×
Afrika

Afrika

Oppervlakte 30 221 532 km² (2de)
Bevolking 1,1 miljard (2013, 2de)
Bevolkingsdigtheid 36,4/km²
Lande 54 (en 2 omstrede)
Afhanklike gebiede 7
Taalfamilies Afro-Asiaties
Niger-Kongo
Khoisan
Nilo-Saharies
Austronesies
Indo-Europees
Tydsones UTC-1 (Kaap Verde) tot UTC+4 (Mauritius en Seychelle)
Grootste stede Lagos
Kaïro
Kinshasa-Brazzaville
Johannesburg
Nairobi
Mogadisjoe
Khartoem-Omdoerman
Dar-es-Salaam
Alexandrië
Abidjan
Casablanca

Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.

Inhoud

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van Afrika-lande.
Nasa-Satellietbeeld van Afrika
Kaart van Afrika
Politiese kaart van Afrika
Verspreiding van godsdienste in Afrika
Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak
(km²)
Bevolking Jaar Bevolkingsdigtheid
(per km²)
Hoofstad
Noord-Afrika
Algerië 2 381 740 34 178 188 2009 14 Algiers
Ceuta (Spanje) 20 71 505 2001 3 575
Egipte 1 001 450 82 868 000 2012 83 Kaïro
Kanariese Eilande (Spanje) 7 492 2 118 519 2010 226 Las Palmas de Gran Canaria,
Santa Cruz de Tenerife
Libië 1 759 540 6 310 434 2009 4 Tripoli
Madeiraeilande (Portugal) 797 245 000 2001 307 Funchal
Marokko 446 550 34 859 364 2009 78 Rabat
Melilla (Spanje) 12 66 411 2001 5 534
Soedan 1 861 484 30 894 000 2008 17 Khartoem
Tunisië 163 610 10 486 339 2009 64 Tunis
Wes-Sahara 266 000 405 210 2009 2 Laâyoune
Horing van Afrika of Noordoos-Afrika
Djiboeti 23 000 623 891 2012 22 Djiboeti
Eritrea 121 320 5 647 168 2009 47 Asmara
Ethiopië 1 127 127 84 320 987 2012 75 Addis Abeba
Somalië 637 657 9 832 017 2009 15 Mogadisjoe
Oos-Afrika
Burundi 27 830 8 988 091 2009 323 Bujumbura
Comore-eilande 2 170 752 438 2009 347 Moroni
Kenia 582 650 39 002 772 2009 66 Nairobi
Madagaskar 587 040 20 653 556 2009 35 Antananarivo
Malawi 118 480 14 268 711 2009 120 Lilongwe
Mauritius 2 040 1 284 264 2009 630 Port Louis
Mayotte (Frankryk) 374 223 765 2009 490 Mamoudzou
Mosambiek 801 590 21 669 278 2009 27 Maputo
Réunion (Frankryk) 2 512 743 981 2002 296 Saint-Denis
Rwanda 26 338 10 473 282 2009 398 Kigali
Seychelle 455 87 476 2009 192 Victoria
Suid-Soedan 619 745 8 260 490 2008 13 Joeba
Tanzanië 945 087 44 929 002 2009 43 Dodoma
Uganda 236 040 32 369 558 2009 137 Kampala
Zambië 752 614 11 862 740 2009 16 Lusaka
Zimbabwe 390 580 11 392 629 2009 29 Harare
Sentraal-Afrika
Angola 1 246 700 12 799 293 2009 10 Luanda
Ekwatoriaal-Guinee 28 051 633 441 2009 23 Malabo
Gaboen 267 667 1 514 993 2009 6 Libreville
Kameroen 475 440 18 879 301 2009 40 Yaoundé
Kongo 342 000 4 012 809 2009 12 Brazzaville
Demokratiese Republiek die Kongo 2 345 410 69 575 000 2012 30 Kinshasa
São Tomé en Príncipe 1 001 212 679 2009 212 São Tomé
Sentraal-Afrikaanse Republiek 622 984 4 511 488 2009 7 Bangui
Tsjad 1 284 000 10 329 208 2009 8 N'Djamena
Suider-Afrika
Botswana 600 370 1 990 876 2009 3 Gaborone
Lesotho 30 355 2 130 819 2009 70 Maseru
Namibië 825 418 2 108 665 2009 3 Windhoek
Suid-Afrika 1 219 912 51 770 560 2011 42 Bloemfontein, Kaapstad, Pretoria
Eswatini 17 363 1 123 913 2009 65 Mbabane
Wes-Afrika
Benin 112 620 8 791 832 2009 78 Porto-Novo
Burkina Faso 274 200 15 746 232 2009 57 Ouagadougou
Gambië 11 300 1 782 893 2009 158 Banjul
Ghana 239 460 23 832 495 2009 100 Accra
Guinee 245 857 10 057 975 2009 41 Conakry
Guinee-Bissau 36 120 1 533 964 2009 43 Bissau
Ivoorkus 322 460 20 617 068 2009 64 Abidjan,
Yamoussoukro
Kaap Verde 4 033 429 474 2009 107 Praia
Liberië 111 370 3 441 790 2009 31 Monrovia
Mali 1 240 000 12 666 987 2009 10 Bamako
Mauritanië 1 030 700 3 129 486 2009 3 Nouakchott
Niger 1 267 000 15 306 252 2009 12 Niamey
Nigerië 923 768 166 629 000 2012 180 Abuja
Senegal 196 190 13 711 597 2009 70 Dakar
Sierra Leone 71 740 6 440 053 2009 90 Freetown
Sint Helena (Verenigde Koninkryk) 420 7 728 2012 13 Jamestown
Togo 56 785 6 019 877 2009 106 Lomé
Afrika Totaal 30 368 609 1 001 320 281 2009 33
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikatale.
Kaart van die tale van Afrika

Die meeste amptelike tale van Afrika is Indo-Europese tale soos Frans, Engels, Portugees, Spaans en Afrikaans.

