aldebaran

Aldebaran (ook genoem Alpha Tauri of α Tau) is ’n rooireusester sowat 65 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Bul (Taurus). Dit is die helderste ster in die sterrebeeld en gewoonlik die 14de helderste ster in die naglug, hoewel sy helderheid langsamerhand wissel tussen magnitude 0,75 en 0,95. Aldebaran het ’n planeet ’n paar keer so groot soos Jupiter met die naamAldebaran b.

Aldebaran
Aldebaran se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Bul
Bayer-naam Alpha Tauri
Spektraaltipe K5+ III
Soort Rooireus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 04h 35m 55.23907s
Deklinasie +16° 30′ 33.4885″
Skynmagnitude (m) 0,75-0,95
Absolute magnitude (M) −0,641±0,034
B-V-kleurindeks +1,44
U-B-kleurindeks +1,92
Besonderhede
Massa (M) 1,16±0,07
Radius (R) 44,13±0,84
Ligsterkte (L) 439±17
Ouderdom (jaar) 6,4+1,4−1,1 miljard
Temperatuur (K) 3 900±50
Afstand (ligjaar) 65
Rotasiespoed (km/s) 3,5±1,5
Metaalinhoud [Fe/H] −0,33±0,1
Eienskappe
Veranderlikheid Stadig onreëlmatig
Ander name
87 Tauri, BD+16°629, GJ 171.1, GJ 9159, HD 29139, HIP 21421, HR 1457, SAO 94027
Portaal Sterrekunde

Die ster is koeler as die Son met ’n effektiewe temperatuur van3 900 K, maar sy radius is sowat 44 keer dié van die Son en sy ligsterkte meer as 400 keer die Son s'n. Dit roteer stadig en neem 520 dae om ’n rotasie te voltooi.

Die ruimtetuig Pioneer 10 vlieg min of meer in Aldebaran se rigtig en sal oor sowat 2 miljoen jaar op sy naaste aan die ster wees.

Inhoud

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Tauri" en sy Flamsteed-naam "87 Tauri". Die tradisionele naam, "Aldebaran", kom van die Arabiese al Dabarān, "die volgeling", omdat dit lyk of dit die Plejades volg. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.

Aldebaran en die Hiades.

Aldebaran is een van die maklikste sterre om te vind, deels omdat dit so helder is en deels omdat dit naby een van die opmerklikste asterismes in die lug is. As ’n mens die drie sterre van die Jagter se Belt volg in die teenoorgestelde rigting as Sirius, is die eerste helder ster wat jy sien Aldebaran.

Die ster lê ook tussen die Aarde en die Hiades en dit lyk dus of dit die helderste lid van dié sterreswerm is; die swerm wat die bulkopvormige asterisme uitmaak, is egter meer as twee keer so ver: sowat 150 ligjare.

Aldebaran is 5,47 grade suid van die sonnebaan en kan dus deur die Maan verduister word. ’n Reeks van 49 verduisterings het op 29 Januarie 2015 begin en op 3 September 2018 geëindig. Dit was in die Noordelike Halfrond of naby die ewenaar sigbaar. ’n Aldebaran-verduistering is nie in Suid-Afrika sigbaar nie omdat dit te ver suid van die sonnebaan geleë is. Aldebaran is rondom 1 Junie elke jaar in konjunksie met die Son.

’n Verduistering van Aldebaran deur die Maan. Aldebaran is die rooi kolletjie regs, wat op dié miniatuurweergawe van die foto skaars gesien kan word.

Op 11 Maart 509 is ’n Aldebaran-verduistering in Athene, Griekeland, waargeneem. Die Engelse sterrekundige Edmund Halley het in 1718 tot die gevolgtrekking gekom dat Aldebaran se posisie sedertdien moes verander het en verskeie boogminute noordwaarts beweeg het. Dit, tesame met die waarneming van die veranderende posisies van die sterre Sirius en Arcturus, het tot die ontdekking van eiebeweging gelei. Volgens moderne waarnemings het Aldebaran se posisie in die afgelope 2 000 jaar 7 boogminute geskuif; rofweg ’n kwart van die deursnee van die volmaan. Vanweë aksiale presessie was die herfsnagewening 5 000 jaar gelede naby Aldebaran.

