Wikipedia
1997
1997 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1992 | 1993 | 1994 | 1995 | 1996 | ◄ 1997 ► | 1998 | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1997 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Prinses Diana verongeluk op 31 Augustus 1997. | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1997 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 97ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – Roemenië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 13 April – Tiger Woods wen die Amerikaanse Meesterstoernooi en word die jongste gholfspeler wat die prestasie behaal.
- 1 Julie – Die voormalige Britse kolonie Hongkong word weer deel van die Volksrepubliek China.
- 23 Julie – Laos en Mianmar sluit aan by die ASEAN.
- 7 September – Prinses Diana van Wallis word in die Verenigde Koninkryk begrawe.
- 7 September – Die eerste toetsvlug van die Lockheed Martin F-22 Raptor vind plaas.
- 4 Oktober – Tafelberg kry twee nuwe kabelkarre op sy sweefspoor, wat in die rondte kan draai vir beter uitsig.
- 12-21 Desember – Die eerste Sokker-Konfederasiebekertoernooi word in Saoedi-Arabië gespeel.
- 14 Desember – Iranse president Mohammed Khatami kondig aan dat hy bereid is om weer 'n dialoog te voer met die Verenigde State, die eerste dergelike aanmerking sedert die 1979-rewolusie in Iran.
Geboortes
- 10 Februarie – Chloë Grace Moretz, Amerikaanse aktrise.
- 25 Februarie – Isabelle Fuhrman, Amerikaanse aktrise.
- 18 Maart – Rieko Ioane, Nieu-Seelandse rugbyspeler.
- 18 Maart – Ciara Bravo, Amerikaanse aktrise en sangeres
- 1 April – Asa Butterfield, Britse akteur.
- 15 April – Maisie Williams, Britse aktrise.
- 25 Junie – Curwin Bosch, Springbokrugbyspeler.
- 9 Julie – Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse vroueswemmer.
- 12 Julie – Malala Yousafzai, Pakistanse kinderregteaktivis.
- 8 Oktober – Bella Thorne, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 28 Oktober – Sierra McCormick, Amerikaanse aktrise.
- 30 September – Max Verstappen, Nederlandse Formule Eenberoepsrenjaer.
- 16 Oktober – Charles Leclerc, Monegaskiese Formule Eenberoepsrenjaer.
Sterftes
- 17 Januarie – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het (* 1906).
- 21 Januarie – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet (* 1962).
- 1 Februarie – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger (* 1909).
- 17 Februarie – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer (* 1926).
- 18 Februarie – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog (* 1928).
- 22 Mei – Herman De Coninck, 'n Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer (* 1944).
- 6 Junie – Elize Botha, voormalige presidentsvrou (* 1922).
- 6 Junie – Magda Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1915).
- 25 Junie – Jacques-Yves Cousteau, oseanograaf.
- 28 Junie – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster (* 1905).
- 2 Julie – James Stewart, Amerikaanse akteur (* 1908)
- 8 Julie – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer (* 1916)
- 24 Julie – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. (* 1934)
- 31 Augustus – Prinses Diana van Wallis sterf ná 'n motorongeluk in Parys, Frankryk (* 1961)
- 2 September – Viktor Frankl, Oostenrykse neuroloog (* 1905).
- 5 September – Moeder Teresa, op die ouderdom van 87 in Kolkata, Indië (* 1910).
- 5 September – Georg Solti, Hongaarse orkes- en operadirigent (* 1912).
- 30 September – Ernst van Heerden, Afrikaanse digter (* 1916).
- 12 Oktober - John Denver, Amerikaanse sanger (* 1943)
- 29 Oktober – Anton LaVey, stigter en Hoëpriester van die Kerk van Satan (* 1930).
