×
4 Vesta

Vesta (amptelik 4 Vesta) is een van die grootste asteroïdes in die Sonnestelsel; dit het ’n gemiddelde deursnee van 525 km. Dit is op 29 Maart 1807 deur Heinrich Wilhelm Olbers ontdek en is genoem na Vesta, die maagdegodin van die hart, huis en familie in die Romeinse mitologie.

4 Vesta

Saamgestelde foto van Vesta, geneem deur die Dawn-ruimtetuig.
Ontdekking
Ontdek deur Heinrich Wilhelm Olbers
Datum 29 Maart 1807
Kleinplaneet-kategorie Hoofgordel (Vesta-familie)
Etimologie Vesta
Wentelbaaneienskappe
Epog 2010-Jul-23 (JD2 455 400,5)
Afelium 2,571 AE
Perihelium 2,1526 AE
Semihoofas 2,362 AE
Wentelperiode 3,63 a (1 325,85 d)
Gem. omwentelingspoed 19,34 km/s
Gem. anomalie 307,80°
Hellingshoek 7,134° tot Sonnebaan
Lengteligging van stygende nodus 103,91°
Periheliumhoek 149,84°
Natuurlike satelliete Geen
Fisiese eienskappe
Afmetings 525,4±0,2 km (gemiddeld)
Massa 2,59076±0,00001×1020 kg
Gem. digtheid 3,456 g/cm³
Rotasieperiode 0,2226 d (5,342 h)
Temperatuur min.: 85 K (−188 °C)
maks.: 270 K (−3 °C)
Spektraaltipe: V
Skynmagnitude 5,1 tot 8,48
Absolute magnitude 3,20
Hoekgrootte 0,70″ tot 0,22″

Vesta is die asteroïde met die tweede grootste massa naas die dwergplaneet Ceres, en maak ’n geraamde 9% van die massa van die Asteroïdegordel uit. Die asteroïde Pallas is effens groter, en dus is Vesta die derde grootste wat volume betref.

Vesta is die laaste oorblywende aardagtige protoplaneet (waarvan die binnekant uit verskillende lae bestaan), van die soort wat die aardplanete gevorm het. Verskeie stukke is 1 miljard en 2 miljard jaar gelede deur botsings uit Vesta geruk; dit het twee enorme kraters agtergelaat wat ’n groot deel van die asteroïde se suidelike halfrond uitmaak. Afval van dié botsings het op die Aarde geval en dié meteoriete is ’n ryk bron van inligting oor die asteroïde.

Vesta is die helderste asteroïde wat van die Aarde af sigbaar is. Sy maksimum afstand van die Son af is effens verder as die minimum afstand van Ceres van die Son af, hoewel sy wentelbaan binne dié van Ceres lê.

Nasa se Dawn-ruimtetuig het op 16 Julie 2011 in ’n wentelbaan om Vesta inbeweeg vir ’n jaar lange ondersoek van die asteroïde. Dit het op 5 September 2012 die wentelbaan verlaat om verder na Ceres te reis. Dit het dié dwergplaneet in Februarie 2015 bereik.

