Wikipedia
1965
1965 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | ◄ 1965 ► | 1966 | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1965 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Bloedige Sondag in Selma. Alabama | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1965 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Die Suid-Afrikaanse swemster Karen Muir.
Gebeure
- 5 Februarie – Die diefstal van goudstawe van sowat R200,000 uit die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad word ontdek.
- 17 Februarie – Lyndon B. Johnson word die 36ste President van die Verenigde State.
- 18 Februarie – Gambië word Afrika se 36ste staat.
- 7 Maart – Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag.
- 18 Maart – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop
- 3 Junie – Edward H. White onderneem die eerste Amerikaanse ruimtewandeling vanuit Gemini IV.
- 16 Julie – Die Mont Blanc-tonnel word in diens gestel.
- 26 Julie – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- Augustus – Die Indies-Pakistanse Oorlog breek uit.
- 9 Augustus – Singapoer word van Maleisië onafhanklik.
- 10 Augustus – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemster stel ’n wêreldrekord op in die 110 treë-rugslag (tans 100 m); die jongste persoon tot nog toe om ’n wêreldrekord in swem op te stel.
- 25 November – Frankryk lanseer sy eerste satelliet (Astérix).
- 30 Desember – Ferdinand Marcos word President van die Filippyne.
- 11 November – Zimbabwe word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes
- 10 Januarie – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus († 2020)
- 1 Februarie – Brandon Lee, Amerikaanse akteur († 1993).
- 10 Februarie – Dana Winner, Belgiese sangeres.
- 24 Maart – Oliver Widmer, Switserse bas-bariton operasanger.
- 25 Maart – Sarah Jessica Parker, Amerikaanse aktrise.
- 30 Maart – Piers Morgan, Engelse omroeper, joernalis, skrywer en televisiepersoonlikheid.
- 4 April – Robert Downey Jr., Amerikaanse akteur.
- 16 April – Martin Lawrence, Amerikaanse akteur en komediant.
- 3 Mei – Michail Prochorov, Russiese sakeman en miljardêr
- 26 Mei – Miri Regev, Israelse politikus.
- 1 Junie – Illse Roos, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 28 Junie – Tiaan Strauss, Suid-Afrika se drie-en-veertigste Springbokkaptein.
- 11 Augustus – Embeth Davidtz, Afrikaans- en Engelstalige aktrise.
- 19 Augustus – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor († 2016).
- 27 Augustus − Lynn Shelton, Amerikaanse regisseuse, aktrise en skryfster († 2020).
- 1 September – Craig McLachlan, Australiese akteur en sanger.
- 7 September – Angela Gheorghiu, Roemeense sopraan
- 24 September – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres († 2009).
- 26 September – Petro Porosjenko, Oekraïense sakeman en politikus (president).
- 31 Oktober – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse kunstenaar en beeldhouer († 2014).
- 2 November – Paweł Adamowicz, 'n Poolse politikus († 2019).
- 9 November – Bryn Terfel, Walliese operasanger.
- 13 November – Mark Perrow, Suid-Afrikaanse kanovaarder († 2020).
- 28 November – Erwin Mortier, Vlaamse skrywer.
- 16 Desember – Alexander Pechtold, voormalige Nederlandse politikus van die D66-party.
- Desember – Valda Jansen, Suid-Afrikaanse skrywer, digter en radio-omroeper.
Sterftes
- 4 Januarie – T.S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1948 (* 1888).
- 24 Januarie – Winston Churchill, Britse politikus en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1953 (* 1874).
- 23 Februarie – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show (* 1890).
- 10 April – Linda Darnell, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 24 April – Louise Dresser, Amerikaanse aktrise (* 1878).
- 28 April – F. Bordewijk, Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë en kritiek (* 1884).
- 22 Junie – David O. Selznick, Amerikaanse rolprentvervaardiger (* 1902).
- 13 Junie – Martin Buber, Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof (* 1878).
- 28 Junie – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler en komponis (* 1905).
- 7 Julie – Moshe Sharett, Israelse politikus (eerste minister) (* 1894).
- 19 Julie – Ingrid Jonker, Suid-Afrikaanse digteres (* 1933).
- 14 Augustus – Jan van Nijlen, Vlaamse digter en essayis (* 1884).
- 14 Oktober – Attie van Heerden, atleet en rugbyspeler (* 1898).
- 30 November – Richard Saul, Britse vegvlieënier en lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891).
- 16 Desember – W. Somerset Maugham, Engelse skrywer (* 1874).