  • Frans: Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Djiboeti, Gaboen, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Madagaskar, Mauritanië Niger, Republiek van die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Togo en Tsjad.
  • Engels: Botswana, Gambië, Ghana, Kenia, Lesotho, Liberië, Malawi, Namibië, Nigerië, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, eSwatini, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe.
  • Portugees: Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Kaap Verde en Mosambiek.
  • Spaans: Ekwatoriaal-Guinee en Wes-Sahara.
  • Afrikaans: Suid-Afrika (en Namibië tot 1990)
  • Duits: Namibië (tot 1990)

Naas hierdie Indo-Europese tale word daar ook verskillende Afrikatale gepraat. Hulle is onderverdeel in Afro-Asiaties, Niger-Kongo, Khoisan, Nilo-Sahariese en Austronesies.

Die hoogste punt van Afrika is Kilimandjaro, 5895 m bo seevlak en die laagste punt is die Assalmeer, 155 m onder seevlak. Die Saharawoestyn is in die noorde van Afrika terwyl die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika is. Die grootste rivier is die Nylrivier en die grootste meer is die Victoriameer. Die grootste land volgens oppervlakte is Algerië en volgens bevolking Nigerië.

Afrika, wat 'n oppervlakte van ruim 30 miljoen km² beslaan, is na Asië en die Amerikas die derde grootste vasteland ter wêreld. Hoewel die ewenaar Afrika feitlik reëlreg in die helfte sny, dit is nou van noord na suid gesien, lê sowat twee derdes van die landmassa in die Noordelike Halfrond. Verreweg die grootste deel, meer as twee deer­des, lê tussen die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring, en maak van Afrika die mees tropiese van alle vastelande.

Afrika-skild

Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap. Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoë plato's, met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon. Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van 'n groot deel van die kontinent. Afrika bestaan uit 'n geweldig groot deel oeroue gesteentes wat in die verre verlede die diepliggende dele van die berge gevorm het. Met verloop van tyd het die berge deur verwering weggeslyt, behalwe waar daar baie harde gesteentes naby die oppervlak was, wat meer weerstand teen erosie kon bied.

Só 'n ou geologiese vorming word 'n skild genoem. Daar is talle aanduidings dat die Afrika-skild, sowel as soortgelyke geologiese skilde soos dié in Suid-Amerika, Australië, Indië en Antarktika, oorspronklik een groot vasteland, naamlik Gondwanaland, gevorm het.

Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol. Volgens die teorie was die eiland Madagaskar, eers deel van Afrika (Plaattektoniek).

Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika-skild verdeel in 'n aantal skolle of verskuiwingsblokke, elk met 'n skoffelvormige bovlak, met 'n versonke middelste vlak. In Suider-Afrika is die plato's of tafellande hoër as die verder noord. Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000 meter bo seespieël, terwyl die Drakensberge, wat 'n opvallende "skottelrand" het, hoër as 3 000 m is.

Die Kongo-bekken lê sowat 300 meter bo seespieël, terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is. Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer. Die diepste deel van die Sahara-bekken lê onder seespieël.

Afrika kan dus gesien word as 'n reeks plato's en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal, met net enkele natuurlike grense tussenin.

Die Afrika-plaat

In die oostelike dele van Afrika het reuse-breuk­ vormings, saam met vulkaniese uitbarstings, die landskap heeltemal verander. Hier is die landmassa letterlik "gebreek". So het lang en diep valleie (slenke) gevorm, wat deel vorm van 'n slenkstelsel wat van die Jordaanvallei, deur die Rooisee en Ethiopië, na die Shire-vallei in Mosambiek loop. In Oos-Afrika verdeel die slenkstelsel in twee takke waar tussen die aardkors opgedruk is.

Op die plato lê die groot, maar vlak Victoriameer (skaars 80 m diep). Die westelike een van die twee groot slenkdale, naamlik die Groot Skeurvallei, kan duidelik op 'n kaart herken word omdat dit só 'n reeks smal, diep mere gevorm het van noord na suid kry 'n mens die Albertmeer, die Edwardmeer, die Kivumeer, die Tanganjikameer en die Malawimeer (Njassameer). Die oostelike lyn, wat sy beginpunt by die seestraat van Bab-el-Mandeb het, is met die eerste oogopslag nie so maklik herkenbaar nie. Die grootste meer wat hier gevorm het, is die Turkanameer, voorheen bekend as die Rudolfmeer.

Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie, het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie. Daarvan getuig die groot, uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is. Die hoogste berg is Kilimandjaro naby die grens tussen Kenia en Tanzanië. Dit is 5 895 m hoog. Hoewel dit in die middel van die tropiese gebied geleë is, is dit ewigdurend ook met sneeu bedek. Ander uitgewerkte vulkane is Berg Kenia (5 199 m) en die Elgon­-gebergte (4 321 m), onderskeidelik in Kenia en op die grens tussen Kenia en Uganda. 'n Ander belangrike bewys van vulkaniese werkinge bestaan in die vorm van die lawa-afsettings wat groot oppervlaktes in Ethiopië en die hooglande van Oos-Afrika bedek.

Kameroenberg in Wes-Afrika is deur 'n soortgelyke proses gevorm, maar op 'n kleiner skaal: in dié gebied het vulkaniese werkinge 'n groter rol gespeel as breukvorm­ing, en die opstoot van aardkorsdele na bo. Kameroenberg loop tot onder die see deur. Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po, Principe, Sao Tomé en Annobón.

Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke, het weinig invloed op Afrika gehad, meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande. Hierdeur het die Atlasgebergte in die noordweste gevorm, heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse in Eurasië gevorm is.

Stroomgebiede van Afrika se groot riviere

Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies, toon die waterverspreidingspatroon van Afrika 'n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland. Daar is 'n paar groot ri­vierbekkens, asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie. Sowat een derde van Afrika se water loop nie uit na die see weens die geringe reënval. Dit geld vir die Sahara én die Kalahari én die hoogliggende droë plato's in Suid-Ethiopië en Noord-Kenia.