Die Engelse sterrekundige William Herschel het in 1782 ’n dowwe metgesel naby Aldebaran ontdek; ’n ster van die 11de magnirude by ’n hoekskeiding van 117 boogsekondes. Dié het in 1888 geblyk self ’n dubbelster te wees, en nog ’n metgesel van die 14de magnitude is by ’n hoekskeiding van 31 boogesekondes ontdek. Later is met metings van eiebeweging ontdek Herschel se metgesel beweeg weg van Aldebaran en is dus nie fisiek verbind nie.

’n Vergelyking in grootte tussen Aldebaran en die Son.

Aldebaran se sterreklassifikasie is die standaard vir K5+ III-sterre. Sy spektrum wys dit is ’n reusester wat weg van die hoofreeks geëvolueer het nadat dit die waterstof in sy kern opgebruik het. Die instorting van die middel van die ster in ’n gedegenereerde heliumkern het ’n skil waterstof buite die kern laat ontbrand en Aldebaran is nou op die rooireustak van die Hertzsprung-Russell-diagram.

Die effektiewe temperatuur van die ster se fotosfeer is3 910 K. Sy metaalinhoud is sowat 30% laer as die Son s'n. Volgens parallaksmetings deur die Hipparcos-satelliet en ander bronne is Aldebaran sowat 65,3 ligjare van die Son af. Sy massa is sowat 16% meer as die Son s'n, maar sy ligsterkte is 518 keer dié van die Son vanweë sy uitgebreide radius, wat 44 keer die Son s’n is.

Aldebaran is ’n effens veranderlike ster: ’n stadige onreëlmatige tipe met ’n wisseling in magnitude tussen 0,75 en 0,95 volgens historiese verslae. Moderne studies toon ’n kleiner omvang, en sommige geen wisseling. Hipparcos-fotometrie wys ’n omvang van net sowat 0,02 magnitudes en ’n moontlike periode van 18 dae. Intensiewe grondgebaseerde fotometrie toon wisselings van tot 0,03 magnitudes en ’n moontlike periode van 91 dae. Die ontleding van waarnemings oor ’n veel langer tydperk toon ’n omvang van waarskynlik minder as 0,1 magnitude, en die wisseling word as onreëlmatig beskou.

Die ster verloor tans massa teen ’n tempo van(1-1,6) × 10-11 M jr.-1 (sowat een aardmassa elke 300 000 jaar) teen ’n snelheid van30 km s-1. Hierdie sterwind kan opgewek word deur die swak magneetvelde in die laer atmosfeer.

Vyf dowwe sterre lê naby Aldebaran in die lug. Hierdie dubbelsterkomponente het Latynse hoofletters as name gekry min of meer in die volgorde waarin hulle ontdek is, met "A" wat vir die primêre ster gebruik word. Sommige eienskappe van die komponente word in die tabel onder aangedui, insluitende hulle posisie relatief tot Aldebaran.

WDS 04359+1631-katalogusinskrywing
α Tau Skynbare
magnitude
Hoek-
skeiding (″)
Posisie-
hoek (°)
Jaar Parallaks (mas)
B 13,60 31,60 113 2007 47,3417±0,1055
C 11,30 129,50 32 2011 19,1267±0,4274
D 13,70
E 12,00 36,10 323 2000
F 13,60 255,70 121 2000 0,1626±0,0369

Volgens sommige opnames het Alpha Tauri B dalk dieselfde eiebeweging en parallaks as Aldebaran en hulle kan dus ’n fisieke dubbelster wees. Hierdie metings is moeilik omdat die dowwe B-komponent so naby aan die helder hoofster is en die foutmarge te groot is om ’n fisieke verwantskap tussen die twee sterre vas te stel (of uit te sluit). Tot dusver kon geen uitsluitlike bewyse gekry word vir ’n fisieke verwantskap tussen Aldebaran en enige van die komponente nie. Alpha Tauri B se spektraalklas word aangegee as M2,5.

