Wikipedia
6 September
<< | September 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
6 September is die 249ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (250ste in skrikkeljare). Daar volg nog 116 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1181 – Pous Lucius III word in sy amp bevestig in Velletri.
- 1688 – Die Turkse magte word by Belgrado verdryf.
- 1895 – NG gemeente Bulawayo as eerste gemeente noord van die Limpoporivier gestig.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van die Marne begin tussen die Duitse en Franse Magte.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland.
- 1966 – In Kaapstad, Suid-Afrika, word die argitek van Apartheid, eerste minister Hendrik Verwoerd, in die parlement doodgesteek.
- 1968 – Swaziland word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1970 – Vier passasierstralers word tegelykertyd gekaap deur lede van die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) waaronder Leila Khaled.
- 1989 – Laaste algemene verkiesing in die ou Suid-Afrika. Die Nasionale Party wen 89 setels, die Konserwatiewe Party 39 en die Demokratiese Party 33.
Geboortes
- 1729 – Moses Mendelssohn, Duits-Joodse filosoof tydens die Verligting († 1786)
- 1766 – John Dalton, Engelse chemikus († 1844).
- 1811 – Joanna Courtmans, Vlaamse skryfster († 1890).
- 1852 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president van 1900 tot 1902 († 1918).
- 1884 – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus († 1962).
- 1911 – Alexis Preller, Suid-Afrikaanse skilder († 1975).
- 1958 – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 2007)
- 1978 – Elma Postma, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
- 972 – Pous Johannes XIII, 133ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±938).
- 1683 – Jean-Baptiste Colbert, Franse politikus (* 1619).
- 1978 – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker (* 1905).
- 1966 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1901).
- 1988 - Axel von Ambesser, Duitse akteur (* 1910).
- 2018 – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1936).
- 2019 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, president van Zimbabwe (* 1924).
- 2019 – Chester Williams, 'n Springbokrugbyspeler (* 1970).
- 2020 – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog (* 1948).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 September. |
