Wikipedia
2 Desember
<< | Desember 2020 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
2 Desember is die 336ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (337ste in skrikkeljare). Daar volg nog 29 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1254 – Manfred verslaan die troepe van Pous Innocentius IV by Foggia.
- 1333 – Pous Johannes XXII publiseer sy bul "Summa providit altitudo consilii" oor die Universiteit van Salamanca en sy katedraal.
- 1615 – Pous Paulus V stel elf kardinale aan, waaronder Tiberio Muti, biskop van Viterbo.
- 1804 – Pous Pius VII salf Napoleon tydens sy keiserskroning.
- 1822 – Pous Pius VII stel Anne-Antoine-Jules de Clermont-Tonnerre, aartsbiskop van Toulouse, Frankryk aan as kardinaal.
- 1887 – Bouwerk begin aan die Leeubrug in Kerkstraat, Pretoria oor die Apiesrivier.
- 1915 – Albert Einstein publiseer sy algemene relatiwiteitsteorie.
- 1942 – Onder leiding van Enrico Fermi skep die Manhattan-projekspan by die Universiteit van Chicago die eerste selfonderhoudende kernkettingreaksie.
- 1961 – Kuba se leier, Fidel Castro, verklaar dat hy 'n Marxis-Leninis is en dat Kuba kommunisme aanneem.
- 1971 – Die Verenigde Arabiese Emirate word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes
- 1767 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1831).
- 1825 – Dom Pedro II, tweede en laaste keiser van Brasilië († 1891).
- 1889 – Anita Malfatti, skilder, tekenaar, graveur en onderwyser van Brasilië († 1964).
- 1899 – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis († 1970).
- 1915 – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) († 2007).
- 1923 – Maria Callas, Amerikaanse operasangeres († 1977).
- 1925 – Julie Harris, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 1955 – Dianne Kohler Barnard, lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA.
- 1968 – Lucy Liu, Amerikaanse aktrise.
- 1981 – Britney Spears, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 537 – Pous Silverius, die 58ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1469 – Piero di Cosimo de' Medici ("die Jigtige"), de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance (* 1416).
- 1810 – Philipp Otto Runge, Duitse Romantiese skilder (* 1777)
- 1814 – Die Markies de Sade, Franse edelman en erotikus, in Parys (* 1740).
- 1948 – Hendrik van der Bijl, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en “vader” van Yskor (* 1887).
- 1983 – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise (* 1904).
- 1993 – Pablo Escobar, Colombiaanse dwelmbaron (* 1949).
- 2002 – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog. (* 1926)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feedag van Pous Silverius in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 December. |