Alpha Tauri CD is ’n dubbelster met die komponente C en D wat deur swaartekrag verbind word en om mekaar wentel. Dié twee sterre lê ver van Aldebaran af en is lede van die Hiades-sterreswerm. Die ander lede van die sterreswerm het geen fisieke wisselwerking met Aldebaran nie.

In 2015 het ’n studie langtermynbewyse van ’n planeet getoon. Daar is vasgestel Aldebaran b het ’n minimum massa van5,8±0,7 jupitermassas.

  1. Keenan, Philip C.; McNeil, Raymond C. (1989). "The Perkins Catalog of Revised MK Types for the Cooler Stars". The Astrophysical Journal Supplement Series. 71: 245. Bibcode:.
  2. Stock, Stephan; Reffert, Sabine; Quirrenbach, Andreas; Hauschildt, P. (2018). "Precise radial velocities of giant stars. X. Bayesian stellar parameters and evolutionary stages for 372 giant stars from the Lick planet search". Astronomy and Astrophysics. 616: A33. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  3. Van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  4. . General Catalogue of Variable Stars. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op2009-12-16.
  5. Gatewood, George (July 2008). "Astrometric Studies of Aldebaran, Arcturus, Vega, the Hyades, and Other Regions". The Astronomical Journal. 136 (1): 452–460. Bibcode:. doi:.
  6. Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:.
  7. Farr, Will M.; Pope, Benjamin J. S.; Davies, Guy R.; North, Thomas S. H.; White, Timothy R.; Barrett, Jim W.; Miglio, Andrea; Lund, Mikkel N.; Antoci, Victoria; Fredslund Andersen, Mads; Grundahl, Frank; Huber, Daniel (2018). "Aldebaran b's Temperate Past Uncovered in Planet Search Data". The Astrophysical Journal. 865 (2): L20. Bibcode:.
  8. Piau, L; Kervella, P; Dib, S; Hauschildt, P (February 2011). "Surface convection and red-giant radius measurements". Astronomy and Astrophysics. 526: A100. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  9. Heiter, U.; Jofré, P.; Gustafsson, B.; Korn, A. J.; Soubiran, C.; Thévenin, F. (2015). "GaiaFGK benchmark stars: Effective temperatures and surface gravities". Astronomy & Astrophysics. 582: A49. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  10. Strassmeier, K. G.; Ilyin, I.; Weber, M. (2018). "PEPSI deep spectra. II. Gaia benchmark stars and other M-K standards". Astronomy and Astrophysics. 612: A45. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  11. Falkner, David E. (2011). "The Winter Constellations". The Mythology of the Night Sky. Patrick Moore's Practical Astronomy Series. pp. 19–56. doi:. ISBN 978-1-4614-0136-0.
  12. Richard H. Allen (28 February 2013). . Courier Corporation. p. 284. ISBN 978-0-486-13766-7.
  13. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op28 Julie 2016.
  14. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op22 Mei 2016.
  15. Terence Dickinson (1998). . Firefly Books. pp. 56–. ISBN 978-1-55209-302-3.
  16. Ian Ridpath (28 May 2003). . Cambridge University Press. pp. 55–. ISBN 978-1-139-43719-6.
