Wikipedia
4 Mei
<< | Mei 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
4 Mei is die 124ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (125ste in skrikkeljare). Daar volg nog 241 dae in die jaar.
Gebeure
- 1408 – Pous Gregorius XII belê 'n vergadering van die kardinale in Lucca en verbied hulle om die stad te verlaat. Sewe kardinale ignoreer die bevel en vertrek na Pisa.
- 1493 – Pous Alexander VI publiseer die bul Inter Caetera wat die nuut-ontdekte Amerikas verdeel tussen Spanje en Portugal.
- 1671 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word aartsbiskop van Lecce.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer Quo luctu met die toelating dat nie-priesters die sakramente mag bedien tydens die Franse onderdrukking.
- 1799 – Vierde Mysore-oorlog: Britse troepe verower Shrirangapattana, die hoofstad van die Suid-Indiese koninkryk Mysore. Tydens die aanval sterf Sultan Tipu en word Mysore Britse Protektoraat.
- 1904 – Amerikaanse Weermag Ingenieurs begin werk aan die Panama-kanaal.
- 1912 – Italiaans-Turkse-oorlog: Italië verower die Dodekanese en beset die eiland Rhodos. Die eiland bly onder Italiaanse heerskappy tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die troepe-transportskip Transylvania word deur die Duitse duikboot U 63 in die Golf van Genua gesink en 412 soldate en lede van die bemanning sterf.
- 1924 – Die Olimpiese Somerspele 1924 open in Parys, Frankryk.
- 1930 – Britse polisie neem Mahatma Gandhi in hegtenis en plaas hom in die Yeravda-gevangenis.
- 1932 – In Atlanta, Georgia, begin Al Capone sy elf jaar lange gevangenisstraf vir belastingontduiking.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van die Koraalsee begin met die lansering van gevegsvliegtuie vanaf die Amerikaanse en Japannese vliegdekskepe. Die Amerikaanse taakmag FOX van die vliegdekskip USS Yorktown (CV-5) val Japannese eenhede aan wat op 3 Mei op die eiland Tulagi geland het.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Bevryding van die konsentrasiekamp Neuengamme naby Hamburg deur die Britse Leër.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Hans-Georg von Friedeburg onderteken op die Timeloberg, voor veldmaarskalk Montgommery, in opdrag van die laaste rykspresident Karl Dönitz, die kapitulasie-ooreenkoms van alle Duitse troepe in Noordwes-Duitsland, die Nederlande en Denemarke.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die 2de Franse Pantserdivisie onder generaal-majoor Leclerc bereik teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog die huis van Adolf Hitler op die Obersalzberg by Berchtesgaden.
- 1948 – Norman Mailer se eerste boek, The Naked and the Dead, word uitgegee.
- 1959 – Die eerste Grammys word aangekondig.
- 1970 – Viëtnamoorlog: Kent State-skietvoorval: Die Ohio Nasionale Wag, wat op die Kent State-universiteit kampus ontplooi is as gevolg van onrus aan die universiteit, skiet vier studente dood en wond nege ander. Die studente het teen die Kambodjaanse veldtog van die Verenigde State en Suid-Viëtnam betoog.
- 1978 – Suid-Afrikaanse Grensoorlog: Die veldslag by Kassinga in Angola begin.
- 1979 – Margaret Thatcher word ingehuldig as die eerste vroulike eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
Geboortes
- 1008 – Koning Henri I van Frankryk († 1060).
- 1587 – Reinhard Bake, Duitse Lutherse teoloog.
- 1654 – Keiser Kangzi van China († 1722).
- 1655 – Bartolomeo Cristofori, Italiaanse musiekinstrument-maker.
- 1671 – Michael vors Esterházy, Hongaarse staatsman.
- 1678 – Nureddin al-Dscherrahi, Turkse mistikus en stigter van die Dscherrahi-Derwies-Orde in Istanbul.
- 1718 – Jean-Philippe de Chéseaux, ’n sterrekundige van Lausanne in Switserland († 1751).
- 1733 – Jean-Charles de Borda, Franse grondmeter (lengte van die "meter") en wiskundige († 1799).
- 1735 – Jacob Baden, Deense letterkundige.
- 1738 – Josef Kohaut, Poolse komponis.
- 1744 – Marianna Martines, Oostenrykse komponis.
- 1747 – Philippe-Jean Pelletan, Franse chirurg.
- 1762 – Johann Heinrich Abicht, Duitse filosoof.
- 1772 – Friedrich Arnold Brockhaus, Duitse uitgewer († 1823).