Die riviere in die beskutte Oos-Afrika-bekken vloei uit in die Turkanameer. Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari lê die groot moerasagtige mere, naamlik die soet Tsjadmeer, wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse, wat weens 'n verdampingsproses soutwater bevat. Belangrike rivierbekkens is die Nylbekken, die Kongo-bekken, die stroomgebied van die Niger in Wes-Afrika, die Zam­bezi in die suidooste, en die Oranjerivier in Suider-Afrika.

In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart. Die Niger- en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droë seisoen te vlak vir skeepvaart. Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie.

Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou, opskiet bo 'n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het. Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato's in die binneland waarvan talle baie indrukwekkend is.

Afrika se beroemdste waterval is die Victoria-waterval op die grens tussen Zambië en Zimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort. Een voordeel van dié stapsgewyse afdaling van die Afrika-rivierbeddings, is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroëlektriese kraginstallasies.

Klimaatsones in Afrika volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
Biome van Afrika

Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop, is die patroon van die klimaat en plantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond le, in 'n groot mate dieselfde as in die Suidelike Halfrond.

Dat dit nie heeltemal dieselfde is nie, kan toegeskryf word aan die feit dat die noordelike deel baie wyer is, en net deur diesmal Rooi See van Eurasië se landmassa geskei word, terwyl die invloed van die Indiese Oseaan tot diep in die binneland van Suider-Afrika waargeneem kan word.

Die belangrikste verskil tussen die noorde en die suide is dat die wêreld se grootste woestyn, die Sahara, in die Noordelike Halfrond is, terwyl die woestyngebiede van Suider-Afrika (die Namib en die Kalahari) baie kleiner is.

Die simmetrie van die noordelike en suidelike helftes word ook verbreek deur die hoe plato's, en dit beïnvloed ook die reënvalpatroon en temperatuur. Behalwe vir die verskille tussen die hooglande en die laerliggende dele, word die klimaat verskille van Afrika hoofsaaklik bepaal deur verskille in reënval en nie deur verskille in temperatuur nie.

Temperatuur speel natuurlik ook 'n rol, maar (behalwe by die hoogste bergpieke) verander dit nie die algemene toestand dat Afrika regdeur die jaar warm bly. In die tropiese dele van Afrika word die seisoenverskille in reënval bepaal deur die ekwatoriale laag-drukstelsel wat 'n baie hoër reënvalsyfer tot gevolg het. In die winter (somer in die Noordelike Halfrond), beweeg die reënsone noord en in die somer van die Suidelike Halfrond (winter in die Noordelike Halfrond) beweeg dit suid. 'n Strook weerskante van die ewenaar bly regdeur die jaar onder die invloed van die reëngordel. 'n Breë sone aan weerskante van hierdie gordel ken 'n baie droë en 'n baie nat seisoen. Vir 'n gedeelte van die jaar heers daar dan 'n tropiese reënklimaat, terwyl dit die res van die jaar oorwegend droog is. Hierdie streek word dan beïnvloed deur die droë luggordels noord en suid van die vogtige ekwatoriale sone wat gedurende die loop van die jaar van noord na suid verskuif. Hoe verder daar, van die ewenaar beweeg word, hoe langer word die droë seisoen, omdat die reënstrook sy invloed vir 'n steeds korter tyd uitoefen. Die oorgang van vogtige na droë klimaat is gewoonlik geleidelik omdat daar geen topografiese grense is wat een klimaatsones van 'n ander skei nie. Om dieselfde rede is die klimaat wisselvallig, veral in die droër seisoene.

Die reëngordel beweeg nie volgens riglyne nie, omdat dit nie deur topografiese kenmerke gelei ward nie. Daarom is die begin van die reënseisoen moeilik voorspelbaar een jaar is dit vroeg, die volgende jaar laat. Soms val daar baie reën, dan weer minder. Die sones met wisselende droë en nat seisoene beweeg geleidelik oor na die woestyngebiede waar 'n stortbui baie selde voorkom.

In die suidelike deel van die vasteland is die woestyn relatief klein. Die Namibwoestyn, wat aan die kus van Namibië lê, is uiters droog. Die Kalahari in Botswana is in der waarheid eerder 'n halfwoestyn. Die reusagtige Sahara in die noorde word elke jaar steeds groter en brei veral na die suide uit omdat baie min reën voorkom. Dit vorm deel van 'n droëgordel wat tot diep in Asië strek.

'n Middellandse Seeklimaat, 'n klimaat wat bestaan uit droë, warm somers, en koeler winters wanneer die meeste reën voorkom, oorheers in die noordweste en die suidelike grensgebiede van Afrika. Die patroon van Afrika se plantegroei hang van die klimaatstreke af.

Tropiese reënwoude groei in die natste dele, in die hartjie van die Kongo-bekken en die kus van Wes-Afrika. 'n Ander soort reënwoud sorg vir die natuurlike plantegroei teen die nat en reënerige hellings van die Oos-Afrika-hooglande. Rondom die oerwoud, strek die vogtige savanne of grasvlakte met hoë, wuiwende gras en hoë bome. Namate die klimaat droër word, groei die gras, en selfs die bome, laer as gewoonlik. Die bome met laer kruine begin hul blare in die droë seisoen verloor. Doringbosse en Acasias is kenmerkend van die droë savanne. Hoe nader daar aan die grense van die woestyn beweeg word, hoe yler word die plantegroei. 'n Kleiner gedeelte van Afrika as wat 'n mens sou verwag – minder as 10% – is heeltemal bar. Die boomlose grasveld in die binneland van Suid-­Afrika sorg vir uitstekende landboumoontlikhede.