  17. Können, G. P.; Meeus, J. (1972). "Occultation series of five stars". Journal of the British Astronomical Association. 82: 431. Bibcode:.
  18. Star Maps created using XEphem (2008). . Large Angle and Spectrometric Coronagraph Experiment (LASCO). Besoek op2012-06-01. and
  19. Lynn, W. T. (1885). "Occultation of Aldebaran in the sixth century. - Bliss, Astronomer Royal". The Observatory. 8: 86. Bibcode:.
  20. Halley, Edmund (1717). "Considerations on the Change of the Latitudes of Some of the Principal Fixt Stars. By Edmund Halley, R. S. Sec". Philosophical Transactions. 30 (351–363): 736–738. Bibcode:. doi:.
  21. Burnham, Robert (1978). . 3. Courier Corporation. p. 1810. ISBN 978-0486236735.
  22. Freedman, Immanuel (2015). "The Marduk Star Nēbiru". Cuneiform Digital Library Bulletin: 3.
  23. Griffin, R. F. (September 1985). "Alpha Tauri CD - A well-known Hyades binary". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 97: 858–859. Bibcode:. doi:. ISSN .
  24. Wasatonic, Rick; Guinan, Edward F. (1997). "Aldebaran: Discovery of Small Amplitude Light Variations". Information Bulletin on Variable Stars. 4480: 1. Bibcode:.
  25. Koen, Chris; Eyer, Laurent (2002). "New periodic variables from the Hipparcos epoch photometry". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 331 (1): 45. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  26. Percy, J. R.; Terziev, E. (2011). "Studies of "Irregularity" in Pulsating Red Giants. III. Many More Stars, an Overview, and Some Conclusions". Journal of the American Association of Variable Star Observers (Jaavso). 39 (1): 1. Bibcode:.
  27. Ohnaka, K. (May 2013). "Spatially resolved, high-spectral resolution observation of the K giant Aldebaran in the CO first overtone lines with VLTI/AMBER". Astronomy & Astrophysics. 553: 8. arXiv:. Bibcode:. doi:. A3.
  28. Ayres, Thomas R.; Brown, Alexander; Harper, Graham M. (November 2003). "Buried Alive in the Coronal Graveyard". The Astrophysical Journal. 598 (1): 610–625. Bibcode:. doi:.
  29. Mason, B. D.; et al. (2014). "The Washington Visual Double Star Catalog". The Astronomical Journal. 122 (6): 3466–3471. Bibcode:. doi:.
  30. Poveda, A.; et al. (April 1994). "Statistical studies of visual double and multiple stars. II. A catalogue of nearby wide binary and multiple systems". Revista Mexicana de Astronomia y Astrofisica. 28 (1): 43–89. Bibcode:.
  31. Bidelman, W. P. (1985). "G.P. Kuiper's spectral classifications of proper-motion stars". The Astrophysical Journal Supplement Series. 59: 197. Bibcode:.
  32. Hatzes, A. P.; Cochran, W. D.; et al. (2015). "Long-lived, long-period radial velocity variations in Aldebaran: A planetary companion and stellar activity". Astronomy & Astrophysics. 580: A31. arXiv:. Bibcode:. doi:.
Verwysingfout: <ref> tag defined in <references> with name "gcvs" has no content.
  • . SolStation. vanaf die oorspronklike op 25 November 2005. Besoek op14 November 2005.
  • YouTube video

