×
Aardplaneet

’n Aardplaneet is ’n planeet wat hoofsaaklik uit silikaatrotse of-metale bestaan. In die Sonnestelsel is die vier binneplanete (die naaste aan die Son) aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars. Hulle lê almal tussen die Son en die asteroïdegordel. Die planete word so genoem omdat hulle "aardagtig" is.

Die aardplanete van die Sonnestelsel: Mercurius, Venus, Aarde en Mars, volgens skaal.

Aardplanete het ’n soliede, harde oppervlak en hulle verskil dus aansienlik van die vier groter planete in die Sonnestelsel, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus, wat gasplanete is – hulle bestaan hoofsaaklik uit ’n kombinasie van waterstof, helium, en water in verskillende fisieke toestande.

Inhoud

Al die aardplanete in die Sonnestelsel het dieselfde basiese soort struktuur soos ’n sentrale metaalkern, hoofsaaklik yster, met ’n omringende silikaatmantel. Die Maan is soortgelyk, maar het ’n veel kleiner ysterkern. Io en Europa is ook natuurlike satelliete met interne strukture soortgelyk aan dié van aardplanete. Aardplanete kan canyons, kraters, berge, vulkane en ander oppervlakstrukture hê, na gelang van die teenwoordigheid van water en tektoniese bedrywighede. Aardplanete het sekondêre atmosfere, wat veroorsaak word deur vulkanisme en komeetimpakte, in teenstelling met die gasplanete, waarvan die atmosfeer primêr is en direk van die oorspronklike sternewel kom.

Relatiewe massas van die aardplanete van die Sonnestelsel en die Maan (Luna).
’n Vergelyking in die grootte van die aardplanete, van links Aarde, Mars, Venus en Mercurius.

Die Sonnestelsel het vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars. Net een van hulle, Aarde, het sover bekend ’n aktiewe hidrosfeer. Daar was waarskynlik nog aardplanete tydens die vorming van die Sonnestelsel, maar die meeste het moontlik met die vier aardplanete saamgesmelt of is deur hulle uitgewerp.

Dwergplanete, soos Ceres, Pluto en Eris, en klein Sonnestelselliggame stem ooreen met aardplanete deurdat hulle ’n soliede oppervlak het, maar bestaan gewoonlik uit meer ysagtige stowwe (Ceres, Pluto en Eris het onderskeidelik ’n digtheid van 2,17, 1,87 en2,52 g·cm-3, en Haumea se digtheid is soortgelyk aan dié van Pallas:2,8 g·cm-3). Die Aarde se Maan het ’n digtheid van3,4 g·cm-3 en Jupiter se mane Io en Europa ’n digtheid van onderskeidelik 3,528 en3,013 g·cm-3. Ander mane het gewoonlik ’n digtheid van minder as2 g·cm-3.

Die meeste planete wat buite die Sonnestelsel ontdek word, is reuseplanete, want hulle is die maklikste om op te spoor. Sedert 2005 is honderde potensiële aardplanete reeds ontdek, met baie wat as aardplanete bevestig is. Die meeste van hulle is superaardes, dus planete met ’n massa van tussen dié van die Aarde en Neptunus. Superaardes kan gas- of aardplanete wees, na gelang van hulle massa en ander parameters.

In 2005 is die eerste planete om ’n hoofreeksster ontdek met tekens dat hulle aardplanete kan wees: Gliese 876 d en OGLE-2005-BLG-390Lb. Gliese 876 d wentel om Gliese 876, ’n rooidwerg 15 ligjare van die Aarde af; dit het ’n massa van sewe tot nege keer dié van die Aarde en ’n wentelperiode van net twee aardse dae. OGLE-2005-BLG-390Lb se massa is omtrent 5,5 keer dié van die Aarde en wentel om ’n ster sowat 21 000 ligjare van hier in die sterrebeeld Skerpioen.