'n Afrika-olifant en kremetart in Tanzanië

Afrika het nie so baie oerwoude soos wat die algemene indruk is nie. Die grootste deel van sy oppervlakte bestaan uit uitgestrekte vlaktes, woestyne en savannes. Gedeeltelik is dit die natuurlike gevolg van prehistoriese vulkaniese uitbarstings. Die vulkaniese afsettings is net deur 'n dun lagie grond bedek waarin bome hulle moeilik kon vasanker. Die mens het die toestand later aansienlik laat toeneem deur brande, oorbeweiding en ander bedrywighede wat erosie bevorder. Die klimaat het ook sy invloed laat geld. Die afgelope miljoen jaar het die klimaatstoestande drie keer gewissel van vogtig en nat tot droog. Só het die eens uit gebreide tropiese reënwoud al hoe kleiner geword. Aan die ander kant het die veranderinge in die klimaat die dier- en plantsoorte gedwing om hulle by die nuwe omstandighede aan te pas. Só het 'n groot verskeidenheid fauna en flora ontwikkel. Dat Afrika steeds die woonplek van die groot soogdiere is, is te danke aan die savannes en uitgestrekte grasvlaktes met verspreide boomgroepe. Ondanks die bedreiging wat die mens inhou, floreer reuse-troppe wildsbokke, sebras en buffels nog hier in die ongerepte dele van Afrika. Hul getalle word beheer deur leeus, luiperds, jagluiperds, hiënas, wildehonde, jakkalse en ander vleisvretende roofdiere. Kameelperde, renosters en Afrika-olifante is ook bewoners van die grasvlaktes, hoewel daar 'n soort olifant is wat net in die bosse bly. Die voëllewe bied 'n besondere verskeidenheid. Nêrens ter wêreld is daar so baie roofvoëls soos hier nie. Dit wissel van reuse-aasvoëls wat op groot stukke wildaas leef tot klein dwergvalke wat net van insekte leef. Die grootste voël ter wêreld, die volstruis, wat tot 3 m lank kan word, word net in die savannes of grasvlaktes van Afrika aangetref. Onder die kenmerkende bome en struike wat wyd voorkom, is die kremetartboom (Adansonia digitata), ook bekend as die baobab of apebroodboom, en sekere Acacia-soorte. Die grootste woestyn in Afrika is die Sahara. Die yl plantegroei bestaan uit xerofiete of woestynplante wat hulle op een of ander manier by die droogtetoestand aangepas het. Hier kan 'n onderskeid getref word tussen grondwater en reënwaterplante. Grondwaterplante het baie lang wortels om die diep ondergrondse water maklik te kan bereik. Aalwyne kan hulle byvoorbeeld besonder goed by sulke toestande aanpas.

Reënwaterplante oorleef op hulle beurt weer deur middel van hul sade wat hul ontkiemingskrag vir jare kan behou. Wanneer dit wel reën, blom die reënplante binne 'n byna ongelooflik kort tyd.

Honderdduisende dadelpalms en ander vrugtebome word by oases aangeplant. Daarom is die plantegroei daar altyd weelderig. Die oorspronklike oaseplantegroei, wat waarskynlik uit struike soos die selonsroos (Nerium oleander) en bome soos die tamarinde (Tamarindus indica) bestaan het, het feitlik verdwyn.

Die gebrek aan voedsel en skuiling, maak die lewe baie moeilik vir die groter soogdiere wat uit die aard van die saak 'n maklike prooi vir mensejagters is. Diere soos die jagluiperd, die rooihartbees, die damhert, 'n wildsboksoort, en die sierlike gemsbok, is feitlik heeltemal uitgeroei in die woestyngebiede. Die sandheuwels van die Kala­hariwoestyn is toegegroei met harde grassoorte, veral vingergras en ander soorte soetgras. In die valleie groei die sogenaamde "lewende klippe", die woestynplante, wat baie soos klippe lyk, maar hier eindig die ooreenkoms: die beskermde planthuid sorg daarvoor dat baie min vog ontsnap. Gevolglik is hul weefsel in der waarheid voedsaam en sappig.

Die Namib-woestyn in Namibië is een van die mees onherbergsame streke ter wêreld. Ook hier is die harde aapstertstreekgras (Aristida congesta) van die min plante wat aangetref word. Die beroemde Welwitschiaplant (Welwitschia mirabilis) kan ondanks die meedoënlose klimaat honderde jare aan die lewe bly.

Die tropiese reënwoude kom voor in gebiede waar die reënval meer as 1 500 mm per jaar is. Weens die vogtigheid en die baie hitte, is daar altyd 'n immergroen en baie weelderige, digte plantegroei. In Afrika word reënwoude hoofsaaklik langs die Weskus aangetref.

Ruimte vir groot troppe is daar nie en die meeste soogdiere is alleen­lopers. Hulle is gewoonlik sku diere wat snags aktief is. Een van die grootste inwoners van die reënwoud is die okapi ('n skaars verwant van die kameelperd), die boseland en die reuse-bosvark.

Die sterkste aapsoort is die gorilla soos die laagland-gorilla van Nigerië, Kameroen en die Kongo, en die berggorilla van Uganda en die vulkaangebied van die oostelike Kongo, waar dit tot op 'n hoogte van 4 000 m voorkom.

Die ander mensaap van Afrika, die sjimpansee, kan heel gemaklik in die grasvlaktes leef, maar is in die oerwoud beter teen mense beskerm.

Die reënwoude het ook talle belangrike bruikbare plante opgelewer soos die oliepalm, en die tropiese kola- en die koffieboom.