Koördinate:

Publikasie datum: September 20, 2021

aldebaran, genoem, alpha, tauri, rooireusester, sowat, ligjare, sterrebeeld, taurus, helderste, ster, sterrebeeld, gewoonlik, 14de, helderste, ster, naglug, hoewel, helderheid, langsamerhand, wissel, tussen, magnitude, planeet, paar, keer, groot, soos, jupiter. Aldebaran ook genoem Alpha Tauri of a Tau is n rooireusester sowat 65 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Bul Taurus Dit is die helderste ster in die sterrebeeld en gewoonlik die 14de helderste ster in die naglug hoewel sy helderheid langsamerhand wissel tussen magnitude 0 75 en 0 95 Aldebaran het n planeet n paar keer so groot soos Jupiter met die naam Aldebaran b AldebaranAldebaran se ligging in die rooi sirkel Sterrebeeld BulBayer naam Alpha TauriSpektraaltipe K5 III 1 Soort Rooireus 2 Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 04h 35m 55 23907s 3 Deklinasie 16 30 33 4885 3 Skynmagnitude m 0 75 0 95 4 Absolute magnitude M 0 641 0 034 5 B V kleurindeks 1 44 6 U B kleurindeks 1 92 6 BesonderhedeMassa M 1 16 0 07 7 Radius R 44 13 0 84 8 Ligsterkte L 439 17 9 Ouderdom jaar 6 4 1 4 1 1 miljard 7 Temperatuur K 3 900 50 10 Afstand ligjaar 65Rotasiespoed km s 3 5 1 5 10 Metaalinhoud Fe H 0 33 0 1 10 EienskappeVeranderlikheid Stadig onreelmatig 4 Ander name87 Tauri BD 16 629 GJ 171 1 GJ 9159 HD 29139 HIP 21421 HR 1457 SAO 94027Portaal Sterrekunde Die ster is koeler as die Son met n effektiewe temperatuur van 3 900 K maar sy radius is sowat 44 keer die van die Son en sy ligsterkte meer as 400 keer die Son s n Dit roteer stadig en neem 520 dae om n rotasie te voltooi Die ruimtetuig Pioneer 10 vlieg min of meer in Aldebaran se rigtig en sal oor sowat 2 miljoen jaar op sy naaste aan die ster wees Inhoud 1 Name 2 Waarneming 3 Eienskappe 4 Visuele metgeselle 5 Planeet 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsName WysigDie ster se Bayer naam is Alpha Tauri en sy Flamsteed naam 87 Tauri Die tradisionele naam Aldebaran kom van die Arabiese al Dabaran die volgeling omdat dit lyk of dit die Plejades volg 11 12 In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep WGSN die naam vir die ster goedgekeur 13 14 Waarneming Wysig Aldebaran en die Hiades Aldebaran is een van die maklikste sterre om te vind deels omdat dit so helder is en deels omdat dit naby een van die opmerklikste asterismes in die lug is As n mens die drie sterre van die Jagter se Belt volg in die teenoorgestelde rigting as Sirius is die eerste helder ster wat jy sien Aldebaran 15 Die ster le ook tussen die Aarde en die Hiades en dit lyk dus of dit die helderste lid van die sterreswerm is die swerm wat die bulkopvormige asterisme uitmaak is egter meer as twee keer so ver sowat 150 ligjare 16 Aldebaran is 5 47 grade suid van die sonnebaan en kan dus deur die Maan verduister word n Reeks van 49 verduisterings het op 29 Januarie 2015 begin en op 3 September 2018 geeindig 17 Dit was in die Noordelike Halfrond of naby die ewenaar sigbaar n Aldebaran verduistering is nie in Suid Afrika sigbaar nie omdat dit te ver suid van die sonnebaan gelee is Aldebaran is rondom 1 Junie elke jaar in konjunksie met die Son 18 n Verduistering van Aldebaran deur die Maan Aldebaran is die rooi kolletjie regs wat op die miniatuurweergawe van die foto skaars gesien kan word Op 11 Maart 509 is n Aldebaran verduistering in Athene Griekeland waargeneem 19 Die Engelse sterrekundige Edmund Halley het in 1718 tot die gevolgtrekking gekom dat Aldebaran se posisie sedertdien moes verander het en verskeie