Wikipedia
8 Mei
<< | Mei 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
8 Mei is die 128ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (129ste in skrikkeljare). Daar volg nog 237 dae in die jaar.
Gebeure
- 413 – Die Romeinse keiser Honorius vaardig ´n edik uit om belastings in die Italiaanse provinsies Toscane, Campanië, Picenum, Apulië en Kalabriëte verlaag. Die provinsies het groot skade gely agv die rooftogte van die Gote.
- 824 – Pous Eugenius II volg Pous Paschalis I op.
- 862 – Pous Nicolaas I vra die Oosterse biskoppe om Patriarg Photius nie te erken nie.
- 1254 – Koning Alfons X van Léon stig die Universiteit van Salamanca.
- 1304 – Ingevolge die eerste gildebrief kry die Utrechtse gilde beheer oor die stadsbestuur. Die Utrechtse "Smedengilde" het toe nog bestaan.
- 1429 – Honderdjarige Oorlog: Frankryk verslaan die Engelse magte naby Orléans onder die leiding van Johanna van Arkel.
- 1450 – Jack Cade’s Rebellie: Kent opstand teen koning Hendrik VI.
- 1521 – Keiser Karl V reik die Wormse-edik uit en verban daarmee vir Martin Luther wat op 17 en 18 April geweier het om sy These te herroep.
- 1541 – Hernando de Soto bereik die Mississippi Rivier en noem dit Rio de Espiritu
- 1654 – Eerste Engels-Nederlandse Oorlog: Die Vrede van Westminster word onderteken en beëindig so die oorlog.
- 1667 – Devolusieoorlog: Begin van die Devolusieoorlog tussen Frankryk en Spanje. Die oorlog word geveg op die grondgebied van die Spaanse Nederlande.
- 1708 – Die Nederlandse dorp Hardenberg brand af as gevolg van 'n ongeluk van Aaltje Kraak.
- 1721 – Kardinaal Michelangelo dei Conti word gekies tot Pous Innocentius XIII. Hy volg Pous Clemens XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1774 – Volgens die Friesiese predikant Eelko Alta sou die wêreld op hierdie dag vergaan vanweë die samestand van die planete Mars, Venus, Jupiter, Merkurius en die maan.
- 1794 – Franse chemikus Antoine Lavoisier onthoof deur die guillotine.
- 1842 – Die Groot Brand in die Duitse stad Hamburg word na vier dae geblus. Amper een derde van die ou-stad word deur die brand vernietig. 51 mense het in die brand omgekom en byna 20000 mense word haweloos gelaat.
- 1846 – Mexikaanse-Amerikaanse Oorlog: Die Slag van Palo Alto - Zachary Taylor oorwin ’n Meksikaanse mag noord van die Rio Grande by Palo Alto, Texas in die eerste groot slag van die oorlog.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Richmond, Virginië word verklaar as die hoofstad van die Konfederale State van Amerika.
- 1877 – By Gilmore’s Gardens in New York Stad, open die eerste Westminster-hondeskou.
- 1877 – Tydens Duitse uitgrawings van die Cella van die Hera-tempel in Olympia word die standbeeld van die Hermes van Olympia ontdek. Dit word algemeen aanvaar dat dit 'n werk van die antieke beeldhouer Praxiteles is, wat om 340 v.C. geskep is.
- 1886 – Die Amerikaanse apteker dr. John Styth Pemberton skep ’n drankie wat later bekend staan as Coca-Cola.
- 1899 – Die Ierse Literêre Teater in Dublin open.
- 1902 – In Martinique, vind die uitbarsting van Mount Pelee plaas en die dorp St. Pierre word verwoes en meer as 30 000 mense sterf. Slegs ’n klein aantal van die inwoners van St. Pierre’s oorleef.
- 1914 – Paramount Pictures word gevorm.
- 1925 – Afrikaans word 'n amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika nadat die Suid-Afrikaanse Volksraad en Senaat 'n wysiging aanvaar wat Afrikaans as 'n vorm van Nederlands erken.
- 1933 – Mohandas Gandhi begin 'n 21-dae eetstaking in protes teen Britse onderdrukking in Indië.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee beëindig. Dit is die eerste keer waar twee vyandelike vlote veg sonder visuele kontak tussen die vegtende skepe.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: VE-dag, die dag waarop die Duitse magte instem om onvoorwaardelik oor te gee.
- 1945 – Slagting van Sétif: 'n Betoging om die einde van die Tweede Wêreldoorlog te vier en om die onafhanklikheid van Algerië te eis word bloedig deur die Franse onderdruk. Meer as 10 000 mense sterf.
- 1946 – Shunsaku Tamiya begin ’n besigheid met die naam Tamiya Shoji Co. ’n saagmeulemaatskappy gestig in Oshika, Shizuoka-Stad, Japan.
- 1949 – Die nuwe grondwet van Wes-Duitsland word goedgekeur en tree op 23 Mei van dieselfde jaar in werking.