- 1776 – Johann Friedrich Herbart, Duitse filosoof en opvoedkundige.
- 1777 – Louis Jacques Thénard, Franse chemikus.
- 1794 – Heinrich Boie, Duitse soöloog.
- 1800 – Eduard Wunder, Duitse letterkundige en opvoedkundige.
- 1807 – Friedrich Hundt, Duitse fotograaf.
- 1808 – Agustín Fernando Muñoz y Sánchez, Morganatiese eggenoot van die Spaanse koningin en regent.
- 1810 – Alexandre Colonna-Walewski, Poolse buite-egtelike seun van Napoleon I en Maria Walewska.
- 1811 – Heinrich Heerwagen, Duitse rektor van die Neurenbergse Gimnasium en geskiedkundige.
- 1813 – Johann Florian Heller, Oostenrykse dokter en chemikus.
- 1815 – Franz Adam, Duitse skilder.
- 1819 – Jean-Baptiste Campenon, Franse generaal.
- 1825 – Thomas Henry Huxley, Britse bioloog en hoofverteenwoordiger van die Agnostisisme († 1895).
- 1826 – Frederic Edwin Church, Amerikaanse skilder.
- 1827 – John Hanning Speke, Britse Afrika-ontdekkingsreisiger († 1864).
- 1830 – Arnous de Rivière, Franse skaakspeler.
- 1842 – Philipp von Nathusius-Ludom, Pruisiese politikus en hoofredakteur van die koerant Kreuzzeitung.
- 1843 – Eugène Revillout, Franse egiptoloog.
- 1846 – Émile Gallé, Franse ontwerper.
- 1847 – Uetam, Spaanse operasanger.
- 1850 – Emanuel Schiffers, Russiese skaak-meester.
- 1851 – Clément Broutin, Franse komponis.
- 1856 – Adolf Fischer, Oostenrykse kunsversamelaar.
- 1859 – Albert Grühn, Duits-Baltiese teoloog en protestantse martelaar.
- 1860 – Hans Groß, Duitse lugballon- en lugskip-ontwerper.
- 1860 – Emil Nikolaus von Reznicek, Oostenrykse komponis.
- 1873 – Joe De Grasse, filmregisseur († 1940).
- 1880 – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner († 1938).
- 1889 – Francis Cardinal Spellman, geloofsleier († 1967).
- 1914 – Hilgard Muller, 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria, verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake († 1985).
- 1918 – Tanaka Kakuei, Japannese politiese leier.
- 1921 – Edo Murtić, Kroasiese skilder.
- 1923 – Eric Sykes, Britse akteur en komediant († 2012).
- 1925 – Peter Blum, Afrikaanse digter († 1990).
- 1925 – Ruth First, Suid-Afrikaanse skrywer en anti-apartheidsaktivis († 1982).
- 1928 – Hosni Mubarak, 'n voormalige Egiptiese president († 2020).
- 1928 – Maynard Ferguson, jazz-musikant.
- 1929 – Audrey Hepburn Engelse aktrise († 1993).
- 1937 – Dick Dale, kitaarspeler.
- 1941 – George Will, skrywer.
- 1942 – Tammy Wynette, country-musikant († 1998),
- 1942 – Nickolas Ashford, musikant (Ashford and Simpson).
- 1944 – Monica Bleibtreu, Oostenrykse aktrise († 2009).
- 1954 – Pia Zadora, aktrise.
- 1956 – Ulrike Meyfarth, wenner by die Olimpiese Spele vir hoogspring.
- 1958 – Keith Haring, grafiese kunstenaar.
- 1959 – Randy Travis, country-musikant.
- 1979 – Lance Bass, Amerikaanse musikant (NSYNC).
- 1985 – Jason Jaftha, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1989 – Trevor Nyakane, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
- 1687 – Johannes Overney, die agste predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* onbekend)
- 1799 – Tipu Sultan, Moslem Indiese militêre leier. Heerser van die Mysore-koninkryk in Suid-Indie (* 1750).
- 1849 – Hokusai, skilder en ukiyo-e kunstenaar (* 1760).
- 1919 – Richard Alexander Georg Wühner, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1872).
- 1975 – Moe Howard, Amerikaanse akteur en komediant (Three Stooges) (* 1897).
- 1980 – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië (* 1892).
- 1998 – Worsie Visser, Afrikaanse sanger (* 1963).
- 2020 – Don Shula (* 1930).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Herdenking vir die Dooies (Nederland)
- China - Jeugdag
- Kassingadag (Namibië)