boogminute noordwaarts beweeg het Dit tesame met die waarneming van die veranderende posisies van die sterre Sirius en Arcturus het tot die ontdekking van eiebeweging gelei Volgens moderne waarnemings het Aldebaran se posisie in die afgelope 2 000 jaar 7 boogminute geskuif rofweg n kwart van die deursnee van die volmaan 20 21 Vanwee aksiale presessie was die herfsnagewening 5 000 jaar gelede naby Aldebaran 22 Die Engelse sterrekundige William Herschel het in 1782 n dowwe metgesel naby Aldebaran ontdek 23 n ster van die 11de magnirude by n hoekskeiding van 117 boogsekondes Die het in 1888 geblyk self n dubbelster te wees en nog n metgesel van die 14de magnitude is by n hoekskeiding van 31 boogesekondes ontdek Later is met metings van eiebeweging ontdek Herschel se metgesel beweeg weg van Aldebaran en is dus nie fisiek verbind nie Eienskappe Wysig n Vergelyking in grootte tussen Aldebaran en die Son Aldebaran se sterreklassifikasie is die standaard vir K5 III sterre 1 Sy spektrum wys dit is n reusester wat weg van die hoofreeks geevolueer het nadat dit die waterstof in sy kern opgebruik het Die instorting van die middel van die ster in n gedegenereerde heliumkern het n skil waterstof buite die kern laat ontbrand en Aldebaran is nou op die rooireustak van die Hertzsprung Russell diagram 2 Die effektiewe temperatuur van die ster se fotosfeer is 3 910 K Sy metaalinhoud is sowat 30 laer as die Son s n Volgens parallaksmetings deur die Hipparcos satelliet en ander bronne is Aldebaran sowat 65 3 ligjare van die Son af 5 Sy massa is sowat 16 meer as die Son s n 7 maar sy ligsterkte is 518 keer die van die Son vanwee sy uitgebreide radius wat 44 keer die Son s n is 8 Aldebaran is n effens veranderlike ster n stadige onreelmatige tipe met n wisseling in magnitude tussen 0 75 en 0 95 volgens historiese verslae 4 Moderne studies toon n kleiner omvang en sommige geen wisseling 24 Hipparcos fotometrie wys n omvang van net sowat 0 02 magnitudes en n moontlike periode van 18 dae 25 Intensiewe grondgebaseerde fotometrie toon wisselings van tot 0 03 magnitudes en n moontlike periode van 91 dae 24 Die ontleding van waarnemings oor n veel langer tydperk toon n omvang van waarskynlik minder as 0 1 magnitude en die wisseling word as onreelmatig beskou 26 Die ster verloor tans massa teen n tempo van 1 1 6 10 11 M jr 1 sowat een aardmassa elke 300 000 jaar teen n snelheid van 30 km s 1 27 Hierdie sterwind kan opgewek word deur die swak magneetvelde in die laer atmosfeer 28 Visuele metgeselle WysigVyf dowwe sterre le naby Aldebaran in die lug Hierdie dubbelsterkomponente het Latynse hoofletters as name gekry min of meer in die volgorde waarin hulle ontdek is met A wat vir die primere ster gebruik word Sommige eienskappe van die komponente word in die tabel onder aangedui insluitende hulle posisie relatief tot Aldebaran WDS 04359 1631 katalogusinskrywing 29 a Tau Skynbare magnitude Hoek skeiding Posisie hoek Jaar Parallaks mas B 13 60 31 60 113 2007 47 3417 0 1055C 11 30 129 50 32 2011 19 1267 0 4274D 13 70 E 12 00 36 10 323 2000F 13 60 255 70 121 2000 0 1626 0 0369 Volgens sommige opnames het Alpha Tauri B dalk dieselfde eiebeweging en parallaks as Aldebaran en hulle kan dus n fisieke dubbelster wees Hierdie metings is moeilik omdat die dowwe B komponent so naby aan die helder hoofster is en die foutmarge te groot is om n fisieke verwantskap tussen die twee sterre vas te stel of uit te sluit Tot dusver kon geen uitsluitlike bewyse gekry word vir n fisieke verwantskap tussen Aldebaran en