- 1954 – Die Asiatiese Sokkerkonfederasie word in Manila, Filippyne, deur 12 lande gestig.
- 1970 – Die Beatles reik hulle laaste album "Let It Be" uit.
- 1971 – Mislukte lansering van Mariner 8. Die ruimtetuig was veronderstel om navorsing te gaan doen op die planeet Mars.
- 1971 – In die noordweste van die land word Portugal se eerste nasionale park Peneda-Gerês gestig.
- 1980 – Die WGO verklaar dat pokke wêreldwyd uitgeroei is en stel voor dat in die inenting teen pokke gestaak word.
- 1988 – Herverkiesing van François Mitterrand as president van Frankryk met 54% stemme teen 46% vir Jacques Chirac.
- 1996 – Die nuwe Grondwet van Suid-Afrika word aanvaar.
- 2007 – In Herodion suid van Jerusalem ontdek Israëliese argeoloë die graf van Herodes I (Herodes die Grote).
- 2012 – Die Russiese president Dmitri Medwedew word deur die Duma tot nuwe Eerste Minister van Rusland verkies.
- 2018 – Bari Weiss, redakteur van The New York Times publiseer 'n artikel oor die intellektuele donker web.
Geboortes
- 1737 – Edward Gibbon, Engelse historikus († 1794).
- 1779 – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole († 1831).
- 1825 – August Snieders, Vlaamse skrywer († 1904).
- 1879 – Tielman Roos, Suid-Afrikaanse advokaat, regter, politikus en minister van justisie († 1935).
- 1884 – Harry S. Truman, Amerikaanse politikus en staatsman, President van die Verenigde State († 1972).
- 1906 – Roberto Rossellini, Italiaanse rolprentregisseur († 1977).
- 1907 – J.J.G. Grobbelaar, Suid-Afrikaanse inspekteur van onderwys en skrywer van jeuglektuur († 1974).
- 1916 – João Havelange, Brasiliaanse sportbestuurder en FIFA se sewende president († 2016).
- 1922 – Max Mangold, Duitse professor in fonetiek, fonologie en algemene linguistiek († 2015).
- 1926 – David Attenborough, Britse natuurkundige en TV-persoonlikheid.
- 1934 – Nelie Smith, Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein († 2016).
- 1934 – Sibusiso Bengu, Suid-Afrikaanse Minister van Onderwys in president Mandela se kabinet.
- 1954 – David Keith, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Bill De Blasio, Burgemeester van New York.
- 1988 – Lise de la Salle, Franse klassieke pianis.
Sterftes
- 303 – Viktor van Milaan, Mauretanies-Romeinse Christelike martelaar
- 535 – Pous Johannes II, die 56ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 685 – Pous Benedictus II, die 81ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 635).
- 840 – Junna, 53ste keiser van Japan
- 1063 – Ramiro I, eerste koning van Aragón
- 1192 – Ottokar IV van Stiermarke (29)
- 1319 – Haakon V Magnusson (49), koning van Noorwee
- 1785 − Pietro Longhi, Venesiaanse skilder (* 1701).
- 1794 – Antoine Lavoisier, Franse chemikus (* 1743).
- 1842 – Jules Dumont d’Urville, Franse ontdekkingsreisiger en vlootoffisier (* 1790).
- 1853 – Jan Roothaan (67), Nederlandse hoof van die Jesuiete
- 1873 – John Stuart Mill, Engelse filosoof en ekonoom (*1806)
- 1875 – John Thomas Baines, Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië (* 1820).
- 1880 – Gustave Flaubert, Franse skrywer (* 1821).
- 1890 – Herman Schultz (66), Sweedse sterrekundige
- 1891 – Alexander Keyserling (75), Balties-Duitse geoloog en paleontoloog
- 1903 – Paul Gauguin, Franse skilder (* 1848).
- 1909 – Friedrich August von Holstein, Duitse diplomaat
- 1914 – Walter Körte, Duitse ingenieur
- 1918 – Ernst von Hesse-Wartegg, Oostenrykse diplomaat en skrywer
- 1918 – Anton Matosch, Oostenrykse digter
- 1919 – Philipp Wolfrum, Duitse komponis en orellis
- 1922 – Otto Ubbelohde, Duitse illustreerder van Grimms se verhale
- 1927 – Charles Nungesser, Franse bobaasvlieënier (* 1892)
- 1927 – François Coli, Franse vlieg-pionier
- 1929 – Andreas Johannes Georg Andresen, Duitse letterkundige
- 1930 – Henning Mankell, Sweedse komponis
- 1931 – Hans Otto Löwenstein, Oostenrykse rolprentprodusent en regisseur
- 1932 – Louis Archinard, Franse generaal
- 1933 – Ernst Eckstein, Duitse politikus en regsgeleerde
- 1933 – Bonaventura Cerretti, Italiaanse kardinaal en diplomaat van die Vatikaan
- 1935 – Emil Ertl, Oostenrykse digter en skrywer
- 1936 – Oswald Spengler, Duitse filosoof en kultuurhistorikus (* 1880).