  1. Gudmastad, Ericha (2013). (PDF). www.prb.org (in Engels). Population Reference Bureau. (PDF) vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2017. Besoek op18 Augustus 2015.
  2. (in Engels). Millenniumindicators.un.org. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op25 Augustus 2012.
  3. (en) 13 Oktober 2013 op Wayback Machine


Publikasie datum: September 03, 2021

afrika, oppervlakte, bevolking, miljard, 2013, bevolkingsdigtheid, lande, omstrede, afhanklike, gebiede, 7taalfamilies, afro, asiaties, niger, kongo, khoisan, nilo, saharies, austronesies, indo, europeestydsones, kaap, verde, mauritius, seychelle, grootste, st. Afrika Oppervlakte 30 221 532 km 2de Bevolking 1 1 miljard 1 2013 2de Bevolkingsdigtheid 36 4 km Lande 54 en 2 omstrede Afhanklike gebiede 7Taalfamilies Afro Asiaties Niger Kongo Khoisan Nilo Saharies Austronesies Indo EuropeesTydsones UTC 1 Kaap Verde tot UTC 4 Mauritius en Seychelle Grootste stede Lagos Kairo Kinshasa Brazzaville Johannesburg Nairobi Mogadisjoe Khartoem Omdoerman Dar es Salaam Alexandrie Abidjan Casablanca Afrika is die wereld se tweede grootste kontinent na Asie in sowel oppervlakte as bevolking Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km wat 20 3 van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense ongeveer n sewende van die wereldbevolking Inhoud 1 Lande 2 Tale 3 Geografie 3 1 Afrika skild 4 Slenkvalleis en vulkane 5 Riviere en mere 6 Klimaat en natuurlike plantegroei 7 Fauna en flora 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Bron 11 Eksterne skakelsLande WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Lys van Afrika lande Nasa Satellietbeeld van Afrika Kaart van Afrika Politiese kaart van Afrika Die Verenigde Nasies se indeling van Afrika in substreke 2 Noord Afrika Wes Afrika Sentraal Afrika Oos Afrika Suider Afrika Verspreiding van godsdienste in Afrika Naam van streek en gebied met vlag Oppervlak km Bevolking 3 Jaar Bevolkingsdigtheid per km HoofstadNoord Afrika Algerie 2 381 740 34 178 188 2009 14 Algiers Ceuta Spanje 20 71 505 2001 3 575 Egipte 1 001 450 82 868 000 2012 83 Kairo Kanariese Eilande Spanje 7 492 2 118 519 2010 226 Las Palmas de Gran Canaria Santa Cruz de Tenerife Libie 1 759 540 6 310 434 2009 4 Tripoli Madeiraeilande Portugal 797 245 000 2001 307 Funchal Marokko 446 550 34 859 364 2009 78 Rabat Melilla Spanje 12 66 411 2001 5 534 Soedan 1 861 484 30 894 000 2008 17 Khartoem Tunisie 163 610 10 486 339 2009 64 Tunis Wes Sahara 266 000 405 210 2009 2 LaayouneHoring van Afrika of Noordoos Afrika Djiboeti 23 000 623 891 2012 22 Djiboeti Eritrea 121 320 5 647 168 2009 47 Asmara Ethiopie 1 127 127 84 320 987 2012 75 Addis Abeba Somalie 637 657 9 832 017 2009 15 MogadisjoeOos Afrika Burundi 27 830 8 988 091 2009 323 Bujumbura Comore eilande 2 170 752 438 2009 347 Moroni Kenia 582 650 39 002 772 2009 66 Nairobi Madagaskar 587 040 20 653 556 2009 35 Antananarivo Malawi 118 480 14 268 711 2009 120 Lilongwe Mauritius 2 040 1 284 264 2009 630 Port Louis Mayotte Frankryk 374 223 765 2009 490 Mamoudzou Mosambiek 801 590 21 669 278 2009 27 Maputo Reunion Frankryk 2 512 743 981 2002 296 Saint Denis Rwanda 26 338 10 473 282 2009 398 Kigali Seychelle 455 87 476 2009 192 Victoria Suid Soedan 619 745 8 260 490 2008 13 Joeba Tanzanie 945 087 44 929 002 2009 43 Dodoma Uganda 236 040 32 369 558 2009 137 Kampala Zambie 752 614 11 862 740 2009 16 Lusaka Zimbabwe 390 580 11 392 629 2009 29 HarareSentraal Afrika Angola 1 246 700 12 799 293 2009 10 Luanda Ekwatoriaal Guinee 28 051 633 441 2009 23 Malabo Gaboen 267 667 1 514 993 2009 6 Libreville Kameroen 475 440 18 879 301 2009 40 Yaounde Kongo 342 000 4 012 809 2009 12 Brazzaville Demokratiese Republiek die Kongo 2 345 410 69 575 000 2012 30 Kinshasa Sao Tome en Principe 1 001 212 679 2009 212 Sao Tome Sentraal Afrikaanse Republiek 622 984 4 511 488 2009 7 Bangui Tsjad 1 284 000 10 329 208 2009 8 N DjamenaSuider Afrika Botswana 600 370 1 990 876 2009 3 Gaborone Lesotho 30 355 2 130 819 2009 70 Maseru Namibie 825 418 2 108 665 2009 3 Windhoek Suid Afrika 1 219 912 51 770 560 2011 42 Bloemfontein Kaapstad Pretoria Eswatini 17 363 1 123 913 2009 65 MbabaneWes Afrika Benin 112 620 8 791 832 2009 78 Porto Novo Burkina Faso 274 200 15 746 232 2009 57 Ouagadougou Gambie 11 300 1 782 893 2009 158 Banjul Ghana 239 460 23 832 495 2009 100 Accra Guinee 245 857 10 057 975 2009 41 Conakry Guinee Bissau 36 120 1 533 964 2009 43 Bissau Ivoorkus 322 460 20 617 068 2009 64 Abidjan Yamoussoukro Kaap Verde 4 033 429 474 2009 107 Praia Liberie 111 370 3 441 790 2009 31 Monrovia Mali 1 240 000 12 666 987 2009 10 Bamako Mauritanie 1 030 700 3 129 486 2009 3 Nouakchott Niger 1 267 000 15 306 252 2009 12 Niamey Nigerie 923 768 166 629 000 2012 180 Abuja Senegal 196 190 13 711 597 2009 70 Dakar Sierra Leone 71 740 6 440 053 2009 90 Freetown Sint Helena Verenigde Koninkryk 420 7 728 2012 13 Jamestown Togo 56 785 6 019 877 2009 106 LomeAfrika Totaal 30 368 609 1 001 320 281 2009 33Tale WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Afrikatale Kaart van die tale van Afrika Die meeste amptelike tale van Afrika is Indo Europese tale soos Frans Engels Portugees Spaans en Afrikaans Frans Benin Burkina Faso Burundi Demokratiese Republiek van die Kongo Djiboeti Gaboen Guinee Ivoorkus Kameroen Mali Madagaskar Mauritanie Niger Republiek van die Kongo Rwanda Senegal Sentraal Afrikaanse Republiek Sierra Leone Togo en Tsjad Engels Botswana Gambie Ghana Kenia Lesotho Liberie Malawi Namibie Nigerie Soedan Suid Afrika Suid Soedan eSwatini Tanzanie Uganda Zambie Zimbabwe Portugees Angola Ekwatoriaal Guinee Kaap Verde en Mosambiek Spaans Ekwatoriaal Guinee en Wes