enige van die komponente nie 30 Alpha Tauri B se spektraalklas word aangegee as M2 5 31 Alpha Tauri CD is n dubbelster met die komponente C en D wat deur swaartekrag verbind word en om mekaar wentel Die twee sterre le ver van Aldebaran af en is lede van die Hiades sterreswerm Die ander lede van die sterreswerm het geen fisieke wisselwerking met Aldebaran nie 23 Planeet WysigIn 2015 het n studie langtermynbewyse van n planeet getoon 32 Daar is vasgestel Aldebaran b het n minimum massa van 5 8 0 7 jupitermassas 7 Verwysings Wysig 1 0 1 1 Keenan Philip C McNeil Raymond C 1989 The Perkins Catalog of Revised MK Types for the Cooler Stars The Astrophysical Journal Supplement Series 71 245 Bibcode 1989ApJS 71 245K 2 0 2 1 Stock Stephan Reffert Sabine Quirrenbach Andreas Hauschildt P 2018 Precise radial velocities of giant stars X Bayesian stellar parameters and evolutionary stages for 372 giant stars from the Lick planet search Astronomy and Astrophysics 616 A33 arXiv 1805 04094 Bibcode 2018A amp A 616A 33S doi 10 1051 0004 6361 201833111 3 0 3 1 Van Leeuwen F 2007 Validation of the new Hipparcos reduction Astronomy and Astrophysics 474 2 653 664 arXiv 0708 1752 Bibcode 2007A amp A 474 653V doi 10 1051 0004 6361 20078357 4 0 4 1 4 2 Query alf Tau General Catalogue of Variable Stars Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 2009 12 16 5 0 5 1 Gatewood George July 2008 Astrometric Studies of Aldebaran Arcturus Vega the Hyades and Other Regions The Astronomical Journal 136 1 452 460 Bibcode 2008AJ 136 452G doi 10 1088 0004 6256 136 1 452 6 0 6 1 Ducati J R 2002 VizieR Online Data Catalog Catalogue of Stellar Photometry in Johnson s 11 color system CDS ADC Collection of Electronic Catalogues 2237 0 Bibcode 2002yCat 2237 0D 7 0 7 1 7 2 7 3 Farr Will M Pope Benjamin J S Davies Guy R North Thomas S H White Timothy R Barrett Jim W Miglio Andrea Lund Mikkel N Antoci Victoria Fredslund Andersen Mads Grundahl Frank Huber Daniel 2018 Aldebaran b s Temperate Past Uncovered in Planet Search Data The Astrophysical Journal 865 2 L20 Bibcode 2018ApJ 865L 20F 8 0 8 1 Piau L Kervella P Dib S Hauschildt P February 2011 Surface convection and red giant radius measurements Astronomy and Astrophysics 526 A100 arXiv 1010 3649 Bibcode 2011A amp A 526A 100P doi 10 1051 0004 6361 201014442 Heiter U Jofre P Gustafsson B Korn A J Soubiran C Thevenin F 2015 GaiaFGK benchmark stars Effective temperatures and surface gravities Astronomy amp Astrophysics 582 A49 arXiv 1506 06095 Bibcode 2015A amp A 582A 49H doi 10 1051 0004 6361 201526319 10 0 10 1 10 2 Strassmeier K G Ilyin I Weber M 2018 PEPSI deep spectra II Gaia benchmark stars and other M K standards Astronomy and Astrophysics 612 A45 arXiv 1712 06967 Bibcode 2018A amp A 612A 45S doi 10 1051 0004 6361 201731633 Falkner David E 2011 The Winter Constellations The Mythology of the Night Sky Patrick Moore s Practical Astronomy Series pp 19 56 doi 10 1007 978 1 4614 0137 7 3 ISBN 978 1 4614 0136 0 Richard H Allen 28 February 2013 Star Names Their Lore and Meaning Courier Corporation p 284 ISBN 978 0 486 13766 7 IAU Catalog of Star Names in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020 Besoek op 28 Julie 2016 IAU Working Group on Star Names WGSN in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020 Besoek op 22 Mei 2016 Terence Dickinson 1998 NightWatch A Practical Guide to Viewing the Universe Firefly Books pp 56 ISBN 978 1 55209 302 3 Ian Ridpath 28 May 2003 The Monthly Sky Guide Cambridge University Press pp 55 ISBN 978 1 139 