×
Akkedis

Akkedisse is reptiele (wat saam met die slange) aan die orde van skubreptiele (Squamata) behoort. Daar is meer as vyfduisend soorte akkedisse, wat dit die grootste groep van alle moderne reptiele maak. Hulle ontstaan in die Trias-tydperk, maar al die goeie fossiele dateer uit die jonger Jura-tydperk. Slange het daarna in die Kryt-tydperk uit 'n groep akkedisse ontstaan. Hoewel slange dus evolusionêr gesproke tot die akkedisse behoort, word hulle vanweë hul afwykende fisiologie en lewenswyse nie as akkedisse beskou nie.

Akkedisse
Tydperk:199–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Orde:
Suborde:
Lacertilia

Günter, 1867
Infra-ordes

Dibamidae
Iguania
Gekkonidae
Scincomorpha
Diploglossa
Platynota

Akkedisse is meestal kleinerig. Die meeste spesies word (met stert insluit) nie langer as 50 sentimeter nie. Baie min bereik 'n lengte van meer as een meter. Die meeste akkedisse is groen tot bruin van kleur en het 'n plat liggaam met 'n duidelik onderskeibare kop, stert en vier goed ontwikkelde pote. 'n Paar groepe het egter 'n silindriese liggaam met gedegenereerde pote (oorblyfsels van vroeëre pote). Enkele spesies het slegs voorpote, en 'n aantal groepe is totaal pootloos. Sulke akkedisse kan maklik met slange verwar word.

Die liggame van verskillende spesies kan drasties van kleur en aanpassings verskil. 'n Aantal akkedisse het uitsteeksels soos dorings, kamme, horinkies, krae of vleuels. Die verkleurmannetjies het, as voorbeeld, 'n sterk sywaarts afgeplatte liggaam met verskeie kenmerkende aanpassings.

Selfs die lewenswyse van akkedisse is hoogs gespesialiseerd. Geitjies, byvoorbeeld, is gewoonlik in die nag aktief en leef in bome, terwyl die egte akkedisse bedags aktief is en op die grond lewe. Daar is egter uitsonderings, soos daglewende geitjies en klimmende egte akkedisse.

Akkedisse is koudbloedig en lê graag in die son om warm te word. Hulle kan baie vinnig beweeg, wat hulle help om doeltreffend te jag en vir gevaar te vlug. Hulle vreet oorwegend insekte en ander geleedpotiges, groter spesies eet soms gewerweldes of selfs plante. Hulle is belangrik vir die mens omdat hulle plaagdiere, soos huiskrieke, sprinkane en kakkerlakke, vreet.

Van die meer bekende families akkedisse is: geitjies, verkleurmannetjies, koggelmanders, likkewane, pootlose akkedisse en iguana's.

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

akkedis, reptiele, saam, slange, orde, skubreptiele, squamata, behoort, daar, meer, vyfduisend, soorte, akkedisse, grootste, groep, alle, moderne, reptiele, maak, hulle, ontstaan, trias, tydperk, maar, goeie, fossiele, dateer, jonger, jura, tydperk, slange, da. Akkedisse is reptiele wat saam met die slange aan die orde van skubreptiele Squamata behoort Daar is meer as vyfduisend soorte akkedisse wat dit die grootste groep van alle moderne reptiele maak Hulle ontstaan in die Trias tydperk maar al die goeie fossiele dateer uit die jonger Jura tydperk Slange het daarna in die Kryt tydperk uit n groep akkedisse ontstaan Hoewel slange dus evolusioner gesproke tot die akkedisse behoort word hulle vanwee hul afwykende fisiologie en lewenswyse nie as akkedisse beskou nie Akkedisse Tydperk 199 0 m jaar gelede T J K Pg NWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSuperklas TetrapodaKlas SauropsidaSubklas DiapsidaOrde SquamataSuborde Lacertilia Gunter 1867Infra ordesDibamidae Iguania Gekkonidae Scincomorpha Diploglossa Platynota Akkedisse is meestal kleinerig Die meeste spesies word met stert insluit nie langer as 50 sentimeter nie Baie min bereik n lengte van meer as een meter Die meeste akkedisse is groen tot bruin van kleur en het n plat liggaam met n duidelik onderskeibare kop stert en vier goed ontwikkelde pote n Paar groepe het egter n silindriese liggaam met gedegenereerde pote oorblyfsels van vroeere pote Enkele spesies het slegs voorpote en n aantal groepe is totaal pootloos Sulke akkedisse kan maklik met slange verwar word Die liggame van verskillende spesies kan drasties van kleur en aanpassings verskil n Aantal akkedisse het uitsteeksels soos dorings kamme horinkies krae of vleuels Die verkleurmannetjies het as voorbeeld n sterk sywaarts afgeplatte liggaam met verskeie kenmerkende aanpassings Selfs die lewenswyse van akkedisse is hoogs gespesialiseerd Geitjies byvoorbeeld is gewoonlik in die nag aktief en leef in bome terwyl die egte akkedisse bedags aktief is en op die grond lewe Daar is egter uitsonderings soos daglewende geitjies en klimmende egte akkedisse Akkedisse is koudbloedig en le graag in die son om warm te word Hulle kan baie vinnig beweeg wat hulle help om doeltreffend te jag en vir gevaar te vlug Hulle vreet oorwegend insekte en ander geleedpotiges groter spesies eet soms gewerweldes of selfs plante Hulle is belangrik vir die mens omdat hulle plaagdiere soos huiskrieke sprinkane en kakkerlakke vreet Van die meer bekende families akkedisse is geitjies verkleurmannetjies koggelmanders likkewane pootlose akkedisse en iguana s Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Akkedis Wikispecies het meer inligting verwant aan Akkedis Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Akkedis amp ol,