  1. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2017. Besoek op1 Junie 2008.
  2. Russell, C.T.; et al. (2012). "Dawn at Vesta: Testing the Protoplanetary Paradigm". Science. 336 (6082): 684. Bibcode:. doi:.
  3. Harris, A. W.; Warner, B. D.; Pravec, P.; (Eds.) (2006). . Planetary Data System. Geargiveer vanaf op 4 Maart 2016. Besoek op26 Desember 2013.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link) AS1-onderhoud: ekstra teks: authors list (link)
  4. Mueller, T. G.; Metcalfe, L. (2001). (PDF). European Space Agency (ESA) bulletin. 108: 38.
  5. Menzel, Donald H.; and Pasachoff, Jay M. (1983). A Field Guide to the Stars and Planets (2nd uitg.). Boston, MA: Houghton Mifflin. p. 391. ISBN 0-395-34835-8.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  6. Tedesco, E. F.; Noah, P. V.; Noah, M.; Price, S. D. (2004). . NASA Planetary Data System. vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007. Besoek op15 Maart 2007.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  7. (in Engels). NASA. vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op14 Augustus 2011.
  8. Shiga, David. . New Scientist. Besoek op7 Augustus 2011.
  9. Amos, Jonathan (22 Julie 2011). . BBC Online (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op14 Augustus 2011.
  10. Pitjeva, E.V. (2005). (PDF). Solar System Research. 39 (3): 176. Bibcode:. doi:. Geargiveer vanaf (PDF) op 31 Oktober 2008. Besoek op22 Junie 2014.
  11. Savage, Don; Jones, Tammy; en Villard, Ray (1995). . Hubble Site News Release STScI-1995-20. Besoek op17 Oktober 2006.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  12. (in Engels). Max Planck Society. 6 Januarie 2011. vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2011. Besoek op7 Januarie 2011.
  13. . BBC, 11 Mei 2012.
  14. . Daily Mail, 15 Mei 2012. Besoek op 23 Mei 2012.
  15. Jutzi, M. (14 Februarie 2013). . Nature. 494: 207–210. doi:. Besoek op30 April 2014.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  16. Cook, Jia-Rui. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op30 April 2014.
  17. McSween, H. Y. (27 November 2013). . Meteoritics & Planetary Science. 48 (11): 2090-21-4. doi:. Besoek op30 April 2014.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  18. Kelley, M.S.; et al. (2003). "Quantified mineralogical evidence for a common origin of 1929 Kollaa with 4 Vesta and the HED meteorites". Icarus. 165 (1): 215. Bibcode:. doi:.
  19. . NASA/JPL. 12 Julie 2011. vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op30 Julie 2011.
  20. (in Engels). Gravity Simulator. vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op31 Mei 2008.

