Wikipedia
30 September
<< | September 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
30 September is die 273ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (274ste in skrikkeljare). Dit is ook die laaste dag van die derde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 92 dae.
Gebeure
- 1061 – Pous Alexander II volg Pous Nicolaas II op.
- 1628 – Pous Urbanus VIII verklaar Peter Nolasco heilig.
- 1686 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word aartsbiskop van Napels.
- 1720 – Pous Clemens XI stel Carlos de Borja-Centelles y Ponce de León, patriarg van Wes-Indië en Álvaro Cienfuegos Villazón, S.J. aan as kardinaal.
- 1739 – Pous Clemens XII stel Prospero Colonna, ouditeur van die Apostoliese Kamer en Carlo Maria Sacripante, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.
- 1831 – Pous Gregorius XVI stel 12 nuwe kardinale aan, waaronder Luigi Lambruschini, C.R.S.P., titulêr aartsbiskop van Berito.
- 1885 – Die Republiek van Goosen word afgeskaf en heringelyf in Brits-Betsjoeanaland, nadat 'n Britse militêre mag onder Sir Charles Warren na die gebied gestuur is.
- 1966 – Botswana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1980 – Ethernet-spesifikasies word gepubliseer deur Xerox in samewerking met Intel en Digital Equipment Corporation.
- 1989 – Die federasie Senegambië word deur Senegal ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
- 1996 – Bantu Holomisa word uit die African National Congress geskop, nadat hy voor die Waarheid-en-versoeningskommissie getuig het.
- 1999 – Een van Japan se ergste kernkragongelukke vind plaas by 'n uraanherverwerkingfasiliteit naby Tokio. Werkers en plaaslike inwoners word aan baie hoë vlakke van bestraling blootgestel.
Geboortes
- 1227 – Girolamo Masci d'Ascoli later Pous Nicolaas IV, die 191ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Liciano, Italië († 1292).
- 1709 – Georg Schmidt, sendeling van die Morawiese kerk († 1785).
- 1928 – Elie Wiesel, 'n Roemeens-gebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprys ontvanger en Holocaust oorlewende († 2016).
- 1953 – Jack Goldstone, 'n Amerikaanse sosioloog, politieke wetenskaplike en historikus.
- 1964 – Monica Bellucci Italiaanse aktrise
- 1997 – Max Verstappen, Nederlandse Formule Eenberoepsrenjaer.
- 2002 – Maddie Ziegler, Amerikaanse aktrise en danseres.
Sterftes
- 420 – Hieronimus van Stridon (* 347).
- 1913 – Rudolf Diesel, Duitse ingenieur en uitvinder (* 1858).
- 1942 – Hans-Joachim Marseille, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1919).
- 1955 – James Dean, Amerikaanse filmster (* 1931).
- 1966 – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika (* 1879).
- 1997 – Ernst van Heerden, Afrikaanse digter (* 1916).
- 2019 – Kornel Morawiecki, 'n Poolse politikus en teoretiese fisikus (* 1941).
- 2019 – Jessye Mae Norman 'n Amerikaanse sopraan (* 1945)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Hieronimus van Stridon in die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1966 – Onafhanklikheidsdag in Botswana
- Internasionale Vertaaldag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 September. |
