Wikipedia
19 September
<< | September 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
19 September is die 262ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (263ste in skrikkeljare). Daar volg nog 103 dae.
Gebeure
- 1616 – Pous Paulus V stel ses kardinale aan, waaronder Alessandro Ludovisi, aartsbiskop van Bologna (later Pous Gregorius XV).
- 1650 – Pous Innocentius X stel sy familielid, Camillo Astalli-Pamphilj, aan as kardinaal.
- 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel.
- 1950 – J.G.N. Strauss word eenparig tot leier van die Verenigde Party verkies ná die dood van genl. Jan Smuts.
- 1983 – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1985 – 'n Aardbewing tref Meksikostad.
- 2002 – Rebelle neem beheer van die noorde van die Ivoorkus oor. In Abidjan word die voormalige president Guéi en 15 ander in sy huis vermoor.
Geboortes
- 86 – Titus Aurelius Fulvus Boionius Arrius Antoninus, die latere keiser Antoninus Pius († 161).
- 866 – Leo VI, keiser van Bisantium († 912).
- 1416 – Piero di Cosimo de' Medici ("die Jigtige"), de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance († 1469).
- 1911 – William Golding, Britse skrywer († 1993).
- 1933 – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965).
- 1941 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres († 1974).
Sterftes
- 1737 – Goewerneur Adriaan van Kervel, hy was slegs drie weke in sy amp (* 1681).
- 1881 – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State (* 1831).
- 1898 – Sir George Grey, 'n goewerneur van die Kaapkolonie (* 1812).
- 1975 – Pamela Brown, Engelse aktrise (* 1917)
- 2016 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933).
- 2017 – Jake LaMotta, 'n Amerikaanse professionele bokser (* 1922).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 September. |
