fbpx Aandelebeurs
Wikipedia

Aandelebeurs

'n Aandelebeurs of effektebeurs is 'n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word. Aandelemakelaars dryf op 'n aandelebeurs namens hulself en hul kliënte handel en is op die betrokke beurse geregistreer. Die grootste effektebeurse ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs (Wall Street), die Tokyo-aandelebeurs, die Amerikaanse NASDAQ, die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs. Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is die grootste in Afrika.

Die bekendste effektebeurs ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs in Wall Street, New York.

Inhoud

Aandelemakelaars het hulle eie terminologie wat gebruik word tydens verhandelings. Sommige van die terme het intussen só alledaags geword dat hulle in die spreektaal opgeneem is: "bulmark" verwys na 'n stygende mark met bygaande mark-optimisme, terwyl die teenoorgestelde 'n "beermark" is. Die belangrikste beurs is die aandelebeurs, waar die verhandeling van effekte of aandele plaasvind. Dié beurs is alleenlik vir lede toegank­ lik. Dit beteken egter nie dat die publiek nie ook beursaandele kan bekom nie. Enigeen bo 21 jaar kan deur 'n makelaar aandele koop. 'n Makelaar is 'n persoon wat op die beurs geregistreer is en wat koop-­ en verkooptransaksies namens homself en ander mense mag aangaan.

Aandele word vir die eerste keer gelys op die aandelebeurs en aan die publiek aangebied deur 'n "IPO", of .

Die belangrikste effektebeurse in die wêreld is dié in Londen, Frankfort, Amsterdam, Parys, Brussel, Milaan, Zürich, die New York Stock Exchange (Wall Street) en die Johannesburgse Effektebeurs in Suid-Afrika.

Die Johannesburgse Effektebeurs is in November 1887 deur Benjamin Woollan gestig en is onderhewig aan die Wet op Beheer van Effektebeurse van 1947, soos gewysig. Die doel van die Beurs was om 'n mark te bied vir die talie mynbou- en finansiële maatskappye wat kort ná die ontdekking van goud in Johannesburg ontstaan het. In sy eerste 30 jaar was die Beurs hoofsaaklik 'n mynboumark en is vandag nog steeds die grootste goudmynmark ter wêreld. Die afgelope 35 jaar het sake so verander dat daar vandag meer as dubbel soveel nywerheids- as mynmaatskappye genoteer is.

Die prys waarteen 'n aandeel verhandel word, word deur vraag en aanbod bepaal. Makelaars roep die naam van die aandeel wat verkoop moet word hardop uit,en as iemand belang stel, word daar 'n aanbod gedoen. Wanneer die aanbod aanvaar is, is die transaksie beklink en word die prys waarteen dit verhandel is, op 'n skryfbord aangebring, waarná besigheid verder voortgesit word.

'n Aandeel se prys hang van vraag en aanbod af. 'n Makelaar sal die naam van 'n aandeel wat te koop staan uitroep, waarop 'n belangstellende 'n aanbod sal maak. Indien die makelaar sy aanbod aanvaar, word die transaksie beklink en die prys waarteen dit verhandel is op 'n elektroniese skerm aangebring. Uit die aard van hulle werk kan 'n mens verstaan dat die hoogste persoonlike integriteit verwag word van lede wat op die Beurs geregistreer is. Daarom word die Effektebeurs ook beheer deur sy eie reëls en verordeninge, wat dikwels strenger is as die Wet.

Die Effektebeurs word deur 'n erekomitee van 15 lede bestuur wat jaarliks uit die geledere van die Beurs verkies moet word. Die komitee benoem 'n president en onderpresident en 'n aantal onderkomitees. Die Registrateur van Finansiële lnstellings of sy benoemde is ex officio - lid van die komitee en van alle ander komitees.

Weens die styging in die getal nywerheidsaandele het die aard van die Beurs ingrypend verander. Waar dit vroeër eerder 'n spekulatiewe mark was, is dit vandag meer 'n beleggingsmark, met ander woorde aandeelhouers maak staat op veilige beleggings wat vir hulle 'n goeie dividend sal betaal.

'n Dividend is 'n verdienste wat verdeel word onder aandeelhouers na gelang van hulle soort aandeel (voorkeur of gewone) en die aantal. Die Effektebeurs het 'n eie terminologie en "sleng". Iemand wat 'n klomp aandele koop en dit by die geringste styging in die prys weer verkoop, word '-n "tickey snatcher" genoem, en die versigtige verkoper wat probeer om aandele in die hande te kry voordat 'n maatskappy genoteer word, word 'n "stag" genoem.

Sommige van die Beursterme is al in die gewone spreektaal opgeneem. Só word daar bv. gereeld in finansiële terme van 'n bulmark (stygende) of 'n beermark (dalende) gepraat. 'n Belegger op 'n beermark verwag dat die aandele verder sal val, dus verkoop hy sy aandele in die hoop om dit later goedkoper terug te koop.

Die eerste volwaardige effektebeurs in Suid-Afrika is in 1880 in Kimberley gestig, gevolg deur twee in Barberton in 1884. Net die fasade van een het oorgebly en is vandag 'n historiese monument.

  • Aandelebeurs in Wêreldspektrum, volume 1. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.