Publikasie datum: September 26, 2021

vesta, vesta, amptelik, grootste, asteroïdes, sonnestelsel, gemiddelde, deursnee, maart, 1807, deur, heinrich, wilhelm, olbers, ontdek, genoem, vesta, maagdegodin, hart, huis, familie, romeinse, mitologie, saamgestelde, foto, vesta, geneem, deur, dawn, ruimtet. Vesta amptelik 4 Vesta is een van die grootste asteroides in die Sonnestelsel dit het n gemiddelde deursnee van 525 km 2 Dit is op 29 Maart 1807 deur Heinrich Wilhelm Olbers ontdek 1 en is genoem na Vesta die maagdegodin van die hart huis en familie in die Romeinse mitologie 4 Vesta Saamgestelde foto van Vesta geneem deur die Dawn ruimtetuig OntdekkingOntdek deur Heinrich Wilhelm OlbersDatum 29 Maart 1807Kleinplaneet kategorie Hoofgordel Vesta familie Etimologie VestaWentelbaaneienskappe 1 Epog 2010 Jul 23 JD 2 455 400 5 Afelium 2 571 AEPerihelium 2 1526 AESemihoofas 2 362 AEWentelperiode 3 63 a 1 325 85 d Gem omwentelingspoed 19 34 km sGem anomalie 307 80 Hellingshoek 7 134 tot SonnebaanLengteligging van stygende nodus 103 91 Periheliumhoek 149 84 Natuurlike satelliete GeenFisiese eienskappeAfmetings 525 4 0 2 km gemiddeld Massa 2 5907 6 0 0000 1 1020 kgGem digtheid 3 456 g cm 2 Rotasieperiode 0 2226 d 5 342 h 1 3 Temperatuur min 85 K 188 C maks 270 K 3 C 4 Spektraaltipe VSkynmagnitude 5 1 5 tot 8 48Absolute magnitude 3 20 1 6 Hoekgrootte 0 70 tot 0 22 Vesta is die asteroide met die tweede grootste massa naas die dwergplaneet Ceres 7 8 9 en maak n geraamde 9 van die massa van die Asteroidegordel uit 10 Die asteroide Pallas is effens groter en dus is Vesta die derde grootste wat volume betref Vesta is die laaste oorblywende aardagtige protoplaneet waarvan die binnekant uit verskillende lae bestaan van die soort wat die aardplanete gevorm het 11 12 13 14 Verskeie stukke is 1 miljard en 2 miljard jaar gelede deur botsings uit Vesta geruk dit het twee enorme kraters agtergelaat wat n groot deel van die asteroide se suidelike halfrond uitmaak 15 16 Afval van die botsings het op die Aarde geval en die meteoriete is n ryk bron van inligting oor die asteroide 17 18 19 Vesta is die helderste asteroide wat van die Aarde af sigbaar is Sy maksimum afstand van die Son af is effens verder as die minimum afstand van Ceres van die Son af hoewel sy wentelbaan binne die van Ceres le 20 Nasa se Dawn ruimtetuig het op 16 Julie 2011 in n wentelbaan om Vesta inbeweeg vir n jaar lange ondersoek van die asteroide Dit het op 5 September 2012 die wentelbaan verlaat 21 om verder na Ceres te reis Dit het die dwergplaneet in Februarie 2015 bereik Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 JPL Small Body Database Browser 4 Vesta in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2017 Besoek op 1 Junie 2008 2 0 2 1 Russell C T et al 2012 Dawn at Vesta Testing the Protoplanetary Paradigm Science 336 6082 684 Bibcode 2012Sci 336 684R doi 10 1126 science 1219381 Harris A W Warner B D Pravec P Eds 2006 Asteroid Lightcurve Derived Data EAR A 5 DDR DERIVED LIGHTCURVE V8 0 Planetary Data System Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 26 Desember 2013 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link AS1 onderhoud ekstra teks authors list link Mueller T G Metcalfe L 2001 ISO and Asteroids PDF European Space Agency ESA bulletin 108 38 Menzel Donald H and Pasachoff Jay M 1983 A Field Guide to the Stars and Planets 2nd uitg Boston MA Houghton Mifflin p 391 ISBN 0 395 34835 8 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Tedesco E F Noah P V Noah M Price S D 2004 Infra Red Astronomy Satellite IRAS Minor Planet Survey IRAS A FPA 3 RDR IMPS V6 0 NASA Planetary Data System Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007 Besoek op 15 Maart 2007 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link NASA Dawn at a Glance in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019 Besoek op 14 Augustus 2011 Shiga David Dawn captures first orbital image of asteroid Vesta New Scientist Besoek op 7 Augustus 2011 Amos Jonathan 22 Julie 2011 Vesta rock turns for Dawn probe BBC Online in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020 Besoek op 14 Augustus 2011 Pitjeva E V 2005 High Precision Ephemerides of Planets EPM and Determination of Some Astronomical Constants PDF Solar System Research 39 3 176 Bibcode 2005SoSyR 39 176P doi 10 1007 s11208 005 0033 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 31 Oktober 2008 Besoek op 22 Junie 2014 Savage Don Jones Tammy en Villard Ray 1995 Asteroid or Mini Planet Hubble Maps the Ancient Surface of Vesta Hubble Site News Release STScI 1995 20 Besoek op 17 Oktober 2006 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link A look into Vesta s interior in Engels Max Planck Society 6 Januarie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2011 Besoek op 7 Januarie 2011 Asteroid Vesta is last of a kind rock BBC 11 Mei 2012 Incredible video fly over by Nasa s Dawn probe reveals huge rippled asteroid Vesta is more like a small planet Daily Mail 15 Mei 2012 Besoek op 23 Mei 2012 Jutzi M 14 Februarie 2013 The structure of the asteroid 4Vesta as revealed by models of planet scale Nature 494 207 210 doi 10 1038 nature11892 Besoek op 30 April 2014 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Cook Jia Rui Dawn Reality Checks Telescope Studies of Asteroids in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015 Besoek op 30 April 2014 McSween H Y 27 November 2013 Dawn the Vesta HED connection and the geologic context for eucrite diogenites and howardites Meteoritics amp Planetary Science 48 11 2090 21 4 doi 10 1111 maps 12108 Besoek op 30 April 2014 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Kelley M S et al 2003 Quantified mineralogical evidence for a common origin of 1929 Kollaa with 4 Vesta and the HED meteorites Icarus 165 1 215 Bibcode 2003Icar 165 215K doi 10 1016 S0019 1035 03 00149 0 Vesta NASA JPL 12 Julie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020 Besoek op 30 Julie 2011 Ceres Pallas Vesta and Hygiea in Engels Gravity Simulator Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018 Besoek op 31 Mei 2008 Dawn mission statusEksterne skakels Wysig4 Vesta by die JPL Small Body Database 4 Vesta by Solar System ExplorationOntsluit van https af wikipedia org w index php title 4 Vesta amp ol,