fbpx Adolf Hitler
Wikipedia

Adolf Hitler

Adolf Hitler (* 20 April 1889 in Braunau am Inn, Opper-Oostenryk; † 30 April 1945 in Berlyn) was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (die Nazi-party) was.

Adolf Hitler

Adolf Hitler in 1937

Führer van Nazi-Duitsland
Ampstermyn
2 Augustus 193430 April 1945
Vise Rudolf Hess (1933–1941)
Posisie vakant
Voorafgegaan deur Paul von Hindenburg (as President)
Opgevolg deur Karl Dönitz (as President)

Kanselier van Duitsland
Ampstermyn
30 Januarie 193330 April 1945
Vise Franz von Papen (1933–1934)
Pos vakant
President Paul von Hindenburg (tot 1934)
Voorafgegaan deur Kurt von Schleicher
Opgevolg deur Joseph Goebbels

Reichsstatthalter van Pruise
Ampstermyn
30 Januarie 193330 April 1945
Eerste minister Franz von Papen
Hermann Göring
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 April 1889
Braunau am Inn, Oostenryk-Hongarye
Sterf 30 April 1945
Berlyn, Nazi-Duitsland
Politieke party Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
Eggenoot/-note Eva Braun (29–30 April 1945)
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Duitse Keiserryk
Diens/Tak Reichsheer
Jare in diens 1914–1920
Rang Gefreiter
Eenheid 16de Beierse Reserwe-Regiment
Oorloë/Veldslae Eerste Wêreldoorlog
Toekennings Ysterkruis (1ste en 2de klas)

In die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n Oostenrykse soldaat in die Beierse (Duitse) krygsmag. In 1925 het Hitler vrywillig afgesien van sy Oostenrykse burgerskap, en in 1932 is danksy die hulp van Rudolf Heß Duitse burgerskap aan hom toegestaan.

Op 30 Januarie 1933 is hy ingesweer as kanselier van Duitsland en in 1934 het hy ook die titel Führer (leier) van Nazi-Duitsland bygekry. Hy het politieke voordeel getrek uit die ekonomiese krisis wat Duitsland tydens die Groot Depressie vanaf 1929/1930 deurgemaak het.

Sy bedeling was verantwoordelik vir die dood van 'n beraamde twintig miljoen mense en ontelbaar baie se verskuiwing. Hitler, 'n begaafde spreker, word gesien as een van die invloedrykste en gevaarlikste leiers van die 20ste eeu.

Sy pogings om die Duitse grondgebied deur politieke druk en militêre optrede uit te brei, wat begin het met die inname van Pole in 1939, was een van die aanleidende faktore van die Tweede Wêreldoorlog. Teen die einde van die oorlog het hy en sy gade Eva Braun in die Berlynse Führerbunker selfmoord gepleeg.

Inhoud

Hy is naby die Duits-Oostenrykse grens gebore as seun van Alois en Klara (née Pölzl) Hitler. Hy was baie skugter en kon daardeur nie goed presteer op die middelbare skool nie. In sy 16de lewensjaar het hy die skool sonder diploma verlaat.

Benito Mussolini (links) en Adolf Hitler (regs)
Troepe marsjeer verby Hitler

Hitler, wat vanaf Julie 1921 as voorsitter van die Nazi-party gedien het, het in November 1923 'n poging aangewend om die demokraties verkose regering van die Republiek van Weimar deur 'n staatsgreep vanuit Beiere omver te werp. Met die eerste boekdeel van sy verhandeling Mein Kampf, wat in 1925 gepubliseer is, het hy die grondslag vir die antisemitiese en rassistiese ideologie van die nasionaalsosialisme gelê.

Op 30 Januarie 1933 is Hitler deur die Duitse rykspresident Paul von Hindenburg as rykskanselier benoem. Binne enkele maande het sy bewind, waarin naas nasionaalsosialiste ook ekstreemregse ministers van die Duits-Nasionale Volksparty verteenwoordig was, deur middel van terreur, noodtoestandswetgewing, wette oor gelykskakeling en verbode, wat op opposisionele partye en groeperings geplaas is, die pluralistiese demokratiese en federale regeringstelsel net soos die regstaatlike bedeling omvergewerp. Politieke teenstanders is in hegtenis geneem en in konsentrasiekampe aangehou, gemartel en vermoor. Ter geleentheid van die sogenaamde Röhm-staatsgreep het hy ook van potensiële mededingers binne sy eie partygeledere ontslae geraak. Hindenburg se afsterwe op 2 Augustus 1934 was vir Hitler 'n welkome geleentheid om die ampte van Rykskanselier en Rykspresident te verenig.

