fbpx
Wikipedia

Île-de-France

Île-de-France

Départements Essonne (91)
Hauts-de-Seine (92)
Parys (75)
Seine-Saint-Denis (93)
Seine-et-Marne (77)
Val-de-Marne (94)
Val-d'Oise (95)
Yvelines (78)
Prefektuur Parys
Bevolking 12 278 210 inw.
(2020)
Bevolkingsdigtheid 1000 inw./vk km
Oppervlakte 12 012 vk km
Arrondissemente 25
Kantons 317
Munisipaliteite 1 281
President van
Gewestelike Raad
Jean-Paul Huchon (PS)

Die Île-de-France is 'n administratiewe gebied in Noord-Frankryk, wat grotendeels ooreenkom met die metropolitaanse gebied van die hoofstad Parys. Dit is gevolglik ook die mees digbevolkte streek van Frankryk met 'n oppervlakte van 12 012 km2 en 'n bevolking van 12 278 210 in 2020.

Die naam van die gebied, wat letterlik "eiland van Frankryk" beteken, is afgelei van die riviere Seine, Marne, Oise en Beuvronne, wat die streek soos 'n eiland omsluit.

Die Île-de-France bestaan naas Parys uit die départements Essonne, Hauts-de-Seine, Seine-et-Marne, Seine-Saint-Denis, Val-d'Oise, Val-de-Marne en Yvelines.

Geskiedenis

Die Île-de-France is die historiese hartland van Frankryk, en vroeë benamings soos Francia of Fransië verwys eintlik hoofsaaklik na hierdie gebied. Sedert die oorwinning van Clovis I oor Syagrius dien die Île-de-France – met 'n kort onderbreking tydens die 7de eeu – as die politieke sentrum van Frankryk. Eeue lank kom dit ooreen met die Franse kroondomein, die domaine royal.

Die gotiese boustyl in die argitektuur, wat oorspronklik net in hierdie gebied as die koninklike Franse styl gebruiklik is, brei van die Île-de-France na ander gebiede van Europa uit. Sedert die heerskappy van Lodewyk XIV regeer die Franse konings die land vanuit die indrukwekkende slot van Versailles.

 
Parys teen sononder

Die Île-de-France vorm tot by die Franse Rewolusie van die jaar 1789 een van die historiese provinsies van Frankryk. Met die skepping van die nuwe administratiewe eenhede, die départements, in 1789/1790 is dit ontbind.

By die vorming van die nuwe programgebiede (Frans: régions de programme) in die jaar 1956 kry die Île aanvanklik die naam Région Parisienne ("Paryse Gebied"). In 1976 is die naam gewysig na Île-de-France, ofskoon die huidige gebied in sommige opsigte van die historiese provinsie verskil.

Net soos in die ander administratiewe gebiede is in die jaar 1986 'n direkverkose gewestelike raad ingestel.

Départements in Île-de-France

Départements in Île-de-France (Amptelike INSEE-sensus van 1999)
Konsentriese gebied Départements Bevolking Oppervlak Digtheid Bev.groei
1990–1999
  Parys (75) 2 142 800 105 km² 20 330/km² -1,26%
Binnekring
(Petite Couronne)
Hauts-de-Seine (92) 1 428 881 176 km² 8 119/km² +2,67%
Seine-Saint-Denis (93) 1 382 861 236 km² 5 860/km² +0,12%
Val-de-Marne (94) 1 227 250 245 km² 5 009/km² +0,96%
Buitekring
(Grande Couronne)
Val-d'Oise (95) 1 105 464 1 246 km² 887/km² +5,32%
Essonne (91) 1 134 238 1 804 km² 629/km² +4,56%
Yvelines (78) 1 354 304 2 284 km² 593/km² +3,61%
Seine-et-Marne (77) 1 193 767 5 915 km² 202/km² +10,72%
Die administratiewe geweste van Frankryk (Régions de France)  
Metropolitaanse geweste (Régions métropolitaines):
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre-Val de Loire | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays de la Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Metropolitaanse geweste 2016 (Régions métropolitaines):
Auvergne-Rhône-Alpes | Boergondië-Franche-Comté | Bretagne | Centre-Val de Loire | Grand Est | Hauts-de-France | Île-de-France | Korsika | Nieu-Akwitanië | Normandië | Oksitanië | Pays de la Loire | Provence-Alpes-Côte d'Azur
Oorsese geweste (Régions d’outre-mer):
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Mayotte | Réunion

