Wikipedia
25 Augustus
<< | Augustus 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
25 Augustus is die 237ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (238ste in skrikkeljare). Daar volg nog 128 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 608 – Pous Bonifatius IV volg Pous Bonifatius III op.
- 1329 – Teenpous Nicolaas V onderwerp hom aan Pous Johannes XXII.
- 1471 – Pous Sixtus IV word gekroon deur kardinaal Rodrigo Borja y Borja.
- 1980 – Zimbabwe word lid van die Verenigde Nasies
- 1991 – Wit-Rusland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1993 – Amy Biehl, 'n Amerikaanse nagraadse student word deur 'n groep jeugdiges in Gugulethu, naby Kaapstad, vermoor.
- 1998 – 'n Pypbom ontplof in die restaurant Planet Hollywood in die Kaapstadse Victoria & Alfred Waterfront. Twee mense sterf en 26 is beseer.
Geboortes
- 1530 – Iwan die Verskriklike, tsaar van Rusland († 1584).
- 1881 – Z.R. Mahabane, president van die ANC († 1970).
- 1912 – Erich Honecker, Oos-Duitse leier († 1994).
- 1930 – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger († 2020).
- 1931 – Regis Philbin, Amerikaanse akteur († 2020).
- 1971 – Nico Panagio, Suid-Afrikaanse akteur en TV-aanbieder.
- 1987 – Blake Lively, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 383 – Gratianus, Romeinse Keiser (* 359)
- 1699 – Christiaan V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1646).
- 1776 – David Hume, Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis (* 1711)
- 1819 – James Watt, Skotse uitvinder en meganiese ingenieur (* 1736).
- 1822 – William Herschel, ’n Britse sterrekundige (* 1738).
- 1867 – Michael Faraday, Britse fisikus (* 1791)
- 1900 – Friedrich Nietzsche, Duitse filosoof en filoloog (* 1844)
- 1908 – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1835).
- 1914 – Jacobus Abraham Smuts, vader van genl. Jan Smuts (* 1845).
- 1927 – Elizabeth Maria Molteno, Suid-Afrikaanse kampvegter vir burger- en vroueregte (* 1852).
- 1948 – Frederic Creswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1866).
- 1966 – Wolfgang Langhoff, 'n Duitse akteur en regisseur (* 1901).
- 1995 – Rona Rupert, Afrikaanse kinderboekskrywer (* 1934).
- 2012 – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 2018 – John McCain, Amerikaanse politikus (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van koning Lodewyk IX van Frankryk (Lodewyk die Heilige) in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 August. |