Sahara Afrikaans Suid Afrika en Namibie tot 1990 Duits Namibie tot 1990 Naas hierdie Indo Europese tale word daar ook verskillende Afrikatale gepraat Hulle is onderverdeel in Afro Asiaties Niger Kongo Khoisan Nilo Sahariese en Austronesies Geografie WysigDie hoogste punt van Afrika is Kilimandjaro 5895 m bo seevlak en die laagste punt is die Assalmeer 155 m onder seevlak Die Saharawoestyn is in die noorde van Afrika terwyl die Groot Skeurvallei in Oos Afrika is Die grootste rivier is die Nylrivier en die grootste meer is die Victoriameer Die grootste land volgens oppervlakte is Algerie en volgens bevolking Nigerie Afrika wat n oppervlakte van ruim 30 miljoen km beslaan is na Asie en die Amerikas die derde grootste vasteland ter wereld Hoewel die ewenaar Afrika feitlik reelreg in die helfte sny dit is nou van noord na suid gesien le sowat twee derdes van die landmassa in die Noordelike Halfrond Verreweg die grootste deel meer as twee deer des le tussen die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring en maak van Afrika die mees tropiese van alle vastelande Afrika skild Wysig Die Groot Skeurvallei van Oos Afrika Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoe plato s met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van n groot deel van die kontinent Afrika bestaan uit n geweldig groot deel oeroue gesteentes wat in die verre verlede die diepliggende dele van die berge gevorm het Met verloop van tyd het die berge deur verwering weggeslyt behalwe waar daar baie harde gesteentes naby die oppervlak was wat meer weerstand teen erosie kon bied So n ou geologiese vorming word n skild genoem Daar is talle aanduidings dat die Afrika skild sowel as soortgelyke geologiese skilde soos die in Suid Amerika Australie Indie en Antarktika oorspronklik een groot vasteland naamlik Gondwanaland gevorm het Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol Volgens die teorie was die eiland Madagaskar eers deel van Afrika Plaattektoniek Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika skild verdeel in n aantal skolle of verskuiwingsblokke elk met n skoffelvormige bovlak met n versonke middelste vlak In Suider Afrika is die plato s of tafellande hoer as die verder noord Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000 meter bo seespieel terwyl die Drakensberge wat n opvallende skottelrand het hoer as 3 000 m is Die Kongo bekken le sowat 300 meter bo seespieel terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer Die diepste deel van die Sahara bekken le onder seespieel Afrika kan dus gesien word as n reeks plato s en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal met net enkele natuurlike grense tussenin Slenkvalleis en vulkane Wysig Die Afrika plaat In die oostelike dele van Afrika het reuse breuk vormings saam met vulkaniese uitbarstings die landskap heeltemal verander Hier is die landmassa letterlik gebreek So het lang en diep valleie slenke gevorm wat deel vorm van n slenkstelsel wat van die Jordaanvallei deur die Rooisee en Ethiopie na die Shire vallei in Mosambiek loop In Oos Afrika verdeel die slenkstelsel in twee takke waar tussen die aardkors opgedruk is Op die plato le die groot maar vlak Victoriameer skaars 80 m diep Die westelike een van die twee groot slenkdale naamlik die Groot Skeurvallei kan duidelik op n kaart herken word omdat dit so n reeks smal diep mere gevorm het van noord na suid kry n mens die Albertmeer die Edwardmeer die Kivumeer die Tanganjikameer en die Malawimeer Njassameer Die oostelike lyn wat sy beginpunt by die seestraat van Bab el Mandeb het is met die eerste oogopslag nie so maklik herkenbaar nie Die grootste meer wat hier gevorm het is die Turkanameer voorheen bekend as die Rudolfmeer Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie Daarvan getuig die groot uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is Die hoogste berg is Kilimandjaro naby die grens tussen Kenia en Tanzanie Dit is 5 895 m hoog Hoewel dit in die middel van die tropiese gebied gelee is is dit ewigdurend ook met sneeu bedek Ander uitgewerkte vulkane is Berg Kenia 5 199 m en die Elgon gebergte 4 321 m onderskeidelik in Kenia en op die grens tussen Kenia en Uganda n Ander belangrike bewys van vulkaniese werkinge bestaan in die vorm van die lawa afsettings wat groot oppervlaktes in Ethiopie en die hooglande van Oos Afrika bedek Kameroenberg in Wes Afrika is deur n soortgelyke proses gevorm maar op n kleiner skaal in die gebied het vulkaniese werkinge n groter rol gespeel as breukvorm ing en die opstoot van aardkorsdele na bo Kameroenberg loop tot onder die see deur Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po Principe Sao Tome en Annobon Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke het weinig invloed op Afrika gehad meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande Hierdeur het die Atlasgebergte in die noordweste gevorm heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse in Eurasie gevorm is Riviere en mere Wysig Stroomgebiede van Afrika se groot riviere Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies toon die waterverspreidingspatroon van Afrika n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland Daar is n paar groot ri vierbekkens asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie Sowat een derde van Afrika se water loop nie uit na die see weens die geringe reenval Dit geld vir die Sahara en die Kalahari en die hoogliggende droe plato s in Suid Ethiopie en Noord Kenia Die riviere in die beskutte Oos Afrika bekken vloei uit in die Turkanameer Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari le die groot moerasagtige mere naamlik die soet Tsjadmeer wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse wat weens n verdampingsproses soutwater bevat Belangrike rivierbekkens is die Nylbekken die Kongo bekken die stroomgebied van die Niger in Wes Afrika die Zam bezi in die suidooste en die Oranjerivier in Suider Afrika In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart Die Niger en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droe seisoen te vlak vir skeepvaart Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou opskiet bo n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato s in die binneland waarvan talle baie indrukwekkend is Afrika se beroemdste waterval is die Victoria waterval op die grens tussen Zambie en Zimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort Een voordeel van die stapsgewyse afdaling van die Afrika rivierbeddings is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroelektriese kraginstallasies Klimaat en natuurlike plantegroei Wysig Klimaatsones in Afrika volgens die Koppen klimaatklassifikasie Biome van Afrika Afrika olifante en kwaggas in die Serengeti van Tanzanie Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop is die patroon van die klimaat en plantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond le in n groot mate dieselfde as in die Suidelike Halfrond Dat dit nie heeltemal dieselfde is nie kan toegeskryf word aan die feit dat die noordelike deel baie wyer is en net deur diesmal Rooi See van Eurasie se landmassa geskei word terwyl die invloed van die Indiese Oseaan tot diep in die binneland van Suider Afrika waargeneem kan word Die belangrikste verskil tussen die noorde en die suide is dat die wereld se grootste woestyn die Sahara in die Noordelike Halfrond is terwyl die woestyngebiede van Suider Afrika die Namib en die Kalahari baie kleiner is Die simmetrie van die noordelike en suidelike helftes word ook verbreek deur die hoe plato s en dit beinvloed ook die reenvalpatroon en temperatuur Behalwe vir die verskille tussen die hooglande en die laerliggende dele word die klimaat verskille van Afrika hoofsaaklik bepaal deur verskille in reenval en nie deur verskille in temperatuur nie Temperatuur speel natuurlik ook n rol maar behalwe by die hoogste bergpieke verander dit nie die algemene toestand dat Afrika regdeur die jaar warm bly In die tropiese dele van Afrika word die seisoenverskille in reenval bepaal deur die ekwatoriale laag drukstelsel wat n baie hoer reenvalsyfer tot gevolg het In die winter somer in die Noordelike Halfrond beweeg die reensone noord en in die somer van die Suidelike Halfrond winter in die Noordelike Halfrond beweeg dit suid n Strook weerskante van die ewenaar bly regdeur die jaar onder die invloed van die reengordel n Bree sone aan weerskante van hierdie gordel ken n baie droe en n baie nat seisoen Vir n gedeelte van die jaar heers daar dan n tropiese reenklimaat terwyl dit die res van die jaar oorwegend droog is Hierdie streek word dan beinvloed deur die droe luggordels noord en suid van die vogtige ekwatoriale sone wat gedurende die loop van die jaar van noord na suid verskuif Hoe verder daar van die ewenaar beweeg word hoe langer word die droe seisoen omdat die reenstrook sy invloed vir n steeds korter tyd uitoefen Die oorgang van vogtige na droe klimaat is gewoonlik geleidelik omdat daar geen topografiese grense is wat een klimaatsones van n ander skei nie Om dieselfde rede is die klimaat wisselvallig veral in die droer seisoene Die reengordel beweeg nie volgens riglyne nie omdat dit nie deur topografiese kenmerke gelei ward nie Daarom is die begin van die reenseisoen moeilik voorspelbaar een jaar is dit vroeg die volgende jaar laat Soms val daar baie reen dan weer minder Die sones met wisselende droe en nat seisoene beweeg geleidelik oor na die woestyngebiede waar n stortbui baie selde voorkom In die suidelike deel van die vasteland is die woestyn relatief klein Die Namibwoestyn wat aan die kus van Namibie le is uiters droog Die Kalahari in Botswana is in der waarheid eerder n halfwoestyn Die reusagtige Sahara in die noorde word elke jaar steeds groter en brei veral na die suide uit omdat baie min reen voorkom Dit vorm deel van n droegordel wat tot diep in Asie strek n Middellandse Seeklimaat n klimaat wat bestaan uit droe warm somers en koeler winters wanneer die meeste reen voorkom oorheers in die noordweste en die suidelike grensgebiede van Afrika Die patroon van Afrika se plantegroei hang van die klimaatstreke af Tropiese reenwoude groei in die natste dele in die hartjie van die Kongo bekken en die kus van Wes Afrika n Ander soort reenwoud sorg vir die natuurlike plantegroei teen die nat en reenerige hellings van die Oos Afrika hooglande Rondom die oerwoud strek die vogtige savanne of grasvlakte met hoe wuiwende gras en hoe bome Namate die klimaat droer word groei die gras en selfs die bome laer as gewoonlik Die bome met laer kruine begin hul blare in die droe seisoen verloor Doringbosse en Acasias is kenmerkend van die droe savanne Hoe nader daar aan die grense van die woestyn beweeg word hoe yler word die plantegroei n Kleiner gedeelte van Afrika as wat n mens sou verwag minder as 10 is heeltemal bar Die boomlose grasveld in die binneland van Suid Afrika sorg vir uitstekende landboumoontlikhede Fauna en flora Wysig n Afrika olifant en kremetart in Tanzanie n Kameelperd kom n swartrenoster in die Nasionale Etoshawildtuin Namibie tee n Jagluiperd verwurg n rooibok in die Timbavati wildreservaat Suid Afrika Afrika het nie so baie oerwoude soos wat die algemene indruk is nie Die grootste deel van sy oppervlakte bestaan uit uitgestrekte vlaktes woestyne en savannes Gedeeltelik is dit die natuurlike gevolg van prehistoriese