- 1939 – Kurt Löwenstein, Duitse politikus
- 1943 – Mordechaj Anielewicz, Leier van die Joodse versetstryders in Warskou se ghetto (* 1919).
- 1943 – Erich Aron, Duitse regsgeleerde en universiteitsdosent
- 1944 – Alexander Beer, Duitse argitek
- 1944 – Georg Groscurth, Duitse dokter en versetstryder
- 1944 – Hanns Sassmann, Oostenrykse skrywer
- 1945 – Swami Sri Ananda Acharya, Indiese filosofie-professor, jogi, guru en digter
- 1945 – Rudolf von Sebottendorf, Duitse Avonturier en stigter van die Thule-Gesellschaft
- 1945 – Hansi Arnstaedt, Duitse toneelspeler en aktrise
- 1945 – Paul Giesler, Duitse politikus en eerste-minister van Beyere
- 1945 – Hugo Richard Küttner, Duitse ondernemer en tekstielvervaardiger
- 1947 – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat (* 1856).
- 1951 – Erich Reiss, Duitse uitgewer
- 1960 – J.H.C. Whitehead, Britse wiskundige (* 1904).
- 1966 – Erich Pommer, Duitse rolprentprodusent
- 1967 – Paul Pratt, Kanadese komponis, klarinettis en dirigent
- 1969 – Hedwig Anneler, Switserse volkekundige en skrywer
- 1978 – Samuel Trask Dana, Amerikaanse bosbou-wetenskaplike
- 1980 – Higashiyama Chieko, Japannese aktrise
- 1981 – Wolfgang Kunkel, Duitse regsgeleerde en regshistorikus
- 1982 – Gilles Villeneuve (32), Kanadese Formule-1 renjaer
- 1984 – Gino Bianco (67), Italiaanse renjaer
- 1985 – Theodore Sturgeon (67), Amerikaanse skrywer
- 1985 – Ulrich Dübber, Duitse politikus
- 1986 – Arndt von Bohlen und Halbach, laaste lid van die Krupp-dinastie
- 1988 – Robert Heinlein (80), Amerikaanse wetenskapsfiksie-skrywer
- 1988 – Ana Aslan, Roemeense dokter en gerontoloog
- 1989 – Rudolf Uhlenhaut, Duitse ingenieur, motorvoertuigvervaardiger en bestuurslid van Mercedes-Benz
- 1990 – Luigi Nono (66), Italiaanse komponis
- 1991 – Jean Langlais, Franse komponis en orrelspeler
- 1992 – Sergej Obraztsov (90), Russiese poppespeler
- 1992 – Otto Šimánek, Tsjeggiese akteur
- 1993 – Avram Davidson, Amerikaanse skrywer (* 1923).
- 1994 – George Peppard, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 1995 – Arwed Blomeyer, Duitse regswetenskplike
- 1996 – Ludwig Hoelscher, Duitse tjellis
- 1997 – Joachim Angermeyer, Duitse politikus
- 1997 – Kai-Uwe von Hassel, Duitse bonds-minister
- 1999 – Dirk Bogarde, Britse akteur en skrywer (* 1921).
- 1999 – Dana Plato, Amerikaanse aktrise (* 1964).
- 1999 – Guy-Philippe Luypaerts (68), Belgiese komponis, dirigent en pianis
- 1999 – Marek Jablonski, Kanadiese pianis
- 2002 – Tilly Lauenstein, Duitse aktrise
- 2003 – Heimrad Bäcker, Oostenrykse skrywer en uitgewer
- 2005 – Nasrat Parsa, Afgaanse sanger
- 2008 – Willem Brakman (85), Nederlandse skrywer
- 2008 – Pearl Perlmuter (92), Nederlandse beeldhouer
- 2008 – Luigi Malerba, Italiaanse skrywer
- 2008 – Heinz Felfe, voormalige Sowjet-spioen in Duitsland
- 2009 – Lalie Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 2010 – Pit Fischer, Duitse verhoogkunstenaar
- 2010 – Peer Schmidt, Duitse toneelspeler
- 2012 – Walter Roderer (91), Switserse akteur
- 2012 – Maurice Sendak (83), Amerikaanse kinderboekskrywer
- 2012 – Roman Totenberg (101), Poolse violis
- 2013 – Peter Sehr, Duitse rolprentregisseur
- 2015 – Menashe Kadishman (82), Israëliese beeldhouer, tekenaar en skilder
- 2015 – Ton Hartsuiker (81), Nederlandse pianis en musiekpedagoog
- 2015 – Zeki Alasya, Turkse akteur
- 2016 – Tom Apostol (92), Amerikaanse wiskundige
- 2020 – Roy Horn, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Benedictus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Moedersdag – 2011, 2016
Gepubliseer
Teologie
- 1844 – Inter Praecipuas – Oor bybelgenootskappe deur Pous Gregorius XVI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 May. |