Van 2007 tot 2010 is drie (moontlik vier) potensiële aardplanete in ’n wentelbaan om die ster Gliese 581 ontdek. Die kleinste een, Gliese 581 e, is net sowat1,9 M, maar lê baie na aan sy ster. ’n Ideale aardplaneet sal2 M wees, met ’n wentelbaan van 25 dae om ’n rooidwerg. Twee ander, Gliese 581 c en Gliese 581 d, sowel as ’n betwiste planeet, Gliese 581 g, is swaarder superaardes wat in of naby hulle ster se bewoonbare sone wentel; hulle kan dus moontlik bewoonbaar wees en soortgelyke temperature as die Aarde hê.

Nog ’n moontlike aardplaneet, HD 85512 b, is in 2011 ontdek; dit het ’n massa van minstens3,6 M. Die radius en samestelling van al hierdie planete is onbekend.

Die eerste bevestigde ekstrasolêre aardplaneet, Kepler-10b, is in 2011 deur die Kepler-ruimteteleskoop ontdek Dié teleskoop is spesifiek ontwerp om aardgrootteplanete om ander sterre te ontdek met die oorgangsmetode.

In dieselfde jaar het die Keplerspan ’n lys van 1 235 eksoplaneetkandidate uitgereik, insluitende ses wat "aardgrootte" of "superaardgrootte" is. ’n Onlangser studie het getoon een van hulle, KOI 326.01, is eintlik baie groter en warmer as wat aanvanklik gedink is. en in die bewoonbare sone van sy ster.

Teen 1 Julie 2021 was daar 4 777 bevestigde eksoplanete in 3 534 planeetstelsels, met 785 stelsels wat meer as een planeet het. Baie van hulle is aardgroottekandidate.

Op 3 Januarie 2020 is TOI 700 d ontdek, wat om die rooidwerg TOI 700 wentel. Dit is die eerste aardgrootte-eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite (TESS) in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is.

  1. (2004). (in Engels). Department of Physics University of Oregon. vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2020. Besoek op22 Desember 2009.
  2. Haswell, Carole. 7 November 2015 op Wayback Machine
  3. Michael Perryman, 7 November 2015 op Wayback Machine
  4. Sara Seager, 7 November 2015 op Wayback Machine
  5. (in Engels). ESO (ESO 15/09 – Science Release). 21 April 2009. Geargiveer vanaf op 6 Augustus 2009. Besoek op15 Julie 2009.
  6. M. Mayor; X. Bonfils; T. Forveille; X. Delfosse; S. Udry; J.-L. Bertaux; H. Beust; F. Bouchy; C. Lovis; F. Pepe; C. Perrier; D. Queloz; N. C. Santos (2009). "The HARPS search for southern extra-solar planets,XVIII. An Earth-mass planet in the GJ 581 planetary system". Astronomy & Astrophysics. 507 (1): 487–494. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  7. Kaufman, Rachel (30 Augustus 2011). (in Engels). National Geographic News. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2019. Besoek op5 September 2011.
  8. Rincon, Paul (22 Maart 2012). (in Engels). vanaf die oorspronklike op 13 November 2019 – via www.bbc.com.
  9. Grant, Andrew (8 Maart 2011). (in Engels). Discover Magazine. vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2012. Besoek op9 Maart 2011.
  10. Borucki, William J; et al. (2011). "Characteristics of planetary candidates observed by Kepler, II: Analysis of the first four months of data". The Astrophysical Journal. 736 (1): 19. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  11. Schneider, J. . The Extrasolar Planets Encyclopedia. Besoek op1 Julie 2021.
  12. Andreolo, Claire; Cofield, Calla; Kazmierczak, Jeanette (6 Januarie 2020). . Nasa (in Engels). vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op6 Januarie 2020.
  13. Garner, Rob (6 Januarie 2020). . Nasa. vanaf die oorspronklike op 5 April 2020. Besoek op6 Januarie 2020.
  14. Wall, Mike (6 Januarie 2020). . Space.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op6 Januarie 2020.