Aandelebeurs
aandelebeurs, effektebeurs, tegniese, mark, waar, aandele, effekte, verhandel, word, aandelemakelaars, dryf, aandelebeurs, namens, hulself, kliënte, handel, betrokke, beurse, geregistreer, grootste, effektebeurse, wêreld, yorkse, wall, street, tokyo, aandelebe. n Aandelebeurs of effektebeurs is n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word Aandelemakelaars dryf op n aandelebeurs namens hulself en hul kliente handel en is op die betrokke beurse geregistreer Die grootste effektebeurse ter wereld is die New Yorkse Aandelebeurs Wall Street die Tokyo aandelebeurs die Amerikaanse NASDAQ die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs Die Johannesburgse Aandelebeurs JSE is die grootste in Afrika Die bekendste effektebeurs ter wereld is die New Yorkse Aandelebeurs in Wall Street New York Inhoud 1 Terminologie 2 Verhandelinge 3 Sien ook 4 BronnelysTerminologie WysigAandelemakelaars het hulle eie terminologie wat gebruik word tydens verhandelings Sommige van die terme het intussen so alledaags geword dat hulle in die spreektaal opgeneem is bulmark verwys na n stygende mark met bygaande mark optimisme terwyl die teenoorgestelde n beermark is Die belangrikste beurs is die aandelebeurs waar die verhandeling van effekte of aandele plaasvind Die beurs is alleenlik vir lede toegank lik Dit beteken egter nie dat die publiek nie ook beursaandele kan bekom nie Enigeen bo 21 jaar kan deur n makelaar aandele koop n Makelaar is n persoon wat op die beurs geregistreer is en wat koop en verkooptransaksies namens homself en ander mense mag aangaan Aandele word vir die eerste keer gelys op die aandelebeurs en aan die publiek aangebied deur n IPO of aanvanklike openbare aanbod Die belangrikste effektebeurse in die wereld is die in Londen Frankfort Amsterdam Parys Brussel Milaan Zurich die New York Stock Exchange Wall Street en die Johannesburgse Effektebeurs in Suid Afrika Die Johannesburgse Effektebeurs is in November 1887 deur Benjamin Woollan gestig en is onderhewig aan die Wet op Beheer van Effektebeurse van 1947 soos gewysig Die doel van die Beurs was om n mark te bied vir die talie mynbou en finansiele maatskappye wat kort na die ontdekking van goud in Johannesburg ontstaan het In sy eerste 30 jaar was die Beurs hoofsaaklik n mynboumark en is vandag nog steeds die grootste goudmynmark ter wereld Die afgelope 35 jaar het sake so verander dat daar vandag meer as dubbel soveel nywerheids as mynmaatskappye genoteer is Die prys waarteen n aandeel verhandel word word deur vraag en aanbod bepaal Makelaars roep die naam van die aandeel wat verkoop moet word hardop uit en as iemand belang stel word daar n aanbod gedoen Wanneer die aanbod aanvaar is is die transaksie beklink en word die prys waarteen dit verhandel is op n skryfbord aangebring waarna besigheid verder voortgesit word Verhandelinge Wysig n Aandeel se prys hang van vraag en aanbod af n Makelaar sal die naam van n aandeel wat te koop staan uitroep waarop n belangstellende n aanbod sal maak Indien die makelaar sy aanbod aanvaar word die transaksie beklink en die prys waarteen dit verhandel is op n elektroniese skerm aangebring Uit die aard van hulle werk kan n mens verstaan dat die hoogste persoonlike integriteit verwag word van lede wat op die Beurs geregistreer is Daarom word die Effektebeurs ook beheer deur sy eie reels en verordeninge wat dikwels strenger is as die Wet Die Effektebeurs word deur n erekomitee van 15 lede bestuur wat jaarliks uit die geledere van die Beurs verkies moet word Die komitee benoem n president en onderpresident en n aantal onderkomitees Die Registrateur van Finansiele lnstellings of sy benoemde is ex officio lid van die komitee en van alle ander komitees Weens die styging in die getal nywerheidsaandele het die aard van die Beurs ingrypend verander Waar dit vroeer eerder n spekulatiewe mark was is dit vandag meer n beleggingsmark met ander woorde aandeelhouers maak staat op veilige beleggings wat vir hulle n goeie dividend sal betaal n Dividend is n verdienste wat verdeel word onder aandeelhouers na gelang van hulle soort aandeel voorkeur of gewone en die aantal Die Effektebeurs het n eie terminologie en sleng Iemand wat n klomp aandele koop en dit by die geringste styging in die prys weer verkoop word n tickey snatcher genoem en die versigtige verkoper wat probeer om aandele in die hande te kry voordat n maatskappy genoteer word word n stag genoem Sommige van die Beursterme is al in die gewone spreektaal opgeneem So word daar bv gereeld in finansiele terme van n bulmark stygende of n beermark dalende gepraat n Belegger op n beermark verwag dat die aandele verder sal val dus verkoop hy sy aandele in die hoop om dit later goedkoper terug te koop Die eerste volwaardige effektebeurs in Suid Afrika is in 1880 in Kimberley gestig gevolg deur twee in Barberton in 1884 Net die fasade van een het oorgebly en is vandag n historiese monument Sien ook WysigAandeel Beursineenstorting Leidende aanwyserBronnelys WysigAandelebeurs in Wereldspektrum volume 1 1983 Ensiklopedie Afrikana EDMS BPK Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Aandelebeurs amp ol,