Teen die Joodse bevolking in Duitsland is vanaf 1933 toenemend gediskrimineer. Duitse Jode is gaandeweg van hul burgerregte ontneem, veral deur die sogenaamde Neurenbergse Wette wat in September 1935 afgekondig is, en die pogroms van November 1938. Met sy bevele om die Duitse weermag te herbewapen en die Rynland te beset, het Hitler in 1936 bepalinge van die Verdrag van Versailles verbreek. Die Nasionaal-Sosialistiese propaganda het sy ekonomiese, sosiale en buitelandse beleid as 'n groot sukses voorgestel en sodoende tot en met 1939 sy enorme gewildheid onder groot dele van die Duitse bevolking verseker.

In 1938 het Hitler homself tot opperbevelhebber van die weermag verklaar en Oostenryk se aansluiting by die Duitse Ryk bewerkstellig. Die München-ooreenkoms, wat op 30 September 1938 onderteken is en waarin ander Europese moondhede die inlywing van die Duitssprekende Sudeteland in Tsjeggo-Slowakye by die Duitse Ryk aanvaar het, het Hitler reeds op 15 Maart 1939 verbreek deur die res van Tsjeggo-Slowakye binne te val. Sy bevel om Pole in September 1939 binne te val het tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in Europa gelei.

Op 31 Julie 1940 het hy sy besluit om ook die Sowjetunie aan te val aan die opperkommando van die Duitse weermag bekend gemaak. Die oorlog teen die Sowjetunie, wat op 22 Junie 1941 begin het, het Hitler onder die skuilnaam Unternehmen Barbarossa as 'n vernietigingsveldtog beplan en gevoer om "lewensruimte" in die ooste te verower.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse Nasionaal-Sosialiste en hul buitelandse ondersteuners ongekende massamisdade en volksmoorde gepleeg. Reeds in die somer van 1939 het Hitler die bevel gegee om die genadedood van volwassenes voor te berei. Tydens die sogenaamde Aktion T4 is tussen September 1939 en Augustus 1941 meer as 70 000 sielsiekes en geestelik en liggaamlik gestremdes stelselmatig vermoor. Ander vorme van Nasionaal-Sosialistiese genadedood het ten minste 190 000 mense se lewens geëis.

In die Porajmos is na raming tot 500 000 Sinti en Roma en in die Sjoa tussen 5,6 en 6,3 miljoen Jode vermoor. Hitler het persoonlik toestemming aan die belangrikste stappe van die Joodse volksmoord verleen en verslae oor die verloop daarvan aangevra. Sy kriminele beleid en oorlogvoering het miljoene mense se lewens geëis, terwyl groot dele van Duitsland en Europa deur oorlog in puin gelê is.

Hitler en sy vrou Eva Braun (met wie hy die vorige dag getroud is) het op 30 April 1945 selfmoord gepleeg in die bomskuiling geleë onder die Duitse kanseliergebou. Hitler het versoek dat die oorblywende bomskuilers sy en Eva se liggame neem en buite in die kanseliertuin verbrand. Hitler wou nie hê sy lyk moes soos 'n tentoonstelling vertoon word nie. Sonder 'n liggaam om uit te ken het gerugte vinnig die rondte gedoen dat Hitler ontsnap het. Van so ver af as Suid-Amerika het mense hom "gesien". Eers in 2000 het Rusland onthul dat hulle 'n fragment van sy skedel gebêre het.