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

aardplaneet, planeet, hoofsaaklik, silikaatrotse, metale, bestaan, sonnestelsel, vier, binneplanete, naaste, aardplanete, mercurius, venus, aarde, mars, hulle, almal, tussen, asteroïdegordel, planete, word, genoem, omdat, hulle, aardagtig, aardplanete, sonnest. n Aardplaneet is n planeet wat hoofsaaklik uit silikaatrotse of metale bestaan In die Sonnestelsel is die vier binneplanete die naaste aan die Son aardplanete Mercurius Venus Aarde en Mars Hulle le almal tussen die Son en die asteroidegordel Die planete word so genoem omdat hulle aardagtig is Die aardplanete van die Sonnestelsel Mercurius Venus Aarde en Mars volgens skaal Aardplanete het n soliede harde oppervlak en hulle verskil dus aansienlik van die vier groter planete in die Sonnestelsel Jupiter Saturnus Uranus en Neptunus wat gasplanete is hulle bestaan hoofsaaklik uit n kombinasie van waterstof helium en water in verskillende fisieke toestande Inhoud 1 Struktuur 2 Sonnestelsel se aardplanete 3 Ekstrasolere aardplanete 4 Verwysings 5 SkakelsStruktuur WysigAl die aardplanete in die Sonnestelsel het dieselfde basiese soort struktuur soos n sentrale metaalkern hoofsaaklik yster met n omringende silikaatmantel Die Maan is soortgelyk maar het n veel kleiner ysterkern Io en Europa is ook natuurlike satelliete met interne strukture soortgelyk aan die van aardplanete Aardplanete kan canyons kraters berge vulkane en ander oppervlakstrukture he na gelang van die teenwoordigheid van water en tektoniese bedrywighede Aardplanete het sekondere atmosfere wat veroorsaak word deur vulkanisme en komeetimpakte in teenstelling met die gasplanete waarvan die atmosfeer primer is en direk van die oorspronklike sternewel kom 1 Sonnestelsel se aardplanete Wysig Relatiewe massas van die aardplanete van die Sonnestelsel en die Maan Luna n Vergelyking in die grootte van die aardplanete van links Aarde Mars Venus en Mercurius Die Sonnestelsel het vier aardplanete Mercurius Venus Aarde en Mars Net een van hulle Aarde het sover bekend n aktiewe hidrosfeer Daar was waarskynlik nog aardplanete tydens die vorming van die Sonnestelsel maar die meeste het moontlik met die vier aardplanete saamgesmelt of is deur hulle uitgewerp Dwergplanete soos Ceres Pluto en Eris en klein Sonnestelselliggame stem ooreen met aardplanete deurdat hulle n soliede oppervlak het maar bestaan gewoonlik uit meer ysagtige stowwe Ceres Pluto en Eris het onderskeidelik n digtheid van 2 17 1 87 en 2 52 g cm 3 en Haumea se digtheid is soortgelyk aan die van Pallas 2 8 g cm 3 Die Aarde se Maan het n digtheid van 3 4 g cm 3 en Jupiter se mane Io en Europa n digtheid van onderskeidelik 3 528 en 3 013 g cm 3 Ander mane het gewoonlik n digtheid van minder as 2 g cm 3 2 3 Ekstrasolere aardplanete WysigDie meeste planete wat buite die Sonnestelsel ontdek word is reuseplanete want hulle is die maklikste om op te spoor 4 5 6 Sedert 2005 is honderde potensiele aardplanete reeds ontdek met baie wat as aardplanete bevestig is Die meeste van hulle is superaardes dus planete met n massa van tussen die van die Aarde en Neptunus Superaardes kan gas of aardplanete wees na gelang van hulle massa en ander parameters In 2005 is die eerste planete om n hoofreeksster ontdek met tekens dat hulle aardplanete kan wees Gliese 876 d en OGLE 2005 BLG 390Lb Gliese 876 d wentel om Gliese 876 n rooidwerg 15 ligjare van die Aarde af dit het n massa van sewe tot nege keer die van die Aarde en n wentelperiode van net twee aardse dae OGLE 2005 BLG 390Lb se massa is omtrent 5 5 keer die van die Aarde en wentel om n ster sowat 21 000 ligjare van hier in die sterrebeeld Skerpioen Van 2007 tot 2010 is drie moontlik vier potensiele aardplanete in n wentelbaan om die ster Gliese 581 ontdek Die kleinste een Gliese 581 e is net sowat 1 9 M 7 maar le baie na aan sy ster n Ideale aardplaneet sal 2 M wees met n wentelbaan van 25 dae om n rooidwerg 8 Twee ander Gliese 581 c en Gliese 581 d sowel as n betwiste planeet Gliese 581 g is swaarder