Île-de-France
Île, france, départements, essonne, hauts, seine, parys, seine, saint, denis, seine, marne, marne, oise, yvelines, prefektuur, parysbevolking, 2020, bevolkingsdigtheid, 1000, kmoppervlakte, kmarrondissemente, 25kantons, 317munisipaliteite, 281president, gewest. Ile de FranceDepartements Essonne 91 Hauts de Seine 92 Parys 75 Seine Saint Denis 93 Seine et Marne 77 Val de Marne 94 Val d Oise 95 Yvelines 78 Prefektuur ParysBevolking 12 278 210 inw 2020 Bevolkingsdigtheid 1000 inw vk kmOppervlakte 12 012 vk kmArrondissemente 25Kantons 317Munisipaliteite 1 281President van Gewestelike Raad Jean Paul Huchon PS Die Ile de France is n administratiewe gebied in Noord Frankryk wat grotendeels ooreenkom met die metropolitaanse gebied van die hoofstad Parys Dit is gevolglik ook die mees digbevolkte streek van Frankryk met n oppervlakte van 12 012 km2 en n bevolking van 12 278 210 in 2020 Die naam van die gebied wat letterlik eiland van Frankryk beteken is afgelei van die riviere Seine Marne Oise en Beuvronne wat die streek soos n eiland omsluit Die Ile de France bestaan naas Parys uit die departements Essonne Hauts de Seine Seine et Marne Seine Saint Denis Val d Oise Val de Marne en Yvelines Geskiedenis WysigDie Ile de France is die historiese hartland van Frankryk en vroee benamings soos Francia of Fransie verwys eintlik hoofsaaklik na hierdie gebied Sedert die oorwinning van Clovis I oor Syagrius dien die Ile de France met n kort onderbreking tydens die 7de eeu as die politieke sentrum van Frankryk Eeue lank kom dit ooreen met die Franse kroondomein die domaine royal Die gotiese boustyl in die argitektuur wat oorspronklik net in hierdie gebied as die koninklike Franse styl gebruiklik is brei van die Ile de France na ander gebiede van Europa uit Sedert die heerskappy van Lodewyk XIV regeer die Franse konings die land vanuit die indrukwekkende slot van Versailles Parys teen sononder Die Ile de France vorm tot by die Franse Rewolusie van die jaar 1789 een van die historiese provinsies van Frankryk Met die skepping van die nuwe administratiewe eenhede die departements in 1789 1790 is dit ontbind By die vorming van die nuwe programgebiede Frans regions de programme in die jaar 1956 kry die Ile aanvanklik die naam Region Parisienne Paryse Gebied In 1976 is die naam gewysig na Ile de France ofskoon die huidige gebied in sommige opsigte van die historiese provinsie verskil Net soos in die ander administratiewe gebiede is in die jaar 1986 n direkverkose gewestelike raad ingestel Departements in Ile de France WysigDepartements in Ile de France Amptelike INSEE sensus van 1999 Konsentriese gebied Departements Bevolking Oppervlak Digtheid Bev groei1990 1999 Parys 75 2 142 800 105 km 20 330 km 1 26 Binnekring Petite Couronne Hauts de Seine 92 1 428 881 176 km 8 119 km 2 67 Seine Saint Denis 93 1 382 861 236 km 5 860 km 0 12 Val de Marne 94 1 227 250 245 km 5 009 km 0 96 Buitekring Grande Couronne Val d Oise 95 1 105 464 1 246 km 887 km 5 32 Essonne 91 1 134 238 1 804 km 629 km 4 56 Yvelines 78 1 354 304 2 284 km 593 km 3 61 Seine et Marne 77 1 193 767 5 915 km 202 km 10 72 Die administratiewe geweste van Frankryk Regions de France Metropolitaanse geweste Regions metropolitaines Akwitanie Auvergne Boergondie Bretagne Centre Val de Loire Champagne Ardenne Elsas Franche Comte Ile de France Korsika Languedoc Roussillon Limousin Lotaringe Midi Pyrenees Nord Pas de Calais Basse Normandie Haute Normandie Pays de la Loire Pikardie Poitou Charentes Provence Alpes Cote d Azur Rhone AlpesMetropolitaanse geweste 2016 Regions metropolitaines Auvergne Rhone Alpes Boergondie Franche Comte Bretagne Centre Val de Loire Grand Est Hauts de France Ile de France Korsika Nieu Akwitanie Normandie Oksitanie Pays de la Loire Provence Alpes Cote d AzurOorsese geweste Regions d outre mer Frans Guyana Guadeloupe Martinique Mayotte ReunionOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ile de France amp oldid 2410650,