  1. Ian Kershaw: Adolf Hitler und die Realisierung der nationalsozialistischen Rassenutopie. In: Wolfgang Hardtwig: Utopie und politische Herrschaft im Europa der Zwischenkriegszeit. München: Oldenbourg 2003, bl. 143

Adolf Hitler
adolf, hitler, april, 1889, braunau, opper, oostenryk, april, 1945, berlyn, politikus, tussen, 1934, 1945, leier, gewilde, nasionaal, sosialistiese, duitse, werkersparty, nazi, party, 1937führer, nazi, duitslandampstermyn, augustus, 1934, april, 1945vise, rudo. Adolf Hitler 20 April 1889 in Braunau am Inn Opper Oostenryk 30 April 1945 in Berlyn was n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal Sosialistiese Duitse Werkersparty die Nazi party was Adolf HitlerAdolf Hitler in 1937Fuhrer van Nazi DuitslandAmpstermyn 2 Augustus 1934 30 April 1945Vise Rudolf Hess 1933 1941 Posisie vakantVoorafgegaan deur Paul von Hindenburg as President Opgevolg deur Karl Donitz as President Kanselier van DuitslandAmpstermyn 30 Januarie 1933 30 April 1945Vise Franz von Papen 1933 1934 Pos vakantPresident Paul von Hindenburg tot 1934 Voorafgegaan deur Kurt von SchleicherOpgevolg deur Joseph GoebbelsReichsstatthalter van PruiseAmpstermyn 30 Januarie 1933 30 April 1945Eerste minister Franz von Papen Hermann GoringVoorafgegaan deur Amp geskepOpgevolg deur Amp afgeskafPersoonlike besonderhedeGebore 20 April 1889 Braunau am Inn Oostenryk HongaryeSterf 30 April 1945 Berlyn Nazi DuitslandPolitieke party Nasionaal Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyEggenoot note Eva Braun 29 30 April 1945 HandtekeningMilitere DiensLojaliteit Duitse KeiserrykDiens Tak ReichsheerJare in diens 1914 1920Rang GefreiterEenheid 16de Beierse Reserwe RegimentOorloe Veldslae Eerste WereldoorlogToekennings Ysterkruis 1ste en 2de klas In die Eerste Wereldoorlog was hy n Oostenrykse soldaat in die Beierse Duitse krygsmag In 1925 het Hitler vrywillig afgesien van sy Oostenrykse burgerskap en in 1932 is danksy die hulp van Rudolf Hess Duitse burgerskap aan hom toegestaan Op 30 Januarie 1933 is hy ingesweer as kanselier van Duitsland en in 1934 het hy ook die titel Fuhrer leier van Nazi Duitsland bygekry Hy het politieke voordeel getrek uit die ekonomiese krisis wat Duitsland tydens die Groot Depressie vanaf 1929 1930 deurgemaak het Sy bedeling was verantwoordelik vir die dood van n beraamde twintig miljoen mense en ontelbaar baie se verskuiwing Hitler n begaafde spreker word gesien as een van die invloedrykste en gevaarlikste leiers van die 20ste eeu Sy pogings om die Duitse grondgebied deur politieke druk en militere optrede uit te brei wat begin het met die inname van Pole in 1939 was een van die aanleidende faktore van die Tweede Wereldoorlog Teen die einde van die oorlog het hy en sy gade Eva Braun in die Berlynse Fuhrerbunker selfmoord gepleeg Inhoud 1 Herkoms en jong lewe 2 Loopbaan as leier van die Nazi party 3 Dood 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsHerkoms en jong leweHy is naby die Duits Oostenrykse grens gebore as seun van Alois en Klara nee Polzl Hitler Hy was baie skugter en kon daardeur nie goed presteer op die middelbare skool nie In sy 16de lewensjaar het hy die skool sonder diploma verlaat Loopbaan as leier van die Nazi party Benito Mussolini links en Adolf Hitler regs Troepe marsjeer verby Hitler Hitler wat vanaf Julie 1921 as voorsitter van die Nazi party gedien het het in November 1923 n poging aangewend om die demokraties verkose regering van die Republiek van Weimar deur n staatsgreep vanuit Beiere omver te werp Met die eerste boekdeel van sy verhandeling Mein Kampf wat in 1925 gepubliseer is het hy die grondslag vir die antisemitiese en rassistiese ideologie van die nasionaalsosialisme gele Op 30 Januarie 1933 is Hitler deur die Duitse rykspresident Paul von Hindenburg as rykskanselier benoem Binne enkele maande het sy bewind waarin naas nasionaalsosialiste ook ekstreemregse ministers van die Duits Nasionale Volksparty verteenwoordig was deur middel van terreur noodtoestandswetgewing wette oor gelykskakeling en verbode wat op opposisionele partye en groeperings