superaardes wat in of naby hulle ster se bewoonbare sone wentel hulle kan dus moontlik bewoonbaar wees en soortgelyke temperature as die Aarde he Nog n moontlike aardplaneet HD 85512 b is in 2011 ontdek dit het n massa van minstens 3 6 M 9 Die radius en samestelling van al hierdie planete is onbekend Die eerste bevestigde ekstrasolere aardplaneet Kepler 10b is in 2011 deur die Kepler ruimteteleskoop ontdek Die teleskoop is spesifiek ontwerp om aardgrootteplanete om ander sterre te ontdek met die oorgangsmetode 10 In dieselfde jaar het die Keplerspan n lys van 1 235 eksoplaneetkandidate uitgereik insluitende ses wat aardgrootte of superaardgrootte is n Onlangser studie het getoon een van hulle KOI 326 01 is eintlik baie groter en warmer as wat aanvanklik gedink is 11 en in die bewoonbare sone van sy ster 12 Teen 1 Julie 2021 was daar 4 777 bevestigde eksoplanete in 3 534 planeetstelsels met 785 stelsels wat meer as een planeet het 13 Baie van hulle is aardgroottekandidate Op 3 Januarie 2020 is TOI 700 d ontdek wat om die rooidwerg TOI 700 wentel Dit is die eerste aardgrootte eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite TESS in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is 14 15 16 Verwysings Wysig Dr James Schombert 2004 Primary Atmospheres Astronomy 121 Lecture 14 Terrestrial Planet Atmospheres in Engels Department of Physics University of Oregon Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2020 Besoek op 22 Desember 2009 NASA Moons of Jupiter Space The Earth s Moon density Haswell Carole Transiting Exoplanets Geargiveer 7 November 2015 op Wayback Machine Michael Perryman The Exoplanet Handbook Geargiveer 7 November 2015 op Wayback Machine Sara Seager Exoplanets Geargiveer 7 November 2015 op Wayback Machine Lightest exoplanet yet discovered in Engels ESO ESO 15 09 Science Release 21 April 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2009 Besoek op 15 Julie 2009 M Mayor X Bonfils T Forveille X Delfosse S Udry J L Bertaux H Beust F Bouchy C Lovis F Pepe C Perrier D Queloz N C Santos 2009 The HARPS search for southern extra solar planets XVIII An Earth mass planet in the GJ 581 planetary system Astronomy amp Astrophysics 507 1 487 494 arXiv 0906 2780 Bibcode 2009A amp A 507 487M doi 10 1051 0004 6361 200912172 Kaufman Rachel 30 Augustus 2011 New Planet May Be Among Most Earthlike Weather Permitting Alien world could host liquid water if it has 50 percent cloud cover study says in Engels National Geographic News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2019 Besoek op 5 September 2011 Rincon Paul 22 Maart 2012 Thousand year wait for Titan rain in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019 via www bbc com Grant Andrew 8 Maart 2011 Exclusive Most Earth Like Exoplanet Gets Major Demotion It Isn t Habitable in Engels Discover Magazine Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2012 Besoek op 9 Maart 2011 Borucki William J et al 2011 Characteristics of planetary candidates observed by Kepler II Analysis of the first four months of data The Astrophysical Journal 736 1 19 arXiv 1102 0541 Bibcode 2011ApJ 736 19B doi 10 1088 0004 637X 736 1 19 Schneider J Interactive Extra solar Planets Catalog The Extrasolar Planets Encyclopedia Besoek op 1 Julie 2021 Andreolo Claire Cofield Calla Kazmierczak Jeanette 6 Januarie 2020 NASA Planet Hunter Finds Earth Size Habitable Zone World Nasa in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020 Besoek op 6 Januarie 2020 Garner Rob 6 Januarie 2020 NASA Planet Hunter Finds Earth Size Habitable Zone World Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020 Besoek op 6 Januarie 2020 Wall Mike 6 Januarie 2020 NASA s TESS Planet Hunter Finds Its 1st Earth Size World in Habitable Zone Space com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020 Besoek op 6 Januarie 2020 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aardplaneet Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Die Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Aardplaneet amp ol,