43719 6 Konnen G P Meeus J 1972 Occultation series of five stars Journal of the British Astronomical Association 82 431 Bibcode 1972JBAA 82 431K Star Maps created using XEphem 2008 LASCO Star Maps identify objects in the field of view for any day of the year Large Angle and Spectrometric Coronagraph Experiment LASCO Besoek op 2012 06 01 2012 with Venus and Mercury and 2011 Lynn W T 1885 Occultation of Aldebaran in the sixth century Bliss Astronomer Royal The Observatory 8 86 Bibcode 1885Obs 8 86L Halley Edmund 1717 Considerations on the Change of the Latitudes of Some of the Principal Fixt Stars By Edmund Halley R S Sec Philosophical Transactions 30 351 363 736 738 Bibcode 1717RSPT 30 736H doi 10 1098 rstl 1717 0025 Burnham Robert 1978 Burnham s Celestial Handbook An Observer s Guide to the Universe Beyond the Solar System 3 Courier Corporation p 1810 ISBN 978 0486236735 Freedman Immanuel 2015 The Marduk Star Nebiru Cuneiform Digital Library Bulletin 3 23 0 23 1 Griffin R F September 1985 Alpha Tauri CD A well known Hyades binary Publications of the Astronomical Society of the Pacific 97 858 859 Bibcode 1985PASP 97 858G doi 10 1086 131616 ISSN 0004 6280 24 0 24 1 Wasatonic Rick Guinan Edward F 1997 Aldebaran Discovery of Small Amplitude Light Variations Information Bulletin on Variable Stars 4480 1 Bibcode 1997IBVS 4480 1W Koen Chris Eyer Laurent 2002 New periodic variables from the Hipparcos epoch photometry Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 331 1 45 arXiv astro ph 0112194 Bibcode 2002MNRAS 331 45K doi 10 1046 j 1365 8711 2002 05150 x Percy J R Terziev E 2011 Studies of Irregularity in Pulsating Red Giants III Many More Stars an Overview and Some Conclusions Journal of the American Association of Variable Star Observers Jaavso 39 1 1 Bibcode 2011JAVSO 39 1P Ohnaka K May 2013 Spatially resolved high spectral resolution observation of the K giant Aldebaran in the CO first overtone lines with VLTI AMBER Astronomy amp Astrophysics 553 8 arXiv 1303 4763 Bibcode 2013A amp A 553A 3O doi 10 1051 0004 6361 201321207 A3 Ayres Thomas R Brown Alexander Harper Graham M November 2003 Buried Alive in the Coronal Graveyard The Astrophysical Journal 598 1 610 625 Bibcode 2003ApJ 598 610A doi 10 1086 378699 Mason B D et al 2014 The Washington Visual Double Star Catalog The Astronomical Journal 122 6 3466 3471 Bibcode 2001AJ 122 3466M doi 10 1086 323920 Poveda A et al April 1994 Statistical studies of visual double and multiple stars II A catalogue of nearby wide binary and multiple systems Revista Mexicana de Astronomia y Astrofisica 28 1 43 89 Bibcode 1994RMxAA 28 43P Bidelman W P 1985 G P Kuiper s spectral classifications of proper motion stars The Astrophysical Journal Supplement Series 59 197 Bibcode 1985ApJS 59 197B Hatzes A P Cochran W D et al 2015 Long lived long period radial velocity variations in Aldebaran A planetary companion and stellar activity Astronomy amp Astrophysics 580 A31 arXiv 1505 03454 Bibcode 2015A amp A 580A 31H doi 10 1051 0004 6361 201425519 Verwysingfout lt ref gt tag defined in lt references gt with name gcvs has no content Eksterne skakels Wysig Aldebaran 2 SolStation Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2005 Besoek op 14 November 2005 Daytime occultation of Aldebaran by the Moon Moscow Russia YouTube video Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aldebaran Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koordinate 04h 35m 55 2s 16 30 33 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Aldebaran amp ol,