geplaas is die pluralistiese demokratiese en federale regeringstelsel net soos die regstaatlike bedeling omvergewerp Politieke teenstanders is in hegtenis geneem en in konsentrasiekampe aangehou gemartel en vermoor Ter geleentheid van die sogenaamde Rohm staatsgreep het hy ook van potensiele mededingers binne sy eie partygeledere ontslae geraak Hindenburg se afsterwe op 2 Augustus 1934 was vir Hitler n welkome geleentheid om die ampte van Rykskanselier en Rykspresident te verenig Teen die Joodse bevolking in Duitsland is vanaf 1933 toenemend gediskrimineer Duitse Jode is gaandeweg van hul burgerregte ontneem veral deur die sogenaamde Neurenbergse Wette wat in September 1935 afgekondig is en die pogroms van November 1938 Met sy bevele om die Duitse weermag te herbewapen en die Rynland te beset het Hitler in 1936 bepalinge van die Verdrag van Versailles verbreek Die Nasionaal Sosialistiese propaganda het sy ekonomiese sosiale en buitelandse beleid as n groot sukses voorgestel en sodoende tot en met 1939 sy enorme gewildheid onder groot dele van die Duitse bevolking verseker In 1938 het Hitler homself tot opperbevelhebber van die weermag verklaar en Oostenryk se aansluiting by die Duitse Ryk bewerkstellig Die Munchen ooreenkoms wat op 30 September 1938 onderteken is en waarin ander Europese moondhede die inlywing van die Duitssprekende Sudeteland in Tsjeggo Slowakye by die Duitse Ryk aanvaar het het Hitler reeds op 15 Maart 1939 verbreek deur die res van Tsjeggo Slowakye binne te val Sy bevel om Pole in September 1939 binne te val het tot die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog in Europa gelei Op 31 Julie 1940 het hy sy besluit om ook die Sowjetunie aan te val aan die opperkommando van die Duitse weermag bekend gemaak Die oorlog teen die Sowjetunie wat op 22 Junie 1941 begin het het Hitler onder die skuilnaam Unternehmen Barbarossa as n vernietigingsveldtog beplan en gevoer om lewensruimte in die ooste te verower Tydens die Tweede Wereldoorlog het die Duitse Nasionaal Sosialiste en hul buitelandse ondersteuners ongekende massamisdade en volksmoorde gepleeg Reeds in die somer van 1939 het Hitler die bevel gegee om die genadedood van volwassenes voor te berei Tydens die sogenaamde Aktion T4 is tussen September 1939 en Augustus 1941 meer as 70 000 sielsiekes en geestelik en liggaamlik gestremdes stelselmatig vermoor Ander vorme van Nasionaal Sosialistiese genadedood het ten minste 190 000 mense se lewens geeis In die Porajmos is na raming tot 500 000 Sinti en Roma en in die Sjoa tussen 5 6 en 6 3 miljoen Jode vermoor Hitler het persoonlik toestemming aan die belangrikste stappe van die Joodse volksmoord verleen en verslae oor die verloop daarvan aangevra 1 Sy kriminele beleid en oorlogvoering het miljoene mense se lewens geeis terwyl groot dele van Duitsland en Europa deur oorlog in puin gele is DoodHitler en sy vrou Eva Braun met wie hy die vorige dag getroud is het op 30 April 1945 selfmoord gepleeg in die bomskuiling gelee onder die Duitse kanseliergebou Hitler het versoek dat die oorblywende bomskuilers sy en Eva se liggame neem en buite in die kanseliertuin verbrand Hitler wou nie he sy lyk moes soos n tentoonstelling vertoon word nie Sonder n liggaam om uit te ken het gerugte vinnig die rondte gedoen dat Hitler ontsnap het Van so ver af as Suid Amerika het mense hom gesien Eers in 2000 het Rusland onthul dat hulle n fragment van sy skedel gebere het Sien ookJoodse volksmoord Mein KampfVerwysings Ian Kershaw Adolf Hitler und die Realisierung der nationalsozialistischen Rassenutopie In Wolfgang Hardtwig Utopie und politische Herrschaft im Europa der Zwischenkriegszeit Munchen Oldenbourg 2003 bl 143Eksterne skakelsWikiquote het aanhalings in verband met Adolf Hitler Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Adolf Hitler en Adolf Hitler Encyclopaedia Britannica Besoek op 12 Desember 2020 Mondo Politico biblioteek se aanbieding van Adolf Hitler se boek Mein Kampf volle teks geformateer vir lees op n skerm Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Adolf Hitler amp ol,