vulkaniese uitbarstings Die vulkaniese afsettings is net deur n dun lagie grond bedek waarin bome hulle moeilik kon vasanker Die mens het die toestand later aansienlik laat toeneem deur brande oorbeweiding en ander bedrywighede wat erosie bevorder Die klimaat het ook sy invloed laat geld Die afgelope miljoen jaar het die klimaatstoestande drie keer gewissel van vogtig en nat tot droog So het die eens uit gebreide tropiese reenwoud al hoe kleiner geword Aan die ander kant het die veranderinge in die klimaat die dier en plantsoorte gedwing om hulle by die nuwe omstandighede aan te pas So het n groot verskeidenheid fauna en flora ontwikkel Dat Afrika steeds die woonplek van die groot soogdiere is is te danke aan die savannes en uitgestrekte grasvlaktes met verspreide boomgroepe Ondanks die bedreiging wat die mens inhou floreer reuse troppe wildsbokke sebras en buffels nog hier in die ongerepte dele van Afrika Hul getalle word beheer deur leeus luiperds jagluiperds hienas wildehonde jakkalse en ander vleisvretende roofdiere Kameelperde renosters en Afrika olifante is ook bewoners van die grasvlaktes hoewel daar n soort olifant is wat net in die bosse bly Die voellewe bied n besondere verskeidenheid Nerens ter wereld is daar so baie roofvoels soos hier nie Dit wissel van reuse aasvoels wat op groot stukke wildaas leef tot klein dwergvalke wat net van insekte leef Die grootste voel ter wereld die volstruis wat tot 3 m lank kan word word net in die savannes of grasvlaktes van Afrika aangetref Onder die kenmerkende bome en struike wat wyd voorkom is die kremetartboom Adansonia digitata ook bekend as die baobab of apebroodboom en sekere Acacia soorte Die grootste woestyn in Afrika is die Sahara Die yl plantegroei bestaan uit xerofiete of woestynplante wat hulle op een of ander manier by die droogtetoestand aangepas het Hier kan n onderskeid getref word tussen grondwater en reenwaterplante Grondwaterplante het baie lang wortels om die diep ondergrondse water maklik te kan bereik Aalwyne kan hulle byvoorbeeld besonder goed by sulke toestande aanpas Reenwaterplante oorleef op hulle beurt weer deur middel van hul sade wat hul ontkiemingskrag vir jare kan behou Wanneer dit wel reen blom die reenplante binne n byna ongelooflik kort tyd Honderdduisende dadelpalms en ander vrugtebome word by oases aangeplant Daarom is die plantegroei daar altyd weelderig Die oorspronklike oaseplantegroei wat waarskynlik uit struike soos die selonsroos Nerium oleander en bome soos die tamarinde Tamarindus indica bestaan het het feitlik verdwyn Die gebrek aan voedsel en skuiling maak die lewe baie moeilik vir die groter soogdiere wat uit die aard van die saak n maklike prooi vir mensejagters is Diere soos die jagluiperd die rooihartbees die damhert n wildsboksoort en die sierlike gemsbok is feitlik heeltemal uitgeroei in die woestyngebiede Die sandheuwels van die Kala hariwoestyn is toegegroei met harde grassoorte veral vingergras en ander soorte soetgras In die valleie groei die sogenaamde lewende klippe die woestynplante wat baie soos klippe lyk maar hier eindig die ooreenkoms die beskermde planthuid sorg daarvoor dat baie min vog ontsnap Gevolglik is hul weefsel in der waarheid voedsaam en sappig Die Namib woestyn in Namibie is een van die mees onherbergsame streke ter wereld Ook hier is die harde aapstertstreekgras Aristida congesta van die min plante wat aangetref word Die beroemde Welwitschiaplant Welwitschia mirabilis kan ondanks die meedoenlose klimaat honderde jare aan die lewe bly Die tropiese reenwoude kom voor in gebiede waar die reenval meer as 1 500 mm per jaar is Weens die vogtigheid en die baie hitte is daar altyd n immergroen en baie weelderige digte plantegroei In Afrika word reenwoude hoofsaaklik langs die Weskus aangetref Ruimte vir groot troppe is daar nie en die meeste soogdiere is alleen lopers Hulle is gewoonlik sku diere wat snags aktief is Een van die grootste inwoners van die reenwoud is die okapi n skaars verwant van die kameelperd die boseland en die reuse bosvark Die sterkste aapsoort is die gorilla soos die laagland gorilla van Nigerie Kameroen en die Kongo en die berggorilla van Uganda en die vulkaangebied van die oostelike Kongo waar dit tot op n hoogte van 4 000 m voorkom Die ander mensaap van Afrika die sjimpansee kan heel gemaklik in die grasvlaktes leef maar is in die oerwoud beter teen mense beskerm Die reenwoude het ook talle belangrike bruikbare plante opgelewer soos die oliepalm en die tropiese kola en die koffieboom Sien ook WysigAfrika Eurasie Afrika unie Vlae van AfrikaVerwysings Wysig Gudmastad Ericha 2013 2013 World Population Data Sheet PDF www prb org in Engels Population Reference Bureau Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2017 Besoek op 18 Augustus 2015 Standard Country or Area Codes for Statistical Use in Engels Millenniumindicators un org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 25 Augustus 2012 en USCensusBureau Countries and Areas Ranked by Population 2009 Geargiveer 13 Oktober 2013 op Wayback MachineBron WysigEnsiklopedie Afrikana Edms Bpk ISBN 0908409419 Stel ISBN 0908409435 BandEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Afrika en Toerisme inligting oor Afrika op Wikivoyage Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Afrika en Africa Encyclopaedia Britannica Besoek op 26 Mei 2018 en allAfrica com onlangse nuus gebeure en statistieke Kontinente van die wereld Afrika Eurasie Amerikas Eurasie Oseanie Afrika Antarktika Asie Australie Europa Noord Amerika Suid AmerikaGeologiese superkontinente Gondwana Laurasie Pangaea Rodinia Ur VaalbaraOntsluit van https af wikipedia org w index php title Afrika amp ol,