×
Aktinied
Atoomgetal Naam Simbool
89 Aktinium Ac
90 Torium Th
91 Protaktinium Pa
92 Uraan U
93 Neptunium Np
94 Plutonium Pu
95 Amerikium Am
96 Curium Cm
97 Berkelium Bk
98 Kalifornium Cf
99 Einsteinium Es
100 Fermium Fm
101 Mendelevium Md
102 Nobelium No

Die aktiniedreeks bestaan uit die 14 chemiese elemente van aktinium tot nobelium op die periodieke tabel, met atoomgetalle 89 tot 102. Die reeks is genoem na die element aktinium. Alle aktiniede is f-blokelemente. Daar is ook alternatiewe rangskikkings wat aktinium uitsluit en/of die oorgangsmetaal lawrensium insluit. Lawrensium, al is dit 'n d-blokelement, het vermoedelik eienskappe wat meer soortgelyk is aan die aktiniede as aan die oorgangsmetale. Die aktiniedreeks word in sommige definisies van die seldsame aardelemente ingesluit.

Die aktiniede vertoon minder ooreenkoms in hulle chemiese eienskappe as die lantaniedreeks. Dit het byvoorbeeld 'n groter verskeidenheid oksidasietoestande, wat aanvanklik daartoe gelei het dat daar onduidelikheid betaan het of aktinium, torium en uraan as d-blokelemente beskou moes word. Alle aktiniede is radioaktief.

Slegs aktinium, torium en uraan kom natuurlik in meer as spoorhoeveelhede in die aardkors voor. Neptunium en Plutonium is al in spoorhoeveelhede in uraanerts as vervalproduk aangetref of deur bombardering vervaardig. Die oorblywende aktiniede is in kernneerslag ontdek, of is in deeltjieversnellers gesintetiseer. Die tweede helfte van die reeks het geweldige kort halfleeftye.

Die aktiniede word gewoonlik onderaan die hoofdeel van die periodieke tabel geplaas. Indien dit deel van die hooftabel vorm, is hul posisie duideliker.

'n Organometalliese verbinding van 'n aktinied staan bekend as 'n organoaktinied.

Tydens sy Manhattan-projeknavorsing in 1944 het Glenn T. Seaborg onverwagte probleme ondervind met die isolering van amerikium (95) en curium (96). Hy het begin wonder of die elemente eintlik tot 'n ander reeks behoort, wat sou verduidelik hoekom die verwagte chemiese eienskappe van die nuwe elemente verskil het van wat verwag is. In 1945 het hy teen die advies van kollegas 'n voorstel gemaak vir die mees beduidende verandering aan Dmitri Mendelejef se periodieke tabel wat universeel deur die wetenskapgemeenskap aanvaar is: die aktiniedreeks.

In 1945 publiseer Seaborg sy aktiniedkonsep van swaar elemente en voorspel die aktiniede sou 'n oorgangsreeks vorm soortgelyk aan die seldsameaardreeks van die lantaniede.

In 1961 het Antoni Przybylski 'n ster ontdek met 'n ongewoon hoë hoeveelheid aktiniede.

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

aktinied, atoomgetal, naam, simbool89, aktinium, ac90, torium, th91, protaktinium, pa92, uraan, neptunium, np94, plutonium, pu95, amerikium, am96, curium, cm97, berkelium, bk98, kalifornium, cf99, einsteinium, es100, fermium, fm101, mendelevium, md102, nobeliu. Atoomgetal Naam Simbool89 Aktinium Ac90 Torium Th91 Protaktinium Pa92 Uraan U93 Neptunium Np94 Plutonium Pu95 Amerikium Am96 Curium Cm97 Berkelium Bk98 Kalifornium Cf99 Einsteinium Es100 Fermium Fm101 Mendelevium Md102 Nobelium No Die aktiniedreeks bestaan uit die 14 chemiese elemente van aktinium tot nobelium op die periodieke tabel met atoomgetalle 89 tot 102 Die reeks is genoem na die element aktinium Alle aktiniede is f blokelemente Daar is ook alternatiewe rangskikkings wat aktinium uitsluit en of die oorgangsmetaal lawrensium insluit Lawrensium al is dit n d blokelement het vermoedelik eienskappe wat meer soortgelyk is aan die aktiniede as aan die oorgangsmetale Die aktiniedreeks word in sommige definisies van die seldsame aardelemente ingesluit Die aktiniede vertoon minder ooreenkoms in hulle chemiese eienskappe as die lantaniedreeks Dit het byvoorbeeld n groter verskeidenheid oksidasietoestande wat aanvanklik daartoe gelei het dat daar onduidelikheid betaan het of aktinium torium en uraan as d blokelemente beskou moes word Alle aktiniede is radioaktief Slegs aktinium torium en uraan kom natuurlik in meer as spoorhoeveelhede in die aardkors voor Neptunium en Plutonium is al in spoorhoeveelhede in uraanerts as vervalproduk aangetref of deur bombardering vervaardig Die oorblywende aktiniede is in kernneerslag ontdek of is in deeltjieversnellers gesintetiseer Die tweede helfte van die reeks het geweldige kort halfleeftye Die aktiniede word gewoonlik onderaan die hoofdeel van die periodieke tabel geplaas Indien dit deel van die hooftabel vorm is hul posisie duideliker n Organometalliese verbinding van n aktinied staan bekend as n organoaktinied Geskiedenis van die aktiniedreeks WysigTydens sy Manhattan projeknavorsing in 1944 het Glenn T Seaborg onverwagte probleme ondervind met die isolering van amerikium 95 en curium 96 Hy het begin wonder of die elemente eintlik tot n ander reeks behoort wat sou verduidelik hoekom die verwagte chemiese eienskappe van die nuwe elemente verskil het van wat verwag is In 1945 het hy teen die advies van kollegas n voorstel gemaak vir die mees beduidende verandering aan Dmitri Mendelejef se periodieke tabel wat universeel deur die wetenskapgemeenskap aanvaar is die aktiniedreeks In 1945 publiseer Seaborg sy aktiniedkonsep van swaar elemente en voorspel die aktiniede sou n oorgangsreeks vorm soortgelyk aan die seldsameaardreeks van die lantaniede In 1961 het Antoni Przybylski n ster ontdek met n ongewoon hoe hoeveelheid aktiniede Sien ook WysigLantaniedVerwysings WysigThe Columbia Encyclopedia Sixth Edition Chemical Elements website Actinides on the Book Rags website Lawrence Berkeley Laboratory image of historic periodic table by Seaborg showing actinide series for the first time Lawrence Livermore National Laboratory Uncovering the Secrets of the Actinides Los Alamos National Laboratory Actinide Research Quarterly Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aktinied Wikiwoordeboek het n inskrywing vir aktinied H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Aktinied amp ol,